Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Johan Bakkes (Bakkes, Johan) (Drie Reisigers)
vetseun
Norrevøk ...................... 2008

"Die klim van 'n berg is amper soos die lewenspad. Sonder om nou te erg filosofies te raak - jy staan onder in die vlak en voetheuwels met jou lewe voor jou. Dan pak jy hom aan. Dit gaan gepaard met stampe en stote en swaar. Daar's ook heerlike oomblikke - as jy rus en terugkyk na die pad waarlangs jy gevorder het. Maar ewig wink die kruin, en met hernieude krag stu jy opwaarts . . .

Die maklik begaanbare we ë hou vir Johan Bakkes geen aantrekkingskrag nie; nee, vir hom altyd maar die smalle weë wat met bloedsweet gepaardgaan. Dáár waar min ander dit nog gewaag het.
Norrevøk, so wil gerugte dit hê, is 'n klein ou dorpie net anderkant Novisibirsk in Siberië. Daar waar dit rérig koud raak, soos in minus-40-grade-koud. Maar as jou naam Bakkes is, is die woord norrevøk min of meer sinoniem met "nooit boedel oorgee nie" . . .

Mettertyd bied Nepal, Pakistan en Ethiopië net nie meer genoeg van 'n uitdaging nie, en dan neem jou reise jou na toenemend vreemde plekke, daar waarheen die gewone toeris nie graag gaan nie, daar waar net die plaaslike inwoners hul eie taal verstaan. Niks Engels . . . en nog minder Afrikaans.
Maar deur Afrikaans te brabbel en totaal dolli inkapas te pleit, help darem dat mens nie van die Trans-Siberiese trein afgegooi word nie. En met gebaretaal en akteursvernuf kan 'n ou 'n redelike ent kom; as jy byvoorbeeld in Sjina soos 'n mal koei moe en met jou hande bokant jou kop horings naboots en 'n denkbeeldige matador bestorm, kan jy darem keer dat iets aan jou voorgesit word wat eens die naam "Wagter" kon gehad het.
Hier is heerlike, avontuurlustige vertellings, propvol humor, en nooit sonder deernis vir die medemens nie. Ons lees van "'n Russiese plukspan", van "die kragman van Krasnoyarsk", van "die Engel van Qufu" . . .
Jy reis immer voort, en telkens kom die wete: soms moet jy eers die niemandsland betree om weer opnuut te kan besef wie jý is." - graffitibooks.co.za

vetseun
To hell and gone ........ 2008 HUMAN & ROUSSEAU

"The author's adventurous spirit has taken him to destinations all over the world, the common thread being that these places are almost always off the beaten track.This collection of thrilling stories recounts his numerous exploits."

vetseun
Nou's ons in ons donner in . 2006 HUMAN & ROUSSEAU

Perfek vir adrenalien-junkies. 'n Bundel met verhale oor die skrywer se talle reise en eienaardige ervarings, hetsy die uitklim van Ras Dehen, die hoogste bergkruin in Ethiopië, of 'n reis na die Danakil-woestyn.

"Na die groot sukses wat hy met sy debuut, Moer toe die vreemde in, behaal het, keer Johan C. Bakkes terug met nog 'n bundel verhale wat vertel van sy talle reise en buitengewone ervarings. Of dit nou gaan oor die uitklim van Ras Deshen, die hoogste kruin in Ethiopie, of 'n reis na die Danakil-woestyn, een van die mees onherbergsame gebiede op aarde (daar waar jou skoene smelt en jy letterlik kan voel hoe jou voete gaar word!), of wedervaringe veel nader aan die huis. Nou's ons in ons donner in is 'n titel wat die avonturier in elke leser sal wakker maak. Want soos die skrywer self se: 'Reis net saam, want die werklike reis is meesal anders as die droomreis - of is dit?'"

vetseunvetseun
Moer toe die vreemde in . 2001 HUMAN & ROUSSEAU

"Elke keer as ek my rugsak voortsleep deur hierdie dik sand en versengende hitte, dink ek: Wat de donner soek ek nou al weer hier? Die sweet bars uit en loop strome deur kopdoek en baard."
My brein is afgesluit, ek sien nie meer die blink kabbeling van die rivier regs en die ruwe kranse wat hierdie skeurvallei omsluit nie. Agter my string 'n klomp mense. My kliënte en my verantwoordelikheid."
Of dit nou gaan oor sy ervaring as gids in die Visrivierskeurvallei in Namibië, sy ekspedisies na Kilimanjaro, sy besoek aan Timboektoe, of sy ander reise deur Afrika ... Johan Bakkes is 'n gebôre storieverteller wat weet hoe om sy lesers mee te voer, hulle saam te neem na al die wonderlike plekke wat hy self al besoek het. Soos hy dit self stel: "Ek is nie slim genoeg om strontstorietjies uit te dink nie - alles wat hier staan, is die reine waarheid, gesien deur my eie oë. Dis hoe dit moet wees, want dis die lewe ..."
'n Móét vir die avontuurlustige leser. - graffitibooks.co.za


skakels :








2015 09 22 - Die Afrikaanse Taalmuseum & -Monument, Paarl, bied aan Ghellie-Klets tydens die Storievertelfees. Kom sit om die ghellie-blik saam met Johan Bakkes, Peter de Villiers, Riku Lätti, Ben 10, Gaireyah Fredericks, Gerrit Rautenbach, Hemelbesem, Churchil, Loit Sôls, Stumps, Boland Krieketstadion, Langenhoven, Paarl, 18:30 - Storytelling - www.taalmuseum.co.za
vetseun


2014 08 04 - Die Wasgoedlyn Projek: Die Twakskuur-stoor: Riku Lätti, Johan C. Bakkes, Gert Vlok Nel, Ryno Velvet, Willim Welsyn, Dana Snyman, Tanja Erasmus, Jackie Lätti
vetseun



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)