Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Fanie Viljoen .co.za (Viljoen, Fanie)
vetseun
Nova ............................ 2013
ISBN: 9780799361124

Niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oë die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook daar, in daardie laboratoriums, jare gelede. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale ...
Nothing will ever be the same again. Lucas knows the secrets of Nova Unit. He saw with his own eyes the experiments in the laboratories: the monster people, the aliens in the tanks. And he now understands where he and his friends got their special powers from. They were also there, in those laboratories, years ago. They were experiments. The only difference is, they were the successful ones.

vetseun
Betower (eBook) ......... 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799354881
ISBN: 9780799358001

Nadia het 'n geheim. En hierdie geheim is die rede waarom sy by haar ouma in Magoebaskloof moet gaan bly. Hier ontmoet sy vir Poenk. Bos-Poenk. Geheimsinnige Poenk. Poenk wat haar leer hoe paddaeiertjies ruik. Wat haar wys dat daar kleure soos ritselgroen, bangmaakgroen, fluistergroen, kieliegroen en flikkergroen bestaan. Poenk wie se naam sy oor en oor in haar huiswerkboek skryf. Wat vir haar gedigte lees en vir haar sprokies vertel. Poenk wat self 'n geheim in hom ronddra. Betower bied, deur die gebruik van treffende en beeldende taal, ontvlugting aan die leser in 'n boeiende, broeiende verhaal met interessante ruimtes en met ongewone randfiguur-karakters. Dit is 'n storie oor foute en vergifnis, veral teenoor jouself.

vetseun
Bladsak (Onderwysersgids/Leerderboek) . 2012 BEST BOOKS
Fanie Viljoen; Belinda Prinsloo; Heleen Stevens; Riens Vosloo; Willem van der Merwe; Leon van Nierop
ISBN: 9781770028739
ISBN: 9781770028722

Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou kan jy dit albei in die Afrikaanse klas doen! Bladsak Graad 11 is 'n cool boek. Jy aan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy na die tweede DVD van "Mandela-rylaan se stories" kyk - ons eie TV-sepie en wat spesiaal vir jou as leerder wat Afrikaans neem as Eerste Addisionele Taal, verfilm is. Behalwe kyk, gaan jy ook 'n lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure in verskillende sosiale situasies kommunikeer; vir begrip en pure genot interessante tekste lees; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer oor die sepie en ander funky onderwerpe; noukeurig en krities na taalgebruik luister; taalstrukture deeglik hersien en foutloos gebruik; splinternuwe woorde en sinne gebruik; heelwat transaksionele tekste beplan en skryf; gereeld assessering van jou eie of jou maat se werk doen; deeglik vir die eksamen voorberei aan die hand van die Taalgids en Letterkundegids. Bladsak Graad 11 bevat omvattende, geintegreerde aktiwiteite wat propvol interessante idees en uitdagings is. Alles wat jy moet verstaan en ken om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieende vaandels te slaag, is in hierdie boek saamgevat. Geniet hierdie Bladsak-leerervaring!

vetseun
Die Geheim Van Die Kroonsteen . 2012 BEST BOOKS
ISBN: 9781770029002

Alet en Vernon droom nog oor die geld wat dalk in die geheime skatkis le. Maar hulle kry 'n verrassing toe hulle die skatkis oopmaak ... Wie loer die kinders af? Wie is die Dapper Drie? Wat is die kroonsteen en watter geheim is daarin opgesluit? Die geheim van die kroonsteen is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en nie-fiksie leesstof insluit. Boek 1 is 'n vervolgverhaal en sluit die volgende leesboeke in: Die kaart van lank gelede - Vlak 1 (Graad 4); die geheim van die kroonsteen - Vlak 2 (Graad 4); die kroon van die aarde - Vlak 3 (Graad 5); die kroon van die hemel - Vlak 4 (Graad 5); die kroon van die water - Vlak 5 (Graad 6); die kroon van die mense - Vlak 6 (Graad 6).

vetseun
Die Kaart Van Lank Gelede . 2012 BEST BOOKS
ISBN: 9781770028999

Alet Swart en haar ouers trek na die kusdorpie, Kroongolf. Sy ontdek 'n geheime kaart in die nuwe huis. Maar waarheen sal die kaart haar lei? En kan sy vir Vernon vertrou om haar te help? Die kaart van lank gelede is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en nie-fiksie leesstof insluit. Boek 1 is 'n vervolgverhaal en sluit die volgende leesboeke in: Die kaart van lank gelede - Vlak 1 (Graad 4); die geheim van die kroonsteen - Vlak 2 (Graad 4); die kroon van die aarde - Vlak 3 (Graad 5); die kroon van die hemel - Vlak 4 (Graad 5); die kroon van die water - Vlak 5 (Graad 6); die kroon van die mense - Vlak 6 (Graad 6).

vetseun
Die Kroon Van Die Hemel . 2012 BEST BOOKS
ISBN: 9781770029026

Die Dapper Drie - Alet, Vernon en Nathi - moet kopkrap wanneer vreemde goed in Kroongolf gebeur. Juffrou Floors se vinger verander in 'n boorpunt. Vernon se buurman vind 'n nuwe manier om sy gras te sny. En Anila raak weg. Die wrede Walg se finale aanslag teen Kroongolf het begin! Die slag gebruik hy die Mensekroon om Kroongolf te vernietig. Nee wag, Walg se planne het verander. En nou sal dit beslis werk ... Sal die Dapper Drie staande bly teen die gevaar wat nou dreig? Sal hulle die Mensekroon in die hande kan kry? En sal hulle vir Walg finaal kan oorwin? Die kroon van die mense is een van die titels in die KABV-goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Boek 1 is 'n vervolgverhaal en sluit die volgende leesboeke in: Die kaart van lank gelede - Vlak 1 (Graad 4); Die geheim van die kroonsteen - Vlak 2 (Graad 4); Die kroon van die aarde - Vlak 3 (Graad 5); Die kroon van die hemel - Vlak 4 (Graad 5); Die kroon van die water - Vlak 5 (Graad 6); Die kroon van die mense - Vlak 6 (Graad 6).

vetseun
Die Kroon Van Die Mense . 2012 BEST BOOKS
ISBN: 9781770029040

Die Dapper Drie - Alet, Vernon en Nathi - moet kopkrap wanneer vreemde goed in Kroongolf gebeur. Juffrou Floors se vinger verander in 'n boorpunt. Vernon se buurman vind 'n nuwe manier om sy gras te sny. En Anila raak weg. Die wrede Walg se finale aanslag teen Kroongolf het begin! Die slag gebruik hy die Mensekroon om Kroongolf te vernietig. Nee wag, Walg se planne het verander. En nou sal dit beslis werk ... Sal die Dapper Drie staande bly teen die gevaar wat nou dreig? Sal hulle die Mensekroon in die hande kan kry? En sal hulle vir Walg finaal kan oorwin? Die kroon van die mense is een van die titels in die KABV-goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Boek 1 is 'n vervolgverhaal en sluit die volgende leesboeke in: Die kaart van lank gelede - Vlak 1 (Graad 4); Die geheim van die kroonsteen - Vlak 2 (Graad 4); Die kroon van die aarde - Vlak 3 (Graad 5); Die kroon van die hemel - Vlak 4 (Graad 5); Die kroon van die water - Vlak 5 (Graad 6); Die kroon van die mense - Vlak 6 (Graad 6).

vetseun
Die Kroon Van Die Water . 2012 BEST BOOKS
ISBN: 9781770029033

Die Dapper Drie se skubaduiklesse vorder uitstekend. Maar dan, een aand, sien hulle iets aardig terwyl hulle die duiktoerusting bere . . . Die swembad se water skuif weg en 'n opening verskyn op die bodem. Twee duikers klim uit die tonnel onder die swembad. Die Dapper Drie moet ondersoek instel. Maar waarheen sal die tonnel hulle lei? Sal hulle staande bly teen Walg se volgende aanslag? En sal hulle die Waterkroon in die hande kan kry? Die kroon van die water is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en nie-fiksie leesstof insluit. Boek 1 is 'n vervolgverhaal en sluit die volgende leesboeke in: Die kaart van lank gelede - Vlak 1 (Graad 4); Die geheim van die kroonsteen - Vlak 2 (Graad 4); Die kroon van die aarde - Vlak 3 (Graad 5); Die kroon van die hemel - Vlak 4 (Graad 5); Die kroon van die water - Vlak 5 (Graad 6); Die kroon van die mense - Vlak 6 (Graad 6).

vetseun
Kroon Van Die Aarde ....... 2012 BEST BOOKS
ISBN: 9781770029019

Die nuwe Dapper Drie - Alet, Vernon en Nathi - moet uitvind waar die skielike aardbewing vandaan kom wat Kroongolf ruk. Maar dit is glad nie so maklik nie. Een van hulle moet 'n vriendskap aanknoop met Gideon en Mandla. Uiteindelik wag daar baie gevaar, verraad en spannende oomblikke op die Dapper Drie. Sal Gideon en Mandla die Dapper Drie kan lei na die Aardkroon? Sal die Dapper Drie vir die wrede Walg kan oorwin en die Aardkroon in die hande kry? Die kroon van die aarde is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Boek 1 is 'n vervolgverhaal en sluit die volgende leesboeke in: Die kaart van lank gelede - Vlak 1 (Graad 4); Die geheim van die kroonsteen - Vlak 2 (Graad 4); Die kroon van die aarde - Vlak 3 (Graad 5); Die kroon van die hemel - Vlak 4 (Graad 5); Die kroon van die water - Vlak 5 (Graad 6); Die kroon van die mense - Vlak 6 (Graad 6).

vetseun
Leeus Met Letsels / (eBook) . 2012 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798157001
ISBN: 9780798157841

Buyi voel soos 'n vreemdeling in London - die plek waar hy gebore is en grootgeword het. Maar toe hy vir die soveelste keer moeilikheid by die skool optel, besluit sy ma hy moet by sy pa, wat hy nooit geken het nie, in 'n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar ook hier voel hy nie tuis nie, veral omdat hy en sy bombastiese pa van dag een af nie oor die weg kom nie en die plek vol vreemde bedreigings is. Hy kom gou agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese diere nie, maar ook gevaar. 'n Mensvreter-leeu sluip in die wildreservaat rond op soek na sy volgende prooi... Hoe gaan die avontuurlike André en saggeaarde Simoshile hom uiteindelik help om die letsels wat die leeu agterlaat, maar ook dié in hy hart, verwerk?

vetseun
Nog 13 Spookstories / (eBook) . 2012 LAPA UITGEWERS
Fanie Viljoen, François Bloemhof, Jaco Jacobs
ISBN: 9780799355109
ISBN: 9780799358896

Het jy senuwees van staal? Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te lê en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou! Hierdie splinternuwe versameling bevat nóg 13 verhale wat jou bloed yskoud sal laat word. So, maak toe die vensters, klim in jou bed... en maak gereed om die gedaantes te ontmoet wat snags in die donker ronddwaal.

vetseun
13 Spookstories (eBook) / (eBook) . LAPA
François Bloemhof, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen
ISBN: 9780799347883
ISBN: 9780799347647

Glo jy in spoke? Is daar regtig allerlei bangmaakgoed wat in die nag rondloop? Maak dig toe die gordyne, kom in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers... en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!
Maak dig toe die gordyne, kom in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers... en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!

vetseun
Nova / (eBook) .................. 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351361
ISBN: 9780799354904
ISBN: 9780799358063
ISBN: 9780799346756

Terwyl Lucas en sy vriende probeer om Ayanda se dood te verwerk, word hulle gekonfronteer met vreemde gebeure: 'n misterieuse bol lig, so groot soos'n rugbybal, hang in die donker buite Brandon-hulle se huis; 'n massiewe swart trok ry Nova se strate binne en verdwyn in die Hok. Die skool word ook skielik ontruim wanneer 'n vuur uitbreek en dele van die skool ontplof. Al die leerders en onderwysers soek skuiling in 'n ondergrondse bunker. Om sake te vererger vertel Lucas se ma vir hom'n geheim... Dit keer sy hele wêreld om en hy kan nie help om anders na homself en sy vriende te kyk nie. Wanneer Duart uitvind van die geheim, kom daar 'n breuk in sy en Lucas se vriendskap. Wanneer hulle toegesluit word in 'n klein, leë stoorkamer binne die Hok, breek daar selfs 'n rowwe stoeigeveg uit tussen die twee.

vetseun
Stories Vir Lekker Lees ... 2012 BEST BOOKS
ISBN: 9781770029101

Stories Vir Lekker Lees (Vlak 6) is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Stories vir lekker lees bevat verskeie soorte kort literere tekste soos kortverhale, mites, fabels, sprokies, vertellings, dramas, hoorspele, fotoverhale, ensovoorts. Die begeleidende vrae, woordverklarings en taal pret het ten doel om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit sodat leerders begrip, genot en waardering vir die Afrikaanse letterkunde kan ontwikkel terwyl hulle ook hul leesvaardigheid bevorder. Die Boek 2-reeks bevat ses bundels: Stories vir lekker lees - Vlak 1 (Graad 4); Stories vir lekker lees - Vlak 2 (Graad 4); Stories vir lekker lees - Vlak 3 (Graad 5); Stories vir lekker lees - Vlak 4 (Graad 5); Stories vir lekker lees - Vlak 5 (Graad 6); Stories vir lekker lees - Vlak 6 (Graad 6).

vetseun
Stories Vir Lekker Lees ... 2012 BEST BOOKS
ISBN: 9781770029095

Stories Vir Lekker Lees (Vlak 5) is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Stories vir lekker lees bevat verskeie soorte kort literere tekste soos kortverhale, mites, fabels, sprokies, vertellings, dramas, hoorspele, fotoverhale, ensovoorts. Die begeleidende vrae, woordverklarings en taal pret het ten doel om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit sodat leerders begrip, genot en waardering vir die Afrikaanse letterkunde kan ontwikkel terwyl hulle ook hul leesvaardigheid bevorder. Die Boek 2-reeks bevat ses bundels: Stories vir lekker lees - Vlak 1 (Graad 4); Stories vir lekker lees - Vlak 2 (Graad 4); Stories vir lekker lees - Vlak 3 (Graad 5); Stories vir lekker lees - Vlak 4 (Graad 5); Stories vir lekker lees - Vlak 5 (Graad 6); Stories vir lekker lees - Vlak 6 (Graad 6).

vetseun
Stories Vir Lekker Lees ... 2012 BEST BOOKS
ISBN: 9781770029088

Stories Vir Lekker Lees (Vlak 4) is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en nie-fiksie leesstof insluit. Stories vir lekker lees bevat verskeie soorte kort literere tekste soos kortverhale, mites, fabels, sprokies, vertellings, dramas, hoorspele, fotoverhale, ensovoorts. Die begeleidende vrae, woordverklarings en taal pret het ten doel om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit sodat leerders begrip, genot en waardering vir die Afrikaanse letterkunde kan ontwikkel terwyl hulle ook hul leesvaardigheid bevorder. Die Boek 2-reeks bevat ses bundels: Stories vir lekker lees - Vlak 1 (Graad 4); Stories vir lekker lees - Vlak 2 (Graad 4); Stories vir lekker lees - Vlak 3 (Graad 5); Stories vir lekker lees - Vlak 4 (Graad 5); Stories vir lekker lees - Vlak 5 (Graad 6); Stories vir lekker lees - Vlak 6 (Graad 6).

vetseun
Stories Vir Lekker Lees ... 2012 BEST BOOKS
ISBN: 9781770029071

Stories Vir Lekker Lees (Vlak 3) is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Stories vir lekker lees bevat verskeie soorte kort literere tekste soos kortverhale, mites, fabels, sprokies, vertellings, dramas, hoorspele, fotoverhale, ensovoorts. Die begeleidende vrae, woordverklarings en taal pret het ten doel om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit sodat leerders begrip, genot en waardering vir die Afrikaanse letterkunde kan ontwikkel terwyl hulle ook hul leesvaardigheid bevorder. Die Boek 2-reeks bevat ses bundels: Stories vir lekker lees - Vlak 1 (Graad 4); Stories vir lekker lees - Vlak 2 (Graad 4); Stories vir lekker lees - Vlak 3 (Graad 5); Stories vir lekker lees - Vlak 4 (Graad 5); Stories vir lekker lees - Vlak 5 (Graad 6); Stories vir lekker lees - Vlak 6 (Graad 6).

vetseun
Stories Vir Lekker Lees ... 2012 BEST BOOKS
ISBN: 9781770029064

Stories Vir Lekker Lees (Vlak 2) is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Stories vir lekker lees bevat verskeie soorte kort literere tekste soos kortverhale, mites, fabels, sprokies, vertellings, dramas, hoorspele, fotoverhale, ensovoorts. Die begeleidende vrae, woordverklarings en taal pret het ten doel om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit sodat leerders begrip, genot en waardering vir die Afrikaanse letterkunde kan ontwikkel terwyl hulle ook hul leesvaardigheid bevorder. Die Boek 2-reeks bevat ses bundels: Stories vir lekker lees - Vlak 1 (Graad 4); Stories vir lekker lees - Vlak 2 (Graad 4); Stories vir lekker lees - Vlak 3 (Graad 5); Stories vir lekker lees - Vlak 4 (Graad 5); Stories vir lekker lees - Vlak 5 (Graad 6); Stories vir lekker lees - Vlak 6 (Graad 6).

vetseun
Stories Vir Lekker Lees ... 2012 BEST BOOKS
ISBN: 9781770029057

Stories Vir Lekker Lees (Vlak 1) is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Stories vir lekker lees bevat verskeie soorte kort literere tekste soos kortverhale, mites, fabels, sprokies, vertellings, dramas, hoorspele, fotoverhale, ensovoorts. Die begeleidende vrae, woordverklarings en taal pret het ten doel om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit sodat leerders begrip, genot en waardering vir die Afrikaanse letterkunde kan ontwikkel terwyl hulle ook hul leesvaardigheid bevorder. Die Boek 2-reeks bevat ses bundels: Stories vir lekker lees - Vlak 1 (Graad 4); Stories vir lekker lees - Vlak 2 (Graad 4); Stories vir lekker lees - Vlak 3 (Graad 5); Stories vir lekker lees - Vlak 4 (Graad 5); Stories vir lekker lees - Vlak 5 (Graad 6); Stories vir lekker lees - Vlak 6 (Graad 6).

vetseun
Oe la la, Lulu (eBook) ....
Illustrasie: Elsbeth Eksteen
ISBN: 9780799361896

Vergeet van wiskunde en skoolwerk! Lulu wil 'n modeontwerper word. Niks maak haar gelukkiger as om fantastiese ontwerpe in haar tekenboek te skets nie. Eendag gaan haar klere nog op die loopplanke van Parys en Milaan pryk - wag maar! Maar die tweeling Alex en Alet voel vere vir Lulu se ontwerpe en haar groot toekomsdrome. Hulle spot net met haar en laat haar gedurig in die moeilikheid beland. Asof dit nie genoeg is nie, gryp 'n wegholbrak een middag ná skool Lulu se kosbare sketsboek en hardloop daarmee weg. Maar dit is net die begin van 'n holderstebolder-avontuur met 'n hondetrourok, 'n beroemde aktrise en meters en meters van die allermooiste materiaal!

vetseun
Scarred Lions (eBook) ... RANSOM PUBLISHING
ISBN: 9781781271698

Part of the Cutting Edge series, Scarred Lions, is a gritty, honest and hard-hitting quick read for teens and young adults who find conventional fiction irrelevant to them or too hard to read. Buyisiwe feels like a stranger in the place where he grew up. He simply cannot shrug off the feeling of dread following him through the streets of London. And then he receives the terrible news. His mother can't take care of him anymore; he has to go and live with his estranged father, Themba, in Africa. Africa is not what Buyisiwe expected it to be. It is a place of great beauty and splendour, magnificent animals and terrible danger. And now a scarred, man-eating lion prowls the game reserve, waiting for his next victim. The hunt is on. Who will survive? And will Buyisiwe finally find a place where he really belongs? The Scarred Lions is a moving story about alienation and the magic of friendship. The fast-moving, character-focused narrative delves right to the heart of a tougher side of life. Packed with drama and adventure from one page to the next, readers will be truly compelled by this gripping and satisfying story. Carefully chosen fonts, simple layout and controlled vocabulary help carry readers from beginning to end without any hint of chore-factor creeping in.

vetseun
Slym: Die Wêreld Se Heel Eerste Wurm In 'n Padda Konsert (eBook) . LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799359909

Betree'n towerwêreld van vriendskap en pret! In die eerste boek in die Geheime Koninkryk-reeks ontmoet ons vir Janie, Bianka en Tamsin - drie maats wat onafskeidbaar is. Op 'n dag ontdek hulle 'n towerkissie wat hulle wegvoer na 'n fantastiese wêreld!
Kan die maats vir Trixi die feetjie help om koning Kieliebaard se 1000ste verjaardagpartytjie van koningin Gorina se aaklige weerligstraal te red?

vetseun
Spring / (eBook) .............. LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799360004
ISBN: 9780799362275

Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beïndruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red? Rudi en Steven maak 'n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om 'n meisie te probeer beïndruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube. Hulle kry selfs 'n bynaam - die Vidiote. Maar dan ontmoet hulle vir Marco. Marco het planne. Opwindende planne. Gevaarlike planne. Planne om die Vidiote se toertjies beter en waaghalsiger te maak. En dan loop dinge skeef ...

vetseun
Grilbrigade .................. 2011 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798156240

Wie is Tom regtig? wonder Buks. 'n Mens bars tog nie sommerso by mense se huise in om monsters te vang nie. Hy kyk na die netjiese rooi uniform. Tom dra ook 'n rugsak. 'n Ronde kenteken op die sak vang Buks se oog. Grilbrigade staan op die teken. Is dit iets soos 'n polisie-eenheid wat monsters vang . . .? Drie lekker grillerige stories waarin Buks die Grilbrigade help om van monsters, spoke, zombies, en allerhande nare goed ontslae te raak, maar nie sonder 'n paar benoude oomblikke nie.

vetseun
Klou .............................. 2011 LAPA UITGEWERS
- 'n Superheld Met Kolle
ISBN: 9780799349849

Klou die luiperd is sommer baie in sy skik. Die mantel wat hy gekry het, lyk nes 'n regte superheld s'n. En wat doen superhelde? Hulle werk is tog om ander te help! Daarom bind Klou die mantel om sy skouers en gaan soek iemand wat hulp nodig het. Ienie, Mienie, Maainie en Mou is vier meerkatte wat vir 'n arend vlug. "Ek moet die meerkatte gaan red!" se Klou hard vir homself. "Ek is Super-Klou!" Maar sal Klou die meerkatte kan red ... of sal hulle hom op die ou end moet help?

vetseun
Nova 2 ................................. 2011 LAPA UITGEWERS
- Vuurdoop
ISBN: 9780799349740

In Nova: Die Begin is Lucas en sy vriende op skrikwekkende wyse na 'n VVV weggevoer. Hulle het ontsnap en nou keer alles weer terug na normaal. Of so dink Lucas ... Hulle mediese toetse wys dat alles piekfyn is, maar dan waag Lucas dit om vir sy pa te vertel wat in die VVV met hulle gebeur het: "Die aliens het ons vasgemaak op tafels, Pa. Hulle het 'n sny in my kop gemaak ... Daar was bloed. Ek kon dit voel afloop teen my slape. Ek was nog nooit so bang nie."

vetseunvetseunvetseunvetseun
Nova ............................. 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799349801

Iets is nie pluis in die dorpie Nova nie. Wat is die vreemde ligte wat Lucas en die res van sy gesin een aand sien? Waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte waarmee hulle agter hoe heinings besig is? En wat is die glibberige swart ding wat Lucas in die rivier gesien het? Voor hy sy oe uitvee, word Lucas en sy vriende deel van 'n wilde avontuurrit vol tergende en gevaarlike raaisels. Hierdie is die eerste in 'n nuwe wetenskapfiksie-reeks wat aanhangers sal laat smeek vir meer!

vetseun
Mindf**k / (eBook) ...... 2010 RANSOM PUBLISHING
ISBN: 9781841679945
ISBN: 9781781271667

Chris Burns, and his friends - Kerbs and Sky Eyes - take to the road, heading for the MindF**k rock festival. Along the way they pick up the gorgeous Partygirl. Burns and Partygirl connect immediately. But on the first night, while the rockmusic blasts from the stage, something unexpected happens.
Set in South Africa, MindF**k is a powerful, disturbing, and at times frightening story. Chris Burns, and his friends - Kerbs and Sky Eyes - take to the road, heading for the MindF**k rock festival. Along the way they pick up the gorgeous Partygirl. Burns and Partygirl connect immediately. But on the first night, while the rockmusic blasts from the stage, something unexpected happens - Burns' world gets turned on its head as one of the boys emerges from the tent with blood on his hands. MindF**k is a real page-turner. The gripping, character-focused, first-person narrative delves right to the heart of a life on-the-edge and virtually out of control. Gritty, hard-hitting, and often shocking, it is packed with drama, emotion, suspense and intrigue from one page to the next. And there is a serious sting in the tail. MindF**k is part of the Cutting Edge series: fast-paced, quick reads for teens and young adults looking for fiction which chimes with their perspective on life.

vetseun
Kaptein Hamerkophaai . 2009 TAFELBERG
ISBN: 9780624045441

Al ooit gewonder wat sal gebeur as jy die domste vraag waaraan jy kan dink in die klas vra? Zelda, die boelie in Devon se klas, het hom uitgedaag om dit te doen en die volgende oomblik het Kaptein Hamerkophaai - seerower, sakkeroller, stranddief, vrybuiter, bedrieer en plunderaar van formaat - sy verskyning gemaak! Hy is saam met Devon huis toe, en het die volgende dag by die skool vir groot chaos gesorg, veral toe sy aartsvyand, Kwartiermeester Tierhaai, en sy trawante ook opdaag. . .

vetseun
Slym .................................... 2009 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799345513

Daar gebeur nooit iets opwindends met wurms nie. Hulle kruip maar meestal op die grond rond op soek na iets om te eet. Of hulle seil teen 'n boomstam op om aan vars blare te kou. Wanneer twee wurms mekaar toevallig raakseil, praat hulle ook maar min. Die een sal dalk vra: "Wat doen jy vandag?" En die ander een sal antwoord: "Niks, en jy?" "Niks." En dit is ook so. Niks gebeur ooit met wurms nie. Maar daar is altyd 'n uitsondering...

vetseun
Slym En Die Beker Van Geluk / (eBook) . 2009 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799345025
ISBN: 9780799359923

Koning Kwaak, die paddakoning, kom Paddavlei toe! En hy bring boonop die Beker van Geluk saam. Enigiemand wat daaruit drink, sal sewe jaar lank dolgelukkig wees. Slym en die paddas in juffrou Plat Anna se klas kan nie wag om te sien wie gekies gaan word om uit die beker te drink nie. Maar dan gebeur 'n vreeslike ding ...

vetseun
Stories Vir Lekker Lees ... 2009 BEST BOOKS
ISBN: 9781770021969

Stories Vir Lekker Lees (Vlak 6), een van die titels in die splinternuwe Kroonsteen-reeks, bevat verskeie soorte kort literere tekste soos kortverhale, mites, fabels, sprokies, vertellings, dramas, hoorspele, ensovoorts.

vetseun
Stories Vir Lekker Lees ... 2009 BEST BOOKS
ISBN: 9781770021921

Stories Vir Lekker Lees (Vlak 2), een van die titels in die splinternuwe Kroonsteen-reeks, bevat verskeie soorte kort literere tekste soos kortverhale, mites, fabels, sprokies, vertellings, dramas, hoorspele, ensovoorts.

vetseun
Klits Kronkel En Die Swart Jakkals / (eBook) . 2008 HUMAN & ROUSSEAU/MEDIA24 BOOKS
Illustrasie: Diek Grobler
ISBN: 9780624046547
ISBN: 9780624052296

Die tweede avontuur waarin die aweregse speurder Klits Kronkel 'n misterieuse verdwyning moet oplos.
Die ou gryse, Horrelpyp, verdwyn, en Klits moet hom opspoor. 'n Geheimsinnige teken verskyn telkemale, en dit lei uiteindelik na die Swart Jakkals, volgens oorlewering 'n legende wat ontstaan het op die dorpie Floetervoet - maar is dit werklik net 'n legende? Toe dertig kinders uiteindelik uit Floetervoet verdwyn, raak sake ernstig. In sy finale geveg teen die Swart Jakkals moet Klits sy eie vrese konfronteer voordat die vrede herstel kan word.

vetseun
Onderwêreld / (eBook) . 2008 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624052319

Onderwêreld is die Silwer wenner in vanjaar se Sanlam-prys vir Jeuglektuur in die kategorie vir Afrikaans.
Die verhaal speel af by 'n elite privaat seunskool waar Greg Owen hoofseun is en Ekhardt, 'n buitestander, in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm 'n band tussen die twee seuns. Ekhardt erken dat hy 'n voortreflike rekenaar hacker is en lei Greg in die geheime van die onderwêreld in wat hom, onwillekeurig, in 'n gevaarlike avontuur intrek. Met Ekhardt se skielike en geheimsinnige verdwyning, begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, bevraagteken.Ekhardt se verdwyning betrek Greg op twee vlakke - as moontlike verdagte en later as blootlegger van 'n gevaarlike ondergrondse projek waarin sy skoolhoof en - ook sy pa - betrek word. Dit lei tot die ontbloting van Ekhardt se ware identiteit en skep 'n geleentheid tot groter eerlikheid in onderlinge verhoudinge in Greg se ouerhuis. - graffitibooks.co.za

vetseun
Petra Pienk se Piesangbrood . 2008 HUMAN & ROUSSEAU

'n Paar koppies meel en suiker, 'n blertsie botter, eiers, 'n teelepel of wat vanieljegeursel, bakpoeier, sout en natuurlik ... piesangs. Varses - nie vrottes nie! O ja, en ... sjuu-uut ... 'n geheime bestanddeel. Al hierdie goed beland in Petra Pienk se gewilde piesangbrood. Maar as sy weer sien, verdrink sy amper in piesangbrooddeeg. Iemand probeer boonop haar resep in die hande kry, net om uit te vind wat die geheime bestanddeel is en hoekom die piesangbrode skielik soos soetkoek verkoop. Wil jy ook weet wat maak Petra se piesangbrood so gewild?

vetseunvetseun
Miserella ...................... 2007 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798148955

"Maar hoekom word Miserella en Juvenis teen hulle sin in die kasteel aangehou en moet hulle so hard werk? En hoekom slaap hulle in die dag en is in die nag wakker? Watter geheime lê opgesluit in die Dier wat om die kasteel sluip en die snaakse misrook in die kasteel se gange? En wat gaan gebeur as hulle nare oom Mortallus eendag uit die as opstaan? Wie is Carlo, die jong man wat Miserella se hart vinniger laat klop? Lees hierdie lekker tonekrul-Gotiese roman vol humor, spanning en romanse, en vind al die geheime uit. Die boek is gemik op tieners en jong volwassenes." - kalahari.net

vetseun
Klits Kronkel en die Vlammende Swaard . 2007 TAFELBERG

"Klits kronkel is 'n privaat speurder, opgelei in elke denkbare soort gevegskuns. Sy groot begeerte is om eendag teen 'n draak te staan te kom. Waarom hy hom dan besimpeld skrik vir sy eie kat?

Ontmoet Kits Kronkel. Speurder Kits Kronkel. En sy assistent, juffrou Splinter, sy kat Japtrap, die tegniese tegnikus Blitz Vinnig, die wyse gryse Horrelpyp en die reus Pekel." - storiewerf.co.za

vetseun
Slym en die Gogga-sirkus / (eBook) . 2007 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799338928
ISBN: 9780799359916

Die gogga-sirkus is hier! Slym en die paddas in juffrou Plat Anna se klas is baie opgewonde oor die pragtige rooi-en-wit sirkustent. Daar is slakke wat suigstok-toertjies doen, sprinkane baljaar op trampolines en die krieke oefen vir die sirkus-simfonie. Maar iewers sluip 'n skelm met bose planne rond ... Sal slym en sy beste vriend, Paddavoet, 'n plan kan maak voordat dit te laat is?
Op 'n dag ontdek hulle 'n towerkissie wat hulle wegvoer na 'n fantastiese wêreld! Kan die maats vir Trixi die feetjie help om koning Kieliebaard se 1000ste verjaardagpartytjie van koningin Gorina se aaklige weerligstraal te red?

vetseun
Geraamte in die klas . 2006 HUMAN & ROUSSEAU

"In titel vertel een van my leerders, Stephan, hoe hy en sy vriend, Cobus, vir my, juffrou Beneke, per ongeluk in 'n geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie." - kalahari.net

vetseun
Spoke en ander gruwelike goed . 2005 HUMAN & ROUSSEAU
illustrasies, Jeanine Henning

2005 08 20, Zula Bar, CT Fokofpolisiekar stel 2 boeke bekend BreinBliksem - Fanie Viljoen Nie vir Kinders Nie - François Bloemhof

"Daar is rêrig goed soos spoke en zombies en vampiere en dooie dinge wat in die donker rondsluip ... Dit is hulle wat die hare op jou vel laat regop staan. Wat jou laat omkyk as jy alleen in die donker loop. En dis hulle wat jou drome kan omtower in 'n nagmerrie!
So sê die skrywer van hierdie lekker boek vol grillerige stories, en hy wéét, want hy het al 'n spook gevang. Maar wees gewaarsku - hierdie boek is nie vir sissies nie. So skakel al die ligte in die huis aan, maak seker die vensters is dig toe en al die deure gesluit - eers dan kan jy begin lees!" - kalahari.net

vetseun
BreinBliksem .............. 2005 TAFELBERG

"Sanlam-pryswenner GOUD
Wenner van die M.E.R.-prys vir Jeugliteratuur 2006
"Ek maak vir jou die hel oop," lees die SMS wat Chris Burns een reënerige aand in Bloemfontein aan sy pêl Kerbs stuur. Net 'n vingerfout, maar in die loop van die volgende paar dae word dit 'n afgryslike werklikheid. Burns help vir Kerbs om by sy ma se motor in te breek. Die goed wat hulle steel, gaan verkwansel Kerbs by 'n pandjieswinkel - hulle het die geld nodig vir die BreinBliksem-rockfees wat by die Allemanskraaldam gehou gaan word. 'n Paar dae voor die konsert kry Sky Eyes, hulle ander pêl, 'n epileptiese aanval in die Die Mystic Boer. Maar Burns weet dadelik dit was méér as net 'n aanval - hy ken vir Sky, hy kan dit in sy oë sien. En dit is ook so - Sky sê hy't bloed gesien, hulle moet wegbly van BreinBliksem af. Tog vat die drie die N1 Noord na BreinBliksem. Langs die pad tel hulle vir Partygirl op. Sy is ook op pad na die rockfees. Burns en Partygirl "connect" dadelik. Later die aand, alleen in hulle tent, stroop hulle mekaar se klere van hul lywe af terwyl die rock-musiek om hulle weerklink en vasslaan in die vertes. Maar dan gebeur daar iets wat Burns se vertroue in sy pêlle onomkeerbaar skaad en sy hele wêreld op sy kop keer. Want een van hulle kom daardie aand uit die tent met bloed aan sy hande ... En niks is ooit weer dieselfde nie. 'n Voortstuwende Afrikaanse leeservaring wat lesers - jonk en oud - gaan "breinbliksem". "Verfrissende 'hard core'-styl tref" (Die Burger, 15 Oktober 2005). " - kalahari.net

vetseunvetseun
Slym ............................. 2004 LAPA UITGEWERS

" Daar gebeur nooit iets opwindends met wurms nie. Hulle kruip maar meestal op die grond rond op soek na iets om te eet. Of hulle seil teen 'n boomstam op om aan vars blare te kou.
Wanneer twee wurms mekaar toevallig raakseil, praat hulle ook maar min. Die een sal dalk vra: "Wat doen jy vandag?"
En die ander een sal antwoord: "Niks, en jy?"
"Niks."
En dit is ook so. Niks gebeur ooit met wurms nie.
Maar daar is altyd 'n uitsondering...

Fanie Viljoen debuteer met hierdie prettige kinderboek en hy was ook verantwoordelik vir die pragtige volkleur illustrasies." - LAPA


skakels : fanieviljoen.co.za












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )