Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Hennie Aucamp (Aucamp, Hennie)
vetseun
Koffer In Berlyn ............ 2012 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869198305

Kan wat vandag deurgaan as "kabaret" die toets met die verlede deurstaan? In Koffer in Berlyn ontleed Aucamp die talle fasette van kabaret: die integrasie tussen beeld, musiek en woord - met 'n tema en struktuur waarin ironie sentraal staan. Lesings, resensies, koerant- en tydskrifartikels ander letterkundige bydraes, sowel as uittreksels van sommige van Aucamp se kabarette word hier meesterlik byeengebring.

vetseun
Teen Die Lig ............... 2012 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869197643

'n Splinternuwe digbundel uit die pen van die bekende kortverhaalskrywer en akademikus waarin ervaringe uit sy kinderjare op die plaas Rust-mijn-ziel herbesoek word. Daar is ook gedigte oor kuns en musiek, naas omdigtings van verhale uit die inheemse kultuurgroepe.

vetseun
Mits Dese Wil Ek Vir Jou Sê .
- Briewe van Hennie Aucamp
ISBN: 9780992174347

Persoonlike briewe van Hennie Aucamp aan familie en vriende, 'n boek waarna Aucamp se duisende aanhangers al lank uitsien.
Briewe aan o.a. Amanda Strydom, Breyten Breytenbach, André P Brink, Elzabé Zietsman, Margaret en Johan Bakkes, Elize Botha, Elisabeth Eybers. Twaalf bladsye foto's.

vetseun
Ghoera / (eBook) ....... 2011 PROTEA BOEKHUIS
Illustrasie: Zakkie Eloff
ISBN: 9781869194536
ISBN: 9781869196400

Die vernuftige wyse waarop Aucamp hierdie verhaaltjies in digvorm weergee, sal deur kinders en grootmense geniet word. Half vergete verhale word op hierdie wyse ook weer vir Afrikaanse lesers in herinnering geroep. Hennie Aucamp se belangstelling in en kennis van die verhaalkuns van die inheemse volke van Suid-Afrika word in hierdie versameling omdigtings met die subtitel Afrika-verse vir kinders weerspieel. Die bundel is in vyf afdelings verdeel en bevat vernuftige oorvertellings-op-rym van bekende en minder bekende verhale van die San, die Khoi en die swart volke. Daar is verse oor die ontstaan van die son, die maan en die sterre, verhale oor diere soos die skilpad-towenaar en die eerste eland en volstruis, 'n mite oor waar die eerste mens vandaan kom, die sprokie van die waterslang, en 'n aantal "hoe" - en "hoekom"-stories: Hoe Tarentaal sy spikkels gekry het, hoe Hasie sy haaslip gekry het en hoekom Reier se nek so skeef is.

vetseun
Lendetaal / (eBook) .. 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194628
ISBN: 9781869196295

In Lendetaal gee Hennie Aucamp sy perspektief op vrae rondom kwessies oor homoerotiek in die kunste en in die letterkunde. Onder die afdeling"Kuns" word daar gekyk na die manlike naakt in fotografie, die voorstelling van die jong seun in die kunste en hoe gay kunstenaars die lyntekening in die verkenning van erotiese sones ontgin. Die afdeling"Skrywers en individuele werke" is 'n kort historiese oorsig van die hantering van homoseksualiteit in literatuur. Skrywers soos Stephen Spender, C. Louis Leipoldt, Christopher Isherwood en Edmund White word belig en daar word aandag gegee aan gay stereotipes soos die cowboy in die kortverhaal "Brokeback Mountain". In "Bloemlesings" gee Aucamp onder andere 'n hipotetiese keur van gay verhale. Die laaste afdeling,"Egodokumente", bespreek beroemde mense se dagboeke en daar word afskeid geneem van Lucas Malan.

vetseun
Woerts in Die Hoekie ...... 2011 PROTEA BOEKHUIS
Illustrasie: Diek Grobler
ISBN: 9781869194697

Hennie Aucamp bewys met hierdie bundel dat hy 'n ewe vernuftige skrywer van kinderverse as van kabarettekste en gedigte is. Baie van die versies verwys na eietydse dinge soos sms'e, pizzas en Croc-skoene wat vir vandag se kinders aantreklik sal wees. Die meeste van die versies handel egter oor die gewone dinge van die kinderwereld: oumas en oupas, mammas en pappas, troeteldiere, speelgoed, badtyd, voeltjies, goggas en paddas. Aucamp skram egter nie daarvan weg om effens meer gesofistikeerde verwysings byna ongesiens in die verse in te glip nie, soos in die onsinversie oor oom Nathan die Ou Wyse en die verhaal van"Oorlede Dina Sourus", wat die verse ook vir die voorlesers genotvol sal maak. Slim woordspel, vindingryke ryme en Aucamp se trefsekere gevoel vir ritme maak dat hierdie versies gou onder die klassieke kinderverse in Afrikaans gaan tel.

vetseun
Oor En Weer (Outobiografie) / (eBook) . 2010 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193386
ISBN: 9781869196523

In Oor en weer gee Hennie Aucamp 16 onderhoude weer wat tussen 1972 en 2008 met hom gevoer is. Die verskillende onderhoudvoerders tree met Aucamp in gesprek oor sy skrywerskap, sy literêre beskouings, sy siening van die stand van Afrikaans en die resensie bedryf. Die onderhoude bied'n boeiende oorsig van hoe Aucamp in die loop van 36 jaar oor sy skrywerskap gedink het. Daar word veral gepraat oor die genres waarin hy sy merk gemaak het: die kortverhaal, dagboekskrywing, memorie en kabaret. Hennie debuteer in 1963 en publiseer 55 kortprosa versamelings, 5 digbundels en liedtekste, asook vertalings van Brecht. Verower die Tafelberg-prys, W.A. Hofmeyr-prys, ATKV-dramaprys, Hertzog-prys, Fleur du Cap-prys, ATKV-Veertjietoekenning, Afrikaans-Onbeperk-toekenning, Mont du Toit-kelderprys, Gustav Preller-prys en 'n eredoktorsgraad van die US.

vetseun
Die Huis Van Die Digter En Ander Liefdesverhale / (eBook) . 2009 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193393
ISBN: 9781869196516

Liefde is die sentrale tema in die verhale in Die huis van die digter. Party verhale is snaaks, ander ontroerend, nog ander vreemd en geheimsinnig. 'n Waardevolle toevoeging tot Die huis van die digter is Aucamp se vertaling van "The Return from the Kloof" deur Joey Muller, 'n vergete meesterstuk, met 'n hantering van die bonatuurlike wat gelykstaan aan dié van Edgar Allan Poe. In die elegiese sluitstuk "Waar die wolke middag maak" neem Aucamp finaal afskeid van die Stormberge van sy jeug, en word sy kontrei inderdaad "'n aandgesang".

vetseun
Vlamsalmander (Digbundel) / (eBook) . 2008 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192464
ISBN: 9781869197360

Met Vlamsalmander bevestig Hennie Aucamp sy status as een van die vernuftigste digters in Afrikaans. Die salmander in die titel verwys na die mite dat dié klein reptielsoort uit vuur ontstaan, iets wat dus soos goud in vlamme gepuur word en soms as simbool van kuns beskou word. Aucamp se vaardigheid met veral die korter vorme van poësie, herinner op sigself aan 'n proses van suiwering deur vuur.
Talle van die verse in die eerste twee afdelings steun op kulturele en historiese verwysings, met verse oor die mitologie, kunstenaars, kunswerke en skrywers. Hierdie "kultuurverse" speel dikwels in op die persoonlike, die liggaamlike, die liefde en die erotiese ("Gelykenis", "Drie verse oor die liefde" en "Paradystoneel"). Aucamp is egter ook 'n skerp waarnemer van sy omwêreld, of dit nou die stad is soos in die reeks "Seepunt-suite", of die natuur wat in verse soos "Die kleiner heelal" en"Vier bome" ter sprake kom. Besinning oor die skryfproses word in die vyfde afdeling gevind. In die laaste twee afdelings verras die drie langer, besinnende gedigte, onderskeidelik oor Ezra Pound ("Can'to"), New Orleans ("Blues vir 'n verdronke stad") en kommer oor die voortbestaan van Afrikaans ("Die wederkoms: variasies op temas uit Raka").

vetseun
'n Vreemdeling op deurtog . 2007 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192020

"Met Aucamp se kenmerkende vermoë om vrye denke en ou waardes, humor en besinning te kombineer, boei hy die leser in hierdie bundel verhale en essays. Hy neem die leser op reis na ver plekke, maar bowenal op 'n binnereis. Aucamp debuteer in 1963 en publiseer 55 kortprosaversamelings, 5 digbundels en liedtekste. Hy verower, onder andere, die Tafelberg-, W.A. Hofmeyr-, ATKV-drama-, Hertzog- en Fleur du Cap-pryse vir sy werke. - Protea Boekhuis, nuusbrief 131" - kalahari.net

vetseun
Dryfhout ....................... 2005 TAFELBERG

vetseunvetseun
Skuinslig ...................... 2004 LAPA UITGEWERS

"In opvolging van Gekaapte tyd (1996) en Allersiele (1997) voltooi Skuinslig Hennie Aucamp se dagboek-drieluik.
Volgens die skrywer het hy sedert sy uittrede 'n Europese flâneur geword: "Ek het die tyd en inkomste om ure op straat te drentel en enkele brokstukke huis toe te bring - dinge wat vir my van belang is, en nie noodwendig vir ander nie: 'n indruk, 'n woord, 'n insig, 'n tweedehandse boek."
Hierdie egodukument dek die tydperk Maart 1996 tot April 1997, en soos teen hierdie tyd van Aucamp verwag kan word, is dit 'n boek ryk aan verwysings, "portretstudies" - van straatkarakters tot vooraanstaande persoonlikhede - en essayistiese en aforistiese passasies. Ook die skrywer se kunsbeskouing word geselsenderwys en boeiend aangebied, en sy landskap- en natuurbeskouings getuig van 'n besonder skerp waarnemingsvermoë.
Van al sy genres is die dagboek die een waarna Aucamp die graagste terugkeer. En as die hou van 'n dagboek 'n vorm van verslawing is, soos.Anaïs Nin beweer, is dit in sy geval 'n positiewe verslawing - nie 'n verslawing aan die dagboek op sigself nie, maar aan die lewe; 'n verslawing aan die wondere, die mistiek, die kwellings en die banaliteite van die ding wat ons lewe noem." - LAPA UITGEWERS

vetseun
In die vroegte ............. 2003 TAFELBERG
ISBN: 9780624041597

"'n Paar jaar gelede het ek tydens 'n onderhoud gesê dat ek nooit 'n outobiografie sal skryf nie, want my lewe is volledig opgebruik in my stories, essays, artikels, resensies, dagboeke en selfs toneelstukke. En nou bied ek tog iets aan wat verwant is aan 'n outobiografie, naamlik 'n memorie, of eintlik 'n collage-memorie. Hier 'n herinnering, daar 'n flard herinnering; party gepubliseer, maar die meeste onlangs geskryf, soms op versoek van 'n redakteur. Maar my eintlike opdraggewers was herinneringe self. Wat al die essays bind, is dus persoonlike herinnering. Ek was teenwoordig by die dinge wat ek beskryf het; ek het die mense en landskappe en dinge in in die vroegte aan die lyf ervaar. Wat is die momente in my geval? Ek het gaan sit en 'n gedagte-web geteken soos ek studente so dikwels laat doen het, en hierby uitgekom: natuur, diere, ekologie, stap en rotskuns; mense wat 'ja' sê vir die lewe; die Afirkaanse taal; stories, musiek, toneel, kuns; reis; erotiek; aanmanings van sterflikheid." - loot.co.za

vetseunvetseun
In lande ver vandaan: 'n Toerjornaal . 2001 LAPA UITGEWERS

"Hennie Aucamp, meesterverteller en vernuftige toergids, neem jou op 'n poskaartreis wat jou van een interessante ervaring na 'n ander voer, waar jy méér waarneem en ervaar as in ander langasem-beskrywings." - LAPA UITGEWERS

vetseun
Bly Te Kenne .................. 2001 TAFELBERG
ISBN: 9780624040453

Hennie Aucamp gee rekenskap van die positiewe invloede en mentors in sy lewe. In dié veertien portrette herroep hy nie net die persoonlikhede nie, maar ook hulle leefruimte en 'n bepaalde era. Die leser kry - met sy natuurtekeninge en atmosfeerskepping.

vetseun
In Lande Ver Vandaan ..... 2001 LAPA UITGEWERS
- 'n Toerjornaal
ISBN: 9780799328660

Hennie Aucamp, meesterverteller en vernuftige toergids, neem jou op 'n poskaartreis wat jou van een interessante ervaring na 'n ander voer, waar jy méér waarneem en ervaar as in ander langasem-beskrywings.

vetseun
Ook skaduwees laat spore (Vroeëre Verhale) . 2000 TAFELBERG

"'n Verskeidenheid van Aucamp se minder bekende verhale word hier gebundel. Dit is toeganklike stories waarin hy oor brose menslike verhoudings skryf. En die wêreld waarin baie van die tekste afspeel, is dié van sy jeug, nl. die Stormberge. Ideale leesstof..."

vetseun
Lyflied: Liedtekste - Hennie Aucamp . 1999 TAFELBERG
'n keur uit Aucamp se liedtekste, saamgestel deur Daniel Hugo, met 'n nawoord deur Hugo

vetseunKOOP/BUY
Koerier (69 opdrag- en ander kwatryne) . 1999 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Beeltenis verbode: bespiegelinge oor egodokumente en biografieë . 1998 HUMAN & ROUSSEAU

"'n Bundel boeiende en insiggewende essays oor egodokumente en biografieë, waarin die mens, in sy grootsheid én swakheid, voorop staan. Beeltenis verbode hoort op elke ernstige leser se rak."

vetseun
Borde Borde Boordevol . 1998 TAFELBERG
- bloemlesing
ISBN: 9780624036661

'n Uitmuntende keur essays en stories oor kos. Kom kuier saam met Hennie Aucamp rondom tafels, bredies en brousels tot jou mond daarvan water. Maar kos proe ook na politiek, geld, godsdiens, filosofie, teologie, lewe en dood.

vetseun
Wys My Waar Is Timboektoe . 1997 TAFELBERG
- 'n persoonlike reis deur Afrika (bloemlesing)
ISBN: 9780624035473

Ervaar Afrika - deur sprokies en kortverhale, dagboeke en reisjoernale, uittreksels uit romans en feiteboeke. Dis Afrika in al sy gedaantes - stof en sand, droogte, wind, wolke en reën, koors en dwelms, voëls en wild, konflik en geweld.

vetseun
Allersiele: 'n dagboek (Outobiografie) . 1997 TAFELBERG
ISBN: 9780624035442

Die opvolg van Hennie Aucamp se eerste gepubliseerde dagboek, Gekaapte tyd. Kom loer in sy dagboek van Mei 1995 tot Februarie 1996 en leer die mens Hennie Aucamp ken uit briewe, nuwe verse, uittreksels uit toesprake en kommentaar op boeke, rolprente, toneeelstukke ens.

vetseun
Hoorspelkeur (Digbundel) . 1997 TAFELBERG
ISBN: 9780624026877

vetseun
Rampe in die ruigte: fabels vir almal . 1996 QUEILLERIE
illustrasies, Piet Grobler

1996 - Mal Hansie en ander verhale - Audrey Blignault, kompilasie, Elize Botha en Hennie Aucamp (TAFELBERG)
1996 - Dit reën rose: beeld van 'n kindertyd - Audrey Blignault, inleiding Hennie Aucamp (TAFELBERG)
1996 - Van hoogmoed tot traagheid, of, Die sewe doodsondes, illustrasies, Conrad Botes

vetseun
Gekaapte tyd (Biografie) . 1996 TAFELBERG
- 'n kladboek, September 1994-Maart 1995
ISBN: 9780624034476

"'n Intieme kykie in die lewe van die bekende en veelsydige skrywer Hennie Aucamp. Gekaapte tyd dek sy dagboekinskrywings van September 1994 tot Maart 1995. Dit verteenwoordig die tydperk nadat hy uitgetree het uit die akademie en homself permanent in Kaap (gevestig het)..."

vetseun
Rampe in Die Ruigte: Fabels Vir Almal . 1996 QUEILLERIE
Illustrasie: Piet Grobler
ISBN: 9781874901495

1995 - Sewe sondes nee meer (bloemlesing) (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Gewis is alles net 'n grap - en ander stories . 1994/1995 TAFELBERG

"'n Bundel wonderlike verhale deur die gevierde kortprosaskrywer Hennie Aucamp. Die titelverhaal en ook van die ander stories is geïnspireer deur Eugène Marais se gedig Skoppensboer."

1994 - Dubbeldop: kabarettekste en -opstelle (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Vuurslag ...................... 1991 TAFELBERG
ISBN: 9780624030331

Die titel Vuurslag wil iets van die byna elektriese geladenheid van die kortkortverhaal suggereer.
Vir Hennie Aucamp, samesteller van hierdie bloemlesing, lê hierdie geladenheid veral in die rol wat subteks in die kortkortverhaal speel. Die verhaal moet as't ware deur die leser 'voltooi' word.
Hennie Aucamp wil ook 'n beeld van die historiese gang van die kortkortverhaal in Afrikaans gee. Vroeë skrywers in Afrikaans het nie juis die behoefte gehad om uiters bondig te skryf nie, behalwe enkeles wat aan koerant- en tydskrifdruk onderworpe was, soos M.E.R. of J van Melle wat by uitsondering 'n paar kortkortverhale geskryf het. Die werklike impetus vir die kortkortverhaal het met 21 van Jan Rabie gekom, opgevolg in die tyd deur Katastrofes van Breyten Breytenbach en Liefs nie op straat nie van John Miles. Tans duik die kortkortverhaal in haas elke nuwe kortverhaalbundel op.
Die praktiese probleme van dosente en skryfinstrukteurs in Amerika het 'n soort kortkortverhaal-'bedryf' laat ontstaan, 'n kwessie waaraan Aucamp kritiese aandag gee, omdat hy die gevaar van kunsmatigheid in hierdie praktyk sien.
Vir die gewone leser, die wordende kortverhaalskrywer, die student en die literator, hou Vuurslag verassings van velerlei aard in. Naas bekende kortkortverhale bevat Vuurslag kleinode wat ten onregte vergete geraak het. 'n Verdere wins is dat dié bundel boeiende vergelykings onderling uitnooi, na tema sowel as tegniek. - omslag

vetseun
Die Blote Storie 2 . 1986/1994 TAFELBERG

"'n Werkboek vir alle kortverhaalskrywers en aspirant-kortverhaalskrywers - deur Hennie Aucamp, self meester van hierdie kuns. Verskeie kortverhale uit die wêreldliteratuur en ons eie literatuur word ter voorligting aangehaal. ...

1994 - Pluk die dag (Aforismes)
1992 - Windperd: opstelle oor kreatiewe skryfwerk
1992 - Dalk gaan niks verlore nie: en ander tekste (TAFELBERG)
1991 - 'n Boekreis ver (nie in die handel verkrygbaar nie)
1990 - 'n Brommer in die boord: Boereklug met musiek (HUMAN & ROUSSEAU)
1990 - Wisselstroom, saamgestel
1989 - Punt in die wind: 'n komedie met drie bedrywe en 'n nadraai (HAUM)
1989 - Kommerkrale (gelykenisse)
1988 - Sjampanje vir ontbyt (Toneel)
1987 - Teen latenstyd: verdere lirieke, 1980-1986 (TAFELBERG)
1987 - By Felix en Madame (Toneel)
1987 - Brandglas, saamgestel en ingelei deur Charles Fryer (TAFELBERG)
1986 - Dagblad (teoretiese werk)
1986 - Wat bly oor van soene?
1986 - Slegs vir almal
1985 - Die blote storie

vetseun
Die Blou Uur (kwatryne) . 1984 TAFELBERG

"Vyftig cocktail-kwatryne waarin die soet en die bitter van die lewe gemeng word. Bekroonde skrywer Hennie Aucamp skep hiermee 'n nuwe genre in Afrikaans."

vetseun
Woorde Wat Wond .... 1984 TAFELBERG
- teoretiese werk
ISBN: 9780624020134

Prikkelend, kundig en interessant bespreek die bekende Hennie Aucamp allerlei vorms van randkultuur soos kabarettekste, graffiti, plakkate, camp en pop kuns. Selfs Boerneef, Opperman en NP van Wyk Louw was meer randkultuur as wat hulle besef het!

vetseun
In Een Kraal ................. 1983
- 'n keuse uit die prosa van Hennie Aucamp
saamgestel, Elize Botha

1983 - House visits, vertaal, Ian Ferguson

vetseun
Hoorspelkeur: radiodramas . 1983 TAFELBERG

1982 - Vir vier stemme (bibliofiele uitgawe)
1982 - Hennie Aucamp (al sy prosawerk) Hertzogprys Prosa

vetseun
Volmink (Kortverhale) . 1981/1987 TAFELBERG

"Tussen volmaak en vermink huiwer die karakters in dié kortverhaalbundel, waarin Aucamp, meester van die kortkuns, skrynende portrette van die menslike toestand skilder."

1980 - Met permissie gesê (Kabaret)
1980 - Met ander oë: 'n Keuse uit die prosa van Uys Krige

vetseun
Papawerwyn ......... 1978/1980 TAFELBERG

"'n Bundel dramatekste uit die pen van die bekroonde kortprosaskrywer, o.m. satiriese verwerkings van drie sprokies: Rooikappie, Aspoestertjie en Sneeuwitjie. Rooikappie beland in Ouma se bed, Aspoestertjie het so vet geword dat die skoentjie nie meer pas..."

1978 - 3 kabaretliedere (Hennie Aucamp) (viool, klavier) - Hubert Lawrence du Plessis
1978/1983 - In een kraal: 'n keuse uit die prosa van Hennie Aucamp, saamgestel, Elize Botha (TAFELBERG)
1978 - Blommetjie gedenk aan my (samesteller) (TAFELBERG)

vetseun
Enkelvlug .................... 1978 TAFELBERG

vetseun
Kort voor lank (oor kortprosa) . 1978 TAFELBERG
ISBN: 9780624010685

"Kort voor lank bied tien opstelle oor 'n verskeidenheid kortprosatekste, onder meer deur Abraham H. de Vries en Herman Charles Bosman. Hennie Aucamp, Hertzogpryswenner, het geen bekendstelling nodig nie - hy is deur en deur 'n kenner van hierdie genre."

vetseun
Die Lewe is 'n Grenshotel (ryme vir pop en kabaret) . 1977 TAFELBERG

"Die lewe is 'n grenshotel toon die veelsydige en bekroonde prosaïs Hennie Aucamp ook as kabaretskrywer. As die bewys nog gevind moes word, sien mens in hierdie wonderlike bundel hoe "singbaar" Afrikaans as taal werklik is."

1976 - Dooierus

vetseun
Wolwedans: 'n soort revue (Kortverhale) . 1973

"'n Bundel satiriese kortverhale en gedigte waarin Aucamp al die wangesindhede wat hy in die wêreld om hom ervaar, op die verhoog laat paradeer, bekyk en beoordeel: welvaart, pretensie, onbetrokke "betrokkenheid", siek humanisme, maklike integrasie..."

vetseun
Bolder ..................... 1973/1990 TAFELBERG

"Bolder is 'n bloemlesing van 18 kortverhale saamgestel en ingelei deur die bekende skrywer en letterkundige Hennie Aucamp, en bevat werk van skrywers so uiteenlopend soos Breyten Breytenbach, Freda Linde en Karel Schoeman. ..."

vetseun
'n Baksel in die môre . 1973/1976 TAFELBERG
Hennie Aucamp; Margaret Bakkes
ISBN: 9780624004363

"Die subtitel van 'n Baksel in die môre is "boerestories uit die Stormberge" - en hierdie bundel bied inderdaad "boerestories" uit die boonste rakke deur twee bekende kortverhaalskrywers..."

vetseun
Hongerblom (Kortverhale) . 1972/1975 TAFELBERG
ISBN: 9780624002543

"Hongerblom is Hennie Aucamp se sesde kortverhaalbundel, en lewer weer eens 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse prosa."

1971 - Op die Stormberge (samesteller)

vetseun
'n Bruidsbed vir Tant Nonnie . 1970/1978 TAFELBERG

"Die titelverhaal van 'n Bruidsbed vir tant Nonnie is seker een van Hennie Aucamp se heel bekendste verhale en het hom gevestig as 'n meester van die Afrikaanse kortkuns. Lees ook van sy ander bekende verhale soos "Steven en Fay" en "Armed Vision" in hierdie bundel..."

vetseun
Karnaatjie: Reissketse en essays . 1968 HAUM

vetseun
Spitsuur ......................... 1967

1965 - Die hartseerwals
1963 - Een somermiddag


skakels : lapa.co.za/...












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )