Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
J.C. Kannemeyer (Kannemeyer, J.C.)
vetseun
J M Coetzee / (eBook) .. 2012 SCRIBE PUBLICATIONS
- A Life in Writing
Vertaling: Michiel Heyns
ISBN: 9781922070081
ISBN: 9781921942976

J.M. Coetzee: a life in writing is the first biography of Nobel prize-winning author J.M. Coetzee. A global publishing event of the rarest kind, the book has been written with the full co-operation of Coetzee, who granted the author interviews, and put him in touch with family, friends, and colleagues who could talk about events in Coetzee's life. For the first time, Coetzee allowed complete access to his private papers and documents, including the manuscripts of his sixteen novels. J.C. Kannemeyer has also made a study of the enormous body of literature on Coetzee, and through archival research has unearthed further information not previously available. The books deals in depth with Coetzee's origins, early years, and first writings; his British interlude from 1962-65; his time in America from 1965-71; his 30 years back in South Africa, when he achieved international recognition and won the Booker prize; and his Australian years since 2002, during which time he won the Nobel Prize. J.M. Coetzee: a life in writing is a major work that corrects many of the misconceptions about Coetzee, and that illuminates the genesis and implications of his novels. This magisterial biography will be an indispensable source for everybody concerned with Coetzee's life and work.

vetseun
Leroux: 'n Lewe ............... 2008

"Etienne Leroux word steeds beskou as een van die grootste skrywers wat die Afrikaanse literatuur opgelewer het. Hy is met verskeie Suid-Afrikaanse toekennings bekroon en sy werk is vertaal in Engels, Amerikaans, Frans, Sweeds, Nederlands en Noorweegs. Kannemeyer se biografie oor hierdie geheimsinnige en dikwels omstrede figuur behels meer as 'n magdom waardevolle inligting." - graffitibooks.co.za

vetseun
Uit puur verstrooiing: Lesings, praatjies, artikels, onderhoude en besprekings . 2007 PROTEA BOEKHUIS
Lees daaroor hier

vetseun
Hannes van der Merwe: Argitek en Skrywersvriend (Biografie) . 2006 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191368

"Hannes van der Merwe was onder kollegas bekend as die argitek wat altyd die laagste profiel gehandhaaf en die krediet aan sy vennote laat toekom. Die geboue wat hy ontwerp het, spreek egter van sy meesterskap. Sy eerste werklike groot projek was Mutualpark in Pinelands. Met die horisontale uitleg en modulêre beplanning, so is destyds voorspel, kon hierdie kompleks die weg aandui vir kantoorgeboue en stadsuitleg van die toekoms.

In 1971 is hy medeverantwoordelik vir 'n kompleks - vandag bekend as die Kunstekaap - wat met 'n skouburg en teater 'n nuwe tuiste vir toneel, opera en ballet in die hart van Kaapstad kon word. Met die "groot vyf" wolkekrabbers in die stadskern wysig hy saam met ander, in die jare sestig en sewentig die luglyn van Kaapstad: die Naspers-gebou, die Cartwright-hoekgebou, die uitbreiding aan die kantore van die Kaaplandse Provinsiale Administrasie se gebou, die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die Kaapstadse Burgersentrum (vandag die Unistad-hoofkantoor). Met sy aandag aan besonderhede en begrip vir die basiese behoeftes van 'n kliënt is hy een van die eksponente van die modernisme en het hy 'n plek verwerf in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse argitektuur.

Maar Hannes van der Merwe is veel meer as bloot argitek. Hy was jare lank betrokke by die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste en die Raad van Trustees van die Suid-Afrikaanse Kunsmuseum en het selfs op sy dag 'n bietjie toneel gespeel. Een van die boeiendste fasette van sy lewe is sy vriendskap met belangrike skrywers en joernaliste - Boerneef, D.J. Opperman, Piet Cillié en Izak de Villiers - waaroor daar in hierdie boek meer vertel word.

Hannes van der Merwe stam uit 'n familie van Afrikaner-adel, 'n spesie wat dalk aan die uitsterf is. Hy het sekere beginsels en oortuigings wat 'n lewe lank vir hom rigsnoere was, steeds behou. Daardie beginsels en oortuigings het hy nooit verloën nie. Daar is 'n leuse van die ou Oos-Pruisiese prinse wat lui: "Meine Ehre ist Treue". Dit is Hannes van der Merwe." - J.C. Kannemeyer. - graffitibooks.co.za

vetseun
Die volledige versamelde gedigte van Eugène N. Marais . 2005 PROTEA BOEKHUIS

Reeds op 7 Desember 1936, enkele maande ná Eugène N. Marais se tragiese dood en as bekendstelling van die vierde druk van sy Versamelde gedigte, bepleit N.P. van Wyk Louw in 'n radiopraatjie "'n mooi, definitiewe uitgaaf van sy verse ... Alles wat hy geskrywe het, ook die vroeëre Engelse verse, behoort daar te wees ... Hierdie dinge is vir 'n begrip van die ontwikkeling van Marais se verskuns noodsaaklik."

Bykans sewentig jaar ná Van Wyk Louw se pleidooi het 'n werkgroep van die Universiteit van Stellenbosch al Marais se ongebundelde verse in tydskrifte en koerante opgespoor, manuskripgegewens bygehaal en die verskillende bundeluitgawes wat tydens die digter se lewe verskyn het, met mekaar vergelyk.
Hierdie nuwe uitgawe is nie alleen die eerste volledige versameling van al die gedigte van Marais waarop die werkgroep hul hand kon lê nie. Dit is ook die eerste waarin van die beginsels van die edisiewetenskap uitgegaan word. Dié uitgawe stel opnuut die poëtiese œuvre van een van ons belangrikste en baanbrekende ouer digters aan die leespubliek bekend. - graffitibooks.co.za

vetseun
Ek ken jou goed genoeg . 2005 PROTEA BOEKHUIS
- Die briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw 1936-1939
saamgestel
ISBN: 9781869190880

"Hierdie kosbare briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw is 'n belangrike bron vir navorsing oor die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde en waardevolle dokumente vir 'n studie van die intellektuele geskiedenis van die Afrikaner

Dit is voorsien van sowel verhelderende annotasies as 'n bondige, besonder knap en maklik leesbare inleiding. Prof. J.C. Kannemeyer het in sy Dokumente van Dertig reeds gedemonstreer watter kundige gebruik 'n goeie navorser van hierdie briewe kan maak.

Die briewe is baie goed versorg, en Kannemeyer gee 'n helder samevatting van wat in die briewe staan, asook 'n uitstekende beskrywing van die literêrhistoriese konteks. Hy wys daarop dat die reaksie van die twee digters op die Suid-Afrikaanse en internasionale politiek interessante leesstof uitmaak, maar dat hul belangstelling en hartstog veral na die letterkunde uitgegaan het. ... ... Soos M.E.R. se briewe is die Louw-briewe 'n "kosbare erfenis" en 'n menslike dokument oor 'n fase in twee merkwaardige digterlewens." - Prof. J.C. Steyn - graffitibooks.co.za

vetseun
Hutspot: Reissketse, verhale, essays, praatjies . 2004 PROTEA BOEKHUIS
saamgestel, J.C. Kannemeyer

Tydens die navorsing wat prof. Kannemeyer vir die biografie oor Jan Rabie gedoen het, het hy op heelwat tekste afgekom wat Rabie in tydskrifte gepubliseer het of as radiopraatjies of lesings gelewer het, terwyl sommige nooit die lig gesie het nie. In hierdie bundel word die beste daarvan bestendig. die stukke wat opgeneem word, is van uiteenlopende aard en verdeel in vier rubrieke. Die eerste afdeling bevat 'n vyftal sketse waarin Rabie verslag doen van sy reise deur Frankryk, Switserland en Italië. Hoewel hy in die artikel oor sy reis deur Italië sy maat met die manlike voornaamwoord aandui, is sy reisgenoot in werklikheid "die Skotse skilderessie" Marjorie Wallace met wie hy in 1955 in die huwelik sou tree. Die stukke in die vierde afdeling is weer almal geskryf na Rabie se terugkeer na Suid-Afrika in 1955. In die artikels oor Bartho Smit en Peter Blum roep hy herinneringe uit sy vriendskap met hulle op, terwyl hy ook hulde bring aan sy uitgewers, A.A. Balkema en J.J. Human, en sy waardering uitspreek teenoor die bekende filosoof, J.J. Degenaar. - proteaboekhuis.co.za

vetseun
Jan Rabie: 'n Biografie (Biografie) . 2004 TAFELBERG

vetseun
Uit die skatkis van die goue seun: Uys Krige . 2002 TAFELBERG

vetseun
Die Naamlose Muse: Uys Krige . 2002 PROTEA BOEKEHUIS

Krige wou omstreeks 1964 sy opstelle bundel, maar het nooit sover gekom nie. Die bekende literator Kannemeyer bring hiermee daardie voorneme ten uitvoer.

vetseun
Die Goue Seun: die lewe en werk van Uys Krige . 2002 TAFELBERG

vetseun
Sonklong oor Afrika (Digbundel) . 2000 TAFELBERG
redigeer, J.C. Kannemeyer
ISBN: 9780624038504

"Faksimilee, transkripsie en konstruksie van 'n bundel VERSE - IN WORDING 'n Geselekteerde leesuitgawe ingelei en geredigeer deur J.C. Kannemeyer"

vetseun
So blomtuin-vol van kleure: Leipoldt oor Clanwilliam . 1999 TAFELBERG
ISBN: 9780624037378

Hoor jy Clanwilliam, dink jy aan 'n toevlugsoord vir gespanne stedelinge, heilsame rooibostee, gerieflike velskoene en 'n skouspel van veldblomme om jou aan te verkyk. Én aan die onvergeetlike woordkunstenaar C Louis Leipoldt.

1999 - Uit die skatkis van die Slampamperman: 'n Omnibus, saamgestel (TAFELBERG)

vetseun
Leipoldt: 'n Lewensverhaal . 1999 TAFELBERG

1998 - Op weg na 2000: Tien jaar Afrikaanse literatuur, 1988-1997

vetseunKOOP/BUY
Verse vir die vraestel: 'n Poësiegids . 1998 TAFELBERG

vetseun
Ontsyferde stene: herinnerings, huldigings, herlesings en herbevestigings . 1996 INSET-UITGEWERS/TAFELBERG

vetseun
Langenhoven. 'n Lewe . 1995/1996 TAFELBERG

vetseun
Die Dienswillige Dienaar: 'n Langenhoven Fotoboek . 1995 TAFELBERG

1995 - Arbeidsgenot: 'n Besoekersgids
1994 - Die bonkige Zoeloelander: D.J. Opperman in beeld - J.C. Kannemeyer (TAFELBERG)
1993 - Wat het geword van Peter Blum? (TAFELBERG)
1990 - Die bevestigende vlam (JUTA LITERÊR)

vetseun
Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987 (2de Uitgawe) . 1990 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798126298

vetseun
Die Afrikaanse literatuur, 1652-1987 . 1988 HUMAN & ROUSSEAU

"Die Afrikaanse literatuur, wat oorspronklik in 1988 gepubliseer is en die periode 1652-1987 gedek het, word vir hierdie derde uitgawe bygewerk tot 2004. Daarmee word dit die volledigste Afrikaanse literatuurgeskiedenis in een band vir sowel die algemene mark as vir gebruik by universiteite en onderwyskolleges.
Vir hierdie uitgawe het prof. Kannemeyer nie alleen die teks deeglik hersien nie, maar ook op bepaalde punte bygewerk. Hy kon nou 'n vollediger oorsig bied oor Sestig en die skrywers se verset teen apartheid, terwyl hy 1976 sien as die jaar waarin daar, ná die vernuwing van 1955, van 'n nuwe inset in die literatuur sprake is. As aanloop hiertoe skets hy die laaste jare van Apartheid, die verdere stryd teen sensuur en die rol van die Afrikaanse Skrywersgilde, gevolg deur die koms van die Nuwe Suid-Afrika, die veranderinge in die maatskaplike struktuur, maar ook van die bedreigde posisie waarin Afrikaans as taal hom tans bevind. Deur die profilering en evaluering van die prominentste figure kry die leser 'n aanduiding van die belangrikste bydraes en groeipunte in die hedendaagse literatuur.
(Dr. Kannemeyer se navorsing vir die projek is moontlik gemaak deur steun uit die Nelson Mandela-fonds aan die Universiteit van Wes-Kaapland.)" - graffitibooks.co.za

vetseun
D.J. Opperman: 'n Biografie (Biografie) . 1986 HUMAN & ROUSSEAU

1989 - Getuigskrifte (JUTA LITERÊR)
1984 - Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur Vol. 2 (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur Vol. 1 . 1978/1983 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780868741895

1977/2004 - Konfrontasies: Letterkundige opstelle en kritiek 1961-1975 (ACADEMICA/HUMAN & ROUSSEAU)
1973 - Nederduitse digkuns (ACADEMICA)
1970 - Op weg na Welgevonden (Etienne Leroux) (ACADEMICA)

vetseun
Prosakuns ('n inleiding tot die tegniek van die prosa) 1968/1983 NASOU

vetseun
Die Heks, Die Laaste Aand (Blokboeke) . 1966 ACADEMICA
behandel

1965 - Die Stem in die Literêre Kunswerk
1965 - Monografieë uit die Afrikaanse letterkunde; 8 - J.C. Kannemeyer, Jochem van Bruggen

Kraaines, Human & Rousseau


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )