Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Hettie Brittz (Brittz, Hettie)
vetseunvetseun
Mamma's Mag Maar ...... LBMD081 2013 LOUIS BRITTZ MUSIEK/MERCHANT
- 10 Stukkies goeie nuus vir ma's -
1. Kitskos Opdis
2. Slof En Snuif
3. Bewe En Bid
4. Vlugfantasieë Koester
5. Jaarringe Dra
6. Slegte Punte Kry
7. Opgegee Word Vir Aanneming
8. Uit Die Oudedoos Wees
9. U-draaie Maak
10. Klink En Spog
Bonus Musieksnitte:
1. In Sy Oë - Leza Liversage
2. Lig En Vry - Van Wyk
3. Psalm 16 Wat Ek Ontvang Het... - Louis Brittz
4. Ek Sal Wag - Duis:lig
5. You Alone - North Point (Seth Condrey)
6. Hope Is Here - Wholehearted

Hettie Brittz oor die produk Mamma s m g maar... Vandag se ma's moet lyk asof hulle nog nooit baba's gehad het nie, moet tyd vind om hulle naels professioneel te laat doen, en boonop glutenvry en lae GI-kosse kook. Hulle moet by al hulle kinders se aktiwiteite wees, met alle huiswerk help maar nie oorbetrokke wees of hulle mans afskeep nie ... Is daar enige ma wat by al die eise kan uitkom? Ek deins al 'n maand voor Moedersdag terug vir die onafwendbare voorlesing van Spreuke 31 tydens die jaarlikse moedersdagkerkdiens. Hulle verloor my wanneer dit by die deel kom waar die deugsame moeder deur die nag naaldwerk doen. Knope aanwerk ses maande nadat hulle afgekom het tel onder my naaldwerktopprestasies. Ek wonder dan of die e-posse wat ek snags beantwoord of die verslae wat my vriendinne snags tik dalk punte tel? Ek hoop sowaar dit doen, anders maak ek dit nie! Hierdie CD vir ma's is bedoel om 'n ma diep te laat asemhaal en verlig te laat sug. Dis die ideale geskenk vir elke ma wat haar bes probeer maar dit nie noodwendig altyd regkry om by die standaard uit te kom wat sy of ons kultuur aan haar stel nie. Sy gaan op tong-in die-kieswyse weer bevestiging kry van die wonderlike feit dat ma s nie perfek hoef te wees nie. 'n Ma se liefdevolle moederhart hoef nie net op een manier te klop nie. Dit bevry ma's van al die moets en moenies deur 'n paar "mag maars" met elke ma te deel. Ma mag maar... op onmoontlike tye huil, maak of ma haar eie kinders nie ken nie, die kos brand, winkels vermy totdat al die kinders mondig is, en vele meer. Die alledaagse stryd en die snaakse oomblikke van ma-wees word met deernis en humor gedeel, sodat elke ma die verblydende boodskap kry: Ma hoef glad nie 'n superma te wees om my ma te wees nie!

vetseun
Kweek kinders met karakter . CARPE DIEM MEDIA


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)