Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Johan Marais (Marais, Johan)
vetseun
Tydbom / (eBook) ............. 2010 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624048480
ISBN: 9781920323776

Op 16 verlaat Johan Marais die skool om by die polisie aan te sluit. Op 'n vroee ouderdom word hy reeds blootgestel aan geweld, lyke en 'n rits polisievergrype. Maar as avontuurlustige jong man sluit hy in die laat sewentigerjare by Koevoet aan op soek na meer aksie. By halssnoermoorde en faksiegeweld is sy eenheid eerste op die toneel. Hy is 'n ooggetuie van verskeie voorvalle van polisiebrutaliteit. Hy ontken egter die gevolge van al die trauma, maar hy verlaat wel die polisie om sy eie besigheid te begin. Sy huwelik loop op die rotse. Soos hy afgaan in 'n maalkolk van depressie en fisieke pyn weens sy drankmisbruik, eksperimenteer hy ook met dwelms. Hy pleeg amper selfmoord voordat hy teenoor homself erken dat hy hulp nodig het. Marais het die boek geskryf om sy duiwels te besweer. Sy eerlike, reguit vertelling getuig van rou menslikheid. Dit skok en gryp jou terselfdertyd aan die hart.

vetseun
Watter Slang Is Dit? .... 2008 STRUIK
ISBN: 9781770077324

Watter slang is dit? is 'n maklike inleiding wat die beginner sal help om slange uit te ken. Slange van die streek word volgens familietrekke, gemeenskaplike gedrag of voorkoms gegroepeer, en die leser word aangemoedig om die kenmerke van die groep te herken voordat op individuele spesies gefokus word. Kassies met interessante feite vul die teks aan en treffende kleurfoto's illustreer die kenmerke van slange in elke groep. 'n Insiggewende inleiding dek die algemene gedrag en habitats van Suider-Afrika se slange en gee wenke oor waar en hoe om hulle op te spoor. Die verskillende gifsoorte word bespreek, asook basiese noodhulpmaatreels vir die behandeling van slagoffers van slangbyt.

vetseun
'n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika (Diere) . 2004 STRUIK
ISBN: 9781868729333

Hierdie breedvoerige en omvattende gids tot die 151 inheemse slange in Suid-Afrika dek al die noodsaaklike aspekte van biologie en slang gedrag. 'n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika is nou in sy tweede uitgawe en is ten volle opgedateer om ten minste 11 nuut ontdekte en 30 her-klassifiseerde spesies en sub-spesies in te sluit.
Nuwe inligting gebasseer op internasionale wetenskaplike navorsing is ingesluit, en hou verband met gedrag, identifikasie, voortplanting en gif.
Kenmerke van die nuwe uitgawe Spesies se beskrywings word vergesel van volkleur foto's. Eenvoudige simbole maak belangrike inligting dadelik beskikbaar.'n Aparte 'Kyk uit vir' blokkie help om spesies in die veld gou te identifiseer. Hoofstukke oor klassifikasie en identifikasie, aanhou van slange, en die voorkoming en behandeling van slangbyte vul die inligting aan.

vetseun
Slange & Slangbyte In Suid-Afrika (Diere) . 1999 STRUIK
ISBN: 9781868724741

"Kan jy elke slang in die gras identifiseer? Met hierdie onontbeerlike gids vir almal wat graag in die veld kom, leer jy hoe om die molslang van sy giftige vriende te onderskei en hoe gemaak as iemand in jou groep met 'n pofadder of 'n rinkhals gekruis het. Kry sommer dadelik dié gids sodat jy slaggereed is vir die volgende uitstappie." - loot.co.za

Die titel bespreek 48 slangspesies wat 'n mens dikwels in Suider-Afrika raakloop. Daar word onderskei tussen die skadelose slange en die gevaarlike slange en wei spesiale aandag aan die skadeloses wat dikwels met gevaarlike spesies verwar word. Die titel benader die onderwerp op 'n direkte en eenvoudige manier wat dit toeganklik maak vir 'n ieder en 'n elk. Title verduidelik die stappe waarop slange ge?dentifiseer kan word eksplisiet, en in die afdeling oor slangbyte gee hy waardevolle advies oor die nood-behandeling en bespreek die simptome wat voorkom nadat iemand deur 'n spesifieke slang gebyt is. Die moontlikheid van verwarring tussen spesies word uitgesluit deur foto's te gebruik van slange in verskillende stadia van hul ontwikkeling en met verskillende kleurpatrone. As een slang maklik met 'n ander verwar kan word, word dit duidelik aangedui sodat daar geen twyfel kan bestaan watter slang watter een is nie. Die beskrywing van slangspesies dui die onderskeidende kenmerke aan en beskryf die tipiese gedragspatrone. 'n Dubbelblad word aan elke slangspesie gewei en die beskrywing van elke spesie word van 'n verspreidingskaart en 6 tot 8 foto's vergesel.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )