Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
H.J. Pieterse (1960-) (Pieterse, Henning J.)
vetseun
Duino-elegieë (vertaal Rainer Maria Rilke) (Digbundel) . 2007 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191511

Rilke se reeks van tien lang gedigte, die Duino-elegieë, word saam met die Sonnette aan Orfeus as sy grootste werk beskou.
Rilke het aan die elegieë begin skryf terwyl hy tussen Oktober 1911 en Mei 1912 in die Duino-kasteel in die noorde van Italië tuisgegaan het en het dit na 'n lang onderbreking in 1922 voltooi. Die gedigte is opgedra aan die eienares van die kasteel, prinses Marie von Thurn und Taxis.
Die mens kan, volgens die digter, hierdie beperkte bestaan probeer oorstyg deur 'n proses van verinnerliking.Rilke se simbolistiese poësie het 'n groot invloed op digters van die 20ste eeu, uitgeoefen, ook op Afrikaanse digters soos N.P. van Wyk Louw en Wilma Stockenström. Omdat die Elegieë in die oorspronklike Duits moeilik verstaanbaar is selfs vir Afrikaanssprekendes wat Duits magtig is, moet hierdie vertaling van 'n groep gedigte wat reeds klassieke status in die Westerse letterkunde het, verwelkom word. Die Duitse
teks word in hierdie bundel saam met die Afrikaanse teks geplaas, sodat die oorspronklike saam met die vertaling gelees kan word. 'n Inleiding en verklarende aantekeninge deur die vertaler dra veel daartoe by dat hierdie nogal moeilike gedigte toeganklik gemaak word. 'n Kort aanhaling uit die Agste Elegie behoort 'n voorsmaak te gee van die skoonheid wat daar in hierdie merkwaardige gedigte opgesluit lê:Asof hy vir homselfgeskrik het, sig-sag hy deur die lug, soos wanneer 'n barsdeur 'n koppie spring. So skeur die spoorvan die vlermuis deur die porselein van die aand. Die Duino-elegieë is poësie vir die fynproewer wat 'n uitdaging aan lesers stel. - graffitibooks.co.za

2002 - (Die burg van hertog Bloubaard) Hertzogprys Poësie


Die burg van hertog Bloubaard (Digbundel) . 2000 TAFELBERG
ISBN: 9780624039051


Omdat ons alles is .... 1998 TAFELBERG

1990 - (Alruin) Eugène Maraisprys


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )