Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Johan Badenhorst (Badenhorst, Johan) (Drie Reisigers)
vetseun
Voetspore .......................... 2013 PROTEA BOEKHUIS
- Agulhas tot Alexandriê
ISBN: 9781869198978

'n Kleurvolle en hoogs interessante dokumentasie van die bekende Voetspore-span se sewende reis deur ongenaakbare dog asemrowende Afrika.
In hierdie boeiende dagboek doen Johan Badenhorst self verslag oor sy span se reis van 20 000 km deur die ooste van Afrika, met besoeke aan plekke soos Zambie, Tanzanie, Rwanda, Uganda, Kenia, Ethiopie, Somaliland, Djiboeti, Eritrea, die Soedan en Egipte. Dit is 'n plakboek propvol asemrowende foto's deur Gideon du Preez Swart, kaarte en nuttige inligting vir beide die ervare sowel as aspirantreisiger.

vetseun
Drop, Place En Score DVD . JBDVD 11 2012 ONBEKEND

Sedert 1891 het meer as 800 spelers reeds in die Groen-en-Goud op die rugbyveld verskyn. Onder hulle tel etlike helde. Spelers soos Paul Roos, Bennie Osler, Hansie Brewis, Danie Craven, Okey Geffin, Hennie Muller, Mannetjies Roux, Naas Botha, Danie Gerber en Morné du Plessis. Toe die Suid-Afrikaanse Rugbyspeler van die Eeu aangewys moes word, was daar min twyfel dat dit Frik du Preez sou wees. Frik is die eerste Suid- Afrikaanse rugbyspeler wat 'n ereplek in rugby se Internasionale Heldesaal gekry het. Hy is deur Danie Craven bestempel as 'n sportman in dieselfde liga as Muhammad Ali. As flank of slot was hy een van die dominante voorspelers in die 1960's, maar hy kon eintlik amper enige posisie in die span speel. Na sy uittrede uit die spel in 1971 het Frik steeds 'n belangrike figuur in Suid-Afrikaanse rugby gebly. Hy is steeds een van die gewildste sprekers by rugbyonthale, hy is pal op die gholfbaan saam met sy vriende of betrokke by fondsinsamelingstoernooie en Frik was verantwoordelik vir die Bray July, een van die grootste sosiale geleenthede in die Kalahari. Hierdie is die verhaal van Frik du Preez, Suid-Afrika se Rugbyspeler van die Eeu, tydens sy speeldae maar ook daarna. Saamgestel deur Johan Badenhorst.

vetseun
Voetspore ........................... 2011 PROTEA BOEKHUIS
- Cassablanca tot die Kaap
ISBN: 9781869194314

'n Dagboek, 'n kookboek, 'n notaboek ... 'n verslag van 'n tog af teen die westekant van Afrika. Van Casablanca tot die Kaap is Johan se dagboek - die verslag van Dag 1 tot Dag 94.
Bekende televisiepersoonlikheid, programvervaardiger en ervare avonturier Johan Badenhorst vertrek in Mei 2009 saam met die res van die Voetsporespan uit Casablanca, Marokko. Die ses manne (in drie 4x4-voertuie) se doel is om in minder as 100 dae na Kaapstad te reis - om 'n weg te baan af teen die westekant van Afrika. Die reis neem hulle deur die ongenadige Sahara, die indrukwekkende reenwoude van Sentraal-Afrika en die ongebaande wee van die Suide. Hulle trotseer uitdagings soos min, maar ontdek in die proses magiese stede soos Fes, Oudane, Timbuktu, Agadez, Kano, Limbe en Fanceville en reis dan kuslangs in Angola waar Damaraland roep. Suid-Afrika se grens word gekruis by Sendelingsdrift en van Alexanderbaai reis hulle saam met familie en vriende tot hulle eindelik hul doel bereik: Kaapstad.

vetseun
Van Kilimandjaro Tot by Kairo (Reis) . 2008 HUMAN & ROUSSEAU
foto's, Rey Janse van Rensburg
ISBN: 9780798149501

