Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
François Bloemhof .net (Bloemhof, Francois) (Bekker, Leo)

"François Bloemhof is vyftien jaar gelede met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog bekroon. Die boek het hy opgevolg met 'n verskeidenheid spanningsverhale. Later het hy vir jong volwassenes begin skryf en pryse ingeryg. Met die Alma van der Poel-spanningromans keer hy terug na die genre waar hy begin het." - LAPA UITGEWERS

vetseun
Die Vampiere Van Londen . 2013 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798157582

Dit is veronderstel om vir Ken en sy gesin 'n opwindende vakansie in Londen te wees, maar dit ontaard in 'n verskrikking toe hy en die tweeling agterkom ou Mr. Ratcliff se hoofbediende, Parker, nie is wat hy voorgee nie.
Dan is daar nog die vreemde meisie en die vriendelike seun - waar pas hulle in al die raaisels in? En Miss Sharp en Mrs Burton van die hotel? Wat Ken uiteindelik uitvind, sou hy nooit in sy wildste drome kon glo nie.
Lekker spannende storie vol bloedstollende kinkels. Ouer trae lesers sal dit ook geniet. Die agste boek van agt in François Bloemhof se Rillers-reeks.

vetseun
Moord In Die Beloofde Land / (eBook) . 2013 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798157803
ISBN: 9780798158718

'n Spanningsvolle roman oor 'n man in wie 'n onbekende mag stadig die oorhand kry. Die verhaal wentel rondom Samuel wat as seun reeds kennis maak met die donker sy van die lewe.
Sy inisiasies in die grootmenswereld (liefde, seks, die "reels" van die ou Suid-Afrika, joernalistiek), van die 1970's tot die 1990's, is vervleg met sy obsessie met die skermoordenares Marlene Lehnberg. Totdat die demoon wat hy in sy pa se lewe waarneem (en wat van sy pa 'n reeksmoordenaar gemaak het) uiteindelik ook sy lewe oorneem en lei tot'n stryd om lewe en redding. 'n Boeiende, intrigerende roman - die skrywer kry dit goed reg om die tydsgees en die manier waarop onskuld geleidelik verdwyn oor te dra.

vetseun
Jy-weet-wie / (eBook) . 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799358452
ISBN: 9780799357868

Niek Naude is 39 jaar oud en in dieselfde bootjie as vele middeljarige wit mans: hy is afgelê; hy wat in die eerste helfte van sy lewe deur die voorsienigheid uitgesonder was om 'n uitblinker te wees, akademies en op die sportveld. Dis immers waarom sy mooi vrou, Elrisa hom op hoërskool reeds gekies het bo sy teenstander, Zandré van der Westhuizen. Zandré, intussen Niek se minder bekwame kollega in die menslike hulpbronne-afdeling van 'n magtige maatskappy, het sy werk behou omdat hy 'n aartsgatkruiper is en beter bevriend is met die baas. Niek moet nou huishou en sy ego het 'n allemintige knou gekry; selfs in die slaapkamer het hy nie meer die hef in die hand nie: sy vrou soen hom soos 'n familielid. Hul dogter Melanie wil Mel genoem word en wil so cool en mooi soos haar vriendin Anika wees, maar wil veral Anika se boyfriend, Tommie, hê. Die verblindend aantreklike Tommie is al uit die skool, maar woon nog by sy ma en maak nie juis aanstaltes om te begin werk nie. Elrisa het wel nog 'n werk, sy is 'n suksesvolle eiendomsagent en Niek nou die huishulp.

vetseun
Nog 13 Spookstories / (eBook) . 2012 LAPA UITGEWERS
Fanie Viljoen, François Bloemhof, Jaco Jacobs
ISBN: 9780799355109
ISBN: 9780799358896

Het jy senuwees van staal? Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te lê en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou! Hierdie splinternuwe versameling bevat nóg 13 verhale wat jou bloed yskoud sal laat word. So, maak toe die vensters, klim in jou bed... en maak gereed om die gedaantes te ontmoet wat snags in die donker ronddwaal.

vetseun
13 Spookstories (eBook) / (eBook) . LAPA
François Bloemhof, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen
ISBN: 9780799347883
ISBN: 9780799347647

Glo jy in spoke? Is daar regtig allerlei bangmaakgoed wat in die nag rondloop? Maak dig toe die gordyne, kom in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers... en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!
Maak dig toe die gordyne, kom in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers... en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!

vetseun
Rillers 4: Ou Langklou / (eBook) . 2012 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798157247
ISBN: 9780798157261

Lekker spannende storie vol bloedstollende kinkels. Ouer, trae lesers sal dit ook geniet. Die vierde boek van agt in François Bloemhof se Rillers-reeks.
Wat vir Victor as net nog 'n vervelige wintervakansie in die kinderhuis begin, raak 'n nagmerrie toe hy van aangesig tot aangesig kom met die vreemde vrou wat onder in die straat woon.

vetseunvetseun
Old Aunty Claws ......... 2012 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798157254

It is the beginning of the long winter holidays and for Victor it means another boring stay in the children's home. But things very quickly change when he happens to stumble upon the weird woman living down the street. Ia de Goede's hands can do no wrong, especially when she is making her delicious famous milk tarts. Victor, however, soon finds out what wrong those hands really can do when you get into their firing line. He and his friends, Jenny and Flute, will have to act fast if they want to save their school, and for that matter, the world. This is a Chilling story with lots of blood curdling surprises that will also be enjoyed by older readers alike.

vetseun
Donker Plekke ............ 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799352078

Skop, skiet, spanning en aksie - saamgevat in 'n versameling misdaad-kortverhale deur die beste skrywers in dié genre in Suid-Afrika.

vetseun
Helse Manier Van Koebaai Sê / (eBook) . 2011 HUMAN & ROUSSEAU/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780798155878
ISBN: 9780798155885

Die vierde (en laaste) aflewering in die reeks oor Mark Steyn, die Luiperd, een van Die Fabriek se topagente. Mark Steyn en sy mede-agent Lana Dubois is steeds aangetrokke tot mekaar, maar het onoplosbare verskille. Nou moet hulle noodgedwonge weer saamwerk aan 'n nuwe saak en word nie slegs fisieke nie, maar ook groot sielkundige eise aan hulle gestel. Wie vertrou jy? Wie is vriend en wie is vyand? Die spioenasiebedryf is immers bekend vir sy verskuiwende alliansies: Gister se vyand is vandag se "vriend", maar dalk ook net vir vandag. En dalk ook net as julle 'n gemeenskaplike nuwe vyand het. Maar wát 'n vyand! Een van die wêreld se berugste huurmoordenaars, kodenaam Schorpioen, is in Suid-Afrika om 'n hooggeplaaste persoon dood te maak. Daardie persoon moet ten alle koste beskerm word. En as 'n agent - of meer as een - in die slag bly? Wel, niemand het gesê hulle het 'n maklike lewe gekies nie! Dit is 'n losstaande verhaal, maar knoop ook verskeie drade uit die vorige drie saam. Helse manier van koebaai sê is propvol intrige, spanning, aksie en gevaar - en selfs sake van die hart!

vetseun
The Gotcha Game ..... 2011 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798155274

Lucas was really worried. He should never have copied that game from Mr. Grimm's computer because now that it had started, it couldn't be stopped, and once it had your name . . . Someone had already died inexplicably, and Lucas and his friend, Wacko, would have to think of a way out quickly, otherwise it would be too late - not only for the two of them, but for everyone who had been dragged into this. A fast paced easy-to-read thriller.

vetseun
Die Genesis-Faktor ... 2010 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798151184

Die derde roman in Francois Bloemhof se Rooi Luiperd-reeks is gewaarborg om weer die adrenalien vinnig te laat pomp. Mark Steyn is agent Rooi Luiperd, een van Die Fabriek se agente en ook lid van die Groot Vyf met rooi klaring, wat daarop neerkom dat jy tydens 'n sending voor die voet kan doodmaak solank jy dit later kan regverdig. Die keer verruil hy Venesie vir 'n plaas in die Swartland waar daar veel meer as boerdery aan die gang is ... maar wat is die presiese aard van die bose bedrywighede, wie en wat is die skurk (of skurke) en hoe durf jy 'n vyand aan wat jy nie verstaan nie?

vetseun
Die onbekendes (eBook) .
ISBN: 9780799347920
ISBN: 9780799347678

Skielik op 'n dag is alles anders. Waarskuwings dui daarop dat die wêreld nie meer ons woning is nie en mense begin dinge doen wat hulle nooit voorheen sou doen nie. Gewelddadige dinge ... alles is onvoorspelbaar. Onbekend. 'n Man en vrou stry om sin te maak van wat om hulle gebeur, moet waak teen gevare wat om elke hoek kan skuil ... en dán? As jou bestaan 'n nagmerrie word, wie vertrou jy? Waarvoor alles en vir wie almal moet jy bang wees?

vetseun
Afspraak In Venesië .. 2009 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798151061

Mark Steyn is agent Rooi Luiperd, nie bloot net nog een van Die Fabriek se agente nie, maar lid van die Groot Vyf - met rooi klaring, wat daarop neerkom dat jy tydens 'n sending voor die voet kan doodmaak solank jy dit later kan regverdig. Heerlike leesstof vir almal wat hou van die intriges wat gepaardgaan met die wereld van spioenasie en geheime agente.

vetseun
Moenie Dat Die Grootmense Hoor Nie . 2009 TAFELBERG
ISBN: 9780624047339

'n Verskeidenheid verhale en vertelstyle word hier byeengebring om 'n unieke leeservaring te skep. Daar is 'n hele paar kortverhale met 'n angel in die stert, 'n storie in sy geheel in SMS-taal geskryf, 'n 'kies jou eie avontuur'-tipe verhaal, foto's met humoristiese onderskrifte, ook 'n grafiese kortverhaal van 10 bladsye met die titel 'Tupperware', deur die Pretoriase kunstenaar Daniel du Plessis.

vetseun
Flipom: Projek Zero ... 2009 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799344998

Flipom is 'n "dubbele boek" met twee verhale, waar - soos die titel aandui - jy eers die een lees en dan die boek omdraai om die ander verhaal te lees. Die verhale dra ewe veel gewig en die leser kies self waar om te begin, hetsy by die spanningsverhaal of die scifi-verhaal.

vetseun
Harde Woorde ........... 2009

Alma van der Pool, steeds die Afrikaanse speur-spanningsboek se enigste sterk vrouekarakter en nooit ooit bloot 'n dame wat gehelp moet word nie, het die speurdiens verlaat en werk nou privaat. Haar nuutste kliënt is die liefdesverhaalskrywer Cor Esterhuyse, wat deur 'n naamlose persoon geteister word en agterkom hoe woorde teen hom kan draai - en hoe hard die werklikheid kan wees.

Die verdagtes? Dié naaste aan hom. Wat volg, sal jou op tergende wyse aan die raai hou (en op die rand van jou stoel) en is deur die keurder beskryf as “die werk van 'n meester” en “die soort teks wat 'n ereplek verdien in enige letterkunde”. Maar moenie sy woord daarvoor aanvaar nie - lees en oordeel self ... ? Waardige opvolg vir Spinnerak en Jagseisoen deur die gewilde François Bloemhof.

vetseun
Rooi Luiperd .............. 2008

Rooi Luiperd word opgedra aan Ian Fleming, skepper van James Bond, wat vir die leser 'n goeie aanduiding behoort te gee van hierdie boek se inslag.

Die Luiperd, 'n geheime agent vir Die Fabriek, word deur 'n vreemde gas oorval toe hy by 'n bouperseel ondersoek instel. Twee agente, Mark Steyn en Lamla Ngwema, ding hierna mee om sy plek in die organisasie te neem . Kolonel Duvenhage is die hoof van die organisasie en hy lig hulle in dat 'n terreurgroep genaamd Hidra verantwoordelikheid vir die Luiperd se dood aanvaar het. Steyn en Ngwema moet sielkundig geëvalueer word deur Lana Dubois, die kolonel se niggie, maar Steyn gee nie sy samewerking nie en wil niks omtrent sy verlede sê nie. Toe Ngwema amper sterf tydens 'n hangsweef-oefening, begin hy vermoed Steyn was vir die byna-"ongeluk" verantwoordelik om hom as kandidaat uit te skakel. Nadat Rentia, 'n werknemer van Die Fabriek, met 'n hallusinatoriese stof gespuit word, histeries word en sterf, word in haar baadjiesak 'n gelukwensing gevind: sy het 'n opedag by die Bella Vista Gesondheidsoord gewen. Al vermoed Die Fabriek dit is 'n lokval, moet daar ondersoek ingestel word.... - graffitibooks.co.za

vetseun
Agent Snoet en die Hondelewe . 2008 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799341539

"Agent Snoet en die hondelewe is die derde boek in François Bloemhof se gewilde Agent Snoet-strokiesreeks. Agent Snoet is 'n effens verstrooide speurder wat gelukkig kan staatmaak op die hulp van sy briljante Siamese kat, Felino, om sy sake op te los. Net soos in die ander twee boeke, moet Snoet en Felino in hierdie storie weer allerlei gevare trotseer en beleef hulle ongelooflike avonture. Hierdie keer moet hulle 'n baie BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe beskerm... maar as Felino nie oppas nie, is hy sy eie (laaste) lewe kwyt! Daar is natuurlik tussendeur hope skaterlaghumor. Alistair Ackermann se treffende volkleurillustrasies maak hierdie unieke Afrikaanse strokiesreeks 'n treffer onder jong lesers. " - LAPA UITGEWERS

vetseunvetseun
Jagseisoen ............... 2007 LAPA UITGEWERS

"Weetjy waar jou kind is?"

"Jagseisoen, François Bloemhof se tweede Alma van der Pool- spanningsverhaal volg op Spinnerak wat baie positief ontvang is.

By Durbell Hoër het nog 'n kind weggeraak. Niemand verstaan hoekom nie. Is dit ontvoering? Of moord? Gaan dit slegs oor geld, of het iemand iets teen die skool?

Dis die vraag wat Alma van der Pool van binne moet probeer oplos. Maar hoe kan een mens speurder, vrou én enkelma wees en boonop leerkrag speel? En dit terwyl die spanning oplaai en gevaar om elke hoek skuil?" - LAPA UITGEWERS

vetseun
Stad aan die einde van die wêreld . 2007 MASKEW MILLER LONGMAN

vetseun
Rillers-omnibus ......... 2006 HUMAN & ROUSSEAU
illustrasies, Jeanine Muller

"Al agt Rillers-boeke van die gewilde en bekroonde skrywer, François Bloemhof, word in hierdie omnibus saamgevat: Die vrou met die pers oog, Donderwoud, Die Waterding, Kry Vir Jou, Ou Langklou, Kamer 13, Die Speletjie, Hospitaaltyd en Vampiere in Londen. Lekker grillerige stories met slim, onverwagte eindes." - storiewerf.co.za

vetseun
Spinnerak / (eBook) . 2006 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799347937
ISBN: 9780799347685

"Een van die beste storievertellers op die hedendaagse literêre toneel - Gabriël Botha - Die Burger"

"Heupdiep in die millenium kry die Afrikaanse spanningsgenre uiteindelik sy vrouespeurder: Alma van der Pool, met haar agtermekaar lessenaar en deurmekaar sitkamer.
'n Paar vroue is reeds dood aangetref, met die vingers van die linkerhand gebreek...
Alma moet haar logika en stamina, te midde van haar lastige eksman en haar kommer oor haar tienerdogter, tot die uiterste inspan, want die reeksmoordenaar se rustyd word al hoe korter - as dit nie reeds verby is nie..." - LAPA UITGEWERS

vetseun
Agent Snoet en die Kattekwaad . 2005/2008 LAPA UITGEWERS
François Bloemhof; Alistair Ackerman
ISBN: 9780799335088
ISBN: 9780799341430

"Agent Snoet en die kattekwaad is die tweede aflewering in François Bloemhof se gewilde Agent Snoet-strokiesreeks. Agent Snoet is 'n effens verstrooide speurder wat gelukkig kan staatmaak op die hulp van sy briljante Siamese kat, Felino, om sy sake op te los. Net soos in die eerste boek, die suksesvolle Agent Snoet en die Botterdiamant, moet Snoet en Felino in hierdie storie weer allerlei gevare trotseer en beleef hulle ongelooflike avonture - en daar is natuurlik tussendeur hope skaterlaghumor. Alistair Ackermann se treffende volkleurillustrasies maak hierdie unieke Afrikaanse strokiesreeks 'n treffer onder jong lesers." - LAPA UITGEWERS

vetseun
Nie Vir Kinders Nie ... 2005 TAFELBERG

vetseun
Vampiere in London (Rillers) . 2004 BEST BOOKS

"Die agtste boek in die reeks lekkerlees-rillerstories. Wat vir 'n familie 'n opwindende vakansie in Londen moet wees, ontaard in 'n verskrikking toe die kinders agterkom dat ou Mister Radcliffe se hoofbediende Parker nie werklik is wat hy voorgee nie. Ken, die oudste van drie kinders, volg 'n bloedspoor tot in 'n ou pakhuis ... en wat hy daar vind sou hy nooit in sy wildste drome kon raai nie." - storiewerf.co.za

vetseun
Die boek van spoke .. 2004 TIARA
saamgestel

vetseun
Blink gedagtes ............... 2003 NASOU

vetseunvetseun
Donker Veld ............... 2003 LAPA UITGEWERS
- Afsprake op spanningsterrein
samesteller, redakteur

"Met bydraes van skrywers soos Alex Muller, Herman Wasserman, Tom Dreyer, Piet Haasbroek, Chanette Paul, Deon Meyer, Annamarie Marais, Johan van Lill, Emile Joubert, Corlia Fourie en François Bloemhof kán Donker Veld nie anders wees as spanningsleesgenot van uitstaande gehalte nie.
Die samesteller en redakteur, François Bloemhof, slaag met Donker Veld daarin om leserbetrokkenheid van meet af aan te bewerkstellig, en die verhaalinhoude voorsien in die leser se verwagtinge van werklikheidsgetrouheid en onverwagse ontknopings." - LAPA UITGEWERS

2003 - Sê my alles deur François Bloemhof (60min) (radiodrama)

vetseun
Spinnekoppe in die huis . 2002 NASOU/VIA AFRIKA

vetseun
Wie wil wat wees? ........ 2002 NASOU/VIA AFRIKA

vetseun
'n Dag om te vier .......... 2002 NASOU/VIA AFRIKA

vetseunvetseun
Agent Snoet en die Botterdiamant . 2002 LAPA UITGEWERS vetseun
François Bloemhof; Alistair Ackerman

"Speur-cum-spanningsverhaal in strokiesverhaalstyl. Agent Snoet - geheime agent van formaat - en sy Siamese kat, Felino, ondersoek die verdwyning van Madame Lente Langenhoven se botterdiamant. Soos met al Agent Snoet se sake, is dit uiteindelik sy kat wat die skurk identifiseer! Vir lesers van 10 jaar en ouer." - LAPA UITGEWERS
"Agent Snoet, geheime agent van formaat, en sy Siamese kat, Felino, ondersoek die verdwying van Madame Lente Langenhoven se botterdiamant. Soos met al Agent Snoet se sake, is dit uiteindelik Felino wat die skurk vastrek. Die dief is niemand ander nie as...

Maar wag, so maklik gaan ons nie die antwoord verklap nie. Lees self hierdie spanningsvolle en humoristiese speurverhaal in strokiesprent-formaat om uit te vind wie nou eintlik die botterdiamant gegaps het. Die boek is geskryf deur bobaas storieverteller François Bloemhof en die illustrasies is deur talentvolle nuweling, Alistair Ackermann." - storiewerf.co.za

vetseun
Hospitaaltyd ....... 2001/2002/2013 HUMAN&ROUSSEAU
ISBN: 9780798157643

Rudi is nou al twee keer deur iemand in 'n motor agtervolg. Daar is reeds drie kinders van sy skool deur 'n motor omgery en elke keer het die skuldige weggekom. Die eerste een wat omgery is, is Sune, sy meisie. Wat is haar verbintenis met die ander twee? En hoekom tree die kinders wat omgery is so anders op wanneer hulle uit die hospitaal kom? Min weet Rudi dat hy baie na aan die antwoorde op al sy vrae is, en lig gaan hy nie daarvan afkom nie . . . Lekker spannende storie vol bloedstollende kinkels. Ouer trae lesers sal dit ook geniet. Die sewende boek van agt in Francois Bloemhof se Rillers-reeks.

vetseun
Die Dae Toe Ek Elvis Was . 2000/2005 TAFELBERG
ISBN: 9780624038580
ISBN: 9780624043010

In CJ se dorp is dinge vinnig aan die gebeur. Hy soek Charmaine met 'n seer hart. Terwyl hy regmaak om nog 'n keur Elvis te speel. Terwyl hy wonder wat fout is met sy vriend Richard. En sy ma besig is met haar eie dinge.

François Bloemhof het homself bewys as jeugverhaalskrywer met Slinger-slinger. In hierdie ongewone jeugroman is CJ, die hoofkarakter, hardekop, rebels en gek na Elvis. 'n Goeie vriend van hom word vermoor, en sy hele wêreld stort in duie.

vetseun
'n Tweede asem vir Jan A . 2001 HUMAN&ROUSSEAU

Jan Ackerman, 'n finansiële tussenganger, word een oggend op sy drafroete deur 'n onbekende vrou in 'n vuurwa met die grond gelyk gemaak. Stadig maak hy vordering ... of gaan hy agteruit? Hoe kan hy weer inpas by die hegte drie-eenheid van sy gesin?

vetseun
3 Van Die Bestes - Volume 2 . 2001 LAPA UITGEWERS
- Vrou in die maan; As dieregters swyg; Diep moord
François Bloemhof; Peet Venter; ...

3455223
Die Dae Toe Ek Elvis Was . 2000 TAFELBERG
ISBN: 9780624038580
François
Bloemhof het homself bewys as jeugverhaalskrywer met Slinger-slinger.
In hierdie ongewone jeugroman is CJ, die hoofkarakter, hardekop, rebels
en gek na Elvis. 'n Goeie vriend van hom word vermoor, en sy hele wêreld
stort in duie.

vetseun
Kry vir jou, ou Langklou (Rillers) . 2000 HUMAN&ROUSSEAU
Redakteur: Aldré Lategan
ISBN: 9780798140607

"Wat vir Victor as net nog 'n vervelige wintervakansie in die kinderhuis begin, ontaard in 'n nagmerrie toe hy van aangesig tot aangesig kom met die goedige ou tannie wat in die straat af woon. Juffrou Ia de Goede is bekend in die dorp daarvoor dat haar hande vir niks verkeerd staan nie en vir die meeste inwoners beteken dit haar lekker melkterte en ander gebak. Maar Victor vind gou uit wat daardie hande nòg kan doen en hy en sy twee vriende Jenny en Fluitjie sal moet keer voor dit te laat is . . . Die sesde in 'n reeks lekkerlees-rillerstories vir jong lesers. François Bloemhof se Rillers is al twee keer aangewys as wenners en een keer as naaswenner in die jaarlikse ATKV-kompetisie, waar lesers self hulle gunsteling boeke aanwys. Die slag het die spanning 'n paar tikkies humor by - die soort wat jou onkant betrap . ." - storiewerf.co.za

vetseun
Die Speletjie (Rillers) / (eBook) . 1999/2011 HUMAN & ROUSSEAU/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780798155267
ISBN: 9780798155984
(ATKV-prys)

"Wouter is baie bekommerd. Hy moes nooit die speletjie van meneer Grimbeek se rekenaar afgelaai het nie. Kyk net in watter gemors is hy nou.
Dit is 'n moordspeletjie en iemand is reeds onverklaarbaar dood. En noudat dit begin het, kan dit nie gestop word nie - dit soek nuwe bloed. As dit eers jou naam het ...
Wouter en sy vriend, Koekoes, sal vinnig mdet dink aan 'n uitkomkans, anders is dit neusie yerby - nie net vir hulle twee nie, maar vir almal wat hulle hierby ingesleep het." - omslag

vetseun
Klipgooi ........................ 1999 HUMAN&ROUSSEAU
ISBN: 9780798139632

As jy wil weet wat rêrig in die jaar 1983 in Klipgooi gebeur het, mag jy nie hierdie heerlike spannende boek misloop nie! Die dorp Klipgooi lê so 'n klipgooi duskant die grens, in die hartjie van Namakwaland. En dis nou vir jou 'n plek waar die geheime dik loop en in mekaar vloei, en jy sal moet mooi luister wat elkeen vir jou sê as jy wil weet wat rêrig in die jaar 1983 in Klipgooi gebeur het! Veertien karakters vul mekaar aan en weerspreek mekaar, maar almal vertel één storie ...

as Leo Bekker
vetseun
Sprong ......................... 1998 HUMAN&ROUSSEAU

vetseunvetseun
Kamer 13 (Rillers) .. 1998/2012 HUMAN&ROUSSEAU
ISBN: 9780798157612
(ATKV-prys)

Wat gaan in Kamer 13 aan? En hoekom is dit net Bennie wat voel iets is nie reg nie? Wat sal sy ma sê as sy uitvind van die swelsel op sy rug en hoekom is Klitser, sy hond, skielik so anders teenoor hom? En dan is daar die stem in sy kop wat hom snaakse dinge laat doen. Bennie voel hoe hy beheer verloor. Hy sal met iemand moet praat, maar wie? Toe daar nog 'n slagoffer aan die balke van Kamer 13 hang, weet Bennie hy sal iets moet doen - en gou ook. Lekker spannende storie vol bloedstollende kinkels. Ouer trae lesers sal dit ook geniet.
Die sesde boek van agt in François Bloemhof se Rillers-reeks.

vetseunvetseunvetseun
Hostis (boek en klankbaan) ......... 1998 QUEILLERIE
ISBN: 9781874901914
1. Voorspel
2. Drome Van Eendag
3. Parys
4. Cerbelaud
5. Kennis Van Die Swaard
6. Eeu
7. Aria Vir Tenoor En Klavier
8. Windlied
9. Figaro
10. Driespel
11. Eindnoot
12. Dorings Van Die Tyd

vetseun
Die wit huis .................. 1998 PERSKOR
(FNB/Kagiso Prys jeugliteratuur)

vetseun
Nagbesoeker .............. 1997 HUMAN&ROUSSEAU

vetseun
K-TV Holiday Fun ...... 1997 HUMAN&ROUSSEAU

vetseun
Slinger-slinger ........... 1997 TAFELBERG
(Tafelberg/Sanlamprys vir Jeuglektuur)

vetseun
Dinnie Kaboef ............ 1997 JUTA
François Bloemhof; Geoff Walton

vetseun
Die Waterding (Rillers) / (eBook) . 1997/2012 HUMAN&ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798156905
ISBN: 9780798156929
(ATKV-prys)

Dit is weer vakansie op Bloubaai. Maar die sorgvrye tydjie loop ontsettend verkeerd vir Stefan en Lana - en hulle moet baie vinnig antwoorde op 'n paar tergende vrae vind. Wat steek die vervalle ou houthuis aan die voet van die krans weg? Wat het die vrou op die strand so bang gemaak? Wat is die geheimsinnige Bart se rol in die gebeure? En wat is die raaisel van die Ding? Lekker spannende storie vol bloedstollende kinkels. Ouer, trae lesers sal dit ook geniet. Die derde boek van agt in Francois Bloemhof se Rillers-reeks

vetseun
The Water Creature ... 2012 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798156912

Stephen and Alana are once again on holiday in Bluewater Bay. But this year their peaceful stay is cruelly interrupted - and they will have to find answers to some burning questions very, very quickly. What is the story behind the dilapidated wooden house at the foot of the cliff? What has frightened the woman on the beach so badly? What is the mysterious Ross's part in all this? And what is the secret of the Creature? Chilling story with lots of blood curdling surprises. Will also be enjoyed by older reluctant readers. This is the third book of eight in Francois Bloemhof's Chillers series.

vetseun
Mooidraai basuin (Alida Potgieter) . 1997 HUMAN&ROUSSEAU
ontwerp en omslag, François Bloemhof

vetseun
Donkerwoud (Rillers) / (eBook) . 1996/2012 HUMAN&ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798157551
ISBN: 9780798157568

Ouderdomsgroep 9-12: Wat is dit wat Tiaan deur die venster in die bos gesien het en watter geheime hou die muwwe ou huis van hulle eksentrieke tante in? En wat gaan skielik met Rolf aan? Hulle is nou wel 'n tweeling, maar dit beteken nie dat hulle dinge dieselfde ervaar nie - veral as hulle begin agterkom iets in die huis en die donker woud is nie pluis nie. Hoe nader hulle daaraan kom om die geheim te ontrafel, hoe gevaarliker word dit . . . totdat een van hulle se lewe op die spel is.
Lekker spannende storie vol bloedstollende kinkels. Ouer, trae lesers sal dit ook geniet. Die vyfde boek van agt in François Bloemhof se Rillers-reeks.
Wat is dit wat Tiaan deur die venster in die bos gesien het en watter geheime hou die muwwe ou huis van hulle eksentrieke tante in? En wat gaan skielik met Rolf aan? Hulle is nou wel 'n tweeling, maar dit beteken nie dat hulle dinge dieselfde ervaar nie - veral as hulle begin agterkom iets in die huis en die donker woud is nie pluis nie. Hoe nader hulle daaraan kom om die geheim te ontrafel, hoe gevaarliker word dit . . . totdat een van hulle se lewe op die spel is.

vetseunvetseun
Die Vrou Met Die Pers Oog (Rillers) . 1996/2011 HUMAN&ROUSSEAU
ISBN: 9780798155328

Vir ouderdomme 9-12 jaar. Chris en Martie is in 'n nuwe skool, maar van die eerste dag af kom hulle agter alles is nie so gewoon soos dit maar in skole is nie. Hulle nuwe maats begin snaaks optree, en dan is daar die outjie sonder hare en die vreemde biblioteekjuffrou ... Toe hulle stadig maar seker ingetrek word in die eienaardighede, besluit Chris en Martie om ondersoek in te stel - wat hulle in die kloue van die vrou met die pers oog laat beland. Lekker spannende storie vol bloedstollende kinkels.

vetseun
The Lady With The Purple Eye . 2011 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798155335

For ages 9-12 years. Chris and Marley are in a new school, and from the word go they discover that things are not quite the same as in other schools. Their new friends start to behave strangely, not to mention the guy with no hair and that weird library teacher. When they are slowly but surely sucked into a series of disturbing events, Chris and Marley decide to investigate - and end up in the clutches of the lady with the purple eye. A chilling story with lots of blood curdling surprises. Will also be enjoyed by older reluctant readers.

vetseun
Storieboek: belydenisse van 'n mitomaan . 1996 HUMAN&ROUSSEAU

vetseun
Middernagland (Rillers) . 1996 HUMAN&ROUSSEAU

as Leo Bekker
vetseun
Dinge met tande ........ 1995 HUMAN&ROUSSEAU

vetseun
Bloedbroer ................... 1995 TAFELBERG

vetseun
Sakkie en die Toffiewolf . 1994 JUTA

vetseun
Die dom towenaar .... 1994 JUTA

vetseun
Koue Soen ................... 1994 TAFELBERG

vetseun
Die duiwel se tuin ...... 1993 TAFELBERG

vetseun
Die nag het net een oog . 1991 TAFELBERG
(De Kat Debuutprys)

ook :
2006 - Impact - François Bloemhof; D. Mentor, Johan van Lill (NASOU/VIA AFRIKA)
2006 - Rillers-omnibus, illustrasies, Jeanine Muller, (HUMAN&ROUSSEAU)
2006 - Trefkrag - François Bloemhof; D. Mentor, Johan van Lill (NASOU/VIA AFRIKA)
2005 - Trefkrag - François Bloemhof; Johan van Lill, T. Brink (NASOU/VIA AFRIKA)
2004 - Story street: Big Books (NASOU/VIA AFRIKA)
2004 - Storiestraat: Grootboek (NASOU/VIA AFRIKA)
2002 - Bright ideas - François Bloemhof; Johan van Lill (NASOU/VIA AFRIKA)
2002 - Bright ideas: Gr 1 - François Bloemhof; J. Reid, Johan van Lill, J. Wylie (NASOU/VIA AFRIKA)
2002 - Blink gedagtes - François Bloemhof; Johan van Lill (NASOU/VIA AFRIKA)
2002 - Storiestraat - François Bloemhof; J. Reid, Johan van Lill, J. Wylie (NASOU/VIA AFRIKA)
2002 - Spiders in the house (NASOU/VIA AFRIKA)
2002 - A day to celebrate (NASOU/VIA AFRIKA)
2002 - My storiestraat (NASOU/VIA AFRIKA)
2002 - Let's make some changes (NASOU/VIA AFRIKA)
1997 - K-TV Holiday Fun

Tafelberg, Juta, Human & Rousseau, QUEILLERIE


skakels : francoisbloemhof.net : wiki















bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )