Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
George Weideman (1947-) (Weideman, George)
vetseun
Doepa! - George Weideman ........
- Musiek en gedigte, Saamgestel deur Helena Conradie

vetseunvetseun
Bloujare se stories ..... 2007 LAPA UITGEWERS

"'n Versameling meestal liegstories - sommige in die tradisie van die beroemde spekskieter Baron von Münchhausen, sommige op die voetspore van die vermaarde, maar helaas vergete, Afrikaanse Renier de Winnaar en Kaspaas. Ander is gewoon guitige vertellings. Enkeles speel in onlangse tye af, maar die meeste kom behoorlik uit (die) bloujare.

"In Bloujare se stories word daar doelbewus nie enige poging aangewend om 'n 'literêre' werk te produseer nie," sê Elias P. Nel, bekende woordkunstenaar en storieverteller. "Dit gaan hier om kontreikuns in sy suiwerste vorm waar die storie sentraal staan."

Hier is Weideman die meesterverteller aan die woord en word die leser op 'n reis deur die stories van Namakwa- en Boesmanland geneem." - LAPA UITGEWERS

vetseun
Newelig: Stories loop nie padsaam nie . 2007 LITERA

"In Newelig, sy jongste kortverhaalbundel, val die lig op uiteenlopende gebeure uit baie tye, streke en sfere. Dit gaan om kragte soos die liefde, onreg, ontnugtering en vergelding. Telkens vervaag die lyn tussen goed en kwaad; skyn en waarheid versmelt en die alledaagse kry 'n betowerende dimensie met juweelkwaliteit. Die verhale in hierdie bundel is deurstraal van die soort lojaliteit wat selfs siniese lesers verwonderd laat."

vetseun
Verskombuis ............................. 2006 PROTEA BOEKEHUIS
illustrasies, Diek Grobler

vetseun
My Plaas Se Naam Is Vergenoeg . 2005 PRAAG

"Die stuk Vergenoeg speel af tydens 'n Kommissiesitting om te bepaal of die eerstydse plaashulp, Grace Boois, haar seun op die Veldsmans se plaas, Vergenoeg, mag begrawe. Dit is 'n stuk waarin die geskiedenis en die hedendaagse aktualiteit teenoor mekaar afspeel."

2004 - Rubbish to Riches (ELT)

vetseun
Die Geel Komplot ......... 2003 TAFELBERG

"'n Spitsvondige muisverhaal vir die tussenin-groep (8-11 jaar) vir wie daar so min geskryf word. Benewens die hoofkarakter, Tara Tandmuis, 'n meisiemuis met 'n missie, is daar nog Turbotjaart, 'n jong mannetjiesmuis met 'n oormaat van energie en selfvertroue; signor Mozzarella Muis, Tara se wêreldwyse half-Italiaanse oom; madame Ricotta, die muse van die muisteater; Petite Gervaise, wat haar pad deur 'n Franse woordeboek gevreet het en nou Frans magtig is; die rekenaarfundi Filippus Gruyere; die ontalige kerkmuis Heilige Stoffel, en nog 'n hele wemeling van ander kerkmuise, tandmuise, skeerbekmuise, rietmuise en - les bes - seerotte en hawerotte. Om nie eens te praat van die spul skurkagtige katte nie: Dierasie, Bruine Broeder en Swarte Piet, asook die vreesaanjaende Siamese van die MGB!"

2000 - Lig (radiodrama)

vetseun
Draaijakkals ................. 1999 TAFELBERG
- oftewel die ongelooflike eerste jeug van Nicolaas Alettus Lazarus - stofpoepertjie, tusseninner en aartskalant van die onderveld

vetseun
Dana se jaar duisend . 1998 TAFELBERG

Sanlamprys vir Jeugliteratuur
"'n Epiese avontuurverhaal wat vertel van Dana, die dogter van die Viking-hoofman Olaf Roesbaard, en haar lang swerftog oor die ysvelde van Swede en noordelike Europa."

vetseun
Rykdom Uit Rommel: Reader / Storybook (Grade 2) . 1998 KAGISO

vetseun
Pella lê 'n kruistog vêr . 1998

1998 - (Die onderskepper) W.A. Hofmeyr-prys

vetseun
Die Onderskepper (Roman) . 1997 QUEILLERIE

Die woord onderskep het natuurlik twee betekenisse, naamlik om iets in die hande te kry, maar ook om seker te maak dat die onderskepte artikel nie die eindbestemming bereik nie. Ou Arend doen albei.

Arend moet stilbly. Hy kan nie anders nie, want hy sit met te veel inligting. Maar hy skep ook stiltes deur seker te maak dat sommige nuusbrokkies nooit by hulle regmatige bestemming uitkom nie.Deur die titel Die onderskepper te kies, stel Weideman dus aan die lesers die moontlikheid dat hulle medepligtig mag word aan beide die ontvang van onwettige inligting, maar ook die opkroppers word, die sensureerders dus, daarvan. - graffitibooks.co.za

vetseun
Los my uit, paloekas! . 1997 TAFELBERG

1997 - Nuwe Stemme 1, saamgestel, Abraham H. de Vries, George Weideman
1997 - 'n Staning onder sterre
1995 - (Die optog van die aftjoppers) Scheepersprys vir Jeugliteratuur

vetseun
Optog Van Die Aftjoppers . 1994 TAFELBERG

vetseun
Die donker melk van daeraad: oustories en nuwe stories (Kortverhaalbundel) . 1994 TAFELBERG

1994 - (Die optog van die aftjoppers) Sanlamprys vir Jeugliteratuur Goud, International Board on Books for Young People benoeming
1992 - Los my uit, paloekas! (Jeugboek) Sanlamprys vir Jeugliteratuur Silwer
Uit hierdie grys verblyf (Digbundel)
Tuin van klip en vuur (Kortverhaalbundel)
1977 - Hoera, hoera die ysman (Digbundel)
1970 - Klein Manifes van 'n Reisiger (Digbundel) (TAFELBERG)
1969 - As die son kliplangs spring (Digbundel)
1966 - Hondegaloppie (Digbundel) (TAFELBERG)

vetseun
Ben, Babi en die geel helikopter: (Grade 2) . KAGISO

vetseun
Koeries Se Rivier: Reader / Storybook (Grade 3) . KAGISO

vetseun
Raaisel Van Die Spuitnaalde: Reader / Storybook (Grade 3) . KAGISO

"Rimpelstories is 'n leesprogram vir die Grondslagfase (Afrikaans huistaal), wat uit 88 aantreklike geïllustreerde storie- en feiteboekies bestaan. Die reeks is uitkomsgebaseerd met 'n vaardigheidsbenadering as grondslag. Luister-, praat-, lees-, skryf-, taal-, leer- en denkvaardighede word op 'n natuurlike wyse geïntegreer en ontwikkel progressief. Die leesboeke vir elke graad is in vier vlakke ingedeel, om voorsiening te maak vir lesers met verskillende vlakke van leesvaardigheid. Daar is ook 'n Onderwysersgids vir elke graad wat al die inligting bevat wat nodig is om die die program vir lees suksesvol te beplan en aan te bied. Die Onderwysersgidse bied ook voorbeelde van werksvelle en assesseringstabelle. Vir Graad 1 en 2 is daar ook 'n Handleiding vir liedjies en musiek en 'n Oudio kassetband met musiek en sang beskikbaar, wat albei dien as versterking van die woordeskat en taalstruktuur wat in die storieboeke bekendgestel word, terwyl musiekvaardighede terselfdertyd verwerf word."

Danger at the Dump met Rassie Erasmus (ELT)
Ben, Babi en die geel helikopter: (Grade 2)
Koeries Se Rivier: Reader / Storybook (Grade 3) (KAGISO)
Raaisel Van Die Spuitnaalde: Reader / Storybook (Grade 3) (KAGISO)


skakels : wiki















bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )