Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Hermann Giliomee (Giliomee, Hermann)
vetseun
Die enigma van Hendrik Verwoerd (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
- Tafelberg Kort
ISBN: 9780624057130

Die lewe en politiek van Hendrik Verwoerd - met nuwe inligting gevind deur gerekende historikus Hermann Giliomee. 'n Insiggewende en deurdagte kyk na Verwoerd se beleide en keuses, en hoe hulle vandag nog Suid-Afrika beïnvloed. Hoe kon so 'n intelligente persoon vir so lank help om 'n onderdrukkende stelsel te handhaaf? Giliomee soek die antwoord.

vetseunvetseun
Die Laaste Afrikanerleiers (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
-'n Opperste toets van mag
ISBN: 9780624058380

Gerespekteerde historikus Hermann Giliomee volg die weë van vyf invloedryke Afrikanerleiers: Hendrik Verwoerd, John Vorster, PW Botha, Frederik van Zyl Slabbert en FW de Klerk. Hy probeer om nie te verdoem nie (want verdoem is maklik) maar om te verklaar. Hoe het intelligente, gerespekteerde leiers vir soveel jaar so 'n onderdrukkende stelsel kon handhaaf?Rolspelers in die apartheids-regering het vir die eerste keer inligting gedeel vir hierdie boek. Dit gee dus totaal nuwe insigte op die binnewerkinge van die regering tydens apartheid.

vetseun
Nog altyd hier gewees: Die storie van 'n Stellenbosse gemeenskap . 2007 TAFELBERG

" Die storie van bruin Suid-Afrikaners, in mikrokosmos beleef op Stellenbosch, soos nog nooit in Afrikaans vertel nie." - loot.co.za

Van die beginjare het burgers, slawe en 'n klein klompie vryswartes Stellenbosch saam opgebou. Saam het hulle reeds voor 1700 begin om 'n nuwe taal, Afrikaans, te skep. Saam het hulle op een erf gewoon - met die slaaf wat in die kombuis of buitekamer moes slaap. Dié boek vertel van die hartseer en die skeiding en hoe apartheid op Stellenbosch sy beslag gekry het.Dié leesbare vertelling is deurspek met die ware verhale van mense soos "Abraham, die slaaf van Matthias Hoffman" (sy rug en bene gebreek tot hy die "genadeslag" ontvang het omdat hy Matthias se huis aan die brand gesteek het) en Manisa, toegewyde moeder wat na vrystelling van plek tot plek reis om haar kinders te gaan soek. Daar is ook sketse van ander sleutelpersone en
sleutelgebeure, onder meer die "slag van Andringastraat," toe wit studente en bruin inwoners handgemeen geraak het.Nog altyd hier gewees bied 'n fassinerede blik op hoe verhoudinge tussen wit en bruin ontwikkel het en waar dinge skandelik skeefgeloop het. Dit eindig op 'n hoopvolle noot met Stellenbosch se eerste bruin burgemeester en die mense van "die Vlakte" wat met trots hul eie storie die wêreld instuur. - graffitibooks.co.za

vetseun
Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika . 2007 TAFELBERG

"Die laaste omvattende geïllustreerde geskiedenis van Suid-Afrika het meer as 'n dekade gelede verskyn. Intussen het ingrypende verandering plaasgevind, nie net in die politiek nie, maar ook in die geskiedskrywing en die argeologie. Met die nuwe geskiedenis wil die skrywers die opwinding van vars insigte aan lesers oordra. Die titel, geskryf deur 28 van ons voorste kenners, sluit die jongste internasionale navorsing in. Dit begin by die onstaan van die mensdom, vertel dan die storie van die Khoikhoi, slawe en burgers, die groot migrasies van die pre-koloniale tyd en die trek in die binneland in van trekboere en Voortrekkers. Later kom die ontdekking van diamante en goud wat die gang van Suid-Afrika se politiek radikaal verander. Oorlog breek uit in 1899; ook oorloe wat in 1914 en in 1939 in Europa uitbreek laat plaaslik nuwe kragte vry. Die titel vertel van segregasie, politieke organisasie en verset, en uiteindelik die oorgang van 1994 en die vorming van 'n nuwe samelewing met nuwe dinamika. Hiernaas kyk die skrywers ook na breer kulturele strominge, na die deurslaggewende rol van godsdiens en die sending en die sug na onderwys. Met die heel nuutste inligting en invalshoeke word die storie van Suid-Afrika en sy mense gesaghebbend dog leesbaar vertel."

vetseunKOOP/BUY
'n Vaste plek vir Afrikaans . 2006 SUN E-SHOP
- Taaluitdagings op kampus
Hermann Giliomee; Lawrence Schlemmer

"Die woelinge oor die voertaalbeleid op kampusse wat eens grootliks enkelmedium Afrikaans was, duur al tien jaar. Dit het in die afgelope jaar véél intenser geword, sonder enige aanduiding dat temperature gaan afkoel. In Pretoria het meer as duisend Tukkies teen die marginalisering van Afrikaans geprotesteer - en dit was vir die universiteitsbestuur nodig om dosente te herinner aan studente se reg om toetse en werkstukke in Afrikaans te lewer. Die besluit van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte op Stellenbosch om dubbelmedium tot in die derde jaar deur te voer, het tot waarskynlik die grootste polemiek nóg in Die Burger gelei. Hierteenoor was die Bloemfonteinse en Potchefstroomse kampusse, wat taalbeleid betref, redelik rustig. Dié konflik is nie net 'n intellektuele binnegeveg waarin akademici hulle verlustig nie. Afrikaans se toekoms as openbare taal hang van die uitslag af. Word Stellenbosch en Pretoria hoofsaaklik Engels, volg van die beste hoër skole gou dié voorbeeld.

Teen 'n agtergrond van die opmars van Engels in internasionale taalgebruik, gee dié boek 'n oorsig en ontleding van ontwikkelinge op Suid-Afrikaanse kampusse in die afgelope tien jaar - en die implikasies daarvan vir Afrikaans, ander inheemse tale en kulturele diversiteit. Teenoor die standpunt dat Afrikaans as onderrigtaal met "taalvriendelikheid" en met oop hekke vir Engels gebruik moet word, stel hierdie boek die standpunt wat bekend staan as Laponce se Wet: Hoe taalvriendeliker mense is, hoe dodeliker raak die geveg tussen 'n kwesbare en 'n sterker taal (by ons Afrikaans en Engels).

"Slim" oplossings kan nie sekerheid vir Afrikaans - en al ons inheemse tale - bring nie. Ons kwesbare tale se toekoms sal uiteindelik afhang van universiteitsbesture se beginselvastheid, eerlikheid, en hul verantwoordbaarheid aan taalgemeenskappe. En slegs die Afrikaanse taalgemeenskap self kan dié verantwoordbaarheid, en daarmee saam 'n vaste plek vir ons taal, afdwing.

Hermann Giliomee
Buitengewone Professor in Geskiedenis, Universiteit Stellenbosch

Lawrence Schlemmer
Direkteur, MarkData"

vetseun
Die Afrikaners: 'n Biografie (Biografie) . 2004 TAFELBERG
The Afrikaners: The Biography of a people . 2003 TAFELBERG vetseun
ISBN: 9780624041818 (2004, TAFELBERG )

"This is a history of the Afrikaners from the first European settlement to the 20th century. It includes an account of the origins and demise of apartheid."
"This work is a biography of the Afrikaner people by historian and journalist Herman Giliomee, one of the earliest and staunchest Afrikaner opponents of apartheid. Weaving together life stories and historical interpretation, he creates a narrative history of the Afrikaners from their beginnings with the colonisation of the Cape of Good Hope by the Dutch East India Company to the dismantling of apartheid and beyond.;While document - and revising - the history of the Afrikaners' pursuit of racial domination (as well as British contributions to that enterprise), Giliomee supplies Afrikaners' own, often divided, perspectives on their history, perspectives not always or entirely skewed by their struggle for privilege at Africans' expense. The result is not only a magisterial history of the Afrikaners but a fuller understanding of their history, which, for good or ill, resonates far beyond the borders of South Africa." - loot.co.za


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )