Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Jakes Gerwel (Gerwel, Jakes)

2001 - Stroomversnelling - Linda Rode & Jakes Gerwel

vetseunvetseun
Keerpunt (Kortverhale) . 1995/1998 KWELA
- Stories vir 'n nuwe Suid-Afrika
saamgestel, Linda Rode; Jakes Gerwel

'n Boeiende tydsdokument wat die merkwaardige oorgang in SA verwoord: "This is fiction as immediate as a smoking gun and autobiography as urgent as the confessional. It has the documetary veracity of country undergoing rapid change. It evokes a certain time, a special place, a specific memory," sê Sunday Independent.
Keerpunt bring ses-en-twintig nuwe stories deur bekende sowel as nuwe skrywers byeen, met 'n voorwoord deur mede-samesteller Jakes Gerwel, voormalige rektor van UWK en Direkteur in die Kantoor van die President. Linda Rode, die ander samesteller, is reeds verskeie male bekroon vir haar versamelings, o.a. Stories Suid van die Son.
Keerpunt fokus op jong mense se ervarings te midde van die verreikende veranderinge in SA vandag; daar is ernstiger en ligter verhale; politieke sowel as suiwer menslike verhale. Die spektrum van skrywers is so verteenwoordigend moontlik; aspekte van die ervarings van haas elke sosiale sektor is verwoord en Keerpunt slaag daarin om die tradisionele skeiding tussen taal- en kleurgroepe in die land oorbrug. Gesamentlik gee die verhale 'n beeld van die uiteenlopende ervarings van jong mense voor, tydens en na die ingrypende verkiesings van April 1994. 'n Belangrike boek, wat mooi afgerond is en aangevul word deur foto's en CV's van elkeen van die skrywers.
Keerpunt is ook in Engels beskikbaar as Crossing Over.


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)