


















Frits Gaum (Gaum, Frits)

Nie Van Hoorsê Nie, Here . 2013 LUX VERBI
ISBN: 9780796316677
Waar die dood gewoontlik vir ons iets is wat ons ten alle koste probeer vermy, word dit vir die skrywer 'n baie groot werklikheid wanneer hy deur sy dokter meegedeel word dat hy 'n siekte het wat sy lewe kan kos. Skielik word al die klein dingetjies wat jy jou altyd oor bekommer baie klein.
En met dit kom 'n hele lot vrae en vertwyfelinge. Waarom word ons siek? Is dit omdat ons sondaars is en God ons so wil straf? Is dit miskien makliker vir 'n gelowige as vir 'n ongelowige om met die dood gekonfronteer te word? Waarom gryp God nie in as ons om hulp smeek nie? Aan die hand van die Bybelverhale van mense soos Job, Elia, Johannes en Jesus, asook ervarings met mense wat hy persoonlik ken, beredineer Frits sy lot. Hy kom dan tot die besef dat, hoewel hy ook wanhopig kan wees en hy maar mag huil, dit nie tevergeefs sal wees om groot dinge van God te verwag nie. In hierdie boek vertel Frits hoe die nuus van sy siekte hom en sy naastes geraak het. Van sy worsteling om tot berusting te kom. Hy skryf ook oor die Christen se benadering tot die dood, en oor die nuwe insigte wat hierdie tyd hom in die Woord van God gegee het. Hierdie is 'n nuwe uitgawe (met 'n nawoord) van hierdie boek wat in 1975 verskyn het.

Fluit-fluit die kerk is uit? (eBook) . BYBEL-MEDIA
ISBN: 9780864875365
As die kerk môre van die Suid-Afrikaanse toneel sou verdwyn, sou dit 'n danige verskil maak? Hoe groot is die impak van die kerk regtig in Suid-Afrika? Gaum wys hoe die kerk se andersoortigheid die sleutel is tot sy geloofwaardigheid en oorlewing in 'n skeptiese, siniese en apatiese wêreld.

Christelike Kernensiklopedie . 2008 LUX VERBI
ISBN: 9780796304100
In die ensiklopedie is 3250 inskrywings en 'n verdere 841 verwysingslemmas afgesien van die kruisverwysings na ander inskrywings en beslaan 1248 volkleur bladsye. Die inskrywings dek die volgende terreine: Ou Testament, Nuwe Testament, dogmatiek, etiek, algemene en Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis, missiologie, Suid-Afrikaanse kerke en prominente figure wat 'n impak op die voortgang van die evangelie gehad het, veral soos dit Suid-Afrika geraak het. Daar is probeer om reg aan al die demoninasies en oortuigings te laat geskied. Talle van die stories en gebeure word nou vir die eerste keer in Afrikaans vertel.

Lente Van '66 .............. 2008 LUX VERBI
ISBN: 9780796307538
Die sewe uiteenlopende karakters in die roman beleef almal hulle persoonlike vreugdes en stryde teen die agtergrond van die vreemde politiese en sosiale wereld van die sestigerjare in Suid-Afrika. Maar dis beslis nie 'n roman as spreekbuis vir of teen die een of ander politieke bedeling nie. Dit is in heel eerste instansie 'n boeiende menslik verhaal oor die behoud van 'n mens se geloof in 'n wereld waarin daar verskriklike dinge gebeur.

Praat Verby Grense (Biografie) / (eBook) . 2005/2010 UMUZI
Frits Gaum, Laurie Gaum
ISBN: 9781415201244
ISBN: 9781415202753
Die e-pos wat in hierdie boek gepubliseer word, is 'n gesprek so openhartig dat dit grense afbreek en die pad oopmaak vir begrip en aanvaarding. Só 'n gesprek - bedaard, diepgaande, vol respek, en hoogs ingelig - is die teenoorgestelde van die omstandighede wat daartoe gelei het.Toe twee Afrikaanse koerante in 2005 private foto's van Gaum jr. publiseer saam met bewerings oor hom deur 'n ander jong man, is 'n uitkringende reeks gebeure gesneller wat spoedig sou lei tot die selfmoord van die jong man en 'n verslingering van die kerkloopbaan van Laurie Gaum, 'n NG-predikant net soos sy pa, Frits.Te midde van die sensasie is vraagstukke oor homoseksualiteit, die Bybel en die kerk, oor verdraagsaamheid en maatskaplike geregtigheid op die voorgrond gedwing. En veral het dit 'n pa,'n leidende figuur in die kerk, gekonfronteer met vrae wat skielik nie meer bloot teoreties was nie, maar lewenskwessies, in sy eie gesin.Ná die verloop van baie tyd en besinning skryf pa en seun nou openhartig aan mekaar oor die dood, ons land, oor liefde en hoe die Bybel verstaan moet word, oor geregtigheid en vergiffenis, en waar die kerk daarin gefaal en waar getriomfeer het.
'n Ontroerende boek wat geen leser sonder begrip sal agterlaat nie.
skakels :