Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
J.C. Steyn (1938-) (Steyn, Jaap C.)
vetseun
Sonkyker (Outobiografie) .... 2008 TAFELBERG
ISBN: 9780624046486

"Tydens J.C. Steyn se sewentigste lewensjaar, verras hy ons met 'n outobiografiese vertelling. Hy gee sy herinneringe as Vrystaatse boerseun, taalkundestudent in Nederland, akademikus, joernalis (Volksblad, Rapport), politieke kommentator, digter, prosaskrywer en biograaf." - loot.co.za

vetseun
Die Honderd Jaar Van M.E.R. . 2004 TAFELBERG

Waarom word die lewensverhaal van Maria Elizabeth Rothmann (1875-1975) in 2004 opnuut vertel? - Sy word as een die grootste Afrikaners van die 20ste eeu beskou, een van die uitnemendste Afrikaanse prosaïste, pleitbesorgers vir armes en eensames, fel stryder vir vrouebemagtiging, diep denker wat die hoogste prys gestel het op menseverhoudings, "wat jy daarvan maak, en wat
van jou daardeur gemaak word" - 'n Afrikaanse formulering van die oer-oue Afrika-beginsel: 'n mens is 'n mens deur mense.
As skrywer bekend onder haar voorletters, M.E.R., was sy inderdaad 'n merkwaardige vrou wat in haar lewe 'n hele paar belangrike rolle in 'n unieke eenheid saamgeweef het.
Sy was 'n groot skrywer, baanbrekerjoernalis, welsynpionier en voorvegter vir vroue se regte. Hier word haar lewensverhaal in sy ryke verskeidenheid vir die eerste keer vertel, en dit word vertel deur iemand met die regte fyn aanvoeling vir die besondere hoedanighede van hierdie edelvrou van die gees wat haar lewe aan haar mense gewy het.
In hierdie boek is M.E.R. self dikwels aan die woord in haar klassiek-sobere styl, deur middel van gepaste aanhalings uit haar ongepubliseerde en gepubliseerde geskrifte soos private briewe, artikels in koerante en tydskrifte, welsynverslae en boeke.
Deur die oplettende oë en sensitiewe aanvoeling van M.E.R., wat honderd jaar oud geword en belangrike figure van die negentiende en twintigste eeu van naby geken het, belewe die leser die dramatiese tye in Suid-Afrika se geskiedenis. - graffitibooks.co.za

vetseun
Penvegter: Piet Cillie van Die Burger (Biografie) . 2002 TAFELBERG
ISBN: 9780624039433

'n Biografie geskryf deur een van Suid-Afrika se voorste biograwe, Prof. Jaap Steyn oor een van Suid-Afrika se voormalige voorste redakteurs.

vetseun
Veg en vlug ..................... 1999 TAFELBERG
- Manne en vroue vertel hul ware verhale uit die Anglo-Boereoorlog
saamgestel

vetseun
Van Wyk Louw: 'n Lewensverhaal (Biografie) . 1998 TAFELBERG
ISBN: 9780624036968

Hy wat Raka, Germanicus en Tristia geskryf het, digter van Die hond van God en Groot ode, skepper van uitdrukkings soos lojale verset en die oop gesprek - hoe 'n soort mens was hy, N.P. van Wyk Louw?

1996 - Vrolike en verskriklike ondervindings van gewone mense, saamgestel (TAFELBERG)
1988 - C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap
1987 - Afrikaners - aspekte van Afrikaner-nasionalisme en Suid-Afrikaanse taalpolitiek (TAFELBERG)

vetseun
Tuiste In Eie Taal: die behoud en bestaan van Afrikaans . 1980

1978 - Dagboek van 'n Verraaier (TAFELBERG)
1976 - (Die Grammatika van liefhê) Eugène Maraisprys
1975 - Die grammatika van liefhê (TAFELBERG)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )