Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Dr. H.F. Verwoerd (Verwoerd, Hendrik Frensch)
vetseun
In Memoriam, H.F. Verwoerd (1901-1966) 12LP . SAUK
Kante 1-4: Sy Edele Dr. H.F. Verwoerd: Republieksfees Toespraak, Voortrekkermonument, 31 Mei 1966/ Dr. The Hon. H.F. Verwoerd: Republic Festival Speech, Voortrekker Monument, 31st May 1966.
Kante 5-6: "Man Van Bestemming"- Douglas Fuchs. 'n Huldigingsprogram Uitgesaai In Die Afrikaanse Diens Op 9 September 1966.
Kante 7-8: "Man Of Destiny"- Douglas Fuchs. A Programme Of Tribute Broadcast On The English Service On 9th September, 1966.
Kante 9-16: Broadcast Of The State Funeral Of Dr. The Hon. H.F. Verwoerd, English Service, 10th September, 1966.
Kante/ Sides 17-24: Uitsending Van Die Staatsbegrafnis Van Sy Edele Dr. H.F. Verwoerd, Afrikaanse Diens, 10 September, 1966.

vetseun
Hy Was 'n Man - Die Herdenkingsalbum LP . RCA/VICTOR

vetseun
Hy Was Groot En Gelief (Biografie) - C. Hattingh . 1967 VOORTREKKERPERS
- Roudienste by die afsterwe van Dr. H.F. Verwoerd
saamgestel

vetseunvetseun
Die Transvaler LP ............. BR. 180 1966 BRIGADIERS MUSIEK
- Die Transvaler - 7 September, 1966
Kant 1:
1. Sy Edele Dr. H. F. Verwoerd by aanvaarding van Premierskap van Suid-Afrika 3 September 1958.
2. Sy Edele Dr. H. F. Verwoerd. Onttrekking aan Die Statebond. Statebondskonferensie 17 Maart 1961.
3. Toespraak deur die Eerste Minister, Dr. H. F. Vervvoerd by die Voortrekkermonument, Pretoria. 31 Mei 1966. (vervolg op Kant 2)
Kant 2:
1. Toespraakdeur die Eerste Minister, Dr. H. F. Verwoerd die Voortrekkermonument, Pretoria. 31 Mei 1966. (vervolg van Kant 1)

DIE Republiek Suid-Afrika treur en is in rou gedompel, want een van die grootste denkbare rampe wat hom in hierdie stadium kon tref, het hom werklik oorval. Dit is dat die man wat op 2 September 1958 geroep was om aan die hoof van sy land te staan, onder die hand van 'n moordenaar gesterf het. En dit het gebeur slegs twee dae voordat dr. \/erwoerd sy 65ste geboortedag sou herdenk.
Suid-Afrika is nie 'n land wat politieke sluipmoorde ken nie. Sulke dade druis in teen die Christelike lewensbeskouing van die volk van Suid-Afrika en juis daarom is dit in die hoogste mate onbegryplik dat daar twee aanslae op die Iewe van dr. Verwoerd gedoen is. Die eerste het plaasgevind op 9 April 1960, maar as deur 'n wonder van die hand van God het dr. Verwoerd dit oorlewe en kon hy nog iets meer as ses jaar arbei aan die toekems van sy land en volk. Nou was daar 'n tweede aanslag op hom en het hy heengegaan. Dit is 'n slag wat die Republiek nie maklik te bowe sal kan kom nie.
Dr. Verwoerd was 'n man van buitengewone formaat. In hom het die Suid-Afrikaanse staatsmanskuns ongetwyfeld 'n hoogtepunt bereik wat nie maklik oortref sal kan word nie. Begaaf met 'n heldere en skitterende intellek soos min mense besit het, besiel met 'n beginselvastheid wat by vriend en vyand eerbled afgedwing het en gebore met al die eienskappe wat van die leier yan 'n volk verwag kan word. het dr. \/erwoerd vir hom reeds Iankal 'n blywende plek in die geskiedenis van Suid-Afrika verwerf. Dat hy 'n buitengewone persoon was, het hy reeds as student van die Universiteit van Stellenbosch geopenbaar. Dit het hom op betreklik vroee leeftyd die betrekking van dosent besorg. Sy buitengewone gawes was ook die rede waarom hy in 1937 die eerste hoofredakteur van Die Transvaler geword het. \/an daar was dit vir hom 'n enkele stap na die politiek, sodat hy in 1948 tot lid van die Senaat verkies is. Twee jaar later het hy lid van die Kabinet geword en wat hy daar gepresteer het, het dit iets vanselfsprekends gemaak dat hy in 1958 regeringshoof sou word.
In sy hoedanigheid as Eerste Minister sal die naam yan dr. Verwoerd altyd verbind bly aan die republiekwording van Suid-Afrika. Dit was hy wat met sy deelgerigtheid, hoë idealisme en vasberadenheid gesorg het dat die bestuursvorm waarna soveel geslagte lank gestreef is, werklikheid geword het.
Dr. Verwoerd is daar nie meer nie. Dit is 'n gedagte wat die siel deurboor van almal wat hom geken het of wat met hom op die een of ander manier in aanrakinggekom het. Dit is hartverskeurend vir diegene wat in die een of ander stadium van sy lewe intiem met hom saam verkeer het en wat so onder die indruk gekom het van sy persoonlikheid en alles wat daarmee saamhang. Daar het nie alleen 'n groot leemte in die lewe yan die volk van Suid-Afrika ontstaan nie, maar daar het 'n plek leeg geword wat nie gevul kan word nie.
Dr. Verwoerd het sy land en volk onder 'n diepe verpligting teenoor hom gestel. Hierdie verpligting is dat daar voortgewandel sal word op die pad wat hy aangedui het en wat hy in aansienlike mate self gebaan het. Tot die ry van groot manne wat Suid-Afrika reeds opgelewer het - 'n Piet Retief, 'n Andries Pretorius, 'n Paul Kruger, 'n Martinus Steyn, 'n Christiaan de Wet, 'n Koos de la Rey, 'n Barry Hertzog, 'n Daniel Malan en 'n Hans Strydom - is reeds lankal ook gevoeg die naam van Hendrik Frensch Verwoerd.
Die Transvaler wat oor 'n tydperk van byna dertig jaar op so 'n intieme wyse aan dr. Verwoerd verbonde was, weet dat hy in die naam van al sy lesers spreek wanneer hy mev. Verwoerd wat hom al die jare op so 'n troue wyse bygestaan het, en sy kinders hartlike deelneming betuig in die groot verlies wat hulle gely het. Hul verlies is ook die verlies van die yolk van Suid-Afrika. - omslag

Uitgegee deur die Nasionale Jeugbond van Transvaal, Posbus 6308, Johannesburg met die tegniese samewerking van Brigadiers (Edms.) Beperk. Opnames van toesprake met die vriendelike toestemming van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie.

vetseun
Toesprake: 1958-1966 LP .............. 1966 DIE NASIONALE JEUGBOND VAN TRANSVAAL

vetseun
Verwoerd aan die Woord . 1966 AFRIKAANSE PERS-BOEKHANDEL
- toesprake 1948-1966 - H.F. Verwoerd, 1901-1966
redaksie A.N. Pelzer

vetseun
Die Republiek: Die Laaste Treë Daarheen .


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)