Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
George Claassen (Claassen, George)
vetseun
In Die Woorde Van Suid-Afrikaanse Sporthelde (Biografie) (Sport) . 2010 PENGUIN
ISBN: 9780143026624

Suid-Afrikaners verhef hul sportmans en -vroue tot helde en simbole van hoop, dapperheid en versoening. In die woorde van Suid-Afrikaanse sporthelde is 'n versameling uitsprake - van inspirerend tot humoristies tot doodgewoon absurd - deur mense in hierdie ereposisies, oor onderwerpe wat strek van kapteinskap, roem en die lewe, tot geld in sport en wat dit beteken om 'n Suid-Afrikaner te wees.

vetseun
In die Woorde of Suid-Afrikaanse Sporthelde (eBook) . PENGUIN
ISBN: 9780143527312

Ek her gisteraand 'n verskriklike nagmerrie gehad. Ek het in koue sweet wakker geword en gebewe. Ek het gedroom ek moet my eie boulwerk trotseer.' Neil Adcock, Suid-Afrikaanse snelbouler, ann sy kaptein Jackie McGlew. 'Oom, het jy geweet ek het een groot probleem in die lewe gehad? Ek was nooit 'n kind nie. Ek het nooit die voorreg gehad om 'n kind te wees nie. Weet jy hoe lekker dit is om net hier te sit en stil te wees?' Hansie Cronje, Suid-Afrikaanse krieketkaptein. 'Ons kan af gaan, ons kan op gaan. Ons kan vorentoe gaan, links of regs, maar daar is geen manier wat ons agteruit gaan nie!' Kobus Wiese, Springbokslot.

vetseun
Die Groot Aanhalingsboek . 2007 HUMAN & ROUSSEAU
Morkel van Tonder, George Claassen, Piet Muller

"'Soos Piet Cillié (of Dante of Tom Stoppard of Koos de la Rey of wie ook al) gesê het ...'Wil jy ook soms 'n sin so begin? Dan moet jy dadelik Die Groot Aanhalingsboek aanskaf. Die meeste van hierdie versameling van meer as 4 000 aanhalings, ingedeel in 59 temas, sal jy nie sommer agter enige klip of op die internet raakloop nie. Die boek bevat ook 'n kort omskrywing van elke aangehaalde persoon, met 'n register agterin van wie wat gesê het."

vetseun
Geloof, bygeloof en ander wensdenkery . 2007 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191443

Waarom glo mense dat die sterre en planete se posisies jou toekoms kan bepaal, of dat gesprekke met dooies moontlik is? Dis die soort vrae wat George Claassen in hierdie boek stel. George Claassen is dosent in wetenskapjoernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch en die skrywer van die By-rubriek "Kwakoskoop" waarin hy vreesloos alle vorme van kwaksalwery onder die soeklig plaas. Hierdie teks bestaan uit vyftig hoofstukke waarin 'n verskeidenheid onderwerpe aangeroer word, van evolusie en die kartering van die menslike genoom tot supersnaarteorie en sieninge oor die ontstaan van die heelal.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)