Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Francois Smuts (Smuts, Francois)
vetseun
ABC Van Die Reg ...... 2013 TAFELBERG
- 'n Gids Vir Suid-Afrikaners
ISBN: 9780624051527

Elkeen van ons word een of ander tyd met 'n regskwessie gekonfronteer. Of daar nou 'n bouer is wat jy wil dagvaar vir sy knoeiwerk aan jou huis, en of dit jou dogter is wat kom vertel dat jou skoonseun skielik van haar wil skei, die reg is iets waarvan jy kennis gaan moet neem.
Ook alledaagse situasies vereis dikwels regskennis. Jy het 'n kontrak nodig om 'n huiswerker aan te stel en jy het 'n testament nodig as jy familietwis na jou dood wil vermy. Alles wat jy nog altyd wou weet van die reg, maar te bang was om te vra: ABC van die reg is 'n verstaanbare en gesaghebbende oorsig van die regslandskap in Suid-Afrika. Spaar jouself geld en slapelose nagte deur dié betroubare bron te raadpleeg voor jy in die prokureur se kantoor - of in die hof - beland.
Vind uit:
watter slaggate om in kontrakte te vermy
wat jou regte in die werksituasie is
wat om te maak as die ongeluk jou tref
hoe jy familieprobleme kan hanteer
wat moeilike regsbegrippe beteken
hoe hofprosedures werk
waar jy om hulp kan aanklop
hoe jy jou regskostes laag kan hou
ABC van die reg verduidelik nie net bostaande en vele ander regsbeginsels in toeganklike taal nie, dit gee ook 'n mondvol praktiese raad oor 'n wye reeks probleme waarmee jy een of ander tyd te doene gaan kry.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)