Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Jaco Jacobs (Jacobs, Jaco)
vetseun
Eerste Diere ...................... 2013
ISBN: 9780799358605

Danie is 'n seuntjie met hope dierevriende wat regoor die wereld bly. Kuier saam met Danie by hulle! Hierdie prettige boek is die perfekte manier om jou kind aan diere bekend te stel. Kyk na die diere wat op die linkerbladsy verskyn. Moedig dan jou kind aan om die diere op die groot prentjie aan die regterkant te soek. Hope glinsterende pret!

vetseun
Eerste Syfers ..................... 2013
ISBN: 9780799358629

Vertrek saam met Fanie Vark op 'n fantastiese reis, van hoog in die lug tot diep onder die see! Hierdie prettige boek is die perfekte manier om jou kind aan syfers bekend te stel. Kyk na die voorwerpe wat op die linkerkantste bladsy verskyn. Moedig dan jou kind aan om te tel hoeveel keer dit op die groot prentjie aan die regterkant verskyn. Hope glinsterende pret!

vetseun
Eerste Woorde .................. 2013
ISBN: 9780799358612

Bennie Beer het 'n besige dag. Gaan loer saam met hom in by die winkel, die swembad en die skool. Hierdie prettige boek is die perfekte manier om jou kind aan woorde bekend te stel. Kyk na die voorwerpe wat op die linkerbladsy verskyn. Moedig dan jou kind aan omdie voorwerpe op die regterkantste bladsy te soek. Hope glinsterende pret!
Kyk na die voorwerpe wat op die linkerbladsy verskyn. Moedig dan jou kind aan om die voorwerpe op die regterkantste bladsy te soek. Hope glinsterende pret!

vetseun
Mandie Hou Vakansie .... 2013
Vertaling: Jaco Jacobs
ISBN: 9780799358162

Mandie en haar gesin het hope vakansiepret - van die lughawe tot die strand! Soek hulle in elkeen van die besige tonele. Hierdie prettige boek sal jou ure lank laat kopkrap! 'n Prettige bordspeletjie is ingesluit.
Join the hunt for Mimi. From the airport to the beach, Mimi and her family are having fun on holiday. Can you find them in every scene? Hours of eye-boggling, puzzling fun! With an exciting board game.

vetseun
Prof Fungus En Die Mensvreter-Piranhas / (eBook) . 2013 LAPA UITGEWERS
Illustrasie: Johann Strauss
ISBN: 9780799359893
ISBN: 9780799362008

Dis VIS-skriklik ... Bennie en Jenny kan nie wag om akwarium toe te gaan nie.
Hulle gaan haaie, dolfyne en ander seediere in lewende lywe sien. Maar dan vind hulle uit een van professor Fungus se vriende gaan 'n nuwe uitstalling by die akwarium open ... een met rye en rye skerp tande!

vetseun
Prof Fungus En Die Skrikwekkende Snotzilla / (eBook) . 2013 LAPA UITGEWERS
Illustrasie: Johann Strauss
ISBN: 9780799359886
ISBN: 9870799362015

Hou jou sakdoek gereed! Bennie en Jenny is bekommerd. Professor Fungus het verkoue, maar hy wil nie ophou werk nie.
Dan gebeur daar egter 'n ongeluk in sy laboratorium ... en 'n Monsterverkoue word in die strate losgelaat!

vetseun
Trek En Ondek .................. 2013
Vertaling: Jaco Jacobs
ISBN: 9780799359046
ISBN: 9780799359053

Loer deur die venstertjies en soek al die strepe en kolle in die woud!
Ontdek verskillende patrone op elke bladsy - en trek die skuiwer vir 'n versteekte verrassing!

vetseun
Vis En Tjips / (eBook) ...... 2013
ISBN: 9780799359879
ISBN: 9780799361995

Watter soort ou breek by 'n akwarium in? En verf graffiti teen die muur? Of gooi bottels en ander gemors in die dolfyntenk? Kevin Pieterse, dis wie. Kevin is moeilikheid met 'n hoofletter "M". As straf vir sy vandalisme moet hy gemeenskapsdiens by die akwarium doen. Crystal kan nie glo sy moet die hele Desembervakansie in sy gesig vaskyk nie. Sy wens hy beland pens en pootjies in die haaitenk. Maar dan ontmoet Kevin vir Ginger die dolfyn. En dit is liefde met die eerste oog opslag ...

vetseun
Zackie Mostert En Die Geheimsinnige Gedaante / (eBook) . 2013
ISBN: 9780799361117
ISBN: 9780799361889

Zackie and Vincent can't wait to go camping! They are going to have loads of adventures. But from the start things go wrong. Someone keeps pulling silly pranks. And then there are the scary stories about a terrible monster that lives in the woods near the campsite...
Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is,...

vetseunvetseun
In Die Land Van Kammalielie . 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799359787

Die album getiteld In Die Land Van Kammalielie is 'n versameling liedjies en gedigte deur Jaco Jacobs, getoonset deur Anna Davel, wat ure se vermaak vir kleuters beloof. Dit wissel van prettige, uitbundige liedjies soos "Wilde Perd" en "Bambino, Die Reus Van Bitterbos" tot liriese slaaptydliedjies soos "Slaap, Sibongile" en "Teddie Se Wiegelied". Daar is ook lekker speel-speel-slim-liedjies soos "Tien Pikkewyne", "Dinosourus Pret" (albei gebaseer op aftelrympies), "'n Dag By Die Dieretuin" en "Tande Borsel".
Die 21 snitte op die album word gesing deur Anna Davel en die Jakaranda-kinderkoor. Die verwerkings is deur Davel en die gesoute musiekvervaardiger Devereaux van der Hoven gedoen.

vetseun
Bastian Blom En Die Gillende Geraamte . 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799355093

vetseun
Kinderspeletjies ....... 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799352481

Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na 'n kasteel vol monsters. Al die monsters is op pad na 'n musiekkonsert. Denver en Meyer bied aan om vir 'n aand lank baba-oppassers vir 'n oulike monsterbaba te wees. Hulle moet met hom speel, hom kosgee en hom in die bed sit. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees ...?

vetseun
Nog 13 Spookstories / (eBook) . 2012 LAPA UITGEWERS
Fanie Viljoen, François Bloemhof, Jaco Jacobs
ISBN: 9780799355109
ISBN: 9780799358896

Het jy senuwees van staal? Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te lê en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou! Hierdie splinternuwe versameling bevat nóg 13 verhale wat jou bloed yskoud sal laat word. So, maak toe die vensters, klim in jou bed... en maak gereed om die gedaantes te ontmoet wat snags in die donker ronddwaal.

vetseun
13 Spookstories (eBook) / (eBook) . LAPA
François Bloemhof, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen
ISBN: 9780799347883
ISBN: 9780799347647

Glo jy in spoke? Is daar regtig allerlei bangmaakgoed wat in die nag rondloop? Maak dig toe die gordyne, kom in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers... en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!
Maak dig toe die gordyne, kom in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers... en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!

vetseun
Prof Fungus En Die Ongelooflike Miniatuur-Avontuur . 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799352634

"Bennie en Jenny het 'n KLEIN ou probleempie...
Professor Fungus se nuutste uitvinding is fantasties. Die K.R.I.M.P. 3000 kan enige iets piepklein maak.
Maar toe dinge in die laboratorium skeefloop, is dit die begin van 'n GROOT avontuur..."

vetseun
Prof Fungus En Die Zombie-Tamaties . 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799352627

"Eet jou groente... voor hulle JOU eet!
Bennie en Jenny hou nie van groente nie. Maar hulle is nogtans opgewonde oor professor Fungus se nuutste eksperiment. Daar is egter GROOT fout met die tamaties in sy kweekhuis... en kort voor lank spat die pitte behoorlik!"

vetseun
Waarvoor Is Seeowers Bang? . 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799354867

Stormsee, skeurtandhaai, swartseeslang. Ek weet waarvoor is seerowers bang! Almal weet seerowers is vreesloos en dapper. Hulle skrik nie vir storms op see nie. Seemonsters gee hulle nie nagmerries nie. En as hulle 'n seerowerskat moet soek, skrik niks en niemand hulle af nie. Maar Sanmarie is seker daar is een ding waarvoor seerowers sommer baie bang is. En sy is van plan om by haar pa, kaptein Kalamari, en sy twee manskappe, Tjokka en Charlie, uit te vind wat dit is..."

vetseun
Zackie Mostert Se Groot Grapboek . 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799355017

Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends... Die ondeunde Zackie en sy beste vriend, Vincent, het besluit om 'n boek propvol grappe bymekaar te maak. Lê van die lag met Zackie en Vincent se gunsteling-grappe! Meer as 200 grappies wat jou sal laat skater.

vetseun
Haaie .................................. 2011 LAPA UITGEWERS
Vertaling: Jaco Jacobs
ISBN: 9780799351064

Hierdie interaktiewe boek wemel van die haaie! Dit is propvol fassinerende feite en aktiwiteite en bevat hope inligting oor hierdie ongelooflike diere.

vetseun
Haasmoles ....................... 2011 LAPA UITGEWERS

Simon is verveeld. Dit reën al die hele dag lank buite. Maar dan BONS, BONS, BONS iets teen die trappe op. Twee lang ore verskyn agter sy bed ... en nog twee ... en nog twee ... Dis weer HAASMOLES!

vetseun
Hollywood-Mummie ........ 2011 LAPA UITGEWERS
Illustrasie: Chris Venter
ISBN: 9780799349597

Is jy dapper genoeg om in die kas te loer? Toets droom daarvan om die hoof rol in 'n romantiese fliek te speel. Maar dit is glad nie so maklik om n Holliwood-ster te word nie-veral nie as jy 'n mummie is nie ! Sal Denver haar kan help om die rol van haar drome los te slaan?

vetseun
Suzie Se Superdoeper Sjampoe . 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351187

Suzie is mal oor hare. Nog voordat sy kon praat, kon sy al 'n poniestert maak. Wanneer sy eendag groot is, wil sy 'n haarkapper word. Sy hou van haar pa se netjiese kuif. Sy hou daarvan om haar ma se lang hare te kam.
Sy hou van haar boetie se borselkop. Sy hou van haar ouma se grys krulletjies... Maar Suzie se oupa het glad nie hare nie. Sy kop is kaal soos 'n eier. Daarom besluit Suzie om 'n plan te maak...

vetseun
Weerwolfprobleme .......... 2011 LAPA UITGEWERS
Illustrasie: Chris Venter
ISBN: 9780799349603

Is jy dapper genoeg om in die kas te loer? Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na 'n kasteel vol monsters. Denver en Meyer het al hope pret saam met die monsters gehad. Maar daar is iets fout in die monsterkasteel. Flaffie die weerwolf is in 'n baie slegte bui. En as 'n weerwolf vies is, moet jy liewer nie met hom sukkel nie ...

vetseun
Zackie Mostert En Die Gemaskerde Groen Gevaar / (eBook) . 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799349634
ISBN: 9780799359992

Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends. Zackie en Vincent besluit om superhelde te word. Hulle gaan mooi meisies red, skurke vastrek en misdaad uitroei! Maar ongelukkig lyk dit nie regtig of daar in Granaatstraat werk is vir twee superhelde nie. Totdat hulle 'n regte skelm teekom...

vetseun
Zackie Mostert En Die Spokerige Storie / (eBook) . 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799349641
ISBN: 9780799359978

Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends. Zackie en Vincent besluit om 'n lekker grillerige spookstorie-aand te hou! Hulle kamp in die tuin uit en lees stories wat jou hare sal laat rys. Maar dan gebeur daar iets ... Iets wat die hele skool laat dink Zackie en Vincent is twee bangbroeke ...

vetseun
Harlekyn ....................... 2010 TAFELBERG
Illustrasie: Diek Grobler
ISBN: 9780624048411

Tom is doodbang vir hansworse. Toe sy suster, Marike, 'n outydse harlekynpop by 'n oudhedewinkel koop, is hy dadelik agterdogtig. Sy vermoede dat iets nie pluis is nie word bevestig toe allerhande vreemde goed by die huis begin gebeur . . .

vetseun
Oempakadoempa ............ 2010 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799346633

Lawwe en lawaaierige rympies vir voorlees en opsê. By elke rympie is voorstelle vir aksies en aktiwiteite om die leeservaring heerlik interaktief te maak.

vetseun
Zackie Mostert En Die (Byna) Briljante Idee / (eBook) . 2010 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799346497
ISBN: 9780799359954

Zackie en Vincent het 'n Baie Briljante Idee - hulle gaan 'n koerant begin! 'n Koerant propvol nuus oor die mense van Granaatstraat. En Zackie het klaar 'n voorbladfoto ... Een wat sy suster rooi gaan laat sien!

vetseun
Zackie Mostert En Die Ongelooflike Kulkunsie / (eBook) . 2010 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799346480
ISBN: 9780799359947

Zackie ontdek 'n ou boks in die buitekamer. Dis propvol dinge waarmee jy ongelooflike kulkunsies kan doen! Hy en Vincent besluit om 'n vertoning by die skool aan te bied. Maar dan loop een van Zackie se fantastiese toertjies skeef ... en hy en Vincent is in groot moeilikheid!

vetseun
Zackie Mostert En Die Super Aaklige Soen / (eBook) . 2010 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799346503
ISBN: 9780799359961

Zackie is opgewonde toe hy hoor hulle gaan 'n toneelstuk by die skool opvoer. Hy kan nie wag om die rol van die Aaklige Trol te speel nie! Maar iemand anders wil ook graag die rol he ... Voor Zackie sy oe uitvee, moet hy 'n meisie soen. Op die verhoog. Voor die hele skool. Behalwe as hy en Vincent 'n slim plan kan maak ...

vetseun
Bertus Soek 'n Boek ......... 2009 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799344523

vetseun
Middernagfees ........... 2009 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799345186

Dit is net 'n paar van die vreemde en vreeslike goed op die spyskaart in hierdie heerlike bibberboek!

vetseun
Perfek .......................... 2009 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799344325

Natasja
is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net 'n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het 'n plan... Blonde hare ... Helderblou oë ... 'n Skitterwit glimlag ... Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net 'n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het 'n plan ...

vetseun
Virus / (eBook) / (eBook) . 2009 LAPA UITGEWERS
Illustrasie: Daniël Beyleveld; Marike du Plessis
ISBN: 9780799344592
ISBN: 9780799347661
ISBN: 9780799358728

Bly weg van daardie goed wat in die strate ronddwaal. Selfs al lyk hulle soos jou familie en vriende, jou buurman of buurvrou, die ou of meisie op wie jy jou hart verloor het. As jy gelukkig is, verskeur hulle jou binne sekondes.
Velige
hawe is 'n heruitgawe van twee van die skrywer se gewildste romanses, Vonkpos vir die hart en 'n Beskermengel vir Marlene, wat onderskeidelik in 2005 en 2006 verskyn het. Vonkpos vir die hart Hy noem haar meisiekind, Soms. Met oe wat vreemd blink. Maar die muur om hom kry Liezl nie afgebreek nie. Pieter Naudé is nie 'n maklike man nie. Die pyn na die moord op sy vrou en dogters kan sy verstaan.
Sy het self haar man verloor. Soms is hy meer genaakbaar as ander kere en sy raak lief vir hom. Maar sy weet nie of 'n verhouding tussen hulle kan werk nie, want hy bly geslote. 'n Beskermengel vir Marlene Haar pa het haar geleer: pasop vir mans. Pasop dat jy nie goedkoop is nie, jou vertert nie, soos jou ma. By Gawie was Marlene veilig. Maar nou is sy 'n weduwee. Op drie en twntig. En sy vertrou mense nie. Sy's bang. Tot Adolf opdaag. Haar bang word vertoue. Sy erken dat sy hom liefhet. Baai haar in sys org, sy omgee. Tot die verlede hulle inhaal.

vetseun
Alles wat jy wil weet - 'n ensiklopedie vir jong slimpkoppe . 2008

Die perfekte enkelvolume-ensiklopedie met 320 bladsye vir die jongklomp. Meer as 2000 illustrasies. Tematies gerangskik in tien hoofstukke. Inligting- en aktiwiteit-kassies op elke bladsy, met projekte, stories, woordverklarings en fassinerende feite. Internetskakels by elke afdeling. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseun
Borrels ................... 2008/2011 LAPA UITGEWERS
Illustrasies, Hildegard Königk
ISBN: 9780799350883

Ontmoet vir Borrels! Sy is die nuwe meisie in Christo en Nelson se klas. Dit is nie net haar naam wat vreemd is nie ...
Borrels dra skulpe in haar hare. Sy bring haar goudvis saam skool toe. En sy het 'n GROOT geheim ...Ontdek hoeveel pret dit kan wees as die nuwe meisie in jou klas 'n meermin is! 'n Verbeeldingryke storie met 'n bewaringstema, ideaal vir beginnerlesers.

vetseunvetseun
Pasop Vir Die Feetjies . 2008/2011 LAPA UITGEWERS
Illustrasies, Gerhard Cruywagen
ISBN: 9780799351200

Is daar regtig iets soos feetjies? Natuurlik nie! Wie glo nou in piepklein meisietjies wat kamma kan vlieg en heeldag blomme verf? Beslis nie die ondeunde tweeling Dieter en Pieter nie!
Maar Lienke en Nonkwe glo in feetjies. Hulle glo daar bly feetjies in 'n ou boomstam in die biblioteek se tuin. Daarom besluit Dieter en Pieter om die meisies 'n poets te bak. Hulle maak superstink Feetjie-Vlug-Formule en gooi dit in die ou boomstam!
Kort voor lank kry die tweeling 'n nare verrassing - twee omgekrapte, ongemanierde besoekers ...'n Prettige skaterlagstorie met 'n belangrike les - moenie met 'n feetjie skoorsoek nie!

vetseun
Suurlemoen! / (eBook) . 2007/2008 LAPA UITGEWERS
- 'n Storie oor rock, liefde en 'n tuinkabouter
ISBN: 9780799342352
ISBN: 9780799358971

"Daar is 'n paar basiese reëls wanneer jy jou eerste band begin ...

1. Besluit vooraf watter soort musiek julle wil maak.
2. Neem jou tyd om lede vir jou band te kies.
3. Moenie op iemand in jou eie band verlief raak nie.

Ons het al die reëls verbreek..." - LAPA

vetseunvetseun
Monstergrappe (5de Uitgawe) . 2007 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799339192

" Wat kry jy tussen Godzilla se tone?
Na watter sepie kyk spoke graag?
Wat maak: "Ha-Ha-DOEF!"?
Weerwolwe, spoke en zombies baljaar saam met beroemde monsters soos Dracula, King Kong en Frankenstein se monster in hierdie skaterlag-grapboek. En as jy klaar gelag het, is daar selfs 'n resep om jou eie monsterslym te maak!" - LAPA

vetseun KOOP/BUY
Hoeveel tande het 'n krokodil? . 2006 LAPA UITGEWERS
Jaco Jacobs; Reinier Terblanche, foto's, Heinrich van den Berg

"Hierdie volkleur, glansblad publikasie vir 8-12 jariges, is propvol foto's, illustrasies en feite oor Suid-Afrikaanse soogdiere. Onderwerpe wat behandel word sluit in: Dierekleintjies; Diereblyplekke; Die Groot Vyf; Vreemde soogdiere en Beroemde soogdiere." - LAPA

vetseunvetseun
Die beste toebroodjie ...... 2006 LAPA UITGEWERS
Jaco Jacobs; Nicolene Louw

"Markus word in die middel van die nag baie lus vir 'n toebroodjie. In die kombuis kry hy onverwags vier flukse helpers... En hulle wil hom help om die BESTE TOEBROODJIE OOIT te maak! Maar daar is een klein probleempie..." - LAPA UITGEWERS

vetseun
Grille & Goeters: Nagvlerke / (eBook) . 2005 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799335071
ISBN: 9780799361056

"Dewald sien niks uit na die vakansie saam met sy ouers op 'n vervelige gesondheidsplaas nie. Maar sommer gou is daar hope aksie as hy 'n swerm grillerige monstervlermuise ontdek ... Waar kom die vlermuise vandaan en hoekom is hulle so groot? Wie is die geheimsinnige meneer Helberger? En sal Dewald betyds die grillerige vlermuise kan keer? Nagvlerke is die vierde boek in Jaco Jacobs se baie gewilde Grille & Goeters-reeks." - LAPA

vetseunKOOP/BUYvetseun
Wurms met tamatiesous en ander lawwe rympies . 2005 LAPA UITGEWERS

"Alba Bouwerprys vir kinderliteratuur vir 2004-2006
Het jy al ooit gewonder wat op die spyskaart is by die Rilrestaurant? Is jou boetie dalk 'n alien? Wat is die beste raad vir 'n wegloopneus? Waarom is skottelgoed gevaarlik? Almal weet van Mary se beroemde lammetjie - maar het jy al haar ander troeteldier ontmoet?
Hierdie vrolik-geïllustreerde bundel bevat meer as vyftig prettige, oorspronklike, grillerige en skreeusnaakse rympies uit die pen van Jaco Jacobs. " - LAPA
" wurms met tamatiesous
wurms op jou brood
wurms is bobaaskos
lewendig of dood
wurmpies vir aandete
en wurms vir ontbyt
mopaniewurm-roerbraai
vir 'n lintwurm-aptyt

Het jy al ooit gewonder wat op die spyskaart is by die Rilrestaurant? Is jou boetie dalk 'n alien? Wat is die beste raad vir 'n wegloopneus? Waarom is skottelgoed gevaarlik? Almal weet van Mary se beroemde lammetjie - maar het jy al haar ander troeteldier ontmoet?

Hierdie vrolik-geïllustreerde bundel bevat meer as vyftig prettige, oorspronklike, grillerige en skreeusnaakse rympies uit die pen van Jaco Jacobs." - LAPA

vetseun
Kuifie - Die Krap met die Goue Knypers (#9) (vertaal, Herge) . 2005 HUMAN & ROUSSEAU
vertaling, Jaco Jacobs, Sonya van Schalkwyk
(Frans, Le Crabe aux pinces d'or)
(Engels, The Crab with the Golden Claws 1940-41)
ISBN: 9780798145510

vetseun
Kuifie - Koning Ottokar se Septer (#8) (vertaal, Herge) . 2005 HUMAN & ROUSSEAU
vertaling, Jaco Jacobs, Sonya van Schalkwyk
(Engels, King Ottokar's Sceptre 1938-39)

vetseun
Net aliens eet spinasie .. 2005 HUMAN & ROUSSEAU
illustrasie, Jeanine Henning

"Wat maak jy as daar 'n alien in julle swembad land? Jy steek hom weg, natuurlik! Want die bure gaan klik en dan gaan die weermag hom kom haal en hom oopsny om te kyk hoe hy werk. En dit kan jy nie toelaat nie, want hy's tog so oulik... En wat maak jy as jou ouma jou vra om haar te help om 'n vampier in die graadeentjies se klas te gaan vang? Jy gaan saam, natuurlik! Want dis nie elke dag dat jy sal sien hoe jou ouma 'n knoffel-bazooka gebruik nie... Maar wat maak jy as jy wil uitvind wat in die res van die stories aangaan? Jy lees die boek, natuurlik! Want jy wil nie uitmis nie... 'n Versameling tonekrul-lekker stories deur die gewilde jong skrywer van Pretpark, 'n grilstorie vir jong lesers." - storiewerf.co.za

vetseun
Katjie En Sy Maats ............ 2004 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799332100

Kleurvolle en interaktiewe kartonboekies vir babas, peuters en kleuters waardeur hulle die wonderwereld van diere kan leer ken duer te kyk en te voel.

met Jacques Rudolph
vetseunvetseun
Krieketpret/Gevaarlike Lopies . 2004 LAPA UITGEWERS

"'n Twee-in-een publikasie vir jong krieketliefhebbers. In Krieketpret deel die Pretoria-speler, Jacques Rudolph, sy krieketgeheime. Interessante krieketfeite, blokkiesraaisels en kopkrappers sorg vir verdere pret.

In Gevaarlike lopies is die gewilde outeur, Jaco Jacobs, aan die woord. Henk, Marvine, Ewert, Karlien en die res van die krieketspan gaan gedurende die vakansie op 'n kriekettoer na die Suidkus. Die opwinding begin reeds met hulle eerste wedstryd - hulle wen nie net nie, maar die polisie keer ook 'n skurk in hulle kleedkamer aan. Maar dan begin dinge lelik skeefloop. Karlien se kit word uit die bus gesteel en kort daarna word die span met hulle eie toerbus ontvoer. Die ontvoerders het egter nie met Henk en sy spanmaats se vindingrykheid rekening gehou nie..." storiewerf.co.za

vetseunvetseun
Grille & Goeters: Nag Van Die Monsters (eBook) . 2004 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799361032

"ATKV 2004 kategoriewenner Gr 4-5
Stefan en Rinnie kuier by familie op Modderfontein terwyl hulle ouers oorsee is. Dit reën aanhoudend en hulle is al moeg om Playstation te speel en grapboeke te lees. Dan sien Stefan in die dorpskoerant 'n advertensie vir 'n vertoning van 'n grilfliek, Nag van die monsters. Dinge by die filmteater is egter glad nie pluis nie. In stede van om na die fliek te kyk, bevind Stefan en Rinnie hulle binne-in die fliek - met 'n spul gruwelike monsters wat hulle agtervolg!" - LAPA

vetseun
My Ouma Is 'n Rock-Ster . 2004/2011 LAPA UITGEWERS
illustrasies, Frans Groenewald
ISBN: 9780799350845

"ATKV 2004 kategoriewenner Gr 1-3
Rikus se ouma is die hoofsanger van die gewilde rockgroep, OUMA! Sy is op die voorblaaie van koerante en tydskrifte, en gaan na partytjies toe saam met die staatspresident. Sy het selfs haar hare grasgroen gekleur en 'n rooi sportmotor aangeskaf! Dit is egter nie aldag maklik om die beroemdste ouma in die land te hê nie, soos wat Rikus uitvind toe 'n skurk probeer om sy ouma te ontvoer..." - LAPA

vetseun
Wiskunde Gee My Maagpyn . 2004/2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799333237
ISBN: 9780799354911

"Mia haat wiskunde. Sy hou nie van optelsomme nie en sy hou nie van aftreksomme nie. Vermenigvuldigsomme gee haar hoofpyn en sy verstaan nie deelsomme nie.

Haar aaklige wiskunde-onderwyser, meneer Vermaak, sê nie eers "Môre, klas" soos die ander onderwysers nie. Hy sê net: "Vandag maak ek MAALVLEIS van die een wie se wiskunde nie gedoen is nie!"

Maar wat meneer Vermaak nie weet nie, is dat Mia besig is om 'n boek oor hipnose te lees... En dat sy selfs onbeskofte wiskunde-onderwysers allerhande toertjies kan laat doen!" - LAPA UITGEWERS

vetseun
Pretpark ......................... 2003 HUMAN & ROUSSEAU
ATKV-kinderboektoekenning

'"Hier gebeur daar elke tien minute niks en tussenin gaan daar ook nie veel aan nie." So praat Anton, een van die karakters in Pretpark, oor Rustenvrede, die stowwerige dorpie waar die verhaal afspeel. Daarom dat die besoek van die reisende pretpark met soveel afwagting gepaard gaan. Die gedagte aan 'n hengse ferriswiel, spooktonnels en olifantritte en goed. En Madame Zelda se besoek aan die skool om die kinders solank 'n voorskou te gee van al die pretpark se aanloklikhede - was dit regtig so onskuldig? Waarom kan Anton-hulle dan nie ontslae raak van die onheilspellende en vreeslik realisteise drome wat hulle snags het sedert hy en Johan en Karin gehipnotiseer is nie?

'n Lekker grillerige verhaal wat die leser van die begin af intrek en nie weer laat los nie!' - storiewerf.co.za

2003 - Hoe hoog kan 'n sprinkaan spring? (LAPA UITGEWERS)

vetseun
Superheroes Vlieg Net Saans . 2003/2010 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799346855

"Is 'n witmuis nog 'n witmuis as hy groen is?

Miek is in groot moeilikheid omdat hy die natuurwetenskapklas se witmuis groen gekleur het, en boonop het hy nog nie aan 'n projek gedink vir entrepreneursdag nie. Al wat hom nou kan red, is as 'n luislang vir juffrou Makhetha en meneer Roux insluk. Maar dan val daar 'n superhero in Miek-hulle se agterplaas - bo-op die hondehok! Gaan hy Miek kan help om sy probleme op te los, of gaan hy net meer moeilikheid veroorsaak?

'n Humoristiese, lekkerleesverhaal vir 8-10-jariges.

Superheroes Vlieg Net Saans is die 23-jarige Jaco Jacobs se 8ste boek wat by LAPA UITGEWERS Uitgewers verskyn. Die prettige volkleur illustrasies is deur Stellenboschse kunstenaar, Frans Groenewald." - LAPA

vetseunvetseun
Grille & Goeters: Tande / (eBook) . 2002/2004 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799339000
ISBN: 9780799361049

"Het Rikus se nuwe geskiedenisonderwyseres en die vreemde dierasie wat in Stilwater se strate rondsluip en hoenders en skape verslind, iets in gemeen? Dalk eet sy meer as net stout kinders vir brekfis... Nóg 'n grieselrige storie in die Grille & Goeters-reeks vir lesers van 9 tot 12 jaar." - LAPA UITGEWERS

vetseunKOOP/BUY
Hoe wyd kan 'n seekoei se bek ooprek? . 2002 LAPA UITGEWERS
- Interessante feite oor Suid-Afrikaanse soogdiere
met Jaco Jacobs; Reinier Terblanche, foto's, Heinrich van den Berg

"Die wonderlike wêreld van reptiele en amfibieë is propvol interessante, grusame en ongelooflike gediertes. Ontdek alles wat jy nog altyd wou weet oor slange, krokodille, likkewane, akkedisse, geitjies, koggelmanders en ander Suid-Afrikaanse reptiele en amfibieë." - LAPA

vetseun vetseun
Grille & Goeters: Troetelgedrog / (eBook) . 2001/2004 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799361070

"Aan die bopunt van die gang beweeg iets teen die muur. Anita herken dadelik die bleek, spinnekopagtige pote.
Die drie kinders staan asof gehipnotiseerd en kyk hoe die troetelgedrog soos 'n spinnekop teen die muur afklouter tot op die mat. Dan begin dit stadig naderkom..." - LAPA
"Anita wil vreeslik graag 'n troeteldier hê, maar haar ma hou vol dat troeteldiere stink, raserige, pestilensies is wat miljuisende kieme in 'n mens se huis indra en jou allerhande siektes gee. Haar ma het egter geen klagtes teen die elektroniese troeteldier wat Anita teen 'n winskoop raakloop in Mnr. Grinaker se winkel, Alles-en-nog-wat, nie. Wanneer die troeteldier begin aandring op insekgif vir aandete en dreigende e-posse vir haar onderwyseres stuur, besef Anita dat haar toeteldier in werklikheid 'n troetelGEDROG is!

'n Heerlike, grieselrige grilverhaal vir 9-11 jariges." - storiewerf.co.za

vetseunvetseun
Duskant Die Doodlyn / (eBook) . 2001 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799360967

"Werner-hulle LEWE vir rugby en wil bitter graag die liga wen, maar iemand probeer hulle planne in die wiele ry... Hou die inbrake by die skool en die beskadiging van hulle afrigter se kar dalk verband met die slaappille wat in Werner se water opgelos is en hulle amper die wedstryd gekos het? En is dit dalk iemand in hulle eie span wat hulle kanse om te wen wil kelder? 'n Spannende sportstorie propvol aksie en avontuur. Vir lesers van 10-13 jaar." - storiewerf.co.za

Werner en sy vriende lééf vir rugby. Hierdie jaar is hulle vasbeslote om hulle aartsvyande 'n ding of twee op die rugbyveld te wys. Maar iets is verkeerd. Wie is die geheimsinnige man wat snags by die skool rondsluip?
En hoekom lyk dit of iemand sy mes inhet vir Werner-hulle se rugbyafrigter? Dit begin al hoe meer lyk of iemand nie volgens die reëls speel nie en Werner-hulle beland in groot gevaar...

vetseun
Rugbypret (Sport) .... 2001 LAPA UITGEWERS
- rugbyfeite en -raaisels

"Weet jy wie die rugbyspeler is wat die meeste drieë gedruk het in internasionale wedstryde, hoeveel 'n rugbybal weeg en waar die Curriebeker vandaan kom? Rugbypret sal al hierdie vrae en nog meer kan beantwoord. Propvol rugbyfeite, blokkiesraaisels, kopkrappers en ander aktiwiteite. 'n Moet vir elke jong rugbygeesdriftige! ('n Standaard rugbybal weeg tussen 400 en 440 gram.)" - storiewerf.co.za


ook:
vetseun
Bastian Blom En Die Gillende Geraamte (eBook) .
Illustrasie: Celeste Vlok
ISBN: 9780799361872

Bastian is al gewoond aan vreemde besoekers in sy pa se antiekwinkel. Maar dis die eerste keer dat 'n geraamte by die winkel kom inloer. Wie is die geheimsinnige Max Beekman wat laatnag in die winkel opdaag? En waarom speel hy sulke treurige liedjies op sy saksofoon? In sy nuutste avontuur moet Bastian 'n beenafgeraamte help om die meisie van sy drome se hart te wen!

vetseun
Bertie Blikbrein / (eBook) . 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351194
ISBN: 9780799361926

Nico se pa is 'n uitvinder. Hy het al baie vreemde dinge ontwerp... Haarjel wat van kleur verander. 'n Stoel wat jou kielie as jy aan die slaap raak. Selfs sandale wat jou toonnaels knip! Maar sy nuutste uitvinding is die heel beste. Dis 'n regte, egte robot! Bertie Blikbrein kan praat, somme doen en selfs grappies vertel.
Toe Nico en sy beste vrien baklei, besluit Nicom om Bertie saam skool toe te vat...." - LAPA

vetseun
Brulpadda In My Tas (eBook) .
ISBN: 9780799362312

"Almal gil en skree, daar's chaos in die klas; al dié bohaai net oor die brulpadda in my tas.." Welkom in die wêreld van Jaco Jacobs! 'n Plek waar walvisse maklik in jou sop beland. Waar jy kan uitvind hoe om jou eie monster te maak. En waar varsgebakte brood soms gevaarlik kan wees.

vetseun vetseun
Danie Dreyer koop 'n dinosouruseier (en ander alfabetpret) . LAPA UITGEWERS

"Danie Dreyer koop 'n dinosouruseier - die ding is baie duur! Kort voor lank broei dit uit en nou het hy 'n reusagtige troeteldier!

Ontmoet Hermien Human met haar hoed vol horlosies. Kom ry saam op Fanie Fourie se fantastiese fiets. En vind uit waarom Zuraida Zeelie deesdae Zoem!

Heerlike humor, vreemde versies en prettige prente - hierdie alfabetboek is voortreflike vermaak!" - LAPA

vetseun
Die teddiebeerbus en ander rympies . LAPA UITGEWERS

"Word 'n seerower, bak pannekoek as dit reën, gaan kuier by die dieretuin, of bou 'n kussingkasteel ... voordat die Teddiebeerbus jou saans na die land van drome neem. Hierdie pragtig geïllustreerde versameling rympies verken al die pret en avontuur in 'n kind se dag." - storiewerf.co.za

vetseun vetseun
Dit jeuk! - Damian Harvay, Lynne Chapman . LAPA UITGEWERS
vertaal

"Groot Gorilla se rug jeuk. Hy rek en strek, maar hy kan dit nie bykom nie. Al die diere gee raad, maar alles maak die gejeuk net erger...
Toe Groot Gorilla by die huis kom, kry hy die perfekte oplossing vir 'n gorilla wie se rug jeuk! " - LAPA

vetseun
Ek's Mal Oor Jou (En Wimpy-Milkshake) (eBook) .
ISBN: 9780799357929

Dis verby tussen my en Alex Swart. So verby soos Britney Spears se loopbaan. So verby soos die 80's . So verby soos Friends en Seinfeld en Prison Break. So verby soos die Anglo-flippen-Boereoorlog. Want Alex was die ou van my drome. Ek was mal oor sy band en oor die liedjies wat hy spesiaal vir my geskryf het. En hy kon boonop soen soos 'n droom. Maar ongelukkig het ek uitgevind ek is nie die enigste een wat hy deesdae soen nie ...

vetseun
Elsie Eenoog (eBook) .....
ISBN: 9780799357936

Die pop gee Carli hoendervleis. Van die eerste oomblik dat sy dit sien. Maar Carli se sussie is mal oor die ou eenoog-lappop wat sy op die strand optel. Kort voor lank begin daar egter vreemde dinge in die gesin se vakansiehuis gebeur ... en Carli is seker dis alles Elsie Eenoog se skuld ...
Maar Carli se sussie is mal oor die ou eenoog-lappop wat sy op die strand optel. Kort voor lank begin daar egter vreemde dinge in die gesin se vakansiehuis gebeur ... en Carli is seker dis alles Elsie Eenoog se skuld ...

vetseun
Gevaarlike Lopies / (eBook) . LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799360950

"Krieketpret en Gevaarlike lopies het as een boek verskyn ..... Gevaarlike lopies verskyn nou op sy eie met 'n splinternuwe baadjie!

Jong krieket entoesiaste van 10 jaar en ouer sal gaande wees oor Henk en sy avonture.

Henk kan nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd na die ander te speel!
Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie 'n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in 'n nagmerrie gaan ontaard.... " - LAPA

vetseun
Kas Vol Monsters 1: Die Groen Hand (eBook) .
ISBN: 9780799362329

Is jy dapper genoeg om in die kas te loer? Daar is iets vreemd aan die nuwe huis ... In die middel van die nag hoor Vincent iemand aan sy kasdeur klop. Toe hy ondersoek instel, ontdek hy iets wat sy hare laat regop staan! Maar gaan enige iemand hom glo as hy vertel wat hy gesien het?

vetseun
Kas Vol Monsters 2: Vampierfoto's (eBook) .
ISBN: 9780799362336

Is jy dapper genoeg om in die kas te loer? Die kas in Vincent se kamer is die geheime ingang na 'n kasteel vol monsters. Vincent en Meyer kan nie wag om weer die monsters te sien nie. Hierdie keer het een van die monsters hulp nodig. Maar om foto's van 'n vampier te neem ... kan 'n pyn in die nek wees!

vetseun
Kas Vol Monsters 3: Hollywood-Mummies (eBook) .
ISBN: 9780799362343

Is jy dapper genoeg om in die kas te loer? Toets droom daarvan om die hoofrol in 'n romantiese fliek te speel. Maar dit is glad nie so maklik om 'n Hollywood-ster te word nie - veral nie as jy 'n mummie is nie! Sal Denver haar kan help om die rol van haar drome los te slaan?

vetseun vetseunvetseun
Suzie se superdoepersjampoe . 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351187

"Suzie is mal oor hare. Nog voordat sy kon praat, kon sy al 'n poniestert maak. Wanneer sy eendag groot is, wil sy 'n haarkapper word. Sy hou van haar pa se netjiese kuif. Sy hou daarvan om haar ma se lang hare te kam. Sy hou van haar boetie se borselkop. Sy hou van haar ouma se grys krulletjies...
Maar Suzie se oupa het glad nie hare nie. Sy kop is kaal soos 'n eier. Daarom besluit Suzie om 'n plan te maak..." - LAPA

vetseun
Toulopers (eBook) ................ LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799359107

Die 54 gedigte in Toulopers is almal splinternuut en is geskryf met tieners van 13 tot 15 jaar in gedagte. Van ernstiger temas tot glimlagverse, van rebelse gedigte tot dolverliefde SMS-poësie - al die bydraes in hierdie bundel is met een doel voor oë gekies: om tot moderne tieners se leefwêreld te spreek. Die gedigte is geskryf deur 29 uiteenlopende digters soos Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, Izak de Vries, Derick Muller, Franci Greyling, Martie Kruger, Ronelda Kamfer, Annie Klopper, Erns Grundling en Louise van Niekerk.

vetseunvetseun
Voelers ................................... LAPA UITGEWERS

"My hart klop in my keel. Dit voel of ek in 'n nagmerrie beland het. Ek kan amper nie kyk na die twee goed wat by my baadjie se moue uitsteek nie. Ek lig my twee goggapote op. Hulle klik-klik voor my oë.

Marnus is mal oor goggas. Krieke, spinnekoppe, slakke - hoe grilleriger, hoe beter. Elke Vrydagmiddag werk hy en Denzil in Dok Brummer se laboratorium vir ekstra sakgeld. Maar een middag gebeur daar 'n ongeluk, en kort voor lank begin vreemde dinge met Marnus gebeur. Is hy regtig besig om in 'n gogga te verander ...?" - LAPA

vetseun
Zackie Mostert Druk 'n Drie (eBook) . LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799359985

Zackie en Vincent sien baie uit na die rugbytoer. Selfs al speel hulle nie vir die A-span nie. En selfs al dra hulle span se afrigter lipstiffie! Maar dan word die rugbytoer afgestel, en almal dink dis Zackie se skuld ...


skakels : lapa.co.za/...












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )