Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
I.L. de Villiers (1936-) (De Villiers, Izak L.)
vetseun
Strooidak & toring (Outobiografie) . 2009 UMUZI
- Van mense en my tyd
ISBN: 9781415200148

Izak de Villiers, welkbekend as digter en skrywer, uitsaaier, TVpersoonlikheid, tydskrif- en koerantredakteur, kyk in sy sewentigerjare terug op 'n lewe en loopbaan wat met hoogtepunte besaai is.

vetseun
Vervreemdeling (Digbundel) . 2008 TAFELBERG
ISBN: 9780624046387

Die geloof as die filtraat waardeur mens en wêreld waargeneem word, staan in hierdie digbundel sentraal. Ook die motief van die huis en buurt figureer, en so ook 'n aantal verse oor die seun en kleinkinders.
Naas die ervaring van die sprekende ek, waarvan baie van die verse uitgaan, word die problematiek van die Nuwe Suid-Afrika, en meer spesifiek van die Afrikaner (dikwels in gestalteverse verhul), een van die dominante motiewe in die nuwe bundel.Daarby kom treffende verse oor die ouer word en die dood van geliefde vriende. 'n Indrukwekkende bundel, en waardige opvolger vir die digter se bekroonde Jerusalem tot Johannesburg. - graffitibooks.co.za

vetseun
Jerusalem tot Johannesburg . 2005 TAFELBERG

"Die loutere aardsheid van De Villiers se gedigte bied 'n stewige basis waarbinne die mistiek pragtig tot sy reg kom. Regdeur die bundel loop die verwewing tussen mens en God, en tussen mens en sy/Sy aarde. Suiwer nostalgie is telkens hier 'n subtiele bindmiddel. Nostalgie kan maklik ontaard tot vlak sentiment, maar hier gebeur dit nooit nie. Hierdie bundel van Izak de Villiers sluit aan by sy vorige verse, maar oortref hulle ook met 'n rypheid en diepte wat van die dominee beweeg tot intense belewing van die deurleefde Christen. Die gedigte is vry van enige pretensies. Dit is eg, en menslik. Dit is die mens wat verwonderd staan voor die onbegrypbare, in goddelike en aardse sin."

vetseun
Net om jou 'n drukkie te gee . 1993 TAFELBERG
ISBN: 9780624029021

Izak op sy stukke! 'n Keur van meer as 40 van sy stukke, waarvan die meeste in sy rubriek op die agterblad van die tydskrif Sarie verskyn het. In die voorwoord sê hy: Dis geen 'letterkunde' of 'teologie' nie. Dié soort skrywe laat ek aan die kenners oor.

vetseun
Wat Dra My Deur 'n Krisis? . 1982 LUX VERBI
ISBN: 9780869915110

vetseun
Gelykenisse En Ander Verse (Digbundel) . 1975/1980 TAFELBERG
ISBN: 9780624007340

Izak de Villiers is bekend as oudpredikant, koerant- en tydskrifman, maar veral as digter - sy totale oeuvre is in 1981 bekroon met die Credo-prys. Gelykenisse en ander verse het in 1975 verskyn en bevat van sy mooiste poësie.

vetseun
Die geluk van onsin .....
- 'n Anderse kyk na dinge wat saak maak


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )