Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Johann de Lange (De Lange, Johann)
vetseun
Vaarwel, My Effens Bevlekte Held / (eBook) . 2011 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798156301
ISBN: 9780798158893

Hertzogpryswenner De Lange se jongste gedigte getuig van 'n gevoeligheid en 'n diepte soos nog nie vantevore by hierdie digter nie. Met sy fokus op die mens en die natuur, boei De Lange die leser opnuut in toeganklike verse wat wissel van die elegiese tot die sardoniese. Die erns van die menslike drama van leef en sterf word telkens verlig met heerlike humor. Maar alhoewel die ironie aan die een kant spreek van onthulling, spreek dit andersyds van deernis. Temas sluit in vryheid, afstand, skoonheid, dood, pyn, verlies, religie, seks. Van die erotiese gedigte spreek besonder sterk van die intensiteit van menslike verlange en eensaamheid. En oor alles heers die woord delikaat en kragtig gehanteer.

vetseun
Weerlig Van Die Ongeloof . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194512

Johann de Lange, wat in 2011 die Hertzogprys vir poesie ontvang het vir sy bundel Die algebra van nood (2009), bevestig met hierdie bundel kwatryne sy meesterskap. Die bundel bestaan uit 100 kwatryne wat in ses afdelings verdeel is. Binne die klein bestek van vier reels kry De Lange dit telkens reg om kort flitse - byna soos weerlig - van betekenis aan die leser oor te dra. Dit is haas onmoontlik om die groot verskeidenheid temas wat in hierdie gedigte aangeraak word, saam te vat. Daar is liefdesverse, verse oor voels, plante, verwysings na ander skrywers wat wissel van die ou Grieke Theognis en Anakreon tot by Afrikaanse digters soos Joan Hambidge en Sheila Cussons, daar is kort besinnings oor verganklikheid en die tydloosheid van 'n by wat in amber gevang is, verlies en die dood. Bowenal demonstreer die digter hier op verbluffende wyse wat met die digtheid van digterlike taal vermag kan word.

vetseun
Judasoog (Digbundel) . 2010 HUMAN & ROUSSEAU
- 'n Keur Uit Die Gedige Van Johann de Lange
ISBN: 9780798151498

Hierdie keur uit Johann de Lange se 8 gepubliseerde bundels is deur die digter self gedoen. Hy het 10 nuwe verse aan die einde ingesluit.

vetseun
Die Algebra Van Nood (Digbundel) / (eBook) . 2009 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798150484
ISBN: 9780798154192

Hierdie bekende digter se eerste bundel in byna 13 jaar is 'n belangwekkende gebeurtenis wat menige poesieliefhebber sal laat regop sit. Baie van die gedigte is oor kenmerkende De Lange-temas en onderwerpe (die homoerotiek, dwelmgebruik, die skryfkuns) en die deurlopende tematiek van nood word met verrassende skakerings oorgedra, 'n boeiende kaleidoskoop van fasette van die menslike nood, angs en weemoed. Die gedigte is poeties onopgesmuk, met 'n deurleefde deernis met die mens en sy emosionele wêreld. Die reeks "in memoriam"-gedigte vorm 'n hoogtepunt binne hierdie konteks.

vetseun
Vreemder as Fiksie . 2001 HUMAN & ROUSSEAU
- En ander konterfeitsels
ISBN: 9780798136136

"Skrywers is aasdiere en kuns is boos." So skryf 'n karakter in een van hierdie verhale en mens sou kon byvoeg: en lesers is voyeurs. Hierdie dertiental tekste besin oor die teenwoordigheid van die outeur in sy werk, waarin karakters van ander skrywers kamee-verskynings maak en die outeur o so betroubare verteller(s) voetnotas, skinderstories en les bes leuens influister, en terselfdertyd 'n verslag is van sy leerjongenskap onder verskeie mentors, lewend én dood.

vetseun
Tweede Natuur (Biografie) . 2000 HOMEROS
ISBN: 9780624039235

Tweede natuur is aaneengeskakelde kortverhale waarin 'n jong gay se ervaring van dwelms in klubs en tydens raves in en om Kaapstad beskryf word, en die invloed wat dit op sy liefdeslewe het.

1998 - Die dye trek die dye aan, saamgestel, Johann de Lange; Antjie Krog (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Soort Soek Soort ........ 1997 HUMAN & ROUSSEAU/TAFELBERG
- 'n versameling alternatiewe ervarings
saamgestel
ISBN: 9780798137263

'n Versameling van 47 gay-verhale van 1897 tot 1997. Dit bied 'n unieke insig in die ontwikkeling van die gay-tema - van die bedekte aanslag van vroeëre verhale tot die groter openhartigheid van die moderne tyd. Die vroegste verhaal, Di twe frinde, het 1897 in Ons Klyntji verskyn. Die jongstes is in 1997 geskryf en nog nie voorheen gepubliseer nie.

1996 - Vreemder as Fiksie: en ander konterfeitsels (HUMAN & ROUSSEAU)
1995 - Wat sag is vergaan (HUMAN & ROUSSEAU)
1993 - Vleiswond (HUMAN & ROUSSEAU)
1991 - Nagsweet (TAURUS)
1990 - Wordende naak (HAUM)
1986 - Snel grys fantoom (HUMAN & ROUSSEAU)
1983 - (Akwarelle van die dors) Ingrid Jonker-prys, debuutpoësie
1982 - Akwarelle van die dors (Digbundel) (HUMAN & ROUSSEAU)

sien Ensovoort


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )