Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Etienne van Heerden .co.za (Van Heerden, Etienne)
vetseunvetseun
30 Nagte In Amsterdam . 2008 TAFELBERG

"Henk Andreas Melck, eerste museumassistent in 'n klein dorpie in die Oos-Kaap, kry onverwags 'n brief van 'n juris in Nederland. Die brief lig Henk in dat hy sy lankverdwene Tante Zan se huis in Amsterdam geërf het.
In sy kinderjare was Tante Zan, 'n pragtige maar eksentrieke vrou, die een met die kwaal, die onhebbelike gewoontes en die onverwagse toevalle. Maar ook die een met die geheimsinnige glaskamer en die avonture waarvan niemand geweet het nie.

Henk is 'n voetjie-vir-voetjie-navorser, die skrywer van dun boekies waarin hy die lewens van onmerkwaardige mense opteken - soos die beoogde boek oor Cornelius van Gogh, die onbekende broer van Vincent en Theo, wat in Suid-Afrika begrawe lê.
En nou erf Henk Tante Zan se huis. Tante Zan met die geheime lewe, waarvan Henk in Amsterdam gaan uitvind. Ook Tante Zan, die aktrise met die onverwoesbare erotiese drif en die politieke aktivis met die voorliefde vir vreemde vriende, soos die rolprentmaker Cecil Dimaggio en die Luandese straatmusikant van die Leidse plein.
Henk kan sy erfporsie slegs opeis deur te reis na Amsterdam, waar hy ingesuig word in die maalstroom van die Amsterdamse binnestad met sy sakkerollers, prostitute en straatmusikante.
Sy ervaringe in Nederland konfronteer hom met sy kinderjare saam met Tante Zan in die huis van sy ouma. Vir Henk wag groot verrassings oor sy tante se merkwaardige lewe op twee kontinente - en die invloed wat dit op sy eie lewe gehad het.
Ten slotte moet Henk kies of hy in Amsterdsam gaan woon, en of hy na Suid-Afrika gaan terugkeer.
Maar eers moet hy alles oopvlek wat van hom weggesteek is, en sy eie lewe opnuut leer ken.
Sy dertig nagte in Amsterdam verander die besadigde Henk Melck se lewe vir altyd." - graffitibooks.co.za

vetseun
Die Stoetmeester .......... 2008 TAFELBERG

God sou nooit só 'n spesie bedink nie," sê Seamus Butler van sy kantelbokke, die genetiese frats wat sy vader toevallig geteel het op die Setlaar-familieplaas.
Die bokke het 'n aangebôre defek wat goud werd is: hulle slaan flou neer as hulle skrik. 'n Enkele kantelbok wei saam met 'n trop kleinvee en as 'n ongedierte toeslaan, word die bok prooi en die kudde ontkom.
Húlle, die weemoedige bokke met die spottende geel oë, gee die Butlers rykdom en invloed in die Oos-Kaap - en dis belangrik in die tyd van die groot politieke ommekeer. Want die oopbars van 'n oliebron reg in die middel van die hawestad Port Cecil dryf die swart civic-organisasie se aandrang op 'n verenigde stadsraad op die spits.
Aan die voorpunt van die swart aspirasies staan MaNdlovu Thandani, onvernietigbaar en groter as lewensgroot. Teenoor haar: Seamus Butler met sy donker; depressiewe buie wat in hom sleur soos die rivier wat in sewe deltabene deur die stad in die see uitmond.
En rondom hulle, in twee wêrelde wat deur die geskiedenis op mekaar afgestuur word, is elkeen se familiekring wat dreig om mee te gee onder die druk van die tyd. Dis hiér waar die verhaal van Die stoetmeester meesleurend deurloop, déúr die lewens van mense, elkeen betrokke by, elkeen uitgelewer aan die boeiende oerwêreld van die Oos-Kaap in 'n tyd waarin skoonheid en
wreedheid, gewelddadigheid en hoop verstrengel raak.
Die stoetmeester is, ná die satiriese roman Casspirs en Campari's, veel meer verwant aan die sfeer van Toorberg, Etienne van Heerden se hoogs suksesvolle tweede roman. 'n Storie soos min, wat opstaan uit die weeïge maar grootse landskap van die Kei. - graffitibooks.co.za

vetseun
Asbesmiddag ............... 2007 TAFELBERG

"'n Romanskrywer en Professor in Skeppende Skryfwerk aan 'n Kaapse universiteit verkeer tussen boeke en is op sy weerloosste en hongerste. In die verslete haarsalon van ene Giuseppe Giuliani, in 'n minder goeie deel van Stellenbosch, ontmoet die skrywer 'n bejaarde en beroemde biljoenêr, 'n asbesmagnaat.

Versteek in 'n steeg voorsien die haarsalon bekendes, wat op soek is na privaatheid en rus, van uurlange kopmasserings, begelei deur Italiaanse tenore en pierings vol olywe. Die skrywer se vader - eens 'n vuurspuwer en latere ringmeester in 'n Karoosirkus - deel 'n ongelukkige geskiedenis met die asbesmagnaat en die skrywer is voyeuristies daarop uit om wraak te neem by wyse van sy vertelling - of so dink hy.

Gou ontdek hy egter dat ander spelers in die verhaal ratser manipuleerders van storielyne is as hy. Die biljoenêr word 'n karakter in die skrywer se boek en die hooftema word die kunstenaar se uitbeelding van die werklikheid, wat lei tot die skepping van 'n vervormde en nuwe werklikheid, kortom, 'n onwaarskynlike onmoontlike: Storie. Dit word deur die sirkus se hoogtepunt-toertjie gesimboliseer - twee kameelperde wat op onwaarskynlike wyse hul nekke verknoop.

Die skrywer en die biljoenêr se lewens verknoop, werklikheid en fantasie verknoop, die twee vaders (die skrywer se bloedvader en sy nuwe magnaatvader) verknoop - en lei tot 'n skokkende einde wat reeds vroeg in die boek deur 'n Indiese fortuinverteller voorspel is.

Wie het ten slotte vir wie geskryf? Wie van die twee mans - die romansier of die magnaat - is die werklike hand agter die verhaal?"

vetseun
In stede van die liefde . 2005 TAFELBERG

vetseun
Die omstrede God: Bestaan God of nie? . 2005 RAPID ACCESS
Erns Grundling, Etienne van Heerden, Thomas Mollett

vetseun
Die stilte na die boek . 2004 TAFELBERG

vetseun
Toorberg (Klassieke Reeks) . 2003 KWELA

"Dit was nog nie behoorlik dag nie toe Kaatjie Danster, haastig op pad Halte toe, die kind van die weemoed in die voetpaadjie voor haar gewaar. Tjoepstil het hy gestaan en luister na die wind. Sy het dadelik geweet: Druppeltjie du Pisanie, kind van Waterwyser du Pisanie en KensTillie Moolman, het die lewe vir die dood verruil. Maar hoe Druppeltjie onder in die boorgat beland het, dit weet niemand nie. En die af-arm magistraat wat nou, veertien maande later, kom ondersoek instel na die oorsaak van sy dood, torring verniet aan dinge wat verby is. Want Toorberg se mense - die lewendes en die dooies - ken van geheime wegbêre. Net oor een ding het magistraat van der Ligt dit reg: hoe meer getuies daar is, hoe verder wyk die waarheid."

vetseun
Kikuyu ........................... 2002 KWELA

vetseun
Briewe deur die lug .... 2001 TAFELBERG
- LitNet-skrywersberaad 2000
saamgestel

vetseun
Die Swye Van Mario Salviati . 2000/2006 TAFELBERGvetseun

"Ingi Friedlander, 'n jong, gefrustreerde kunstenaar wat by 'n kunsmuseum in Kaapstad werk, word gestuur om 'n gesogte beeldhouwerk op die dorpie Tallejare aan die rand van die Moordenaarskaroo te probeer koop. Tydens haar verblyf word sy geboei deur stories uit die verlede; stories oor water wat opdraand loop, oor fabelagtige rykdom uit volstruisvere, en oor Goudseput, waar die verdwene Kruger-ponde glo begrawe le. Sy ontrafel ook meer as een liefdesgeskiedenis, soos die van die flambojante Meerlust Bergh en sy beeldskone Indonesiese prinses, en die hartseer verhaal van Mario Salviati en die onaansienlike Edit Aandra met haar wondermooi sangstem. Ingi self raak bevriend met die kunstenaar Jonty Jack, wat soos 'n kluisenaar in die berg woon. Sy ervaar ook 'n diep aangetrokkenheid tot die doofstom Mario Salviati, die Italiaanse klipsnyer wat 'n groot geheim met hom saamdra. Die swye van Mario Salviati loop 'n wye, meevoerende draai - van die vroegste pioniersgeskiedenis af, deur oorloe en ontbering, die volstruisveertydperk en die koms van Italiaanse krygsgevangenes in die Tweede Wêreldoorlog, tot by die hedendaagse Suid-Afrika."

vetseun
Die mooiste liefde is verby . 1999 TAFELBERG

vetseun
Die Rooi Roman ........ 1999 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Lied van die Boeings (Kabaret) . 1998 TAFELBERG

vetseun
Postmodernisme en prosa - Etienne van Heerden . 1997 HUMAN & ROUSSEAU
- Vertelstrategieë in vyf verhale van Abraham H. de Vries

vetseun
Leap Year ..................... 1997 PENGUIN

vetseun
Kikoejoe ...................... 1996 TAFELBERG

vetseun
Die gas in rondawel Wilhelmina . 1995 KAIROS

1993 - Die Stoetmeester

vetseun
"Mad Dog" and Other Stories . 1992 DAVID PHILIPS PUBLISHING

vetseun
Casspirs en Campari's . 1991 TAFELBERG

1989 - (Toorberg) Hertzogprys Prosa

met Daniel Hugo
vetseun
Miskien sal ek die wingerd prys . 1989 TAFELBERG

vetseun
Liegfabriek ................... 1988 TAFELBERG

"Liegfabriek is Etienne van Heerden se eerste prosawerk na sy indrukwekkende roman Toorberg, wat bekroon is met die W.A. Hofmeyr-, die CNA- en die ATKV-prys.
Soos in sy kortprosadebuut, My Kubaan - waarvoor hy in 1984 die Eugène Maraisprys ontvang het - benut hy hier 'n wye register ervarings in eietydse Suid-Afrika. Onder meer is daar die "Iiegfabriek"- 'n advertensiefirma wat 'n nuwe seksopkikkeraar moet bemark, 'n rasegte Jersey-bul wat amok maak by 'n politieke begrafnis, die reis van 'n uitgestote gesinnetjie op 'n donkiekar deur die verlore platteland, die dwalende soektog van 'n fotograaf na sy naamlose fotogesigte, en die verhouding tussen 'n swart vegter en sy gevange Afrikaner.
Deurgaans tref die verbeeldingryke hantering van die woord, die fyn nuanses waarmee menseverhoudinge uitgebeeld word, en die besonderse vermoë tot situasieskepping. Boeiend is ook die wisseling in toon: van die nostalgiese tot die ironiese, tot 'n byna wrang ontroering.
Liegfabriek is 'n bevestiging van Etienne van Heerden se sterk, veelsydige talent, 'n belangrike toevoeging tot 'n oeuvre wat reeds 'n onvervreembare plek in die Afrikaanse letterkunde gevind het.
Die skrywer het gewerk by 'n prokureursfirma, 'n reklamefirma, as dosent aan die Universiteit van Zoeloeland, en doseer tans aan die Universiteit Rhodes, Grahamstad." - omslag

vetseun
Die laaste kreef (Digbundel) . 1987 TAFELBERG

vetseun
Toorberg ............. 1986/1997 TAFELBERG

vetseun
Om Te Awol (Roman) . 1984 TAFELBERG

1984 - (My Kubaan) Eugène Maraisprys

vetseun
My Kubaan (Kortverhale) . 1983 TAFELBERG

vetseun
Brekfis met Vier ........... 1981 UITGEWERY SKOPPENSBOER/2005 HUMAN & ROUSSEAU
Daniel Hugo, Etienne van Heerden, Peter Snyders, André le Roux du Toit

vetseun
Obiter Dictum (Digbundel) . 1981 PERSKOR

vetseun
Matoli (Novelle) ............ 1978 PERSKOR

1974 - 3 nokturnes (Totius, E. van Heerden, E. Marais) (viool, klavier) - Hubert Lawrence du Plessis


skakels : etiennevanheerden.co.za









2013 06 13-16 - Festival Voor Het Afrikaans: Literatuur: Antjie Krog, Ronelda Kamfer, Louis Janse van Vuuren, Etienne van Heerden, Gert Vlok Nel, Muziek: Luna Paige, Christoff Beukes, Radio Kalahari Orkes, David Kramer se Karoo, Stef Bos, Gerard van Maasakkers, Anne van Veen, Karin Hougaard, Emo Adams, Helena Hettema, Niël Rademan. Theater & Cabaret: My Naam is Ellen Pakkies en Theater aan de Braak. Rock/Rap/HipHop: Bittereinder & Tim Beumers, Van Coke Kartel, Wambuseun, Jack Parow. Film: Die Verraaiers, Die Wonderwerker, Rooiland. 13 @ Melkweg Amsterdam / 14-16 @ TAHS, Den Haag - www.festivalvoorafrikaans.nl
vetseun




bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )