Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
H.H. Schutte (Schutte, H.H.)
vetseun
Brandaan ............................ 1996 TAFELBERG
- Ontstaan, Aard En Ontwikkeling Van 'n Ierse Verhaal
ISBN: 9780624034704

Prescribed at UNISA (University of South Africa) for :Afrikaans (HANEPRA) by lecturer Andries Gerhardus Visagie'n Gesamentlike uitgawe van die Middelnederlandse teks van Van Sente Brandane en die Afrikaanse prosaweergawe daarvan deur prof GJ de Klerk. Dit is die eerste keer dat 'n Afrikaanse vertaling van dié beroemde werk in boekvorm verskyn.

vetseun
'n Affair om te vergeet ............ ZEBRA PRESS
ISBN: 9781770221116

'n Affair om te vergeet is die ware verhaal van hoe die skryfster van haar man se affair uitgevind het, haar reaksie daarop, en hoe sy uiteindelik daarin geslaag het om vrede en aanvaarding te vind. Hoewel dit 'n beskrywing van haar persoonlike reis is, sal baie mense hulle met haar ondervinding kan vereenselwig: haar ongeloof en woede toe sy die boodskap op haar man se selfoon kry; die waansinnige en obsessiewe gesnuffel deur sy private dokumente en persoonlike besittings; die woede, seerkry en vernedering oor die verraad wat teen haar gepleeg is; die diep hartseer oor 'n verlore liefde; en laastens, deur 'n proses van pynlike selfontdekking en selfontleding, die besef dat dit alles ten goede was, dat sy nou sterker as ooit is. 'n Affair om te vergeet is 'n brutaal eerlike en onomwonde beskrywing van 'n affair. Maar alhoewel dit hoofsaaklik een vrou se verhaal is, lê dit ook 'n universele tema bloot: Hoe hanteer jy dit as dit met jou gebeur? Wat is jou reaksie, en hoe kom jy dit te bowe? Kan jy dit te bowe kom? Die skryfster voer onderhoude met etlike mense wie se lewens deur affairs geraak is, en vind gedurende dié pynlike, dikwels ontstellende proses die pad na haar eie geestelike vernuwing. Sielkundiges gee ook interessante professionele advies en 'n private speurder verstrek verbasende inligting. Dit is nie 'n boek wat beskuldig of oordeel nie, maar 'n opregte poging om uit te vind waarom mense diegene wat hulle liefhet, seermaak. Dit is in die eerste plek 'n bemoedigende en geestelike boek wat aanklank sal vind by die duisende mense wat op die een of ander manier geraak is deur 'n affair om te vergeet.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)