Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Jeanette Ferreira (Ferreira, Jeanette)
vetseun
Boereoorlogstories 2 / (eBook) . 2012 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054337
ISBN: 9780624054344

Die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 is helderder as ooit in die Afrikaanse leser se geheue. Verkope van die eerste bundel, getitel Boereoorlogstories, het alle verwagting oorskry en het reeds 'n tweede druk van die tweede uitgawe daarvan genoodsaak. In Boereoorlogstories 2 tree ook jonger skrywers tot die gesprek toe, onder andere Christine Barkhuizen le Roux, Jaco Fouché en Gerda Taljaard. Die verhale van lyding en opoffering wat die eerste bundel gekenmerk het, word in die tweede bundel verbreed met 'n skerper blik op verraad. Die joiner en hensopper kom as uitgeworpene onder die soeklig ("Die groot gemis", Dolf van Coller) maar ook as feilbare mens in vertwyfeling ("Was Oupa dapper?", Lappe Laubscher; "Groete daar op Voorstevlei", Jaco Fouché.)
Die verkwikking van humor oor ernstige sake bly nie uit nie. Ook is daar erkenning vir die feit dat alle soldate van die Britse Ryk nie demone was nie ("Eenmaal was daar 'n goeie man", Marita van Aswegen). En die Boer Gideon Scheepers - vir die Britse Ryk 'n rebel wat teregstelling verdien het vir sy verraad jeens sy regering - word geteken in sy barmhartigheid jeens 'n Engelse vrou op die platteland. So belig hierdie tweede bundel 'n nog wyer spektrum as die eerste in sterk verhale en 'n idioom wat die tydperk van die Anglo-Boereoorlog lewend hou - vir lesers met 'n voorkeur vir historiese verhale, maar ook vir enige leser wat die kortverhaalkuns waardeer.

vetseun
Nuwe Stories / (eBook) . 2012 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
Jeanette Ferreira, Suzette Kotze-Myburgh
ISBN: 9780798156448
ISBN: 9780798156455

Die beste 21 verhale uit die inskrywings vir HUMAN & ROUSSEAU se Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd vir skrywers onder dertig. In hierdie bundel kan jy die pols van 'n nuwe generasie Afrikaanse skrywers voel.
Die verhale dek die hele spektrum: die alledaagse tot die bonatuurlike; drama, humor en tragedie; liefde, seks, familiesake en natuurlik die lewe en die dood. Die bydraers is Alettie van der Heever, Alida Eloff, Armand Fourie, Bibi Slippers, Carla van Eck, Carolyn Meads, Charl Bezuidenhout, Christina van Deventer, Constant van Graan, Donovan Greeff, Henali Kuit, Janice Keogh, Lezandra Thiart, Madré Roothman, Marni Bonthuys, Nina Botes, Phillip Brand, Trish Goosen, Wilken Calitz and Willim Welsyn.

vetseun
Nuwe Kinderverseboek ... 2009 TAFELBERG
Illustrasie: Tamsin Hinrichsen; Maja Sereda; Dale Blankenaar
Riana Scheepers, Suzette Kotze-Myburgh, Jeanette Ferreira
ISBN: 9780624046769

Nuwe Kinderverseboek bevat by die driehonderd byderwetse verse spesiaal geskryf vir die Afrikaanse kind van die 21ste eeu...
Van tel- en toontjierympies vir die kleuter, verspotte verse vir die vroee skoolganers, tot die aanraak van belangrike temas vir die amper-tieners.

vetseun
Die Son Kom Aan Die Seekant Op . 2007 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798148825

Met hierdie aangrypende roman het die skrywer daarin geslaag om lewe te gee aan die mense en gebeure waaroor die trekleier Louis Tregardt in sy dagboek geskryf het tydens hulle tog van die Oosgrens deur die onbarmhartige binneland tot in Delagoabaai.
Die leser ervaar die gebeure hoofsaaklik deur die oë van sy vrou Martha - 'n sterk en besonderse mens. Die karakters en hul problematiek word sober, direk en nugter geteken, maar tog met deernis en insig: Martha en Louis se liefde vir mekaar, die onderstrominge tussen die verskillende mense wat saam trek, die vrese, die nood ...Die fyn humor in die verhaal en die byna speelse gemak waarmee die komplekse gegewe sy vlugtige en natuurlike gang kry, maak hierdie 'n baie leesbare roman. Selektief en verbeeldingryk word die Tregardt-verhaal vertel aan die hand van bepaalde uittreksels uit die dagboek self wat as skakels dien om dié gelaaide gegewe tot sy noodwendige einde te voer.Deeglik nagevors, insiggewend en ontroerend. - graffitibooks.co.za

vetseun
Op hulle stukke .......... 2005 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798145657

Vyf en dertig stukke deur twee en twintig bekende skrywers op hulle stukke. Uit misverstande, grille van die noodlot en menslike swakhede word 'n glimlag gebore. 'n Humoristiese kykie na ernstige en sensitiewe sake gee 'n verkwiklike draai daaraan. So wikkel die mens hom uit sy verknorsing en verleentheid.

vetseun
Diepwater .................... 2003 LAPA UITGEWERS

2001 - Kruis en dwars (VAN SCHAIK)

vetseun
Charlotta ........................ 1999 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Boereoorlogstories . 1998/2011 VAN SCHAIK/TAFELBERG
- 34 verhale oor die oorlog van 1899-1902
ISBN: 9780624051398

Die Anglo-Boereoorlog het sy spore op die ganse Suid-Afrikaanse bevolking gelaat. Oor 'n eeu heen het sentimente jeens die oorlog gewissel en die talle gesigspunte in hierdie kortverhaalbundel getuig daarvan. Begrip vir joiners en hendsoppers is een van vele gesigspunte wat niefiksionele historiese beskouings grootliks vooruit was met die eerste uitgawe in 1998. Terselfdertyd herleef pynlike kennis van bannelinge, vroue en kinders se lyding in hierdie sogenaamde "gentleman's war". Nog grysaards nog pasgeborenes nog moeders is uitgespaar. Van die voorste skrywers in die Afrikaanse literatuur het bygedra tot hierdie 34 verhale. Sommige bydraers is reeds oorlede en hierdie verhale is nooit elders gepubliseer nie. Met hierdie heruitgawe, 112 jaar na 'n lotsbestemmende ingryping in die Suid-Afrikaanse samelewing, spreek dit opnuut daarvan dat oorlog verpletter en dat 'verraad' 'n stukkende woord is. Want deur die kreatiewe skrywer se oog gaan oorlog in die eerste plek oor mense.

1996 - Catharina (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Babette ................... 1995/2006 PERSKOR
ISBN: 9780798146722

Babette
Donker het nie vergeet hoe haar stiefma haar behandel het nie, en wanneer sy terugkeer na die plaas naby Lijdenburg, nadat sy jare by haar ouma in die Kaap gewoon het, is dit met 'n onverbiddelikheid en 'n plan. Maar dan sterf haar pa en werk dinge nie uit soos sy verwag het nie, want sy moet die boerdery oorneem. Die liefde wat boonop onverwags ontvlam tussen haar en Antoine, 'n boer van die omgewing, word 'n verterende passie wat niks ontsien nie, en bring 'n groter verskeurdheid in 'n jong vrou wat reeds haarself moes verhard teen die sagter dinge in die lewe. Van verbete jong meisie groei Babette tot 'n vrou wat baie moet opoffer.

1995 - Die onsterflikes
1989 - Die mammies, die pappies, die hondjies, die katjies
1985 - Sitate om 'n rewolusie
1985 - Breyten die simbool daar (SAAYMAN & WEBER)
1984 - Bly by my vannag (PERSKOR)
1980 - Waar een mens saam is (PERSKOR)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )