Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Janie Oosthuysen (Oosthuysen, Janie)

"Janie Oosthuysen is die vertaler van die Harry Potter-reeks en verskeie ander boeke waaronder Artemis Fowl en die Narnia-reeks. Daar het egter ook reeds meer as 16 humoristiese-, liefdes- en avontuurverhale uit haar pen verskyn. Sy het die C.P. Hoogenhout-medalje ingepalm vir Juffrou Luisenbosch en die breinwassers en die ATKV-Kinderboektoekenning vir Drome op Duinebaai. Janie woon in Kaapstad en word beskou as een van die mees innoverende kinderboekskrywers in Suid-Afrika." - LAPA UITGEWERS

vetseun
Soene Op 'n Suzuki .. 2013 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798156776

vetseun
Ouens is nes ekstra bagasie (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798156820

Die 4e in 'n reeks van 6 boeke.
1. Rugbyballe en bikini's
2. Daar's 'n ou in my aarbei-smoothie
3. My hart klop muffins
4. Ouens is nes ekstra bagasie
5. Liefde is nie tjoklits nie
6. Soene op 'n Suzuki

Agt en twintig lang dae op 'n stowwerige uitgrawing! Is dit cool? Is dit fair? Pa het wel gepraat van nuwe idees (lees vervelige, flou fossiele) en nuwe mense (lees vervelige, fake Dominique), maar hoe gaan dit my help om Brett te behou?

vetseun
Daar is 'n ou in my aarbei-smoothie (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798156813

Lekker ligte stories vir jong lesers - vol drama en humor en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke.
Die 2de in 'n reeks van 6 boeke.
1. Rugbyballe en bikini's
2. Daar's 'n ou in my aarbei-smoothie
3. My hart klop muffins
4. Ouens is nes ekstra bagasie
5. Liefde is nie tjoklits nie
6. Soene op 'n Suzuki

Besoek ons ook by www.facebook.com/NBJongklomp.
Besoek ook Janie by www.skryfgeheime.co.za

My hart behoort aan jou, aan jou . . . Die woorde draai soos 'n lied in my kop. Wie het dit geskryf? En nogal in goud op 'n sexy swart kaartjie. Se nou dit kom van die nuwe ou in graad elf, die donkerkop met die loslitstap op wie al die meisies verlief is? Vet kans. Dis seker een of ander flou grap. Hopelik nie, want dan sit ek wat Yolande is alleen op die rak. Tensy ek iets kan doen omtrent my vriendin Mia se nuwe, boring ou. Nie dat dit die einde van my probleme is nie. Daar is ook die geheimsinnige man wat my oral agtervolg. Dis net so creepy. Riaan met sy opdringerige houding is nog erger. As ek net geweet hoe om dit alles te hanteer. Die beste raad is dalk om myself in 'n aarbei-smoothie te verdrink.

vetseun
Oxford Suksesvolle Afrikaans . 2008 OUP Southern Africa/Oxford University Press
ISBN: 9780195982282

Oxford suksesvolle Afrikaans is 'n nuwe, kreatiewe kursus vir leerders vir wie Afrikaans 'n tweede (of eerste) addisionele taal is. Dit is prettig, relevant en bied volledige ondersteuning aan leerders om die aanleer van Afrikaans maklik te maak. Kenmerke: direkte skakeling met die temas en woordeskat in die leerdersboek; 'n wye verskeidenheid tekste met treffende illustrasies wat leerders sal lus maak om te lees; interessante en stimulerende aktiwiteite vir elke leesteks.

vetseun
Neil Armstrong Smit en die Coriolis-krag . 2007

vetseun
Die vreeslike avonture van Oliver Twist . 2006

vetseun
Daar's vlooie in my bed / (eBook) . 2005 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799361940

"Rosie is moeg daarvoor om oom Flopper en tant Flousie se slaaf te wees. Oom Flopper ruik na stink voete en sy kulkunsies loop gedurig skeef. Tant Flousie kla heeldag en deel werk uit. Net voordat dinge heeltemal hand uit ruk, ontmoet Rosie vir Stradivarius Vlooi en sy talentvolle maats wat in haar bed woon..." - LAPA UITGEWERS

vetseunvetseun
Die verlore eiland ......... 2005 LAPA UITGEWERS
Janie Oosthuysen; Johan Stapelberg

"Geen besoekers, geen telefoonoproepe en geen vakansies. Dis die reëls by madame Spina Webb se skool op die geheimsinnige Verlore Eiland. Nikkel en Pennie is dadelik agterdogtig toe hulle op die eiland kom. Watter vreemde dinge is by dié skool aan die gang? Hoekom tree madame Spina Webb so vreemd op? En wat is die Ogopogo?" - LAPA UITGEWERS

vetseun
Die verlore ystervarkpen . 2004 MASKEW MILLER LONGMAN/KAGISO
ISBN: 9780798666077

Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geïllustreer is. Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwêreld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.

vetseun
Dra toktokkies sokkies? . 2004 MASKEW MILLER LONGMAN/KAGISO
- (Grade 6)
ISBN: 9780798665988

Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase.
Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geïllustreer is. Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwêreld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.

vetseun
Die towerbril ................... 2004 MASKEW MILLER LONGMAN/KAGISO
ISBN: 9780798665858

Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geïllustreer is. Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwêreld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.

vetseun
Vir vryheid! .................... 2004 MASKEW MILLER LONGMAN/KAGISO
- Reader / Storybook (Grade 5)
ISBN: 9780798666008

Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geïllustreer is. Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwêreld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.

vetseun
Die perd en sy seun (vertaal C.S. Lewis) . 2002/2007 HUMAN & ROUSSEAU
illustrasies, Julek Heller, Pauline Baynes
The Horse and His Boy . 1954

vetseun
Prins Kaspian (vertaal C.S. Lewis) . 2002/2007 HUMAN & ROUSSEAU
illustrasies, Julek Heller, Pauline Baynes
Prince Caspian: The Return to Narnia . 1951

vetseun
Harry Potter en die Orde van die Feniks (vertaal J.K. Rowling) . 2003 HUMAN & ROUSSEAU
(Engels, Harry Potter and the Order of the Phoenix)

2002 - Cheeky the Crocodile, Vertaling: Leon de Villiers (LAPA UITGEWERS) (TAFELBERG)
2002 - (Vir haar vertaling van vier Harry Potter-boeke) Akademieprys vir Vertaalde Werk Prosa
2002 - Die Verhale van Narnia #5: Die perd en sy seun; Prins Kaspian, Vertaling: C.S. Lewis
2002 - vertaal, Jou Krieketafrigter - Kent Goodway
2001 - Dans met die sekelmaan
2001 - Artemis Fowl: Die Arktiese insident (vertaal, Eoin Colfer)
2001 - Carmen Toetoeka en die geheim van Isis Huis
2001 - Eendag as ek groot is (LAPA UITGEWERS)

vetseunvetseun
Harry Potter en die gevangene van Azkaban (vertaal J.K. Rowling) . 2000 HUMAN & ROUSSEAU
(Engels, Harry Potter and the Prisoner of Azkaban)

vetseunvetseun
Harry Potter en die kamer van geheimenisse (vertaal J.K. Rowling) . 2000 HUMAN & ROUSSEAU
(Engels, Harry Potter and the Chamber of Secrets)

vetseunvetseun
Harry Potter en die towenaar se steen (vertaal J.K. Rowling) . 2000 HUMAN & ROUSSEAU
(Engels, Harry Potter and the Philospher's Stone)

vetseun
Skaduwee van die dood . 2000 HUMAN & ROUSSEAU

"Die eerste in 'n nuwe reeks avontuurverhale vir seuns en meisies van ouderdom 9 - 12 jaar. Francois en sy twee maats gaan stel ondersoek in by die ou huis aan die rand van die dorp. Die oggend toe Francois daar koerante afgelewer het, het iets hom onrustig gemaak oor die deur wat oopgestaan het. Daar woon 'n ou tannie en dinge lyk nie reg nie. Soos wat die drie seuns nader aan die antwoord kom, so raak dinge vir hulle warm ... 'n dreigbrief, 'n spookstem oor die telefoon en 'n geskietery op hulle.
Lees ook die volgende titel in die reeks: Die geheim van die toringkamer deur Mariana Brandt." - storiewerf.co.za

1999 - Eggo's van gister
1999 - Kry 'n vlieëkoekie en ander krakerige stories (vertaal, Helen Brain)

vetseun
Sersant Spochter Se Ongelooflike Leuenverklikker . 1998/2004
(Sergeant Spoofer's Incredible Lie Detector)
illustrasies, Piet Grobler

1997 - Professor ExPerimento se ongelooflike formules (Professor ExPerimento's Frightening Formulas)
1997 - Drome op Duinebaai
1996 - Pokkel wil smokkel (vertaal, John Ryan)
1996 - Ouma Hester en die Getaway-kar (Grandma Duckitt and the Getaway Car), illustrasies, Piet Grobler (HUMAN & ROUSSEAU)
1996 - Juffrou Luisenbosch en die breinwassers (Ms Bugbuster and the Brainwashers) (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Ouma Hester en die Zeppelin . 1996 HUMAN & ROUSSEAU
(Grandma Duckitt and the Zeppelin), illustrasies, Piet Grobler

1996 - Ouma Hester en die Dreadnought Merk 111 (Grandma Duckitt and the Dreadnought Mark 111) (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Ouma Hester in Die Intergalactic V-919 Supercomet . 1996/1998 HUMAN & ROUSSEAU
(Grandma Duckitt and the Intergallactic V-919 Supercomet)

1995 - Kara en die blafdemper

vetseunvetseun
Die towerpotlood ...... 2011 LAPA UITGEWERS
met Johan Stapelberg
ISBN: 9780799349818

"Ronnie se senuwees is gedaan. Sy goor pleegouers, oom Mufter en tant Skimmel, gaan 'n muisvalletjie stel. Wat as hulle vir Paulus, Ronnie se hamster, daarin vang? Maar dan gebeur 'n vreemde ding op pad skool toe - Ronnie kry 'n towerpotlood present! Sal die towerpotlood hom en Paulus van die skoolboelies en sy nare pleegouers kan red?" - LAPA UITGEWERS

vetseun
Bessie Hemelbesem En Die ekspidisie na Daërdoer (eBook) .
ISBN: 9780799361209

'n Gewrugtige kreet. Dit is waarmee Bessie se nuutste avontuur begin. Tant Potjierol en Pietersielie kan nie wag om aan die Ek- en- my- troeteldier- kompetisie op Daërdoer deel te neem nie. Maar dit lyk of iemand bose planne smee teen die arme Tant Potjierol en haar mak seekoei. Eers verdwyn al die seldery uit Ma Hemelbesem se tuin. Dan skiet 'n geheimsinnige slangman 'n slangpyl in die Hemelbesems se agterdeur vas. Terwyl almal kopkrap oor die geheimsinnige gebeure, spring Bessie op haar stelte en begin ondersoek instel...

vetseun
Bessie Hemelbesem en oom Sak Sarel se testament / (eBook) . LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799361186

"Ontmoet vir Bessie Hemelbesem. Sy bly saam met haar ma en pa in 'n krom en skewe toringhuis op Langeraatsfontein. Bessie wil dolgraag 'n speurder word wat opwindende sake ondersoek. Maar niks gebeur ooit op Langeraatsfontein nie...
Alles verander egter toe tant Potjierol op 'n dag in 'n taxi voor die Hemelbesems se huis stilhou...

Die eerste boek in 'n lekkerlag-avontuur-reeks vol vreemde karakters en prettige situasies wat jou tone sal laat omkrul van plesier!" - LAPA UITGEWERS

vetseun
Bessie Hemelbesem en die skat van Smokkelaarsbaai / (eBook) . 2008 LAPA UITGEWERS
illustrasies, Lize-Marie Smit, Anja Aucamp
ISBN: 9780799341386
ISBN: 9780799361193

"Bessie kan nie wag om met vakansie te gaan nie. Smokkelaarsbaai klink na 'n baie opwindende plek. Eh hulle gaan boonop in 'n vuurtoringhuis bly!
Kort voor lank vat Bessie die pad saam met Ma en Pa Hemelbesem, tant Potjierol en Pietersielie die seekoei. Maar watter geheime en gevare skuil op Smokkelaarsbaai?

'n Lekkerlag-avontuur vol vreemde karakters en prettige situasies wat jou tone sal laat omkrul van plesier!" - LAPA UITGEWERS


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )