Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Ena Murray (Murray, Ena)
vetseun
Omnibus 39 ..................... JASMYN

vetseun
Omnibus 38 ............... 2013
ISBN: 9780624057840

In Keerkring van die hart het Kasper 'n vergeefse droom oor die hooghartige Liesel. Kan dié skugter man tot haar redding kom, al het sy met 'n swierbol getrou?
En in En die klippe sal uitroep is Emile, kroonprins van modelplaas La Rhône, 'n gesogte vangs onder die skone geslag, maar by nuwe verpleegsuster Miempie, 'n kampvegter vir menseregte, loop hy sy rieme styf . . .

vetseun
Omnibus 37 / (eBook) . 2013 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624057819
ISBN: 9780624057376

Met die oorspronklike publikasie van dié drie romans oor die wel en wee van vier geslagte Meissners het Ena Murray opnuut haar status as koningin van die Afrikaanse liefdesverhaal gestand gedoen. Die drieluik bestaan uit Die Meissner-kliniek, Dokter Julene en Die ongebore uur.
In Die Meissner-kliniek ontmoet die leser die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek, dokter Albert Meissner - ook bekend as Godfather - en die gedugte span dokters wat vir hom werk. So lojaal is hulle teenoor hom, en so toegewyd tot hul taak, dat hulle onder die res van die medici in die land bekend staan as die Mafia! Maar op 'n dag word die vrede en kliniese orde in die kliniek omvergewerp wanneer 'n nuwe trolliejoggie daar begin werk, 'n meisiekind wat lyk asof sy nog op skool hoort met haar jeans en tekkies en twee boksterte. Min weet die ander dokters dat sy eintlik 'n gekwalifiseerde pediater is, én die ware kleindogter van dokter Albert Meissner! In Dokter Julene verlaat Julene Meissner die veilige hawe van die Meissnerkliniek om haar by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit. Nóg hy nóg sy vrou van veertig jaar het egter van dié dogter se bestaan geweet . . . Julene besef gou dat sy nie Switserland haar nuwe tuiste wil maak nie, en aanvaar oorhaastig 'n tydelike pos as persoonlike geneesheer van 'n verwende Turkse meisie wat haar rug in 'n ski-ongeluk beseer het. Julene het gehoop om sodoende nie net 'n inkomste te verdien nie, maar ook vir die eerste keer in haar lewe die wêreld buite Suid-Afrika te verken. Maar sy is min voorbereid op die eksotiese sjarme en oorrompelende magnetisme van Istanboel - en veral een inwoner van dié Turkse stad . . . En in Die ongebore uur het Inge Buchner, agterkleindogter van dr. Albert Meissner, een doel voor oë: om te sorg dat daar eendag weer 'n dokter met die van Meissner aan die hoof van die kliniek staan. Dis dié dat sy in haar tweede jaar medies besluit om Suid-Afrika te verlaat en haar studie in Duitsland voort te sit - aan die Universiteit van Hamburg, dáár waar die Meissners oorspronklik vandaan kom . . .

vetseun
Omnibus 36 / (eBook) . 2012 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624050940
ISBN: 9780624051725

Die verhale in hierdie omnibus is Oase van geluk, Wanneer die nuwe dag breek en Môre lê ver.
In Oase van geluk staan Isolde en haar jonger suster, Martina, bekend as die dorp se twee aantreklike oujongnooiens. Wanneer Martina troukoors kry, is dit seker net normaal dat Isolde sal begin smag na romanse en die klank van huweliksklokkies.In Wanneer die nuwe dag breek weet die jong Elfie en wêreldwyse Renier by hul eerste ontmoeting dat hulle lewensmaats gaan wees. Maar hulle moet eers deur die lewe gelouter word voordat hulle mekaar werklik kan waardeer . . . En in Môre lê ver word rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaan op sy kop gekeer toe 'n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjie opdaag. Sy word 'n belangrike les geleer: dat ryk nie gelyk aan beter is nie.

vetseun
Omnibus 35 / (eBook) . 2012 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624056485
ISBN: 9780624056492

Drie heerlike verhale. In Die vrou in die spieël word die hoofkarakter een oggend met geheueverlies wakker . . . In Die oujongnooi van Polkadraai gebruik Silpa haar besonderse grimeertalent om haar voor te doen as 'n middeljarige oujongnooi wat aansoek doen om die pos van huishoudster vir twee jong kinders. En in Die kleine kring lig Henda se verloofde haar'n maand voor hul troue in dat hy 'n ander vrou liefhet . . .
In
Die vrou in die spieël word die hoofkarakter een oggend wakker . . . en ontdek dat sy niks kan onthou nie, nie eens haar eie naam nie. En toe'n lang, aantreklike man skielik die kamer binnestap, noem hy haar Ansie, 'n naam wat sy in haar diepste wese wéét nie hare is nie!In Die oujongnooi van Polkadraai gebruik Silpa haar besonderse grimeertalent om haarself 'n volle twintig jaar ouer te laat voorkom - sy beeld 'n middeljarige oujongnooi uit wat aansoek doen om die pos van huishoudster vir twee jong kinders. Maar sy het nie rekening gehou met die streng dog aantreklike pa van die kinders nie. En in Die kleine kring lig Henda se verloofde haar 'n maand voor hul troue in dat hy 'n ander vrou liefhet. Om aan die lewe te bly aanvaar sy 'n pos as huishoudster op Brakrivier, maar die opset waarin sy haar bevind is veel anders as wat sy haar dit voorgestel het . . .

vetseun
Omnibus 34 ................ 2012 TAFELBERG
ISBN: 9780624054795

In Appelbloeisels en jasmyn hou Erika Hough stoksielalleen wittebrood aan die suidkus. Wanneer 'n mosbevlekte bottel uitspoel op die strand - met die adres van 'n wildvreemdeling daarin - huiwer sy nie om haar siel op papier bloot te le nie.
In
Appelbloeisels en jasmyn hou Erika Hough stoksielalleen wittebrood aan die suidkus. Wanneer 'n mosbevlekte bottel uitspoel op die strand - met die adres van 'n wildvreemdeling daarin - huiwer sy nie om haar siel op papier bloot te le nie. Die gevolge van dié brief sou sy in haar wildste drome nie verwag het nie. Sy word byvoorbeeld 'n gratis vakansie op die Comore aangebied, en dan word dinge eers interessant. En in Erf dan my drome wil Erika die rolstoelgekluisterde hotelbestuurder Jean-Paul bystaan wanneer sy sekretaresse bedank. Erika se man, Philippe, is daarteen gekant, en die kloof tussen die egpaar raak al hoe groter - veral toe Philippe saam met 'n beeldskone blondine begin rondrits.

vetseun
Omnibus 33 (eBook) ...... NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054726

Ena Murray se "Paradys-sage" is 'n familieverhaal wat oor vier geslagte strek en enige hedendaagse TV-sepie die loef afsteek wat betref rykheid aan intrige. Die verhale in hierdie omnibus is Die dieper droom, Huise van klei, Soekers na die son en Terug na Eden. Die gemene deler in al vier heerlike verhale is die Karooplaas genaamd Paradys.

vetseun
Plekkie In Die Son ..... 2012 TAFELBERG
ISBN: 9780624055983

Plekkie in die son, dis al wat Karen Viljoen vra. Maar die pragtige donkerkop is melaats verklaar ... Dié oordeel dryf haar uit haar huis, haar droomhuwelik met Otto, haar baba - tot in Genadendal, inrigting vir melaatses. Kan Otto se liefde dié vuurproef deurstaan? Daar is Beatrice, en die wette van die natuur. Selfs al word Karen dalk eendag genees verklaar, sal die gemeenskap haar nie maar weer verwerp nie? Eenmaal melaats, altyd melaats. In Genadendal, en by 'n simpatieke dr. Tertius Louw, vind Karen God se genade is tog genoeg - ook vir melaatses. Maar waar is haar eie plekkie in die son?
Kan Otto se liefde dié vuurproef deurstaan? Daar is Beatrice, en die wette van die natuur. Selfs al word Karen dalk eendag genees verklaar, sal die gemeenskap haar nie maar weer verwerp nie? Eenmaal melaats, altyd melaats.
In Genadendal, en by 'n simpatieke dr. Tertius Louw, vind Karen God se genade is tog genoeg - ook vir melaatses. Maar waar is haar eie plekkie in die son?

vetseun
Omnibus 32 / (eBook) . 2011 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624053934
ISBN: 9780624053941

Die verhale in hierdie omnibus is Ter wille van ons drome en Kinders van KIS.
In Ter wille van ons drome leer vier vroue mekaar in 'n ginekoloog se spreekkamer ken. Elkeen begeer met haar hele hart 'n eie kindjie . . . maar vrugbaarheidsbehandeling sal eenvoudig nie help nie. En dr. Van Warmelo stel ingrypende alternatiewe voor - aanneming, kunsmatige inseminasie, surrogaatmoederskap . . .En in Kinders van KIS word dié aangrypende tweeluik afgesluit. Dit is twintig jaar later, en dit is nóú dat daar geoordeel kan word of die ingrypende prosedures van destyds in dr. Van Wazrmelo se spreekkamer suksesvol was . . . al vier vroue se lewens het intussen radikaal verander, en nie almal se huwelike is meer ewe sterk nie.

vetseun
Omnibus 31 / (eBook) . 2011 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624053835
ISBN: 9780624053842

Die verhale in hierdie omnibus is Se groete vir Pappa, 'n Malva in Vinkelstraat en Lise.
In Sê groete vir Pappa bedank Reino Vos as predikant nadat sy vrou, Chrisma, hom onverwags tydens 'n sinodesitting verlaat. Hy word hoof van die Sonopkinderhuis en kom weer in kontak met Rita Venter, gewese vrou van Flip, die man saam met wie Reino se vrou weggeloop het. 'n Innige vriendskap ontwikkel mettertyd tussen Rita en Reino... totdat 'n nuwe meisie tot die kinderhuis toegelaat word. In 'n Malva in Vinkelstraat word dominee Werner gul deur sy eerste gemeente op Wilgersdrift verwelkom. Maar dit is dieselfde mense wat gou-gou soos een man teen hom draai. 'n Dorp soos Wilgersdrift vergewe nie maklik nie, veral nie as 'n buitestander hul ongeskrewe reëls oortree nie. Lisé, Ena se heel eerste roman (in 1960 geskryf), is 'n roerende verhaal oor 'n bedorwe rykmansdogter wat moet hoor dat sy nie sommer net lomp is en swak motor bestuur nie: sy is besig om blind te word. Aanvanklik wil sy niks weet van haar dokter se voorstel dat sy op 'n vriend van hom se plaas kan gaan bly tot tyd en wyl sy haar gebrek leer aanvaar nie, maar wanneer die wêreld finaal om haar verdonker, laat sy toe dat dokter Justus haar na Uitvlug neem.

vetseun
Omnibus 30 / (eBook) . 2011 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624052807
ISBN: 9780624053699

Hierdie omnibus bestaan uit die tweeluik As die wind daaroor gaan le en En die wind het gaan le
Hierdie opeenvolgende romans gaan oor die aangrypende ervarings van 'n jong meisie uit die onderdorp wat uiteindelik die vrou van 'n vooraanstaande politikus word. In As die wind daaroor gaan ontdek die agtienjarige Nickey dat sy swanger is . . . pas nadat haar skoolkys, Terence, vertrek het om grensdiens te gaan verrig. Ramp volg op ramp . . . en ná die nuus dat Terence gesterf het in 'n landmynontploffing, willig Nickey eindelik in om te trou met sy pa, Christian Basson.In Die wind het gaan lê volg ons die onstuimige verloop van Nickey en Christian se huweliklewe ná dit aan die lig kom dat Terence steeds lewendig is . . .

vetseun
Omnibus 29 / (eBook) . 2011 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624052753
ISBN: 9780624053644

Die verhale in hierdie omnibus, Die gesin Verduin en Sondes van die vaders, staan gesamentlik bekend as Die Verduin-sage
Gesamentlik staan hierdie twee stories bekend as Die Verduin-sage, 'n verhaal wat so ryk aan intrige en sensasie, hartstog en skandale, liefdeskinkels en noodlotsdraaie is as die beste TV-sepie. In Die gesin Verduin leer ken ons die eerste geslag van dié gesiene en skatryk familie. Aan die hoof staan Rolf, wat sy fortuin gemaak het nog voor sy huwelik met Reina. Al vyf hul kinders kom op 'n manier in opstand teen hul hardvogtige pa, maar sy invloed strek ver, en sy genade teenoor"swakkelinge" is min. En in Sondes van die vaders ontmoet ons die tweede en derde geslag Verduins - hulle is gewoond aan die gerief wat gepaardgaan met rykdom, maar het nog nooit nodig gehad om sélf hard daarvoor te werk nie. Eindelik begin die Verduin-ryk te wankel - sal enigeen mans genoeg wees om dié situasie om te keer?

vetseun
Omnibus 28 / (eBook) . 2010 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624049364
ISBN: 9780624058359

Tromme van onheil, Die wit koningin Sluiers van wierook
In Tromme van onheil hou Anka se besoek aan haar tante Izabelle in Papoea Nieu-Guinee onverwagte avonture. Sy en haar medereisigers vaar ál dieper die reënwoude in, en een van die dae is dit weer volmaan - en sal die kannibale 'n slagoffer eis . . .In Die wit koningin kies die mooie Alice koers na Noord-Afrika, en later word sy dwarsoor die Sahara bekend as die wit koningin. Sy voer 'n skrikbewind en sal nie rus voordat haar geliefde se moord gewreek is nie . . .En in Sluiers van wierook is Ida Herbst vas van plan om haar pa en 'n span geoloë te vergesel op hul soektog na water in die grootste woestyn van Saoedi-Arabië. Sy kom honger wolwe, gewetenlose rowerbendes en sandstorms teë, en onverwags . . . die liefde.

vetseunvetseun
Omnibus 27 (eBook) . 2010 JASMYN/MEDIA24 BOOKS/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624050674
ISBN: 9780624050162

'n Heerlike verrassing - vier omnibusverhale in plaas van drie!So leeg die moederhart is die aangrypende verhaal van Heilna Serfontein se meedoënlose soektog na haar seun . . . en as vrou ontdek sy boonop vir die eerste keer wat ware liefde is.Op pad na Kanaän is 'n diep geestelike verhaal van vreemdelinge wie se lewens onlosmaaklik ineengestrengel raak op Môrestond, 'n plek waarheen mense gaan om weer sin in hul bestaan te vind.Bergwind oor Karma is 'n lekkerlees-speurverhaal propvol liefde, spanning en intrige. Toe die versengende bergwind met die aanbreek van die Kersseisoen deur Erna Paulsen se karavaanpark begin waai en haar gemoedstoestand behoorlik omkrap, noem sy die wind op sy skeldnaam: moordwind!Net ná middernag is'n speurverhaal met 'n waarlik verrassende einde. Toe die kerkhorlosie een Saterdagnag sy twaalf slae oor Driedoring uitbeier, word daar 'n moord gepleeg op dié rustige dorpie.

vetseun
Omnibus 26 / (eBook) . 2010 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624048688
ISBN: 9780624049463
ISBN: 9780624049548

Die verhale in hierdie omnibus is Skaduwees van gister, Die geleende bruid en Bruid van die Heerengracht.
In Skaduwees van gister beleef matrone Anmar Cloete 'n krisis wanneer die
nuwe superintendent maatreëls instel wat haar pos letterlik oornag oorbodig maak. Boonop word daar 'n nuwe dokter - Clive Coertze, haar gewese verloofde! - aangestel.In Die geleende bruid gaan Charmain na die indrukwekkende landgoed van haar verdwene man, Arnold, net om daar gekonfronteer te word met die feit dat hy pas aan sy jeugvriendin verloof geraak het! En boonop stel Arnold se broer vir Charmaine aan gaste voor as sy vrou, terwyl Arnold self maak of hy haar glad nie ken nie!En in Bruid van die Heerengracht verskyn daar aan die Kaap twee here wat albei daarop aanspraak maak om die enigste ergenaam van die skatryk gestorwe graaf De Brecy te wees. Anne Mie Tredoux verloor haar hart aan Egmont, die man wat volgens alle aanduidings die indringer is...

vetseun
Omnibus 25 / (eBook) . 2010 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624048596
ISBN: 9780624050087
ISBN: 9780624050599

Die verhale in hierdie omnibus is Nuwe horison, Bloeisels in die ryp en Zuleka Bordeaux.
In Nuwe horison word Hendrien Hugo uit haar rykmeisielewe geruk deur haar aangetrokkenheid tot die aantreklike dr. Luther Lubbe. Hy stel glad nie in haar belang nie, maar sy is vasbeslote om aan hom te bewys dat sy nie net 'n mooi gesiggie is nie, al moet sy dan nou selfs in die hospitaal gaan werk...In Bloeisels in die ryp spat skrander kinderhuiskind Renske Conradie se droom van 'n universiteitsgraad aan skerwe toe sy swanger raak.En in Zuleka Bordeaux word die hoofkarakter se boot deur 'n berugte seerower gebuit en leer sy in die proses vir die eerste keer die krag van haar eie emosies ken.

vetseun
Dokter Julene (eBook) .. NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624064060

In Dokter Julene verlaat Julene Meissner die veilige hawe van die Meissnerkliniek om haar by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit. Nóg hy nóg sy vrou van veertig jaar het egter van dié dogter se bestaan geweet . . . Julene besef gou dat sy nie Switserland haar nuwe tuiste wil maak nie, en aanvaar oorhaastig 'n tydelike pos as persoonlike geneesheer van 'n verwende Turkse meisie wat haar rug in 'n ski-ongeluk beseer het. Julene het gehoop om sodoende nie net 'n inkomste te verdien nie, maar ook vir die eerste keer in haar lewe die wêreld buite Suid-Afrika te verken. Maar sy is min voorbereid op die eksotiese sjarme en oorrompelende magnetisme van Istanboel - en veral een inwoner van dié Turkse stad . . .

vetseun
Omnibus 24 (eBook) ...... NASIONALE BOEKHANDEL/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624049814
ISBN: 9780624050322

Die verhale in hierdie omnibus is Agter die masker, Bruid uit die vreemde en Haar grootste offer.
In Agter die masker word die beeldskone Tania Roux feitlik onherkenbaar vermink in 'n motorongeluk. Ook haar gees het 'n knou gekry - sal dit weer kan herstel?In Bruid uit die vreemde onderneem die jong Franse edelvrou Jacqueline de Savoye 'n bootreis na die suidpunt van Afrika; sy is op soek na haar broer wat spoorloos verdwyn het en is onbewus dat sy dalk oop-oë in 'n lokval inloop.En in Haar grootste offer ontvang Marlene, wat vier maande swanger is, die skoknuus dat haar man, dr. Ben Roux, reeds 'n egskeiding aanhangig gemaak het . . .

vetseun
Omnibus 23 / (eBook) . 2009 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624048060
ISBN: 9780624049784

Die verhale in hierdie omnibus is Die ryper jare, En die verlange bly en Die man met die geel oë.
In Die ryper jare kan Amanda, mannekyn by 'n bekende modehuis, nie verstaan hoekom haar ma skielik so ánders optree nie. En so ook haar baas, die man wat haar hart verower het.In En die verlange bly trou Wouda met 'n man wat sy geglo het haar geluk kon bied, selfs liefde . . . tot dáárdie nag, hul huweliksnag . . .En in Die man met die geel oë gee die geheime agent majoor Brand Bröm se nuwe werkgewers hom 'n opdrag: om saam met 'n vrou van sy keuse een nag lank die stad rooi te verf, en homself dan doelbewus skandelik gedra, sodat hy sy oneervolle ontslag uit die weermag sal ontvang - hy kies Weza de Groote, die mooi regstudent wat ná dié nag vir ewig uit sy lewe sal moet verdwyn . . .

vetseun
Omnibus 22 (eBook) ...... NASIONALE BOEKHANDEL/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624049760
ISBN: 9780624050278

Die verhale in hierdie omnibus is 'n Vrou soos Salome, Twee paaie na Khuana en Verwonde jare.
Die hoofkarakter van'n Vrou soos Salome is die liefling-ster van die sangverhoog. Maar die joernalis Jaco Retief sien 'n weerloosheid in dié Salome Truter. Impulsief nooi hy haar vir ete, en ontdek dan dat daar agter die openbare beeld 'n oneindige hartseer skuil.In Twee paaie na Khuana kan Anel Bredenkamp nie verstaan waarom twéé mans skielik so gretig is om haar Bosveldplasie te koop nie. Eindelik staan sy alleen in hierdie onheilspellende boswêreld waarin nie net die twee geheimsinnige mans nie maar ook verwoede buffels, gewetenlose wilddiewe en 'n "vroulike duiwel" 'n sinistere rol speel.In Verwonde jare spat Daniël Pohl se wêreld aan skerwe met die verskyning van 'n skokkende nuusberig: 'n middeljarige man in 'n silwergrys Mercedes het op straat 'n onwelvoeglike voorstel aan 'n vrou gedoen. Toe sy weier, het hy haar baba in sy stootwaentjie doodgery en weggejaag. Daniël het presies só 'n motor, en hy's dieselfde middag opgemerk in die omgewing waar die voorval plaasgevind het...

vetseun
Omnibus 21 (eBook) ..... NASIONALE BOEKHANDEL/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624049722
ISBN: 9780624050230

Die verhale in hierdie omnibus is Senor die seerower, Junior in saal 7 en Kaalvoet Katryntjie.
In die lekkerleesverhaal Señor die seerower wen verpleegster Andrea Smit 'n allemintige bedrag in 'n blokraaiselwedstryd - haar lewe verander ingrypend, en op 'n tropiese eiland kruis haar pad met dié van 'n aantreklike Spanjaard.In die speelse verhaal Junior in saal 7 gee 'n wit leuentjie daartoe aanleiding dat almal dink leerlingverpleegster Louwrinda Kemp het 'n verhouding met haar uiters aantreklike nuwe professor in Verloskunde. Maar kort voor lank besef sy dat daar tóg waarheid in hierdie gerug mag steek.In Kaalvoet Katryntjie verloor die hoofkarakter haar hart aan haar voog, Festus Dumas, wat vas oortuig is dat sy nog 'n giggelende tiener van om en by sestien is. En dan moet sy, gekwalifiseerde verpleegster van twintig, toekyk hoe die listige Shirley Rossouw vir Festus probeer verlei.

vetseun
Omnibus 20 (eBook) ............ MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624051886

Die meisie van Klaradynstraat, Die pad terug huis toe en As die lied verstil
Prokureur Owen Kemp het Elsa Brits, Die meisie van Klaradynstraat, van haar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde van al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot die agterstrate nie, want sy weet van Owen se dogter se geheim, oor Jakob Olwage . . .As die lied verstil is die verhaal van Chrissie Erasmus van Dennedal. Almal ken haar as die goeie kind wat na haar ouma omsien, wat Sondagskool hou en 'n staatmaker is by die basaartafel. Ouma droom al van 'n huwelik tussen Chrissie en die gawe Jan Barendse. Maar oornag is die skindertonge los, want Chrissie word Christine van Johannesburg. In Die pad terug huis toe is Karina Oosthuizen, gesogte topmodel, eensklaps weer afhanklik van 'n gepensioneerde moeder wat sy al byna afgesterf het. Sy het net een heenkome - die pad terug na die armsalige skakelhuisie waarop sy so neergesien het. Maar onverwags bied iemand haar en haar moeder'n toevlug in 'n pragtige wit huis by die see. Sal Karina se trots haar toelaat om daar te bly as sy weet dat De Waal Venter die weldoener is - die seun wat sy as kind so verneder het?

vetseun
Omnibus 19 (eBook) ............ MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624051879

Terug na Kolkbaai is die verhaal van 'n jong vrou se soeke na haarself, na vrede en na geluk. 'n Soeke wat deur die dieptes moet gaan om weer by die hoogtes van die liefde uit te kom. In Anderkant die horison moet Loanne, dogter van die graaf De Ruelle, tydens die Franse Revolusie vir haar lewe vlug - of die guillotine is haar voorland. Die enigste een wat haar kan help, is Philippe Fouché, haar staljonge. Die meisie uit die adelstand moet nou die kneg se bevele trou gehoorsaam. Hulle vlug na die Kaap de Goede Hoop. 'n Tyd om te ween is 'n diep roerende verhaal waarin mense mekaar leer om te gee en waarin hulle besef: die lewe verloop selde soos 'n mens dit beplan. Ná Paul Henning se hartaanval moet Rietspruit 'n ander dokter kry. Maar Hybre, dokter Paul se dogter, vertrou nie die briljante dokter Ewald Waltmann nie. Wat kom soek so 'n suksesvolle geneesheer op so 'n klein plekkie?

vetseun
Omnibus 18 (eBook) ............. MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624051862

Ena Murray skryf met seldsame insig oor die liefde tussen mense, en beeld ook met groot begrip die skadukant daarvan uit. Diena van Die Eike
is 'n roman wat die leser 'n onvergeetlike blik gee in die hart van 'n vrou wat deur die smeltkroes van die lewe moes gaan omdat sy té liefgehad het. Die benaming "Diena van Die Eike" is die somtotaal van wat sy word - weg van die hoofstroom van die lewe, buite bereik van die skaduwee wat oor haar verlede hang. In Soveel blye dae kom die tergende vrae aan die bod: Hoe leef 'n vrou voort wanneer alles binne haar gesterf het? En hoe herwin sy respek vir haarself en vertroue in haar medemens? En in Helder is die nag beleef Hugo 'n Damaskuspad-ervaring.

vetseun
Omnibus 17 / (eBook) ...... JASMYN/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624051855

Drie verhale wat die leser ver wegvoer: na die onbesoedelde plaaslewe, na die spannende hofsale van 'n groot stad, selfs na veraf, romantiese Spanje. In Rabbedoe van Rietkuil kan die baas van die plaas, Wynand, hom nie verweer teen sy rabbedoe-"plaasvoorvrou", Nicolette, se betowering nie. Maar sy het 'n bokskampioen van 'n kêrel wat dik briewe aan haar skryf - en om sake verder te kompliseer, daag Wynand se broer ook nog op . . . en die rabbedoe met die bokstert en langbroek ontluik skielik in 'n uithaler-gasvrou in ontwerpersklere. Waar dienagtegaal sing is die verhaal van 'n jong meisie wat haar wil ontferm oor haar oorlede suster se twee kinders - en selfs bereid is om daarvoor na Spanje te gaan. En in My afgemete deel beland die pragtige maar onkundige Hybre Koch in die strikke van 'n getroude man. Toe sy haar kom kry, is sy betrokke by 'n ongure hofsaak.

vetseun
Omnibus 16 ................ 2007 JASMYN

vetseun
Omnibus 15 ............... 2007 JASMYN

vetseunvetseun
Omnibus 14 ................... 2007 JASMYN

vetseun
Gunstelinge ....................... 2006 TAFELBERG

vetseun
Omnibus 12 ................ 2006 JASMYN

vetseun
Omnibus 11 ................ 2006 JASMYN

vetseun
Omnibus 10 ................ 2006 JASMYN

vetseun
Omnibus 9 .................. 2006 JASMYN

vetseun
Omnibus 5 .................. 2005 TAFELBERG
ISBN: 9780624042761

Vreemdeling in Eden Om toesig oor haar oorlede suster se dogtertjie te kry, trou die agtienjarige Karlien Steenkamp met Julius Schreider, 'n skatryk Seychellese sakeman. Sy motiewe is net so duister soos sy agtergrond, maar Karlien is desperaat. Min weet sy wat die prys is wat sy op die idilliese Seychelle sal moet betaal . . .
Tahiti, verre land Weda Henkel vaar as verpleegster saam met die toekomstige bruid van Louis de Bougainville op 'n luukse-passasiersboot na Tahiti. Nog lank voor sy dié danige De Bougainville ontmoet, besluit sy klaar dat sy hom nie kan verdra nie en dat hy die laaste man is in wie se skoot sy soos die spreekwoordelike ryp appel gaan val. Maar die liefde het vreemde weë . . .
Hartklop van Hawaii Die pragtige Kara Malherbe neem aan 'n skoonheidswedstryd deel en wen 'n vakansie in Hawaii. 'n Liefdesintrige is die laaste ding waarvoor sy nou kans sien, maar dan raak sy betrokke in 'n drama op die eiland. Drie meisies word ontvoer en die Hawaiise magnaat, Rupert Sinclair, word daarvan verdink. Die probleem? Kara is verlief op hom! Sy bevind haarself in 'n doolhof van vertwyfeling en wanhoop waarin sy al dieper verdwaal raak.

vetseun
Ena Murray Omnibus 6 . JASMYN

vetseun
Ena Murray Omnibus 2 . JASMYN

vetseun
Bruid uit die vreemde (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624055617

In Bruid uit die vreemde onderneem die jong Franse edelvrou Jacqueline de Savoye 'n bootreis na die suidpunt van Afrika; sy is op soek na haar broer wat spoorloos verdwyn het en is onbewus dat sy dalk oop-oë in'n lokval inloop.
Toe die jong Franse edelvrou Jacqueline de Savoye 'n brief van haar tweelingbroer uit die Verre Kaap de Goede Hoop ontvang, is sy oorstelp van vreugde. Sedert sy verdwyning twee jaar tevore het sy begin glo dat hy dalk ook, soos haar pa, deur die gevreesde Estienne de Savoye vermoor is. Sy haat dié aanmatigende burgerlike met haar hele wese. Jare voor haar pa se dood het hy, 'n eenvoudige padwerker met 'n onwaarskynlike naam, die gerug begin versprei dat hý die ware graaf De Savoye is; dat Jacqueline se pa sy ouers laat vermoor het en sy erfenis gesteel het. En toe sy daardie Oujaarsnag by haar ouerhuis opdaag en haar pa in 'n plas bloed in sy studeerkamer aantref, het sy geweet dat slegs een mens vir dié gruweldaad verantwoordelik kan wees. Maar toe die geregsdienaars na Estienne de Savoye begin soek, het hy - én haar broer Jacques - spoorloos verdwyn.Dit is eers toe sy reeds meer as die helfte van die bootreis na die afgeleë suidpunt van Afrika afgelê het, dat sy besef dat sy dalk oopoë in 'n lokval inloop.

vetseun
Die dieper droom (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624056058

Toe Midas Hammond, die geldkoning van die dobbelstad Babel, deur 'n hartaanval platgeslaan word, besef hy dat sy lewe bitter arm is aan liefde. So eensaam voel hy, dat hy 'n landwye soektog loods na die kinders uit sy jeughuwelik - kinders wat hy skaars kan onthou, maar wat hy nou met 'n allesverterende passie wíl vind, ongeag wie of wat hulle geword het in die twintig jaar sedert hy hulle laas gesien het. Hy vind hulle wel, maar wonder of dit nie tevergeefs is nie, want sy dogter Zia is sterwend en sy seun Sean, alias Vegter, is vasgevang in 'n skemerwêreld van bendes, gesellinklubs, foonsnolle en hawehoere - 'n wêreld waar slegs die straatwerkers dapper genoeg is om dit saans ná donker te waag . . .

vetseun
Die Meissner-kliniek (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624064046

In Die Meissner-kliniek ontmoet die leser die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek, dokter Albert Meissner - ook bekend as Godfather - en die gedugte span dokters wat vir hom werk. So lojaal is hulle teenoor hom, en so toegewyd tot hul taak, dat hulle onder die res van die medici in die land bekend staan as die Mafia! Maar op 'n dag word die vrede en kliniese orde in die kliniek omvergewerp wanneer 'n nuwe trolliejoggie daar begin werk, 'n meisiekind wat lyk asof sy nog op skool hoort met haar jeans en tekkies en twee boksterte. Min weet die ander dokters dat sy eintlik 'n gekwalifiseerde pediater is, én die ware kleindogter van dokter Albert Meissner!

vetseun
Die ongebore uur (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624064084

In Die ongebore uur het Inge Buchner, agterkleindogter van dr. Albert Meissner, een doel voor oë: om te sorg dat daar eendag weer 'n dokter met die van Meissner aan die hoof van die kliniek staan. Dis dié dat sy in haar tweede jaar medies besluit om Suid-Afrika te verlaat en haar studie in Duitsland voort te sit - aan die Universiteit van Hamburg, dáár waar die Meissners oorspronklik vandaan kom . . .

vetseun
Huise van klei (eBook) ... NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624056065

Elise,'n Kaapse hawehoer wat tot inkeer gekom het, vertrek na Paradys, die Karooplaas waar sy grootgeword het, maar keer kort voor lank weer terug. Sy het die fout gemaak om teenoor Helgard, die jong man wat op haar verlief geraak het, te bieg oor haar verlede . . . Sy begin studeer en vorder goed - tot die dag dat ta' Vroeteltjie, Paradys se huishoudster, laat weet sy móét huis toe kom, want haar pa is siek en het haar nodig. Die eerste mens in wie Elise haar op Paradys vasloop, is Helgard. Helgard wat haar uit sy lewe verban het omdat sy eerlik was oor haar verlede, maar dit nou baie duidelik maak dat hy Elise hoegenaamd nie vergeet het nie . . . al is hy deesdae 'n getroude man met twee kinders.

vetseun
Junior in Saal 7 (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624058908

'n Wit leuentjie gee daartoe aanleiding dat almal dink leerlingverpleegster Louwrinda Kemp het 'n verhouding met haar uiters aantreklike nuwe professor in Verloskunde. Maar kort voor lank besef sy dat daar tóg waarheid in hierdie gerug mag steek.
In die speelse verhaal Junior in saal 7 gee 'n wit leuentjie daartoe aanleiding dat almal dink leerlingverpleegster Louwrinda Kemp het 'n verhouding met haar uiters aantreklike nuwe professor in Verloskunde. Maar kort voor lank besef sy dat daar tóg waarheid in hierdie gerug mag steek.

vetseun
Môre Lê Ver (eBook) ...... NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624057192

Verwende rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaan word op sy kop gekeer toe 'n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjie opdaag.
Die verwende rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaan word op sy kop gekeer toe 'n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjie opdaag. Teen haar wil en sin word sy 'n baie belangrike lewensles geleer: dat ryk nie gelyk is aan beter nie. En dié les leer sy by Rocco Roux, haar pa se nuwe plaasbestuurder, wat sy verag om sy sosiale stand, maar onweerstaanbaar aantreklik vind as man . . .

vetseun
Oase van geluk (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624057178

Om saam met jou jonger suster bekend te staan as die dorp se twee aantreklike oujongnooiens, is miskien nie so sleg nie. Maar as jou sus skielik halsoorkop verlief raak en trou, is dit seker net normaal dat mens self ook begin smag na romanse en die klank van huweliksklokkies. Soos haar sus Martina, vind Isolde uiteindelik ook geluk, maar eers nadat sy 'n behoorlike vuurdoop beleef aan die hand van haar nuwe swaertjie Kobus se ouboet Zak daar op hul afgeleë Karooplaas . . .

vetseun
Rabbedoe van Rietkuil (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624058915

Die baas van die plaas, Wynand, kan hom nie verweer teen sy rabbedoe-"plaasvoorvrou", Nicolette, se betowering nie. Maar sy het 'n bokskampioen van 'n kêrel wat dik briewe aan haar skryf - en om sake verder te kompliseer, daag Wynand se broer ook nog op . . .
In Rabbedoe van Rietkuil kan die baas van die plaas, Wynand, hom nie verweer teen sy rabbedoe-"plaasvoorvrou", Nicolette, se betowering nie. Maar sy het 'n bokskampioen van 'n kêrel wat dik briewe aan haar skryf - en om sake verder te kompliseer, daag Wynand se broer ook nog op . . . en die rabbedoe met die bokstert en langbroek ontluik skielik in 'n uithaler-gasvrou in ontwerpersklere.

vetseun
Sê groete vir pappa (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624055891

In Sê groete vir Pappa bedank Reino Vos as predikant nadat sy vrou, Chrisma, hom onverwags tydens 'n sinodesitting verlaat. Hy word hoof van die Sonopkinderhuis en kom weer in kontak met Rita Venter, gewese vrou van Flip, die man saam met wie Reino se vrou weggeloop het. 'n Innige vriendskap ontwikkel mettertyd tussen Rita en Reino... totdat 'n nuwe meisie tot die kinderhuis toegelaat word.
Nadat Reino Vos se vrou, Chrisma, hom so onverwags tydens 'n sinodesitting verlaat het, bedank hy as predikant; word hy doodgewoon meneer Vos - hoof van die Sonopkinderhuis. Dit is in dié hoedanigheid dat hy weer kontak maak met Rita Venter, gewese vrou van Flip, die man saam met wie sy Chrisma weggeloop het. Hoewel aanvanklik bitter teensinnig, willig Rita weldra in om as huismoeder in die kinderhuis op te tree en begin 'n innige vriendskap mettertyd tussen haar en Reino groei. Maar toe die nuwe dogter, Madelyn le Roux, tot die kinderhuis toegelaat word, verander alles asof oornag; ontaard hul rustige, beskermde bestaan in 'n nagmerrie, en verloor Rita alle hoop om ooit weer tot Reino deur te dring . . .

vetseun
Soekers na die son (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624056072

Toe ou Nols Retief, die patriarg van Paradys, op rype ouderdom sterf, is almal hartseer maar geensins verbaas nie, want hy het 'n vol en regverdige lewe agter die rug - daarvan kan sy seuns Helgard en Arnold, en sy skoondogters Elise en Rita en ook hulle kinders getuig. Maar op die dag dat sy testament gelees word, bars die bom. Heeltemal onverwags word die sondes van die vaders (en die moeders!) geopenbaar, en moet elkeen van die kinders - Nols junior, Isabé en Janneman - skielik bitterlik swaar dra aan die gevolge van hul ouers se dade - gevolge wat ook tot in die volgende geslag gevoel sal word . . .

vetseun
Terug na Eden (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624056089

Nols Retief se kleinkinders kry swaar: Nols junior, wat die pad gevat het 'n week na sy oupa se testament gelees is, kruip nou - vier jaar later - steeds in Midas Hammond se dobbelstad weg. Janneman, wat met Nols se verloofde getroud is toe hulle ontdek dié is swanger, sit nou opgesaal met 'n terminaal siek kind en 'n vrou wat haar hele lewe wy aan die versorging van dié arme mensie. Isabé, wat 'n uiters belowende verpleegloopbaan in die stad gehad het, plak nou pleisters op die kinderhuiskinders se nerfaf knieë . . . En soos hulle op Paradys wag op die reën, wag elkeen ook op uitkoms vir hul persoonlike probleme, en hoop hulle dat die liefde sterk genoeg sal wees om te oorwin . . .

vetseun
Wanneer die nuwe dag breek (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624057185

Toe die jong Elfie en die wêreldwyse Renier die eerste maal ontmoet, het hul albei geweet hulle het hul lewensmaat gevind. Maar hulle moes eers deur die lewe gelouter word voordat hulle mekaar werklik kon waardeer . .

1995 - Die uurglas loop leeg (TAFELBERG)
1992 - Lise (WATERKANT UITGEWERS)
1991 - Wanneer die nuwe dag breek (WATERKANT UITGEWERS)

vetseun
Sondes Van Die Vaders . 1985

vetseun
Tromme Van Onheil . 1984 TAFELBERG

vetseun
Maanlig Oor Die Amasone . 1979 PRESIDENT-UITGEWERS VAN SUID-AFRIKA

vetseun
Sluiers in die Nag ....... 1976 PRONK BOEKE

vetseun
Martelaars Van Die Noodlot . 1974 JP van der WALT & SEUN

1974 - Satan van Zimbabwe (TAFELBERG)

vetseun
Drie Vroue-Trilogie .......
'n Vrou soos Salome
Die ryper jare
Agter die masker

vetseun
Die Wit Koningin ...........

vetseun
Verworpe Silwer ............

vetseun
Die Despoot Van Duiwelskloof .

vetseun
Soekers Na Die Son .....

vetseun
Keerkring van die hart ..

vetseun
Haar Grootste Offer .......

vetseun
Ter wille van ons drome ..

vetseun
Sluiers van wierook ......

vetseun
Dieplood .........................

vetseun
Merk Van Die Skarabee .

vetseun
Daaglikse Gesprek deur Ena Murray .

vetseun
Ena Murray se verjaarsdaghoekie .

vetseun
Appelbloeisels En Jasmyn .

vetseun
Diena van die Eike .......


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )