Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Genl. J.C.G. Kemp (Kemp, Jan C.G.)
vetseun
Generaal J.C.G. Kemp en die epiese woestyntog - M.C.E. van Schoor . 2006 PROTEA BOEKHUIS/BIENEDELL

Gedurende die Rebellie van 1914-1915 vind een van die merkwaardigste episodes in die Suid-Afrikaanse geskiedenis plaas: genl. Jan Kemp en sy Rebellekommando van 600 man se uitmergelende tog deur die Kalahariwoestyn. Dié tog, wat op 2 November 1914 begin het, sou haas onbeskryflike eise aan mens en dier stel. Aanvanklik trek die Rebelle te perd, maar later moes 'n groot deel van die kommando te voet verder beweeg.

Ná 700 km bereik hulle op 29 November die Duitswes-Afrika-grens by Nakop, raak by Nous, Lutzputs en Upington met die Regeringsmagte slaags en moet uiteindelik op 3 Februarie by Upington oorgee.In hierdie publikasie word onontginde bronne benut vir die volledigste beskrywing van Kemp se woestyntog tot dusver.
Dagboeke, herinneringe en onderhoude oor die gebeure wat vir die eerste maal hier gepubliseer word, bied 'n besonder persoonlike blik op die tog. - graffitibooks.co.za

vetseun
Veldsmanne - J. von Moltke . 2005 PROTEA BOEKHUIS/BIENEDELL
- Generaal J.C.G. Kemp en die Epiese Veldsmanne

Die Angola-Boere was afstammelinge van die Dorslandtrekkers wat vir sewe jaar deur woeste en onbekende lande moes swerf voordat hulle die "beloofde land" bereik het. In Angola was hulle enigste bronne van bestaan, behalwe boerdery, jag en transportry - en af en toe 'n kansie om as vrywilligers op een of ander ekspedisie teen opstandige swart stamme krygsdiens te doen.
In Veldsmanne vertel die ou Boerepioniers op hulle eie, ongekunstelde manier hoe hulle in Angola geleef het en die land help tem het en van hulle jagvernuf en krygsvernuf. Willie Meester vertel van die kaalvoetjagter Larssen, die jagkonings van die Shimborro, die kwaai olifant van Catengue, petaljes met seekoeie, leeujag en slawerny in Angola. Oom Willem Grobler, 'n afstammeling van die Voortrekkers, vertel van oom Paul C. Venter en sy viool en die veldtogte teen Maranga, Ndoendoema en Huambo. Oom Peet van die Merwe vertel weer van die Vlug- en Wenekspedisie {1906-1907}. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseun
Die Pad Van Die Veroweraar - Generaal J.C.G. Kemp . 1942 NASIONALE PERS

Eng. trans.: "The Road of the Conqueror". Anglo-Boer War memoir of one of the ablest Boer Generals (2nd of 2 volumes - this vol. starts with the Peace of Vereeniging, covers the 1914 rebellion and ends with Kemp as cabinet minister).

vetseunvetseun
Vir Vryheid En Vir Reg - Generaal J.C.G. Kemp . 1941 NASIONALE PERS

English translation: "For Freedom & Justice". Anglo-Boer War memoir of one of the ablest Boer Generals (1st of 2 volumes - this vol. ends with the Peace of Vereeniging).


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)