Die Voetsporespan het die epiese tog van Kaapstad tot by Kairo in twee bene aangedurf. Van die Kaap tot Kilimandjaro, het geeindig aan die voetheuwels van Afrika se hoogste berg. Die keer klim die manne tot op die kruin - die Uhurupiek, 5 895 meter bo seevlak - voor hul vierde viertrekreis deur Afrika werklik begin: in Tanzanie. In Oos-Afrika sluit Deo Magoye hom by die span aan, neem hulle om met pyl en boog te gaan jag saam met die Hadzabe, jagter-versamelaars aan die oewer van die Eyasimeer. Daarna word hande-viervoet geklim, teen Ol Doinyo L'Engai op tot in die hart van 'n aktiewe vulkaan. Buite seisoen is die span die enigste kampeerders in die Serengeti met sy oorvloed van wild - onder andere meer as 'n miljoen wildebeeste. Vandaar ry hulle na Ujiji waar Stanley en Livingstone ontmoet het, en toe om die Victoriameer na die oorsprong van die Nyl. In Kenia is die span na die Nakuru- en Turkanamere en die Chalbiwoestyn, en van daar noord, tot in Ethiopie. Die land is oorrompelend, kleurryk, indrukwekkend. Die Blou Nyl ontspring in die Tanameer, en by Khartoem in die Soedan kom die Blou- en Wit Nyl bymekaar. Hulle volg die Nyl verder, in die voetspore van die farao's, verby die piramides van Meroe, deur die Nubiese woestyn, oor die Nassermeer, verby Luxor, tot in die Egiptiese hoofstad, Kairo, en besoek die sfinks en piramides van Giza.

vetseun
Voetspore 4x4 Kookboek . 2007 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798148702

Die resepte is eenvoudig maar lekker, alles saamgestel uit die beplande inkopies, behalwe waar daar kraakvars eiers langs die pad gekoop word, of 'n hele skottel wat oorloop van vet garnale, 'n halfuur gelede uit die see gehaal. Hoogtepunte sluit Belgiese bredie (met bier in), Lamskerrie, Herderspastei, Perskes in witwyn en Uie-en-kaasbrood in. Die titel is 'n gebruiksartikel en dien as 'n gids tot die volmaakte beplanning vir jou ontdekkingstogte. Die Voetspore 4x4 Kookboek pas gemaklik in jou voertuig se paneelkissie - en is net so belangrik soos jou domkrag, spaarwiel en sleeptou.

vetseun
Van Die Kaap Tot Kilimandjaro (Reis) . 2007 HUMAN & ROUSSEAU
- 'n Voetsporereis
foto's, Rey Janse van Rensburg
ISBN: 9780798148450

In Van die Kaap tot Kilimandjaro vertel regisseur Johan Badenhorst onderhoudend van die Voetspore-span se derde reis deur Afrika. Kaapstad met sy kenmerkende berg is 'n geskikte vertrekpunt. Van daar met die 4X4-Nissans deur die Sederberge, oor Verneukpan, deur Kgalagadi en die Kalahari, dan in Botswana deur die poort tot die Okavango-delta, die Chobe-wildparadys, Barotseland op die vloedvlaktes van die Zambezi, en dan oos deur Zambie en Malawi. Deur die ongerepte woude in die noorde van Mosambiek ry die span tot by die kus waar met 'n dau gevaar word na die eiland Ibo met sy ou Portugees-koloniale geboue en silwersmede wat op 'n primitiewe manier met handgereedskap en 'n mondblaasbalk juweliersware maak. Verder noordwaarts deur die Selous-wildtuin tot by die polsende stad van Dar-es-Salaam. Dan 'n besoek aan Zanzibar, eksoties, speseryryke eiland, voor hulle wes draai na die Ngorogoro-krater met sy unieke, volmaakte ekosisteem, en die Serengeti. Hul laaste staning word gemaak in Amboseli, Kenia, met 'n wonderlike uitsig op Kilimandjaro, die hoogste berg in Afrika. En soos gewoonlik word daar langs die pad gekamp, gekook, vasgesit, losgekom, gekuier, gekyk, en net eenvoudig geniet. Leuenstoel-avonturiers en 4X4-eienaars deel in die opwinding, terwyl hulle meer te wete kom oor Afrika en sy unieke besienswaardighede.

vetseun
Voetspore Op Die Strand (Reis) . 2002 LAPA UITGEWERS
foto's, Rey Janse van Rensburg
ISBN: 9780799329902

Die voetspore-span se tweede reisavontuur met 4x4-voertuie begin by Ponta do Ouro in Mosambiek en kuslangs, van vuurtoring tot vuurtoring, en eindig by Kaap Kruis in Namibië. Soos die kraai vlieg, is dit 'n afstand van ietwat verder as 4000 kilometer, maar vir die voetspore-span was dit 'n avontuur van 15 000 kilometer ver.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)