Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Ingrid Winterbach (Winterbach, Ingrid)
vetseun
Die Aanspraak Van Lewende Wesens / (eBook) . 2012 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798157063
ISBN: 9780798158527

Komies, hartroerend, meditatief, verruimend! Hierdie kick-ass roman bied 'n priemende blik op twee parallelle reise: 'n man en 'n vrou elk op soek na die oorsake van 'n broer en 'n suster se ondergang.
Na'n onthutsende oproep van ene Josias Brandt, vertrek Karl Hofmeyr teësinnig om sy broer, Iggy, wie se kop skynbaar uitgehaak het, te hulp te snel. Karl - heavy-metalfan de luxe - se reis word vertraag deur sy obsessies wat hom in verskillende situasies lelik kniehalter.
Maria Volschenk word op 'n dag oorval deur 'n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap op 'n sending waarteen sy lankal opsien, in 'n poging om hierdie beleërende leegte af te weer. Die twee verhaallyne vloei saam op'n onwaarskynlike stadsplaas iewers in Kaapstad, waar die broer, Ignatius Hofmeyr, in 'n bitter tweestryd met die onpeilbare Brandtkêrel gewikkel is.

vetseun
Die Benederyk / (eBook) .. 2010 HUMAN & ROUSSEAU/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780798151474
ISBN: 9780798153218

'n Nuwe roman deur hierdie skrywer is 'n belangrike gebeurtenis. En sy stel haar lesers nie teleur nie: Dis die verhaal van twee broers - Aaron en Stefaans Adendorff - die een 'n skilder, die ander 'n eks-verslaafde. Aaron se galery-eienaar, Eddie Knuvelder, laat hom lelik in die steek (nadat Aaron gehoop het Knuvelder sal van sy jongste skilderye kies vir 'n uitstalling in Duitsland) en Bubbles Bothma, buurvrou en vriendin extraordinaire, kom met verskeie onwaarskynlike oplossings vir sy benarde situasie. Terwyl broer Stefaans deurentyd verslag lewer van sy labirintiese dwaalweë en sy soektog na die herkoms van hulle ontwykende derde oupa. Apokalipties en burlesk!

vetseun
To Hell With Cronjé .. 2010 OPEN LETTER
Vertaling: Elsa Silke
ISBN: 9781934824306

The events in this novel take place during the last few weeks of the Anglo-Boer War. A small group of Boer soldiers departs from the Colony to the Free State to take a traumatised young man back to his home. Two of the men, Reitz Steyn and Ben Maritz, are scientists, and the novel focuses on their experiences. The suffering and hardships of the war left its mark on this little group, and especially Reitz and Ben are increasingly aware of the futility of it all. On their way they are apprehended and held in a strange camp by other Boers. After they have been wounded during the execution of a mysterious assignment Reitz and Ben are cared for by three women on a nearby farm. Their stay with these women offers a chance for healing in more than one respect. An impressive novel written with an understated poignancy and drama about the futility of war.

vetseunvetseun
The Book Of Happestance . 2008

vetseun
To Hell With Cronjé ... 2007 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798148320

vetseun
Die Boek Van Toeval En Toeverlaat . 2006 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798147286

"Helena Verbloem, leksikograaf van beroep, gaan na Durban as projek-assistent van 'n man wat alle woorde byeen probeer bring wat in onbruik geraak het in Afrikaans. Dan word daar by haar tuinwoonstel ingebreek en haar geliefde skulpe word gesteel. Die verhaal ontvou rondom die soektog na die gesteelde skulpe. Hierdie soeke raak verweef met haar algemene besinning oor haar lewe - herinneringe aan haar familie, verlore minnaars en liefdes, verliese wat sy gely het. Een van Ingrid Winterbach se briljantste tekste." - suid-afrika.de

vetseun
The elusive moth ....... 2005 HUMAN & ROUSSEAU

2004 - (Niggie) Hertzogprys Prosa

vetseun
Niggie / (eBook) .... 2002/2004 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798142861
ISBN: 9780798159968

"In die laaste maande van die Anglo-Boereoorlog vertrek 'n groepie Boerekrygers uit die Kolonie om 'n getraumatiseerde jongeling na sy ouerhuis in die Vrystaat te neem. Twee van hulle word gewond en daarna op 'n plaas deur drie Boerevroue verpleeg. 'n Roman waarin die vergeefsheid van oorlog en die kortstondigheid van persoonlike geluk op aangrypende wyse uitgebeeld word." - suid-afrika.de

Niggie speel af in die laaste maande van die Anglo-Boereoorlog. 'n Groepie Boerekrygers onder wie twee natuurwetenskaplikes, Ben Maritz en Reitz Steyn, vertrek uit die Kolonie om 'n getraumatiseerde jongeling na sy ouerhuis in die Vrystaat te neem. Op hulle tog word hulle 'n paar weke lank in 'n klein opvangskamp deur lede van generaal Bergh se kommando aangehou. Terwyl hulle 'n opdrag vir die generaal uitvoer, word Reitz en Ben egter gewond en daarna op 'n nabygeleë plaas deur drie Boerevroue verpleeg, waar hulle tot aan die einde van die oorlog vertoef. Op die oog af 'n eenvoudige gegewe, maar wat Ingrid Winterbach daarmee doen, daarin lê die verrassende van hierdie roman. Hierdie roman is bekroon met die Hertzogprys in 2004.

1999 - Buller se plan (HUMAN & ROUSSEAU)


skakels :









2016 04 08-10 - A.K.A Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam: Films: Dis Ek, Anna, Sink, 'n Man Soos My Pa, Faan Se Trein, Ballade Vir 'n Enkeling, Abraham - ATKV - Fopspeen Filmverse, A.K.A Awards: Beste film - Sink, Beste dokumenter - Between The Devil And The Deep, TV-produksies: 'n Ander Wêreld met Coenie, Ruk En Riel, 'n Song Vir Emily, Afrikaaps, Literatuur: Antjie Krog, Ingrid Winterbach, Bettina Wyngaard, Ena Jansen, Emma Huismans, Marita van der Vyver, Fanie Olivier, Nicol Stassen, Joost Nijsen (Podium Uitgevers), Tom Lanoye, Christine Otten, Charles den Tex, Anneloes Timmerije, Poetry Circle Nowhere; vertalers, Robert Dorsman, Karina van Santen, Martine Vosmaer, Rob van der Veer, Titia Palthe, Ingrid Glorie, ook Michael le Cordeur, Tertius Kapp, Anne-Marie Beukes, Joris Cornelissen, Jaap Goedegebuure, Eep Francken, Harry Wels, Bart Bouwman, Bart Luirink, Pieter Muysken, André P. Brink-herdenking, Poetry Circle International, Compagnietheater, Amsterdam
vetseun
2016 04 08-10 - A.K.A Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam: "Die Kaap Kom Amsterdam Toe" A.O Jack Parow, De Likt, Leslie Javan, Theatergroep Flint, Trippie, Abraham, Dis Ek, Anna, Antjie Krog, Trantaal Broers, Poetry Circle Nowhere, Afrikaaps, Tribal Echo, Francois van Coke, Majozi, Laurinda Hofmeyr, Die Heuwels Fantasties, Emo Adams, Kaap-Maleis Koor, HemelBesem, YOMA, Tom Lanoye, Marita van der Vyver, Ingrid Winterbach, Ronelda Kamfer, Christine Otten, Deon Maas, Bettina Wyngaard, Charles den Tex, Tertius Kapp, Sandile Magbu, Bart Luirink, Ena Jansen, Sonneblom, Stille Water, 'n Song Vir Emily, Faan Se Trein, Sink, 'n Man Soos My Pa, Ballade Vir 'n Enkeling, Compagnietheater, Zuid-Africahuis, Melkweg, Rialto - www.aka.festivalvoorhetafrikaans.nl
vetseun
2016 04 08-10 - A.K.A Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam: Karen Zoid, Les Javan, Kaap-Maleier Koor, Ingrid Winterbach, Jack Parow, Francois van Coke, Antjie Krog, Tribal Echo, HemelBesem, De Likt, Theatergroep Flint, Poetry Circle Nowhere, Nathan Trantraal, New World Dance Theater, Beeskraal en nog vele meer, program wordt bekend gemaakt in Jan 2016.
vetseun


bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )