Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
J.L. van Tonder (Van Tonder, Jan Louis)
vetseun
Stargazer (vertaal Elsa Silke) . 2006 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Roepman .................... 2004 HUMAN & ROUSSEAU

"Die lewe is nie 'n storie nie," waarsku Timus se pa sy dertienjarige seun wat nie aldag tussen werklikheid an verbeelding kan onderskie nie.

Roepman is egter 'n bruisende, verlokkende weerspreking van hierdie woorde. Dit is 'n storie wat die léwe self is: eerlik en outentiek, skokkend selfs, maar altyd getemper deur patos en humor wat die leser van die begin af oorrompel. Timus, aartsonskuldig omtrent die soet en duister dinge van die lewe, maar terselfdertyd aartsnuuskierig, is die leser se ore en oë.

Die plek is 'n spoorwegkamp in Durban; die tyd die stormagtige sestigerjare; die karakters onvergeetlik: Timus se vyf susters en sy ouer broer, by wie hy lewenskennis versamel; Ouma met haar boerewysheid; Joon, die 'roepman' wie se oë wegkyk van die aardse; ant Rosie met haar sak vol klippe; Zane op sy sinistere nagtelike vlermuisjag; Melinda met die rooi panty; oom Gouws ná pay-day met 'n bos carnations wat nie vir sy vrou bedoel is nie; Gladys, stoflap in die een hand en die portret van H.F. Verwoerd in die ander; en Boytjie, haar kind, wat te groot word vir die agterplaas.

Dis 'n verhaalgegewe met filmiese ondertone; 'n milieu tot dusver nog kwalik ontgin in Afrikaans; boweal 'n verhaal wat die magiese en die realistiese op betowerende wyse verbind.

vetseun
The Little Karoo / Die Klein Karoo . 1998 HUMAN & ROUSSEAU
J.L. van Tonder; Lanz von Horsten

vetseun
Is Sagie (Skooluitgawe) . 1990 KAGISO

vetseun
Die Kind ......................... 1989 HAUM/KAGISO

Amazolo het die laaste paar maande van haar tyd gevra dat die kind in haar moet doodgaan, en sy saam met hom.
Mlenzana het nie teruggekom nie.
Sy het aanhou werk, tot op die laaste dag, asof sy nie kind gedra het nie en almal het oor haar gepraat, die hele Msinga vol, en verder weg tot by bomvini en Thenjini en die Zondi.
"Ek sien jou," het sy gegroet wanneer sy iemand raakloop, maar niemand het geantwoord nie. Hulle het geweet dat sy die kind nie wou he nie.
Jan van Tonder betree in hierdie roman die magiese wêreld van die menslike religie waarin realiteit en mistiek moeilik van mekaar onderskei is. Sentraal staan die uitverkore kind wat deur die wat dood is en tog lewe, gemerk is om 'n groot man te word - ten spyte van sy versteurdheid tussen eenvoud en weelde en moeder en ma. Die een het hom in die lewe gebring, die ander het hom gesoog. Maar 'n kind kan nie tussen twee ma's staan as die een van riet en die ander van sterklip gemaak is nie.
Jan van Tonder, skrywer van Aandenking vir 'n vry man en Is Sagie het geen belangstelling nodig nie. Sy krag le in sy vermoee om met min woorde en groot subtiliteit te beeld en te suggereer - soos ook in sy jongste roman Die Kind. - omslag

vetseun
Is Sagie ......................... 1987/2005 HAUM/BEST BOOKS

1984 - Aandenking vir 'n vry man (HAUM)
1983 - Wit Vis (PERSKOR)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )