Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Helene de Kock .com (De Kock, Helene)
vetseun
Omnibus 10 ................ 2008 HUMAN & ROUSSEAU

'n Omnibus met twee vroee romans deur een van ons gewildste skrywers. In albei verhale is die milieu die Vrystaatse Riemland-omgewing. Dis die Bassons en die Baumanns se heimat, twee families wie se geskiedenisse deur vriendskap en intrige verweef is.
'n Omnibus met twee vroee romans deur een van ons gewildste skrywers. In albei verhale is die milieu die Vrystaatse Riemland-omgewing. Dis die Bassons en die Baumanns se heimat, twee families wie se geskiedenisse deur vriendskap en intrige verweef is. Ver vlug na more vertel van Eugène Basson wat na Europa reis om te gaan vasstel wat geword het van sy gevoelens vir die mooi blonde Elsje. In Leiden ontmoet hy egter 'n ander vrou wat nuwe gevoelens in hom wakkermaak. In met vandag se brood is Renier, die jong dominee op Petrusdal, vasgevang tussen sy verstand en sy hart: moet hy die stemmige vrou kies wat 'n gepaste maat vir hom sal wees, of mag hy die beeldskone een kies met 'n stem soos 'n nagtegaal?

vetseun
Omnibus 9 .................. 2007 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
As Dood Lewe Word ...... 2007 CUM UITGEWERS

vetseun
Dieper Water ............. 2007 TAFELBERG

"Dieper water is 'n familiesage waarin drie liefdesverhale oor drie tydperke vervleg is. Dit gaan in hierdie roman oor die aard van liefde en vertroue en die weerloosheid van die mens as die tydgees oor hom spoel."

vetseun
Lelie van die Laagte . 2007 MIRRE/TAFELBERG

"Mia Dijkstra en haar veel jonger suster, Karien, se geldelike situasie is benard sedert hul ouers oorlede is. Om te kan oorleef, neem hulle hul intrek in hul tante se huis op Stellenbosch."

vetseun
Omnibus 8 .................. 2006 HUMAN & ROUSSEAU

"Digby Grootgewaag is die verhaal van drie susters se liefdes en ook hul leed. Bettina leef geisoleerd op die plaas, daar is die baie jong Carola, en dan kom hul beeldskone suster Zia ook huis toe. 'n Verhaal van offervaardigheid en ootmoed.
In Kronkelpad na Vergenoeg besoek die internasionale konsertpianis Tessa haar mense op die plaas. Sy word deur onvoorsiene omstandighede baie diep in hierdie kring ingetrek en tot 'n keuse gedwing.
In Sonder Winter is Dr. Karen Marais 'n vrou wat liefde verloor het en dan, een skrikwekkende middag, die kans kry om dit te herwin. Hierdie verhale speel in die Riemland in die Oos-Vrystaat af en is vol menslike deernis, verrassings en romanse."

vetseun
Omnibus 7 .................. 2005 HUMAN & ROUSSEAU

"Drie spanningsvolle liefdesverhale, so aangrypend en meesleurend as wat 'n mens van hierdie ervare en gewilde skrywer kan verwag.
In Vuurvliegie bring die liefde sy kwota verdriet. Een ding weet Danien Fouché: sy wil Alfons he. Maar sy het 'n eienaardige gevoel dat sy 'n mens-binne-'n-mens Lief Het - 'n ou bekende, en tog ook 'n wildvreemde.
In Sewende somer keer Ester Kolbe terug na die plek waar sy en Zach Dijzel liefgehad het. Sy gaan woon in die Dijzel-huis waar daar sewe jaar tevore 'n moord gepleeg is. Niemand het nog vergeet nie en Zach het verdwyn. Dis egter tyd dat Zach terugkom en opeis wat syne is, as hy nog kan. Want die sewende somer is 'n rustyd.
Windspoor is 'n verhaal van liefde en van verraad. Laura Helmer se bruidegom verdwyn 'n kort rukkie voor hul troue. Gustav Bothma is daar om te troos. Niemand glo meer in Ruben nie, tog kan Laura nie maar net laat gaan nie. Nie solank daar 'n geheimsinnige windspoor is wat na hom toe lei nie."

vetseun
Liefde is 'n klipgooi ver . 2004 LAPA UITGEWERS

"In dié ses heerlike lekkerlees-liefdesnovelles beeld Helene de Kock die vrou uit as nie net 'n engel wat sonder om te kwik of kwaak oral raakvat nie, maar as 'n sterk individu wat aanvaar het dat haar geluk nie van ander afhang nie, maar tog uitvind: liefde is 'n klipgooi ver."

2004 - 'n Tyd om Lief te hê (MIRRE/TAFELBERG)

vetseun
Abel se Dogters .......... 2003 HUMAN & ROUSSEAU

"Die wewenaar Abel Buitendag se lewe op sy plaas in die Oos-Vrystaat het 'n stil, onverstoorde gang. Of so dink hý. Sy drie dogters smag eintlik na meer warmte en kontak, na 'n lewe wat gelééf word. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos Abel se dogters een vir een uit die huis gaan en deel word van die groot wêreld, gryp die lewe hul met woede en met vreugde vas. Hulle ervaar die storm en soet pyn, ook soms die bitterheid, wat liefde bring.

Die oudste dogter, Adelien, is 'n dosent in sielkunde in die stad en moet op 'n dag kies tussen twee besonderse mans in haar lewe. Maar sy is ook gekweld oor haar twee susters. Christel, die jongste een, is nog op skool en alleen by die huis met 'n pa wat te sag is. En Bernadette het 'n man gekies wat haar dalk nog baie hartseer kan bring.

Met deernis en fyn humor beeld hierdie gewilde skrywer die lewe van Abel en sy drie dogters uit: hul wel en wee binne die werklikhede van ons tyd. 'n Menslike familiesage wat elke leser sal meevoer."

2003 - Omnibus 3 (HUMAN & ROUSSEAU)
2002 - Omdat ek ma Lief Het: 'n bundel wat geesdriftig hulde bring aan moeders en skoonmoeders, hulle wat vir ons die lewe oopmaak, saamgestel (CUM UITGEWERS)
2001 - Omnibus 2: Van liefde en oorlog (HUMAN & ROUSSEAU)
2001 - Hoor jy die skoenlappers? (CUM UITGEWERS)
2000 - Die Wynland Omnibus (HUMAN & ROUSSEAU)
1999 - Engel op die drumpel: 'n jong vrou se stryd met die bande van bloed (CUM UITGEWERS)
1999 - Die skadubelofte en ander liefdesverhale (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Die Riemland Tweeluik . 1999 HUMAN & ROUSSEAU
Ver vlug na more
Met vandag se brood

vetseun
Mense van faam ......... 1998 HUMAN & ROUSSEAU

"Koel Debora, nogter advokaat, passieloos, Suster Maan...
Suster Son en Suster Maan. Dis hoe tant Mynie hulle genoem het, die beeldskone identiese tweeling. Die sprankelende en impulsiewe Diana wat ook, soos tant Mynie, smag om deel van die Mynhard-familie van Meulenhof te wees. En koel Debora wat reken Mynhards is net 'n klomp ryk snobs. 'Mense van faam' word anders gemeet, waarsku tant Mynie haar.
'n Debora leer wat dit beteken wanneer Diana met een van die Mynhard-wynboere trou. Teenhaar sin word sy deel van hierdie clan en leer sy hulle beter ken, veral die aantreklike Theron. Sy besef hy is reg: Mynhards is nie net mense van faam met 'n f nie, daar is ook vaam ter sprake... En die ander neef, die enigmatiese Kieron, is die moeilikste om te peil.
Met Haar fyn aanvoeling vir die emosionele nuanses het Helene de Kock hier weer 'n boeiende verhaal geskep. Mense van faam sal groot plesier aan al haar tallose lesers verskaf."

1996 - Tiendes van silwer (HUMAN & ROUSSEAU)
1996 - Vrou van formaat (JACLIN) 1999 (HUMAN & ROUSSEAU)
1995 - Volmaakte versnit (HUMAN & ROUSSEAU)
1994 - Sonder winter (AMETIS)
1994 - Man van kaliber (TAFELBERG)

vetseun
Môrester, Môrester . 1993 JP van der WALT & SEUN

1991 - Saterdagskind (HUMAN & ROUSSEAU)
1990 - Vuurvliegie (HUMAN & ROUSSEAU)
1988 - Joernaal van 'n winterjaar (TAFELBERG)
1985 - Soetwyn vir 'n Sondagkind (TAFELBERG)
1983 - Digby Grootgewaag (TAFELBERG)
1982 - Skemerspel (TAFELBERG)
1981 - Ver vlug na môre (HUMAN & ROUSSEAU)


skakels : helenedekock.com












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )