Vetseun FacebookFacebook 2Vetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloudKalahari.comKlout.....
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Hennie Stander (Stander, Hennie)
vetseunKOOP/BUYKOOP/BUYKOOP/BUY
Hoekom Ek Nog Glo / (eBook) . 2013
- Sien God se vingerafdrukke in jou lewe raak
ISBN: 9781432200763
ISBN: 9781432201975
ISBN: 9781432201982

Ontdek opnuut die geheim van geloof in Hennie Stander se openhartige vertelling in Hoekom ek nog glo. Hy deel grepe uit sy eie lewe om die werklikheid van God se teenwoordigheid te illustreer. Hy vertel ook die verhaal van Fluks en Flou wat voel en dink soos mense wat sukkel om te verstaan ... Hierdie boek sal jou laat vertroue kry in jou lewenspad.
Dis maklik om te dink dat geloof nie meer in vandag se lewe ? plek het nie. Danksy moderne tegnologie en wetenskap is daar verklarings vir alles. Niemand kan meer stry nie. Hoe moet jy jouself, en ander oortuig dat geloof werklik is? Is daar nog plek daarvoor in ons bestaan?Hennie Stander deel in Hoekom ek nog glo grepe uit sy eie lewe om die werklikheid van God se teenwoordigheid te illustreer. En daarmee saam word die eenvoudige verhaal van Fluks en Flou, wat op ? eiland uitspoel, vertel. Hulle ervaring tydens hierdie traumatiese situasie is ? uitbeelding van wat ek en jy elke dag ervaar. Fluks en Flou voel en dink soos mense wat sukkel om te verstaan ... Veral toe die blou wol uit die niet uit verskyn. Sal hulle die geheim kan ontrafel?Ontdek opnuut die geheim van geloof in Hennie se openhartige vertelling. Oor kere toe hy kwaad was, moedeloos, en teleurgesteld - en wat hy daaruit kon leer. Hierdie boek sal jou laat weet jy is besig met God se projek, nie jou eie nie; dit sal jou die plan in die onbeplande laat sien; en jou laat vertroue kry in jou lewenspad.

vetseunKOOP/BUYKOOP/BUY
Here, Ek Het 'n Vraag / (eBook) . 2012 CUM BOEKE
- 500 antwoorde oor wat rondom jou gebeur
ISBN: 9781770313163
ISBN: 9781770313545

In Here, ek het 'n vraag gee Hennie Stander vir jou 500 antwoorde oor dit wat rondom ons gebeur. Die boek bestaan uit temas wat alfabeties gerangskik is en wat antwoorde op jou baie vrae gee, reg uit die Bybel! Dis 'n moet-hê handleiding vir enige mens wat wil sin maak uit die lewe en elke dag tot eer van God wil leef.
Daar gebeur soveel dinge om ons in die land en die wêreld waarop ons geen antwoorde het nie. Ons wonder dikwels oor sekere dinge: wat om te doen, wat om nie te doen nie, hoe om dit te doen of hoekom ons dit moet doen. En ons vra vrae: Is daar 'n oplossing vir stygende pryse wat almal armer maak? Is dit my liefdevolle God wat al die seerkry in die wêreld toelaat? Is daar 'n toekoms vir my kinders in hierdie land? Wat van genadedood en aborsie? Is God daarvoor of daarteen? En wat van die manier waarop mense deesdae die Bybel, seks en wraak benader? In Here, ek het 'n vraag gee Hennie Stander vir jou 500 antwoorde oor dit wat rondom ons gebeur. Die boek bestaan uit temas wat alfabeties gerangskik is en wat antwoorde op jou baie vrae gee, reg uit die Bybel! Dis 'n moet-hê handleiding vir enigiemand wat wil sin maak uit die lewe en elke dag tot eer van God wil leef.

vetseunKOOP/BUYKOOP/BUYKOOP/BUY
Goggas En Gediertes / (eBook) . 2011 STRUIK
Illustrasie: Rassie Erasmus
ISBN: 9781415311974
ISBN: 9781415316191
ISBN: 9781415316214

Kinders het van nature 'n liefde vir die natuur, en veral diere. Die skrywer gebruik dit as wegspringplek om kinders van God en die Bybel te leer. Elke dagstukkie gebruik 'n dier of insek om die les tuis te bring. Miere, arende, slange, bye, skerpioene, visse en kamele kry elk die geleentheid om die kind iets te leer en vreugde te verskaf met kleurryke, humoristiese illustrasies. Die dagstukkies is kort en eenvoudig, en kinders kan die stukkies self lees of die ouers kan dit aan hulle voorlees. Goggas en gediertes is ideaal vir kinders se stiltetyd of om by huisgodsdiens te gebruik.

vetseunKOOP/BUYKOOP/BUYKOOP/BUY
Speel En Leer Saam Met Ben En Lisa / (eBook) . 2011 STRUIK
ISBN: 9781415312759
ISBN: 9781415316092
ISBN: 9781415316078

Speel en leer saam met Ben en Lisa bevat 15 temas wat elk bestaan uit 'n storie met geestelike lesse en oefeninge vir taalverryking en fisiese ontwikkeling. Die skrywers is 'n span kenners wat gereeld met kinders werk. Al die aktiwiteite is deeglik getoets en sal kinders help om skoolgereedheid te bereik en hulle leer om beter te onhou en duideliker te kommunikeer. Die boek sal ouers help om verskeie vermoens in hul kinders te ontwikkel, waaronder: fisieke; sosio-emosionele; taal; intellektuele; perseptuele; ouditiewe en visuele vaardighede. Elke tema gee ouers insig in hul kinders se vordering en sal ouers help om meer sinvol met onderwysers oor 'n kind se ontwikkeling te kan praat. Die aktiwiteite in Speel en leer saam met Ben en Lisa versterk die band tussen ouers en kinders deur ouers aan te moedig om meer tyd saam met die jongspan te spandeer en sodoende in hul toekoms te bele.

vetseunKOOP/BUYKOOP/BUY
2012 (eBook) .....................
- Is dit die einde van die wêreld?
Stephan Joubert; Isak Burger; Hennie Stander; Adrio Konig
ISBN: 9781432200671
ISBN: 9781770313231

Hennie Stander, Stephan Joubert, Isak Burger, Adrio König en ander kenners gee reguit antwoorde vir gelowiges in die 21ste eeu oor dinge soos...n hemel en hel 'n wat is 666?n merk van die dier 'n die 1 000 jaar vrederykn die wegraping 'n die eindtekensHíér is die feite - reguit, BYBELS en waar!
Wat gaan gebeur op die heel laaste dag?n Wie gaan hemel toe en wie gaan hel toe?Die Bybel bied AL die antwoorde op jou kommervrae oor die eindtyd!Vir die eerste keer het vooraanstaande geloofskenners oor die hele spektrum saamgekom om ingeligte en praktiese raad te gee oor wat jy kan verwag in 2012 en daarna.Hennie Stander, Stephan Joubert, Isak Burger, Adrio König en ander kenners gee reguit antwoorde vir gelowiges in die 21ste eeu oor dinge soos...n hemel en hel 'n wat is 666?n merk van die dier 'n die 1 000 jaar vrederykn die wegraping 'n die eindtekensHíér is die feite - reguit, BYBELS en waar!

vetseunKOOP/BUY
Die eindtyd (eBook) ............
ISBN: 9781770312456

Soos by elke eeuwenteling in die verlede, is daar hernude belangstelling in die aanbreek van die eindtyd en veral ook die boek Openbaring. Menige gelowige bespiegel oor die laaste dae, die wederkoms, wegraping, duisendjarige vrederyk, hoe die hemel (en hel!) gaan lyk, wat van die Jode gaan word, die merk van die dier en 666 ...
Wat die Bybel oor die laaste dae en die wederkoms sêSoos by elke eeuwenteling in die verlede, is daar hernude belangstelling in die aanbreek van die eindtyd en veral ook die boek Openbaring. Menige gelowige bespiegel oor die laaste dae, die wederkoms, wegraping, duisendjarige vrederyk, hoe die hemel (en hel!) gaan lyk, wat van die Jode gaan word, die merk van die dier en 666 ...In DIE EINDTYD gee bekendes soos Hennie Stander (redakteur), Johan van Schalkwyk, Bennie Mostert, Sam Fourie, Johan Cilliers en Adrio König aandag aan eietydse vrae oor die einde wat in die harte van gelowiges leef. Nie net word na belangrike temas in die boek Openbaring gekyk nie, maar ook na ander sake wat al hoe meer in nuusblaaie opduik. So behandel die medewerkers onder meer ook die volgende: Wat leer die Bybel oor die satan en demone? En waar is ons geliefdes (wat reeds gesterf het) op hierdie oomblik? Is daar geheime kodes in die Bybel? En hoe leef ek prakties van nou tot die wederkoms?DIE EINDTYD beloof om'n heerlike leeservaring vir elke gelowige te wees - oor wat die Bybel oor die laaste dae en die wederkoms sê!

vetseunKOOP/BUYKOOP/BUY
Hennie Stander se gids om jou Bybel... .
- 52 sleutels om God se boodskap in sy woord te ontsluit
Redakteur: Emmerentia Steyn Media
ISBN: 9781770312289
ISBN: 9781432201067

HENNIE STANDER SE GIDS OM JOU BYBEL BETER TE VERSTAAN gee insiggewende rigtingwysers vir 'n gelowige se reis deur die lewe:
Verstaan jy altyd wat jy in die Bybel lees? Wil jy God se boodskap in sy Woord ontdek? Wonder jy waar en hoe om te begin?Om die Bybel verantwoordelik te lees en te verstaan, is geen eenvoudige taak nie. In hierdie boek kry die gelowige sleutels om met meer vertroue en groter verantwoordelikheid God se Woord te lees en die boodskap te begryp.HENNIE STANDER SE GIDS OM JOU BYBEL BETER TE VERSTAAN gee insiggewende rigtingwysers vir 'n gelowige se reis deur die lewe:· Dit bespreek riglyne wat die gelowige kan gebruik wanneer hy of sy sekere stellings in geestelike boeke of in preke moet beoordeel.· Dit bied hulp wanneer die leser gekonfronteer word met allerhande kwelvrae, soos watter Bybelvertaling 'n mens eerder moet gebruik.· Dit bespreek op praktiese wyse die plek van die Bybel en gebed in ons daaglikse lewe.

vetseunKOOP/BUYKOOP/BUY
Jesus soos jy Hom nog nooit geken het nie .
- Leer by Jesus om uitsonderlik te wees en jou wêreld te verander
ISBN: 9781432201890
ISBN: 9781770312296

As jy die geheim vir 'n suksesvolle lewe kon koop, sou jy waarskynlik alles wat jy het daarvoor gee. Dié boek waarborg nie sukses nie, maar sal jou bekendstel aan Jesus soos jy Hom nog nooit geken het nie, sodat jy - soos Hy - die wêreld 'n beter plek kan maak.
Twee kreatiwiteitskenners, een teoloog en hierdie uitsonderlike boek stel jou bekend aan Jesus, die Man wat jy ken en tog nie ken nie, die Jesus wat die wêreld verander het met sy misterieuse sleutel to sukses, die X-faktor… As jy die geheim vir 'n suksesvolle lewe kon koop, sou jy waarskynlik alles wat jy het daarvoor gee. Dié boek waarborg nie sukses nie, maar sal jou bekendstel aan Jesus soos jy Hom nog nooit geken het nie, sodat jy - soos Hy - die wêreld 'n beter plek kan maak. Alles wat ons van Jesus kan ontdek, is in die Evangelies, maar ons sien dit nie altyd raak nie. Ontdek jy kan …· waardes hê soos Jesus· omgee soos Jesus· kreatief wees soos Jesus· doen soos Jesus· motiveer soos Jesus· onderrig soos Jesus· probleme oplos soos Jesus.

vetseunKOOP/BUYKOOP/BUY
Die A tot Z van Seks / (eBook) . CARPE DIEM MEDIA
- 'n Seksuele verhouding met jou maat soos God dit bedoel het
Saamgestel, Hanneke van Coller; Coen Jacobs Media
ISBN: 9781770312180
ISBN: 9781432201869

Die A tot Z van seks sal jou leer dat intimiteit tussen getroudes oor baie meer gaan as oor wat tussen die lakens gebeur. Dit gaan oor 'n passievolle lewenswyse en 'n gevoel van ons-hoort-bymekaar wat elke dag ervaar word.

Die Bybel@dogters.co.za . CARPE DIEM MEDIA
Die Bybel@mans.co.za . CARPE DIEM MEDIA
Die Bybel@meisies.co.za . CARPE DIEM MEDIA
Die Bybel@ouens.co.za . CARPE DIEM MEDIA
Die Bybel@seuns.co.za . CARPE DIEM MEDIA
Die Bybel@vroue.co.za . CARPE DIEM MEDIA


skakels :













DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)