

















Fanus Rautenbach (-2011) (Rautenbach, Fanus)

Fanus Onthou En Sebastian Lag in Die Mou . 2009 LAPA UITGEWERS
Fanus Rautenbach is 'n ikoon van die Afrikaanse kultuur en só deel van daardie landskap soos boerewors en rugby. Hy is bekende grapjas, skrywer, en barometer van alles wat snaaks en eg is in Afrikaans. Sy memoir, Fanus onthou, wat pas by LAPA verskyn het, bied 'n tere blik op sy lewe.

Tien Uit Tien ...................... TAFELBERG
Stories en Segoeters van Fanus Rautenbach
saamgestel, Danie Botha
Tien uit tien: Stories en Segoeters van Fanus Rautenbach bevat 'n keur van sy allerbeste oorspronklike vertellings wat gedurende die 1950's in Die Huisgenoot gepubliseer is. Van vermaaklike, spitsvondige stories in die Langenhoven-tradisie tot by sy bekroonde liegstorie "Die vis - en Petrus de Beer" is almal terug te vind in hierdie heerlike humoristiese bundel, saamgestel deur Danie Botha. Met as spesiale toegif ook sy ontroerende dokumenter "Die hemelkinders" wat radiogehore se harte geraak het.


film DVD 87min ............... 2009
"'n Geheime Agent, 'n ryk losbol,
met sy oog vir mooi meisies,
vinnige motors en akkurate vuiswerk!"

Staal Burger ................ 2008 PROTEA BOEKHUIS
"As Staal Burger soggens sy lenige 74 duim in 'n staalgrys pak klere giet en hy knoop sy egte sydas, dan moet julle biele weet ... Daar is omtrent nie 'n filmster of 'n kragreus wat ek nog nie ontmoet het nie, maar langs Staal Burger lyk enigeen van hierdie mannetjies soos 'n brandsiek, maer keffiekat en ek wed jou vir 'n Springbok teen al die beroepsrugbyspelers in Transvaal se span dat nie een van julle ooit eens van Staal Burger gehoor het nie.
Die nimlike Staal Burger is 'n huishoudelike naam sedert hy as dié held in 'n radioreeks tydens die laat 1970's figureer het. Nie Suid-Afrika se 007 nie, nee: hy het voor 007 op die toneel verskyn. Nie so tydloos as 007 nie, nee: tydloser. Staal is 'n baasspeurder (baie privaat!) en (vanselfsprekend) 'n minnaar van formaat. Hy ry 'n swart Panther wat deur die nag snel terwyl Staal deur sy tande fluit en sy vingers liggies op die stuurwiel rus. Hoe anders?" - graffitibooks.co.za

Hele opvoering 2CD ........................ 2006 LITNET
"Hoogtepunte van Flinkveria se tiende verjaarsdag in Bronkhorstbaai",
"Die Bronkhorstbaaifees",
"Fanus se grapplaat",
optredes in onder meer die Kangogrotte,
en geselsies met Simon van de Wildt.

Tiesj: Weerkaatsings vanmelewe . 2002 HEMEL EN SEE BOEKE

Wonderdade Van Staal Burger En Ander Stories . PROTEA BOEKHUIS

se Liewe Oom Draadloos
Briewe van Woepsie ... 1992 LAPA UITGEWERS

Dis Pret Om Padveiligheid Te Leer Met Daantjie Kat LP . 1981 MUSIC FOR PLEASURE
- Rympies Deur Oom Fanus Rautenbach -
Kant Een:
1. Daantjie Vang 'n Skelm
2. Daantjie Word Ontvoer
Kant Twee:
1. Daantjie Kat Kry 'n Nooientjie
2. Daantjie Gaan See Toe


Daantjie Kat LP ............. SRSJ 8050 1977 MUSIC FOR PLEASURE
- Vertel Deur Fanus Rautenbach - Stories vir kinders - Stories vir kinders 3 tot 8 jaar
Kant 1:
1. Daantjie Vang 'n Skelm - MP3 >>>
2. Daantjie Word Ontvoer
Kant 2:
3. Daantjie Kat Kry 'n Nooientjie
4. Daantjie Gaan See Toe
'n Deel van die opbrengs van hierdie plaat gaan aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Kinder- en Gesinsorg (W.O. 79) ten bate van kindersorgdienste aan alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika.
Daanjie Kat is 'n misname diertjie. En afgesien daarvan is hy ook iemand wat ander probeer help - deur gedurig padreëls aan hulle te verduidelik. Oom Fanus Rautenbach is verantwoordelik vir hierdie stories, en hulle kan gerus luister, want daar is so 'n gelukkige einde!

Dertien gelukkige jare - Die verhaal van Flinkveria . 1975
1975 - Waar die die son lag
1975 - Dis my mense dié
1972 - Vandag is Môre se Gister

Staal Burger en Mannetjies de Wet, Avontuur Limpopo . 1970

My voet In 'n Visblik - 'n Stoutbiografie . 1969


Fanus se grapboek ... 1968/1985/1986/1988 JP van der WALT
- Sêgoed vir alle geleenthede
1966-70 - Die Wortel Van Alle Kwaad met Wena Naudé, Marie Tjaden, Miems de Bruin, Cor Nortjé, Verna Vels, skrywer, regisseur, Fanus Rautenbach, CRC Ateljee, Johannesburg (episode 83, hier)
1966 - Staal Burger in warm water, Empie Maritz, T.C. Pienaar, Joan Retief en andere (PERSKOR)

Staal Burger ................ 1963

Lach noch 'n Slach ......


Fanus Se Tweede Grapplaat - Geskors! LP . KLS 395 KRISTAL
Kant Een:
1. Geskors!
Kant Twee:
1. Geskors!
met Simon van de Wildt

Gedoriewaar! LP ............... KLS 385 1975 KRISTAL
- Stories Vir Kinders Van 4 Tot 104 Jaar -


Fanus Se Grapplaat LP .... PSTR 2161 PANORAMA
Kant Een:
1. Fanus Se Tjorrie
2. Fanus Se Stories
Kant Twee:
1. Fanus Vertel
2. Nog Meer Stories

Flinkveriafees LP .................... APL 102 APPLOUS
Kant Een: Die pret van 'n week...
1. Penniefluitjiekwela (Fred Woolridge) Springbok Boere Orkes o.l.v. Theo Erasmus
2. Flinkveria - Vastrap (Trad. Verw. Mynhart) - Nick Oosthuizen En Kleinspan
3. Oom Gert Vat Vir Hom 'n Vrou (Trad. Verw. Mynhart) - Johan Smit
4. Ag, Pa, Koop Vir My 'n Hondjie (Merril, Smit)
Kant Twee: Nog pret...
1. Tahiti (Berking, Strom, De Waal) - Gerry Cloete
2. Fools Rush In (Mercer, Bloom) - Gerry Cloete
3. Words (Gibb) - Seinregiment o.l.v. Kmd. Markus Nortjé
4. Jan Ghamka (Trad. Verw. Hayden) - Jakkie En Jannie
5. Al Lê Die Berge Nog So Blou (Trad. Verw. Mynhart) - Presidentsvyftal
Danie Pretorius


Sjeef By Die Koffie / Vrystaat 7" . 45P 250 PÊREL
Kant Een:
1. Sjeef By Die Koffie (Somebody Bad Stole De Wedding Bell) (Hilliard, Mann) woorde deur Fanus Rautenbach, I.D. van der Walt
Kant Twee:
1. Vrystaat (D. Pretorius)
skakels :