Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Ernst van Heerden (1916-) (Van Heerden, Ernst)

1996 - Die herfstelike lig (Outobiografiese Werk) (TAFELBERG)
1993 - Najaarswys (Outobiografiese Werk) (TAFELBERG)
1993 - Sportgedigte (Digbundel) (Sport) (TAFELBERG)
1991 - G.S. Prellerprys vir literatuurwetenskap en letterkundige kritiek

vetseun
Amulet Teen Die Vuur . 1990 TAFELBERG
ISBN: 9780624025009

Ernst van Heerden is 'n deurwinterde woordkunstenaar wat steeds vernuwe met elke toevoeging tot sy poësie.

1990 - Kwadratuur van die sirkel (Outobiografiese Werk) (TAFELBERG)

vetseun
Die Ligtende Trein ..... 1988 TAFELBERG
- Outobiografiese vertellings
ISBN: 9780624026617

Die ligtende trein bevat outobiografiese vertellinge oor die lewe van die bekroonde digter Ernst van Heerden. Ons leer ken hom uit sy Stellenbosse jare, sy studie oorsee en sy vriendskappe met mededigters.

1987 - Amulet teen die vuur (Outobiografiese Werk) (TAFELBERG)
1986 - The runner and the shadow: A selection, vertaal, Jean Branford (outobiografiese werk, werksbundel) (TAFELBERG)

vetseun
Die Swart Skip (Digbundel) . 1985 TAFELBERG
ISBN: 9780624022138

'n Omvangryke bundel deur dié bekroonde digter. Dit demonstreer die seggingskrag van Afrikaans, maar besin ook oor die wyse waarop die woordeskat van 'n taal geplunder word deur sy gebruikers.

vetseun
Huis Van Stemme ........ 1984 TAFELBERG
- Aantekeninge oor die poësie (literêre opstel)
ISBN: 9780624020738

Huis van stemme is 'n bundel literêre opstelle oor die poësie deur die digter en letterkundige Ernst van Heerden. Veral die werk van NP van Wyk Louw en D.J. Opperman word van naderby bekyk.

1982 - Op 'n mespunt (Digbundel) (2de Uitgawe, Hersien, A.P. Grové)
1982 - Kanse op 'n Wrak (TAFELBERG)
1981 - Kleur van donkerte: Verse 1942-1956 (HUMAN & ROUSSEAU)
1978 - Die digter as chromatometer: aspekte van kleurgebruik in die poësie van N.P. van Wyk Louw (RANDSE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT)
1977 - Digterlike diagnose (literêre opstel) (TAFELBERG)
1977 - Reisiger (Digbundel) (2de Uitgawe, Hersien) (HUMAN & ROUSSEAU)
1976 - Die Ysterwoud (Outobiografiese Werk) (in Kanse op wrak) (TAFELBERG)

vetseun
Tyd van verhuising (Digbundel) . 1975/1989 TAFELBERG
ISBN: 9780624028048

Ernst van Heerden beeld die verwikkeldheid van die menslike gees uit, waar die mens in stryd met homself verkeer. Hy beklemtoon ook telkens die mens se weerloosheid en verganklikheid.

1972 - Teenstrydige liedere (Digbundel) (TAFELBERG)
1969 - Nasionalisme en literatuur (WITWATERSRAND UNIVERSITY PRESS)
1969 - Die ander werklikheid; letterkundige beskouings (literêre opstel) (NASIONALE BOEKHANDEL)

vetseun
Die aamborstige klok: : herinneringe aan 'n karoojeug (Outobiografiese Werk) . 1966/1968 NASIONALE BOEKHANDEL

"Sondagmiddae as die grootmense gaan dut, het die jong seun die tapyt in die eetkamer gaan lê, vlak voor die oop vuurherd en die kaggelrak met sy swaar huisklok en marmerornamente. Met sy slae elke kwartier het die klok die verbygaan van tyd aangedui, en die seun het allerlei speletjies bedink waarin die kok hom moes help om die tyd om te kry -
"Met die konsternasie op die klok is dit g'n wonder dat sy spesifieke geluid, sy droë, onafwendbare getik, daardie aamborstige trillings diep binne-in sy borskas en dan onmiddelik die musikale slae van sy klokkespel vandag nog in my onderbewussyn voortklink nie. Daardie klok was vir my 'n asmatiese ou man, iets soos Vader Tyd met sy wit baard en sens of selfs die onheilspellender grynsgeraamte te perd..."
So het die aamborstige klok meer geword as net 'n instrument wat die ure meet, ook die simbool van 'n hele jeugwêreld waarvan die skrywer so onderhoudend vertel in hierdie boek."

1964 - Wolk van die mooi weer: 'n Suid-Amerikaanse reisjoernaal (HUMAN & ROUSSEAU)
1963/1966 - Anderkant Besit (Digbundel)
1963 - Monografieë uit die Afrikaanse letterkunde; 3 - Ernst van Heerden, N.P. van Wyk Louw
1963 - N.P. van Wyk Louw (literêre opstel) (NASIONALE OPVOEDKUNDIGFE UITGEWERY)
1963/1965 - Rekenskap: letterkundige opstelle (TAFELBERG)
1963 - Op die mespunt:'n keur uit die gedigte van Ernst van Heerden (Digbundel) (NASIONALE BOEKHANDEL)
1961/1962/1964/1971 - Die Klop (Digbundel) (NASIONALE BOEKHANDEL/TAFELBERG)

vetseun
Etikette op my koffer: bladsye uit 'n Amerikaanse reisjoernaal . 1961/1963/1964/1965/1966/1967/1972 HUMAN & ROUSSEAU

1956 - Koraal van die dood (Digbundel) (A.A. BALKEMA)
1954/1972 - Teenstrydige Liedere (TAFELBERG)
1953 - Reisiger (Digbundel) (A.A. BALKEMA)
1952 - Die bevryding: 'n epiese gedig in drie dele (Digbundel) (A.A. BALKEMA)
1946 - Verklaarde nag (Digbundel) (NASIONALE PERS/NASIONALE BOEKHANDEL)
1942 - Weerlose uur (Digbundel) (NASIONALE PERS)
1941/1951 - Die sewe vrese (Digbundel) (CONSTANTIA UITGEWERS)


skakels : wiki












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)