Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Hans du Plessis (Du Plessis, Hans)
vetseun
As Die Wind Kom Draai / (eBook) . 2013 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624057468
ISBN: 9780624057475

Soos in sy roman Die pad na Skuilhoek loop Hans du Plessis met As die wind kom draai op die spore van die vroeë Voortrekkers die onverkende tegemoet, en bring 'n verhaal wat soos 'n rosyntjiebos opspruit uit hierdie land se harde grond.
Sy draai weg van sy speurende blik, en saam kyk hulle af op die dal wat voor hulle tussen die berge lê. Die vroeë son maak dit nog geler, maar dit is 'n sagte geel. Die lang gras buig biddend in die effense wind. In die kloof agter hulle fluit 'n fisant. Dit is 1844. Die pioniersplaas Skuilhoek, waar Vryheid en Magriet uitstaar oor die wuiwende veld, is drie uur te perd van Potchefstroom se skaars meer as twintig huise. Die wêreld is ongetem en nuut; van reg en orde is daar nog kwalik sprake. Die twee jonges is ook salig onbewus daarvan dat dit juis die wette is wat vir 'n fatsoenlike gemeenskap moet sorg wat in die pad gaan staan van hul ontluikende liefde, en dat die grootste hindernisse op die weg van die hart in hul eie bloed lê. Soos in sy roman Die pad na Skuilhoek loop Hans du Plessis met As die wind kom draai op die spore van die vroeë Voortrekkers die onverkende tegemoet, en bring 'n verhaal wat soos 'n rosyntjiebos opspruit uit hierdie land se harde grond.

vetseun
Karos Orie Dyne / (eBook) . 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799355314
ISBN: 9780799355666

Karos orie dyne volg op die bekende taalkundige en skrywer, Hans du Plessis, se uiters suksesvolle, Innie skylte vannie Jirre en Boegoe van die liefde. Karos orie dyne bevat die res van die Dawidspsalms en ook verse oor ander Bybelgedeeltes, soos die gelykenisse. Die bundel is weereens oorspronklike gedigte in die aangrypende Afrikaanse dialek van Griekwaland-Wes. Die genade van God le oor ons soos 'n karoskombers oor die duine van hierdie harde land.

vetseun
Die Pad Na Skuilhoek . 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351613

Hartstog, verlange, haat en teleurstelling ken geen geskiedenis nie. Hierop word ons opnuut herinner in Die pad na Skuilhoek wat vertel van die liefde tussen twee Voortrekker-tieners, Petronel van Rensburg en Lourens Botha. In die nag van 23 Augustus 1836 moor die Matabeles 'n staning Voortrekkers uit. Net die twee, en hul vriend Vryheid, oorleef. Maar hierdie bloedige nag van tragiese eindes is ook die begin van Petronel en Lourens se liefde wat eers ses jaar later, in die loop van gevaarlike en onvoorspelbare omstandighede op die Trekkerspad, op hulle eie plaas, Skuilhoek, tereg kom.

vetseun
Kalahari Krismis .............
ISBN: 9780620426633

'n Kersspel in die vorm van 'n klein boekie met 'n koevert sodat mens dit vir iemand kan pos as geskenk. Die papierweergawe van Randall Wicomb se uitvoering van Kalahari Krismis.

vetseun

vetseun
Verbrande paradys .... 2009

“Hy kyk na die dynserige berge agter die koppe, die kraag van die krater wat gemaak is toe die meteoriet die grond hier getref het. Dit was 'n klip of 'n stuk ys van omtrent tien kilometer in deursnee wat teen minstens veertigduisend kilometer per uur die aarde getref het: die grootste brand ooit op aarde. Tweemiljard jaar later staan Sybrand Venter na die afgebrande veld en kyk.”

Verbrande paradys is 'n verhaal van menslike verlange, vreugde en verdriet wat afspeel in die Vredefortkoepel.

vetseunvetseun
Splinters ....................... 2004 LAPA UITGEWERS

"Splinters kan wit en blink en aanloklik in die son die oog vang, maar dit kan ook prikkel en dit kan prik, soms dieper seermaak, of dit kan jou laat dink, laat lag of laat huil. Met hierdie keur uit 'n stuk of twintig jaar se rubrieke neem Hans du Plessis die leser deur die kaleidoskoop van ons land en sy mense. Van skreeusnaakse beskouinge oor mense en hul diere tot kwessies rakende Afrikaans tot 'n plesierige kykie na Koning Rugby... te veel om op te noem - hier is baie stof tot nadenke. "Eintlik behoort Splinters verpligte leesstof vir aspirantskrywers te wees. Gewis nie om sulke skryfwerk te probeer nadoen nie; wel om iets wys te word oor die integriteit van die skrywerskap," sê 'n keurder." - LAPA UITGEWERS

vetseunvetseun
Boegoe vannie liefde . 2003 LAPA UITGEWERS

"Hooglied is 'n boek sonder grense, omdat die liefde nie grense ken nie. In BOEGOE VANNIE LIEFDE word die wonderwêreld van die Kalahari 'n Hooglied van die liefde met bekoorlike gedigte in aardse eenvoud. 'n Ideale geskenkboek met sy treffende omslagillustrasie, mat-gelamelleerde sagtebandomslag en gekleurde papier." - LAPA UITGEWERS

vetseun
Hie Neffens My ............................... 2003 LAPA UITGEWERS
Griekwapsalms, foto's, Heleen Theron, kuns, Tertia du Toit

2003 - Skryf 'n Storie (LAPA UITGEWERS)

vetseunvetseun
Innie skylte vannie Jirre (Digbundel) . 2001/2008 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799342512

opgetree met teks, Hans du Plessis, toonsetting, Randall Wicomb, video, Jan Horn, Jurie le Grange, regisseur, Johan Rademan, vervaardiger, Albert du Plessis

"Innie skylte vannie Jirre is 'n beduidende uitbreiding van die blitsverkopertjie, Die Griekwapsalms en annerlike goeterse yt die Woord yt. Baie meer Bybelgedeeltes word poëties getransponeer, sodat die betekenis van die Woord in die nuwe, aardse woord die leser opnuut ontroer en binnetoe laat dink." - LAPA UITGEWERS

Randall Wicomb
vetseun
Hie Neffens My/DVD . VCD 5190/TRDVD 501 2001 TRIO RECORDS
"Griekwapsalms en ander tekste deur Hans du Plessis"
1. Hie Neffens My (Psalm 42) vetseun
2. Hoe Lieflik Is U Se Hys (Psalm 84)
3. Skawagter (Psalm 23)
4. Dasie 'n Lantie (Psalm 8)
5. Hy't Hy Se Kjent Gestier (Johannes 3:16)
6. Ek Slat My Twee Oge Op (Psalm 121)
7. Voete Vanne Gemsbok (Habakuk 3:17-19)
8. Die Onse Vader
9. Geloof, Hoop Ennie Liefde (1 Korintiërs 13)
10. Innie Skylte Vannie Jirre (Psalm 117)
11. Kom Lê By My (Hooglied 2:10-16)
12. Spreuke Van Salomo
13. Gebed Van Jabess (1 Kronieke 4:10)
14. 'n Riel Virrie Jirre (Psalm 104)
15. Die Aarde Issie Jirre S'n (Psalm 24)

Toe Hans du Plessis se bundel Griekwa-Psalms Innie skylte vannie Jirre vroeër vanjaar bekend gestel is, was die eerste oplaag binne weke uitverkoop. Sanger Randall Wicomb neem dié pragtige, eenvoudige gedigte en gee dit 'n musikale gedaante in die produksie Innie skylte vannie Jirre

vetseun
Die Griekwapsalms ....... 1999 HANS DU PLESSIS
en annerlike goeterse yt die Woord yt.
5. Psalm 1
6. Psalm 8
7. Psalm 23
8. Psalm 24
9. Psalm 42
10. Psalm 121
12. Prediker 9:11
13. Prediker 12
15. Habakuk 3
16. Onse Vader
18. 1 Korintiërs 13

Hans du Plessis hervat hier rymwoorde en globale gelowige idees en vleg dit saam in 'n amper vriendelike boekie. met teks van sy digbundel "Gewete van Glas" en uit een van sy dramas, "Broerse", is die "annerse" afrikaans iets wat die man glad praat/skryf. 'n moet.

vetseun
Ditsem, Dawid!: Gr 8 - 11 . 1996 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Bakgat, en wat dan van my? . 1995 HUMAN & ROUSSEAU

1992 - En Nou, Afrikaans? (VAN SCHAIK)
1992 - Skryfateljee: gesprekke oor skryfwerk - Dawie Steenberg; Hans du Plessis (VAN SCHAIK)

vetseun
Disse flippen stukkende wêreld dié, my ou . 1991/2002 HAUM/KAGISO
- Leesboek: Reader
ISBN: 9780798632485

1990 - Skuiwelinge (HAUM)

vetseun
Sintaksis: vir eerstejaars . 1990 AKADEMIA

"Ander titels in die reeks: Prof. Louis Eksteen, red
Fonetiek: Anna E. Coetzee
Semantiek: G.J. van Jaarsveld"

1987 - Afrikaans en sy moontlikhede in SWA/Namibië
1987 - Variasietaalkunde
1987 - Afrikaans en taalpolitiek (SERVA)
1985 - Grensgeval (HUMAN & ROUSSEAU)
1984 - Gewete van glas (HUMAN & ROUSSEAU)
1979 - Wat is wat?
1978 - Kleinwild (HAUM)


skakels :








2003 03 03-09 - Woordfees 2003: 2003 sien menigde woordlesings, voorlesings ens. saam met musiek en gedigte, Valiant Swart, Laurika Rauch, Brixton Moord En Roof Orkes, Nataniël, Kobus!, Laurinda Hofmeyr, Delta Blue, Hans du Plessis, Randall Wicomb, Vlam, Anton Goosen, Zebulon Dread, Dalene Matthee, Henning Pieterse, ddisselblom, en baie meer ... website
vetseun
vetseun




bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)