Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Irma Joubert (Joubert, Irma)
vetseunvetseun
Skoenlapper ............... 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780798156738

Alex het 'n teorie oor chaos. Waar hy ookal gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanie bevind. By 'n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, 'n vryskutfotograaf met 'n bos swart krulhare, 'n t-hemp wat se Dr. Seuss is altyd reg, en 'n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reen en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van 'n Amerikaanse IT-biljoener op 'n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang?

vetseun
Kronkelpad / (eBook) . 2011 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624053873
ISBN: 9780624053880

Kronkelpad is die derde boek in die trilogie waarvan Anderkant Pontenilo en Pérsomi die eerste twee is. Die verhaal speel af in die jare 1938-1960, met die slot in 1986.
Lettie Louw (Klara se slim vriendin uit Pontenilo en die dokter wat in Pérsomi in die hofsaak getuig) en Marco Romanelli (Antonio se aantreklike broer wat in Italië in 'n Joodse kamp beland het in Pontenilo) is in hierdie boek die hoofkarakters.
Lettie se vriendinne raak almal verlief op aantreklike mans en trou die een na die ander - niemand sien vir Lettie raak nie. Maar sy besluit nietemin om die beste dokter vir haar mense te word. Sy gaan in 1947 terug na die Bosveld-dorpie en neem haar pa se praktyk oor. Nadat hy die konsentrasiekamp oorleef het, is Marco 'n baie siek, verswakte man wanneer hy teen die einde van 1945 na sy ouerhuis in Noord-Italië terugkeer. Antonio, wat na Suid-Afrika terugkeer om met Klara Fourie te trou, oorreed hom egter om na Suid-Afrika se warm, droë Bosveld te verhuis. So beland Marco in 1948 op dieselfde Bosvelddorpie as Lettie, wat sy dokter word.
Die liefde blom tussen hulle, maar dan breek die polio-epidemie van die jare vyftig uit - met tragiese gevolge. Die trilogie word op boeiende wyse afgesluit dáár waar dit begin het - in die Italiaanse dorpie hoog bo in die Alpe.

vetseun
Tuiskoms / (eBook) .. 2011 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624052791
ISBN: 9780624053729

In hierdie boek word 'n baie gewilde skrywer se lekkerlees-kortverhale vir die eerste keer byeengebring. Hier is 'n ryke verskeidenheid stories, onder meer oor geleenthede soos Kerfees, Vadersdag, ensovoorts, en liefde - in sy vele fasette uitgebeeld - is die gemene deler. In al die verhale is Irma Jouberts se fyn waarneemingsvermoe merkbaar, asook haar intieme kennis van die deernis met haar karaters.

vetseun
Persomi / (eBook) ..... 2010 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624049340
ISBN: 9780624050926

Boelie is Mister Fourie se oudste seun en erfgenaam; Persomi is die bywonerskind. Maar Persomi is slim, waarskynlik te danke aan haar onbekende biologiese pa. 'n Baie spesiale vriendskap ontwikkel tussen Boelie en Persomi, maar iets hou Persomi terug - waarom kan sy nie met oorgawe liefhe nie? En wanneer sy as baie jong prokureurtjie inwillig om die Indierwinkeliers se gedwonge verskuiwing in die hof te beveg, bring dit haar in direkte konflik met die gemeenskap - en met Boelie.
Te midde van alles bly die vraag: wie is Pérsomi se pa? En wanneer sy eindelik uitvind, hoe sal dit haar lewe beïnvloed? Want daar blyk 'n bloedverwantskap tussen haar en Boelie te wees . . . Hierdie roman, wat aansluit by die topverkoper Anderkant Pontenilo, speel af in die Bosveld teen die agtergrond van die stormagtige politiek van die 1940's en die Apartheidswette van die 1950's.

vetseun
'n Beskermengel vir Marlene (eBook) .
ISBN: 9780799348033
ISBN: 9780799347791

Haar pa het haar geleer: pasop dat jy nie goedkoop is nie. Soos jou ma. Adolf leer haar vertrou, leer haar liefhê. Tot die verlede hulle inhaal. En Marlene weet - dis die einde van haar en Adolf.

vetseun
Anderkant Pontenilo / (eBook) . 2009 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624047018
ISBN: 9780624051015

Die Tweede Wereldoorlog verdeel nie net die wereld nie, maar ook gesinne. In die Fourie-huishouding staan Pa by Hertzog wat neutraal wil bly, Oupa by Smuts wat tot die oorlog toetree en die seuns by Malan wat die oorlog teestaan. Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine - jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op 'n unieke manier deur die oorlog beinvloed word. En in 'n klein Italiaanse dorpie woon die beeldhouer Guiseppe Romanelli en sy seuns. Ook Don Veneto en sy pragtige dogter Gina. Die dorpsmense het van altyd af geweet dat sy en Antonio, Guiseppe se een seun, vir mekaar bestem was; die twee raak spoedig verloof. Antonio word opgeroep om in Noord-Afrika te gaan veg, maar hy word 'n krygsgevangene en beland op die Fouries se Bosvelplaas in Suid-Afrika waar hy klipwerk doen. En hier ontmoet hy vir Klara, 'n meisie wat 'n vriend en geesgenoot word... 'n Eg menslike verhaal wat met insig en begrip uitbeeld dat oorlog almal raak. En dat die brue wat ons bou soms 'n opdraand pad aan die anderkant het.

vetseun
Veilige Hawe .............. 2009 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799343434

Veilige hawe is 'n heruitgawe van twee van haar romanses. In Vonkpos vir die hart probeer Liezl die muur om Pieter Naudé afbreek. Na die moord op sy gesin is dit nie maklik nie. Sy verstaan egter - sy het self haar man verloor. Tog raak sy lief vir hom. Na wie luister sy - haar hart of haar verstand? 'n Beskermengel vir Marlene is die drie-en-twintigjarige weduwee, Marlene, se verhaal. Sy is bang en vertrou niemand nie - totdat Adolf opdaag. Haar bang word vertroue. Sy erken dat sy hom liefhet en hy baai haar in sy omgee en sorg ... Tot die verlede hulle inhaal.

vetseun
Verbode Drif ............... 2009 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799343120

Die verhaal speel af nét na die Anglo-Boereoorlog en eindig in 1910. Elizabeth van Rensburg is 'n Boermeisie en Izak Katz is 'n Jood. 'n Boerejood, maar nogtans 'n Jood. Terwyl hulle jonk is, glo hulle die verskille kan oorkom word. Izak, weet Elizabeth, maak altyd 'n plan. Altyd. Maar die paadjie wat aan hulle toebedeel is, is ongelyk en Elizabeth word gedwing om 'n besluit te neem wat hul finaal uitmekaar laat gaan. Tensy 'n wonderwerk gebeur.

Irma Joubert skryf régte mense se stories. Sy fokus op verhoudings tussen geliefdes, gesinslede, familie, vriende, vreemdes, die mens in sy verhouding met die gemeenskap, die natuur, die tyd waarin hy leef. Die skrywer slaag daarin om 'n tydvak, wat tot dusver in die Afrikaanse letterkunde hoofsaaklik met wroeging gepaard gegaan het, se sjarme en nostalgie vir 'n nuwe generasie lesers vas te vang.

vetseun
Tussen Stasies (Roman) / (eBook) . 2007 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799338652
ISBN: 9780799350340

"n Aangrypende verhaal wat jou intrek en meesleur, karakters waaroor jy bly dink lank nadat jy die boek neergesit het"

Daar het lank laas in Afrikaans 'n roman soos Irma Joubert se Tussen stasies verskyn - 'n goed geskrewe lywige roman wat 'n mens verlei om aan te hou lees.
Tussen stasies is die verhaal van Gretl, 'n Duitse weeskind van die Tweede Wêreldoorlog en haar verhouding met Jakób, 'n Poolse soldaat wat haar een donker oorlognag gered het. Die verhaal volg Gretl uit Europa na Suid-Afrika waar sy deur 'n Afrikaanse gesin aangeneem word.
Jakób bly in Pole agter en Gretl word 'n Protestantse Afrikanermeisie, gekoester in 'n gelukkige en vooruitstrewende gesin.
Mettertyd word dit egter vir haar al hoe moeiliker om vrede te maak met haar verskriklike verlede. En die enigste een wat kan help, is Jakób.
Tussen stasies is die aangrypende verhaal van twee mense wat stry teen sosiale en ideologiese magte wat dreig om hulle te vernietig.
Oor dié boek skryf Izak de Vries soos volg: "Ek het Tussen stasies stadig, aandagtig en met groeiende genot gelees. Dis 'n grootse roman, een wat die Afrikaanse letterkunde gaan verryk met die uitstekende storielyn, puik karakterisering, wonderlike navorsing en gewaagde taboes . . ."
Ook Maritha Snyman skryf dat die verhaal haar van die begin af ingetrek en meegesleur het. "Die karaktertekening van beide Gretl en Jakób is uiters geloofwaardig. Hulle word mense waaroor ek bly dink het lank nadat ek die roman klaar gelees het . . ."
Tussen stasies sal geen leser onaangeraak laat nie. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseun
Ver wink die Suiderkruis . 2006 LAPA UITGEWERS

Hy't haar hart leer vlieg, 'n warm vreugde diep binne-in haar laat oopbreek.
Maar hy't haar ook vasgeketting. "In die regte lewe is daar nie 'n óns nie, Kate ... "
Kate weet dit. Sy is ryk John Woodroffe se dogter, midde-in die wurgende depressie, die armblankes oral, die woedende myners diep in haar pa se goudmyne. En Bernard Neethling is 'n mynwerker.
Hy pas haar op terwyl sy navorsing onder die armblankes doen. Hul wêrelde is onversoenbaar. Albei weet dit. Maar hy skulp haar toe met sy krag, sy warmte. Hy wil die Suiderkruis vir haar pluk. En dit, weet Kate, sal makliker wees as om hul liefde te laat blom. - graffitibooks.co.za


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)