Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Esta Steyn (Steyn, Esta)
vetseun
Die Kolonel ................. 2012 HUMAN & ROUSSEAU
Illustrasie: Luan Serfontein
ISBN: 9780798159241

vetseunvetseun
Die Skrywer / (eBook) . 2012 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054412
ISBN: 9780624054429

Op 'n stil aand, in 'n herehuis langs 'n meer, dans 'n jong vrou in 'n verruklike rooi aandrok met haar werkgewer, Arthur Addington - befoeterde, eens beroemde Amerikaanse draaiboekskrywer en onbeminde eienaar van die Addington-landgoed. Nooit sou Arthur, worstelend met skrywersblok en in wroeging oor die dood van sy vrou en kind, kon raai dat sy stralende dansmaat soveel geheime ronddra nie. Dat Anabella Maria Bennett, kortom Ben, g'n huishoudster is nie, maar 'n joernalis en 'n sendelingdogter uit Afrika. Dat hy haar lank gelede daar ontmoet het ... Daar is 'n somber rede waarom Ben haar hart nie blootle nie, maar eerder saans haar eie verhaal skryf: van die Swahili-wiegelied wat haar kleintyd getroos het, die wyse Kepo wat haar leer boogskiet het, van Paka, haar grootmaakleeu, en van haar en Kepo en dokter Catherine Dumay se ylingse vlug na Bulungwi ... Slegs Jameson, opsigter by Addington, en sy "Lucy-lief" begryp. Hulle word haar vertrouelinge en wakende engele. Wanneer Arthur gehawend terugkeer na 'n reis deur Afrika, vind hy in sy lessenaarlaai 'n manuskrip wat sy lewe sal verander en hom sy skeppende krag teruggee: Anabella se Afrika-testament.

vetseun
Droomdelwers / (eBook) . 2011 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624051459
ISBN: 9780624053453

Teen die agtergrond van soutmyne en granietkoppe vertel Droomdelwers die verhaal can twee klein gemeenskappe aan die Weskus, Soutmansvlei en Vlaktevlei. Hier word die lewens van armes en rykes, van wit en bruin, ten nouste verweef. Hier loop uiteenlopende karakters rond, elk met sy eie storie. Soos oom Keppies se: "Hy's soesie see, 'n branner. Voorlat jy hom kan vasvat, sien jy net sy skymstriep oppie sand le." Maar nog voordat die skuim op die sand le, word die rustige lewensloop van "die sout van die aarde" skielik bedreig. Hulle kom te staan voor 'n oormag. Daar is net een uitweg na vrywording vir almal: om in die verlede te delf waar die antwoord op vreemde raaisels so ver en tog so naby le.

vetseun
Kus Vir Die Kluisenaars / (eBook) . 2009 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624047629
ISBN: 9780624051169

Dorkasbaai is 'n bar en afgesonderde strandplaas aan die Weskus. Ook die mense wat daar woon het bar geword van afsondering, veral Eli van Egeren en sy seuns, Joac en Benjamin. Waarom wil Fransie van Zyl dan haar gemaklike stadsbestaan laat vaar om juis Dorkasbaai toe te gaan? Die antwoord lê verskuil in die blou bladsye van die briewe wat Melissa von Meelis, haar stiefmoeder, nagelaat het. Dáár gaan soek Fransie die sleutel tot haar onverstaanbare dood. En so raak haar lewe verweef met Joac, wie se huwelik met die onstabiele Alexa 'n marteling geword het; met Benjamin, die liefdevolle hemelkind wat sku in sy eie wêreld leef; met Liza, Eli se tweede vrou, wat haar eie kronkelpad deur senusiekte en ineenstorting moes vind. Op onnaspeurlike manier bring Fransie se tussenkoms verandering in hul lewens, totdat die geheime van die ongelukkige seeplaas een vir een wyk.

vetseun
Kinders Van Die Sabbatsee . 2007 TAFELBERG
ISBN: 9780624045502

"Lyla versorg haar sterwende stiepfa, Stefus Serdyn. As hy sterf, is hierdie stukkie grond op Nonniesbaai Lyla se enigste tuiste."

vetseun
Die Grafte Jubel / (eBook) . 2000/2012 LUX VERBI
- Kroniek van pyn en genesing na die dood van 'n kind
ISBN: 9780869978481
ISBN: 9780796312709
ISBN: 9780796315700

Die aangrypende verhaal van pyn en genesing na die dood van twee broers enkele jare na mekaar word deur hul ma in die derde persoon vertel. So probeer sy (die vrou) afstand van die pynlike gebeure verkry. Dit verleen 'n meer dramatiese impak aan die gebeure, hoewel dit 'n oormaat rou emosie voorkom. Dit word 'n hoendervleis-kry-ervaring om saam met die skrywer die wagtyd in 'n trauma-saal by Tygerberghospitaal deur te maak, of die soektog na 'n vermiste kind op see. Dit lees byna soos fiksie, 'n spanningsverhaal. Maar wat dit uitlig bo die gewone, is die gestroopte styl, die Christelike hoop daarin, die simboliek, die skrynende humor, die gedigte en die terapeutiese krag vir lesers wat hul eie smart leer verwerk deur te identifiseer met die verteller.

vetseun
Meeulanders ........... 1996/2008 QUEILLERIE
ISBN: 9781874901587

Ryna van Rensburg vlug weg van haar verlede na Meeuland, 'n eiland aan die Weskus. Daar is dit Attie Langhans wat haar weer soos 'n vrou laat voel - al lyk hy op die oog af maar stuurs.
En gou blyk dit dat die eiland se lief en leed nie los staan van die dorpslewe op die vasteland nie. Waar ontrou en menslikheid, geldgierigheid en goedheid deureengevleg is in 'n vertelling van twee gemeenskappe, wit en bruin. Twee verhale wat uiteindelik hand aan hand loop. - graffitibooks.co.za

vetseun
Vlindervlug ................... 1996 TAFELBERG


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )