Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Joan Hambidge (Hambidge, Joan)
vetseun
Lot Se Vrou / (eBook) . 2012 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798156875
ISBN: 9780798156882

In hierdie bundel is daar heelwat stiltes in herinneringsverse en nostalgiese verse, wat afgewissel word met verse wat die stilte verskeur. Die digter, in hierdie bundel, kla haarself aan, sy haal haar af en sy verraai haar: die digter is die kitaarspeler en "sal alles doen en selfs verraai, net dat 'n nuwe deuntjie in my draai" (D.J. Opperman). Die woord staan voorop in hierdie gedigte. Dit is "woordverse" sonder dat die idee ondergeskik gestel word aan die woord. Selde nog het Hambidge die "gevaarlike woord" so onverskrokke hanteer en hierdie bundel is van haar rykste werk tot op hede.

vetseun
Visums By Verstek .... 2011 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798154819

Hierdie keur uit die digter se reisverse lewer bewys van haar ruim verwysingswereld en plaas die fokus op die mens as reisiger, uit eie wil en teen wil en dank. Die bundel doen verslag oor reisindrukke, maar die bestemming is telkens die ruimte vir emosionele en rasionele verwerking van menslike ervaring (reiswaarneming, dus, wat dikwels teruglei na die self). In die sin sluit die bundel aan by die werklike groot reisbundels binne die literatuur, veral internasionaal.

vetseun
Vuurwiel (Digbundel) . 2009 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798150613

In Vuurwiel ondersoek Joan Hambidge op aangrypende wyse al die bekende temas van haar digkuns: die liefde, reis, familieskap (werklik en tussen gedigte), verlies en die dood. Sentraal binne hierdie temas staan die sirkelgang van lewe en dood, die voortdurende verandering en nuutmaak van dinge. Hambidge se gedigte keer terug na klassieke vorme soos die dizain, pantoem, distigon en verskeie gedigte tree in gesprek met bekende digters. Sy bring deur die gestaltevers hulde aan figure soos Sophia Loren en Bill Flyn. In haar elegiese vers oor Machu Picchu versoen sy al die temas en tegnieke van haar digkuns. Vuurwiel is 'n toeganklike bundel wat terselfdertyd verpak is met komplekse verwysings na die Afrikaanse en buitelandse digkuns en ook spreek van weerloosheid en eerlikheid.

vetseun
Kladboek ..................... 2008 PROTEA BOEKHUIS

Die basiese gegewe van die roman is 'n boeiende klein menslike drama, naamlik die ontstaan en afloop van 'n liefdesvierhoek: Die verhouding tussen Die Skrywer en Geliefde loop op die rotse omdat Die Skrywer betrokke raak by Die Vrou. Die Man, eksgeliefde van Die Vrou, tree ook tot die verhaal toe wanneer daar 'n verhouding tussen Geliefde en Die Man ontstaan.
Rondom die sentrale tema van verhoudings bou Joan Hambidge 'n sterk, intellektueel stimulerende roman. Nie net kom die verhoudings tussen die verskillende karakters in die roman ter sprake nie, maar ook die verhouding tussen dié karakters en die skryfproses, tussen die skrywer en plekke, tussen die werklikheid en kuns, en tussen teorie en letterkunde.
Die skrywer gebruik 'n verskeidenheid genres om die vele gesigte van verhoudings te ondersoek: Daar is sprokies, kortverhale, briewe, opstelle, gedigte en selfs reisverslae, filmskote, lesings en koerantartikels. Hierdeur word Kladboek byna 'n klein biblioteek of boekrak met skryfwerk oor die onderwerp en sy uitvloeisels. Die skrywer eksperimenteer as't ware met die teksvorme om die gegewe van verskillende kante te belig.
Juis hierdie verskeidenheid hou die leser van Kladboek se aandag gevange en maak dit, in die letterkundige Louise Viljoen se woorde, "'n goed leesbare roman wat 'n rykdom aan idees en insigte bevat. Myns insien is daar ook geen twyfel daaroor dat dit'n kontroversiële roman gaan wees wat heelwat reperkussies binne die literêre wêreld en daarbuite gaan hê nie."

vetseun
Palindroom / Koesnaatjies vir die proe . 2008 GENUGTIG UITGEWERS
ISBN: 9780980260649

Joan Hambidge kom vorendag met 'n letterkundige manifestasie van prosa en gedigte. Aan die een kant het ons Koesnaatjies vir die proe waarin sy die liefde en lewe ondersoek. Op tye eksplisiet en op tye so teer. Palindroom ondersoek die komplekse verhouding tussen drie mense: die mentor, die leerling en die mentor se geliefde. Hul verhouding is geweef in 'n ingewikkelde en letterkunidge web van teorie, psigo-analise en metafiksie.
En dan is daar natuurlik ook die ewige vlermuise.... - graffitibooks.co.za

vetseun
Dad (Digbundel) ........ 2006 GENUGTIG UITGEWERS

In 'n poging om die verhoudings tussen ouers en kind uit te pluis, bied hierdie bundel 'n ander sy van die digter, naamlik die weekhartige omgee van 'n dogter vir haar ouers en veral die problematiek van 'n dogter teenoor die herinneringe oor haar pa. Sonder 'n sweem van swaarwigtigheid beeld sy waaksamig soos 'n "andersoortige sekretaris" die kortstondigheid van 'n aardse lewe uit.
Sy word nie net haar vader se "geheuebank" nie, maar verstaan haarself ook beter in die taksering van sy nalatenskap. Nuwe en reeds gepubliseerde gedigte omarm mekaar rondom 'n bewustheid van hoe teleurstelling in retrospeksie kan groei tot deernis en berusting: Vandag nog ruik ek 'Old Spice' in tye van onsekerheid en angs of alleenheid." - graffitibooks.co.za

vetseun
En skielik is dit aand (Digbundel) . 2005 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869190804

In hierdie omvangryke nuwe bundel van Joan Hambidge kom 'n veelheid van temas aan die bod: 'n vervloë jeugwêreld, die verhouding tussen ouer en kind, reise, die skryfproses, die dood van 'n bekende sanger.

Maar bowenal is dit 'n bundel oor die liefde, weliswaar in 'n volgehoue mineurtoonaard. Die titel dui reeds op 'n einde, op aankruipende donkerte. Die meeste gedigte handel oor die skipbreuk van 'n liefdesverhouding en die verwerking van die pyn van verlies, onder meer deur daaroor te skryf. Die digter waarsku in "Die gedig as getuigskrif":Nie dat digters ooit oor die liefde skryf nie.Dis eerder oor die afwesigheid,oor verlies wat die maatstaf word van liefde.Joan Hambidge se poësie is volledig in die hedendaagse werklikheid veranker. Die talle verwysings na verbruikersgoedere, hotelle, rekenaars en selfone gee aan die gedigte in En skielik is dit aand 'n konkreetheid en maak dit terselfdertyd ook toeganklik vir die leser. En al het ons hier met 'n baie spesifieke geval te maak, slaag Hambidge daarin om telkens 'n wyer trefkrag aan die besondere te gee. - graffitibooks.co.za

vetseun
Die buigsaamheid van verdriet (Digbundel) . 2004 PROTEA BOEKHUIS
- 'n Honderd of wat gedigte van van Joan Hambidge
ISBN: 9781869190682

Hierdie lywige bundel is 'n keuse uit Joan Hambidge se oeuvre deur die skrywer self. Dit is 'n kritiese seleksie uit digkuns wat hoofsaaklik handel oor reis, die liefde, familieskap - en eensaamheid. Joan Hambidge is professor in Afrikaans en Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad, waar sy 'n MA-kursus in Kreatiewe Skryfwerk aanbied. Benewens digter en akademikus, is sy ook 'n gereelde boekresensent en skryf sy rubrieke oor letterkunde en films.

vetseun
Ruggespraak (Digbundel) . 2002 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781919825946

2001 - Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het (Roman)
2001 - Skoppensboer (Roman) (verwysend na Eugène Marais gedig)

vetseun
Lykdigte (Digbundel) . 2000 TAFELBERG

vetseun
Die Swart Sluier (Roman) . 1998 TAFELBERG
ISBN: 9780624036692

'n Vervolg op Swart koring, Hambidge se eerste alternatiewe hygroman. Hier's weer eens 'n prettige draakstekery en 'n sniksnaakse kyk na 'n skewe wêreld.

1998 - Judaskus (Roman)

vetseun
Ewebeeld (Digbundel) . 1997

vetseun
Swart Koring (Roman) . 1996

1995 - Interne Verhuising (Digbundel)
1991 - Die Verlore simbool (Digbundel) (TAFELBERG)
1990 - Verdraaide Raaisels (Digbundel)
1990 - Tachycardia (Digbundel)
1990 - Die Somber muse (Digbundel) (JUTA LITERÊR)

vetseun
Donker Labirint (Digbundel) . 1989 TAFELBERG
ISBN: 9780624028284

1989 - Kriptonemie (Digbundel)
1989 - Gesteelde appels (Digbundel) (HAUM)
1988 - Geslote Baan (Digbundel)
1987 - Palinodes
1987 - Joan Hambidge (Bitterlemoene); Deon Opperman (Môre is 'n lang dag/Die teken) Eugène Maraisprys
1987 - Die Anatomie van Melancholie (Digbundel)
1986 - Bitterlemoene (Digbundel)
1985 - Hartskrif (Digbundel)

ook :
The Coroner's Wife (English translations of her poems)
Kladboek (Roman)


skakels : wiki :













bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )