Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
J.L. Marais (Marais, Johann Lodewyk)
vetseun
Diorama (Digbundel) . 2010 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193652

Met hierdie bundel sluit Marais aan by sy bundel Aves wat uitsluitlik oor voels gehandel het, maar in Diorama val die klem op diere. Marais is bekend daarvoor dat sy gedigte respek het vir wetenskaplike kennis: Die wetenskaplike name van spesies word by die gedigte gegee, die feite moet korrek wees en die habitatte waarin die diere, plante en voels voorkom, word versigtig uitgebeeld. Hierdie bundel bevat ook gedigte oor die paleontologie en navorsers soos Jane Goodall, Richard Leakey en die Suid-Afrikaanse paleontoloog Philip Tobias.

vetseun
Honderd jaar later (Digbundel) . 2005 PRAAG
- Ter viering van die publikasie van Eugène N. Marais se "Winternag" op 23 Junie 1905
ISBN: 9781920059040

vetseun
Lae Wolke Oor Mosambiek (Reis) . 2004 PRAAG (SKEURKLIP, Wonderboompoort)
- 'n Reisboek
ISBN: 9780620301169

Drie Suid-Afrikaners onderneem met 'n gebore Angolees as gids 'n navorsingsreis na Mosambiek om meer oor die rede vir onwettige immigrasie na Suid-Afrika te wete te kom. Tydens die reis maak hulle kennis met die land wat vir die meeste Suid-Afrikaners dekades lank ontoeganklik was, maar alles behalwe vergete. Gesprekke in Maputo en 'n reis tot by Maxixe waar Arabiese dhows nog gesien word, leer hulle uiteindelik meer oor die boeiende land en gee hulle insig in die menslike kant van emigrasie. Hulle maak ook kennis met die werklikheid van 'n land wat na dekades van oorlog en onrus begin om te herstel.

vetseun
Aves : Gedigte (Digbundel) . 2002 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781919825519

Hoewel die digter voor in hierdie bundel die leser met Walt Whitman se woorde waarsku: "You must not [...] be too precise or scientific about birds and trees and flowers [...]", bly die gedigte deurgaans gemoeid met die wetenskaplike benadering tot voels - en is die teks uiteindelik 'n briljante spel van teenstelling en gelykmaking.
"'n Voelboek", noem die bekroonde digter Johan Marais sy vyfde bundel. By die natuurliefhebber roep dit dadelik assosiasies van 'n naslaanboek op. En dan, op die opdragblad, asof die digter sy leser doelbewus met hierdie assosiasie wou mislei, waarsku hy in Walt Whitman se woorde:"You must not [...] be too precise or scientific about birds and trees and flowers [...]." Die gedigte bly egter gemoeid met die wetenskaplike benadering tot voels, en hierdie spel van teenstelling en gelykmaking word deur die hele bundel voortgesit.

vetseun
Plaaslike kennis: Gedigte (Digbundel) . 2001/2004 PROTEA BOEKHUIS/SUN E-SHOP
ISBN: 9781869190361

'In hierdie nuwe digbundel van Marais word die versugting en liefde onder andere vir die natuur, die plaas [of plaaslike], die grond en selfs bome soos die kokospalm, die kasjoe, maroela en vyeboom aangespreek. Ander verse lewer kommentaar op sosiale en politieke aspekte van ons samelewing, of oor kollegas en gebeure wat in Afrika [of ter plaatse] plaasvind. In die gedig "Reis oor Afrika", sluit hy af: "Ek kyk alleen oor die groot, groot niet uit/ en sien my woorde klein soos 'n eiland/ weerloos en dof in die stikdonker nag."' - SUN E-SHOP

vetseun
Ons klein silwerige planeet (Digbundel) . 1997 VAN SCHAIK
- Afrikaanse, Nedelandse en Vlaamse gedigte oor die omgewing
saamgestel, J.L. Marais, A.D. Zuiderent
ISBN: 9780627022661

Die mens se kommer oor die omgewing is een van die dominante temas van die laaste dekades van die 20ste eeu. In die Weste (en in Europa) het omgewingsbewustheid wyd posgevat en selfs 'n modeverskynsel geword. Ofskoon daar in bree verband nog nie genoeg begrip vir die mens se bydrae tot die krisis en sy reaksie op die globale veranderinge is nie, geniet hierdie kwessies toenemend aandag in die kunste. Ook in die letterkunde kan die groen gesprek as 'n belangrike groeipunt beskou word.

1992 - Verweerde aardbol (HAUM) (HUMAN & ROUSSEAU)
1990 - Groen: gedigte oor die omgewing, saamgestel (HAUM)
1989 - By die dinge (HUMAN & ROUSSEAU)
1987 - Palimpses (HUMAN & ROUSSEAU)
1987 - Opleiding in skeppende skryfwerk in Suid-Afrika: 'n Sisteembeskrywing (RAAD VIR GEESTESWETENSKAPLIKE NAVORSING)
1983 - Die somer is 'n dag oud (HUMAN & ROUSSEAU)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )