Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Etienne Leroux (Leroux, Etienne)
vetseun
Die 18-44 Trilogie ......... 2008 HUMAN & ROUSSEAU

"'n Welkome heruitgawe van drie romans van 'n veelbekroonde skrywer. Gesofistikeerde satires met 'n sterk mitologiese raamwerk wat steeds tot vandag se lesers sal spreek. Die verteller in al drie hierdie romans identifiseer homself as "die knolskrywer" (". . . die 44-jarige knolskrywer, in sy Harris tweedbaadjie, . . . in sy hart die verminkte gawe van God")

18-44 handel oor die korrespondensie tussen mnr Y, die 44-jarige knolskrywer, en die 18-jarige, onbekende mej X, 'n kunsstudent. Onderliggend in Isis Isis Isis is die Egiptiese Isis se soektog na die lyk van Osiris. Die roman gaan oor die knolskrywer se Europese besoek, sy ontmoeting met 'n hele aantal vroue, en sy poging om die stukke van die verminkte Osiris weer bymekaar te bring (lg die knolskrywer se poging tot heling). Die verhaal van Na'va gaan oor Georgie, die knolskrywer se nefie wat selfmoord gepleeg het. Die lang begrafnisfees raak 'n besinning oor die lewe en die dood.

Die strewe in 18-44 na "'n beter begrip van die lewenstragiek", en die "raserny om die lewe te verstaan" in Isis, Isis, Isis, is vandag nog net so geldig, juis in hierdie "Afrika en sy menigvuldige probleme". Leroux dwing ons om opnuut die mistiek in die lewe met verwondering en selfs verbystering te beleef." - graffitibooks.co.za

vetseunKOOP/BUY2
Die Suiwerste Hugenoot is Jan Schoeman . 1990 HUMAN & ROUSSEAU

vetseunvetseun
Die Silberstein-trilogie . 1984/2006 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798146715

Die eerste roman is 'n verslag van Henry van Eeden se weeklange besoek aan die Silbersteins se groot landgoed om Salome, sy toekomstige bruid, te ontmoet.
Elke dag lewer bisarre ervarings op en dit word vir Henry 'n inisiasieproses - hy moet sy onskuld verloor en kennismaak met die verweefdheid van die goeie en die bose. Op die oog af is Een vir Azazel 'n speurroman waar 'n moord opgelos moet word, maar dit gaan ook oor die mens se behoefte aan 'n sondebok - Die agterdog wat opbou en fokus op die Reus Adam Kadmon, 'n verstandelik vertraagde jongman, lei tot 'n tragedie - een van die aangrypendste tonele in die Afrikaanse letterkunde. In die laaste roman moet kaptein Demosthenes H de Goede die magnaat Boris Gudenov opspoor. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseun KOOP/BUY
Onse Hymie (Roman) . 1982 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Tussengebied (Bundel) . 1980 PERSKOR
ontvang Perskorprys vir Letterkunde (1981)

vetseunvetseun KOOP/BUYvetseun
Magersfontein, O Magersfontein! (Roman) . 1976/2003 HUMAN & ROUSSEAU
verban in 1977, ontvang CNA-prys, Hertzogprys

"Etienne Leroux se tiende roman, Magersfontein, O Magersfontein! het in Oktober 1976 verskyn. In 1977 is dit met die CNA-prys bekroon. 'n Klag is teen die boek by die Publikasieraad ingedien, maar 'n komitee het die roman nie-ongewens bevind. Hierna is uit onbekende oorde druk op die Minister van Binnelandse Sake, Dr. Connie Mulder, uitgeoefen en op 7 September 1977 het hy gelas dat die Appèlraad oor Publikasies die beslissing van die komitee in hersiening moes neem. Dit was die begin van 'n lang uitgerekte stryd. Hierdie amptelike dokumente in die stryd om die boek is 'n wesenlike deel van die literatuurgeskiedenis."

vetseunvetseun
Na'va: "...sjichora ani wenawa..." . 1972 HUMAN & ROUSSEAU

KOOP/BUY
To a Dubious Salvation . 1973 PENGUIN

vetseunKOOP/BUY KOOP/BUY
One for the Devil . 1970 THE WORLD PUBLISHING COMPANY

vetseun
Isis, Isis, Isis ... 'n storie van dertien vrouens en 'n reisbeskrywing na binne. 1969 HUMAN & ROUSSEAU

"EK IS LE BATELEUR, KAARTNOMMER ÉÉN, DIE GOÊLAAR, DIE 'INGEWYDE', DIE KNOL, DIE ONWYSE MAN WAT DIE DEUR OOPMAAK WAT LEI TOT KENNIS VAN HIERDIE ONVERSTAANBARE WÊRELD"

vetseunKOOP/BUY2
The Third Eye . M296 1969 MERIDIAN

"The last novel of a haunting trilogy (other titles: SEVEN DAYS AT THE SILBERSTEINS, ONE FOR THE DEVIL), by a major South African novelist."

vetseunvetseunvetseun KOOP/BUY
18-44 (Roman) . 1967/1983 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Die Derde Oog ............ 1966 HUMAN & ROUSSEAU
deel van Die Silberstein Trilogie

"Die nuutste roman van Etienne Leroux is in 'n sekere sin 'n voortsetting van Een vir Azazel en Sewe Dae by die Silbersteins. Sommige van die ou karakters verskyn weer, soos Mev. Dreyer en Mev. Ritchie, maar die hoofkarakter is Demosthenes de Goede, nou getroud met Hope Ritchie en 'n kaptein in die Speurdiens. Hy word, ná die suksesvolle afhandeling van elf take, aan die D-diens «geleen» vir sy twaalfde en laaste taak. Van brigadier Ornassis E., hoof van die D-diens, ontvang hy die opdrag om die berugte tycoon Boris Gudenov aan die man te bring.
So begin die hellevaart van De Goede en maak hy kennis met die groot tycoon se enorme organisasie en veral die belangrike rol wat in sy lewe gespeel is en nou nog gespeel word dier die gestorwe seksgodin Bee-Bee-Do.
Hierdie roman is, soos aI Leroux se voriges, 'n merkwaardige werk waarin die mees uiteenlopende feite verenig word, die subtielste verwysings na geskiedenis en mitologie in die konstruksie ingevoeg word, en terselfdertyd 'n verhaal vertel word wat ook op daardie vlak boei. Van die verhaal sê die skrywer: «Die storie is saamgeflans uit twee werke van Euripides en Sophokles». - stofomslag

vetseun
Een vir Azazel ............. 1964 HUMAN & ROUSSEAU
deel van Die Silberstein Trilogie
ontvang CNA-prys in 1965

vetseunKOOP/BUY123
Seven Days at the Silbersteins . 1964 CENTRAL NEWS AGENCY, 1967 HOUGHTON MIFFLIN CO, 1968 WH ALLEN
vertaling, Charles Eglinton

Sewe dae by die Silbersteins (Roman) . 1962 HUMAN & ROUSSEAU
deel van Die Silberstein Trilogie
ontvang Hertzogprys in 1964

vetseun
die eerste siklus ............
Die mugu (Roman)
Hilaria (Roman)
Die eerste lewe van Colet (Roman)

vetseunvetseunKOOP/BUY
Die Mugu (Roman) . 1959/1974 HAUM

"'Mugu' is 'n eendstertwoord vir 'Square'
'Square' beteken 'A square peg in a round hole'
DIE MUGU is 'n uitbouing van wat in die laaste hoofstuk van HILARIA aangedui word, naamlik die stryd tussen die twee opvattings van die Nuwe Lewe - die beplande gemeenskap van Julius Johnson of die terugkeer na 'n aardse uitbundigheid,
'Die mugu is vasgewortel in die wêreld van Julius Johnson en aanvaar die orde. Die orde is mugu.'
DIE MUGU gaan oor 'n desintegrerende gemeenskap met verskeie mensetipes van buite gesien. Die hoofkarakter is hier die hawelose mens om wie se gees geveg word deur die verskeie magte: die kerk, die orde, die anargis.
'Daarom is die mens mugu.'
Die mugu is 'n verwarde speelbal te midde van 'n transformasie en aftakeling wat besig is om plaas tev ind, verydel in sy strewe om te ontvlug: 'Terug kan hy nie gaan nie; stil kan hy nie staan nie.' Die probleem is onopgelos omdat ons vandag in die transformasie-proses staan.
'Want mugu sal die mens bly totdat sy simbole ewig is. En sy mite ewig is.'
Ek kan nie onthou dat ek al ooit 'n Afrikaanse boek gelees het wat die lewe, die maatskappy en die mens so tot op die been opvlek nie,"

vetseun
Hilaria (Roman) ........ 1957 UITGEWERY CULEMBORG

vetseun
Die Eerste Lewe Van Colet (Roman) . 1955 UITGEWERY CULEMBORG/1968/1975 HAUM

ook :
1978 - Misterie van die alchemis: 'n inleiding tot Etienne Leroux se negedelige romansiklus - Charles Malan


skakels : Etienne Leroux Projek : wiki, eng















bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )