Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Elza Rademeyer (Rademeyer, Elza)
vetseun
Omnibus 6 .................. 2013 TAFELBERG
ISBN: 9780624057857

In Duwweltjiepad bestaan Rudolf Mulder, die jongste multimiljoenêr in die Kaap, se lewe net uit sport, meisies en partytjies. Maar dan beland hy met 'n verlamde onderlyf in die hospitaal. In die hospitaal kruis sy pad ná jare weer met dié van die pragtige suster Jo, wat hom skynbaar ken, maar van wie hy geen herinnering het nie.
In Klopdans van die liefde betrap dokter Pennie de Villiers haar Anton in 'n vurige omhelsing met 'n ander vrou. Daarom dat sy nie die aanstormende motor sien totdat dit amper te laat is nie. Die bestuurder is besonder arrogant, maar dié man, Pieter Wasserman, is ook baie aantreklik . . . En in 'n Stukkie van jou hart is dokter Lara Strydom aanvanklik verslae wanneer sy sien hoe klein Darlingsdrift is, maar haar boesemvriendin Riekie is sterwend en het haar gevra om met haar en Janus se praktyk te kom help. Dan ontmoet sy die aantreklike Paul Sauerman . . . maar hoekom dra hy soveel bitterheid in hom?

vetseun
Omnibus 5 / (eBook) . 2012 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054832
ISBN: 9780624054849

Die verhale in hierdie omnibus is Raaisel van die liefde, Klippie in die skoen en Verlange na Brandersbaai.
In Raaisel van die liefde is Brian die mooiste man wat Pikkie nog gesien het. Sjarmant en wêreldwys - en boonop ken hy nie die einde van sy geld nie. Maar kan sy hom vertrou? Is hy wat hy voorgee om te wees - of het hy ook maar voete van klei, soos al die ander . . .? In Klippie in die skoen wil Tobie 'n ouerige dame aanstel om sy kinders op te pas. Maar dan daag die bloedjong, ongekunstelde Jantjie - kwansuis sy niggie - op om dié pos te vul. En in Verlange na Brandersbaai gaan hou Lizette en Wanda vakansie by die see. Daar leer ken Lizette vir Tom. Ook ontmoet sy die aantreklike Hennie. Ná die vakansie ontdek Lizette sy is swanger met Hennie se kind. Sy vertel hom nie daarvan nie, aangesien hy verloof is aan Riana. Ná die bevalling word die vriendskap tussen Lizette en Tom hegter. Tom vra haar om met hom te trou. Hulle moet egter rekening hou met die moedswillige en jaloerse Maria, suster van Tom se eertydse verloofde.

vetseun
Omnibus 4 / (eBook) ........ 2011 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624052814
ISBN: 9780624053682

'n Kronkelpad na geluk werk Jessica op Biesiesdal in oom Josie se slaghuis en loseer sy by tant Mart. Maar haar liefdeslewe is 'n warboel. Jessica se verhouding met twee aantreklike broers en 'n oudsenator se boheemse dogter sorg dat die verhaal 'n pad loop wat nooit 'n vervelige oomblik het nie.In Jy behoort aan my lei Sura se ontmoeting met Hennie op Komslaagte tot groot ontberings. En in Hamerkopnes is Caroline Bester doodgelukkig in haar werk en haar verhouding met Darius. Daarom is sy nie voorbereid op die uitwerking wat die skatryk Mark Johnson op haar lewe sal he wanneer hul paaie kruis nie.
n Kronkelpad na geluk werk Jessica op Biesiesdal in oom Josie se slaghuis en loseer sy by tant Mart - vir hulle is sy amper net soos 'n dogter. Maar haar liefdeslewe is 'n warboel. Jessica se verhouding met twee aantreklike broers en 'n oudsenator se boheemse dogter sorg dat dié verhaal 'n pad loop wat nooit 'n vervelige oomblik het nie.In Jy behoort aan my lei Sura se ontmoeting met Hennie op Komslaagte tot groot ontberings. Verkragting en 'n afgryslike ongeluk is maar twee van die enorme struikelblokke wat sy moet oorkom voordat sy ware geluk kan vind.En in Hamerkopnes is Caroline Bester doodgelukkig in haar werk én haar verhouding met Darius. Daarom is sy nie voorbereid op die uitwerking wat die skatryk Mark Johnson op haar lewe sal hê wanneer hul paaie kruis nie.

vetseun
Omnibus 3 / (eBook) ........ 2010 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624048695
ISBN: 9780624049562
ISBN: 9780624049487

Die verhale in hierdie omnibus is 'n Les vir Elizabeth, Hoë berge en Die onwillige bruid.
In'n Les vir Elizabeth is die hoofkarakter tegelykertyd op twee mans verlief, 'n identiese tweeling wat hemelsbreed van mekaar verskil. Hoe sal Elizabeth eindelik 'n keuse tussen die twee kan maak?In Hoë berge ontmoet Ilze en Julius mekaar en die liefde blom. Maar albei het spoke uit hul verlede wat hul verhouding kompliseer - struikelblokke wat soos'n berg voor hulle lê.En in Die onwillige bruid is Ruben see toe om te gaan herstel van die gevoelige hou wat Moira sy hart en ego toegedien het. En dan raak hy verlief op 'n getroude vrou...

vetseun
Omnibus 2 (eBook) ........ NASIONALE BOEKHANDEL/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624049753
ISBN: 9780624050261

Verlief en verlore op Marion is 'n verhaal propvol romanse en intrige. In Dwaalspoor na Kanaan weet die weduwee Niena Pistols die mense beskinder en vermy haar - dit nadat haar lieflingseun grusaam vermoor is. In Woestynpad van verlange vind Debbie Tredoux die loodgieter wat die badkamers in haar skoonouers se huis kom vernuwe, hoogs aantreklik. Sy is 'n weduwee, maar hy't g'n reg om skuins teen sy neus af na haar te kyk nie. Of het hul paaie al voorheen iewers gekruis?
Die seiljag waarop Louise Webber, haar verloofde en haar beste vriendin na Nieu-Seeland vaar, raak tydens 'n hewige storm onklaar, en die volgende wat Louise weet, is dat sy dodelik siek is en haar tussen 'n spul bebaarde gomtorre op Marion-eiland bevind. Wie ís hulle, en waarom is veral een van hulle so onwillig om te glo dat sy nié 'n spioen is nie? Verlief en verlore op Marion is 'n verhaal propvol romanse en intrige.In Dwaalspoor na Kanaän weet die weduwee Niena Pistols die mense beskinder en vermy haar - dít nadat haar lieflingseun grusaam vermoor is. Maar sy het 'n plan gereed vir die dag van vergelding . . .In Woestynpad van verlange vind Debbie Tredoux die loodgieter wat die badkamers in haar skoonouers se huis kom vernuwe, hoogs aantreklik. Sy is 'n weduwee, maar hy't g'n reg om skuins teen sy neus af na haar te kyk nie. Of het hul paaie al voorheen iewers gekruis?

vetseun
Omnibus 1 (eBook) ............... MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624051848

Die eerste omnibus van 'n immergewilde skrywer se werk! In Op arendsvlerke neem Amelda die moeilikste besluit van haar lewe - sy gee toestemming dat die dokters die asemhalingtoestel van haar breindood eggenoot ontkoppel. Hoe kan sy hierna weer voortgaan met haar lewe? In Mallemeule van die liefde is Ilse in die sewende hemel ná haar verlowing aan die erfgenaam van 'n spogplaas. Maar haar aanstaande se ma is glád nie ingenome met dié verbintenis nie . . . En in Die deur van haar hart vlug suster Hester van der Linde uit Gauteng Kaap toe, om weg te kom van 'n lastige dokter - maar haar nuwe hoof by Ongevalle is 'n absolute buffel . . . en tog word hy by die dag vir haar aantrekliker!

vetseun
Hart van die son (eBook) . MEDIA24 BOOKS/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624050728
ISBN: 9780624050216

Ná uiters traumatiese gebeure in Nadia Pretorius se lewe wat haar in die hof laat beland het, word sy vrygespreek danksy Dewald Duvenage se knap regsvaardighede. Hy kry ook vir haar werk by sy pa se prokureursfirma, waar die streng oubaas Duvenage haar persoonlik onder sy vlerk neem. Toe hy ná vyf maande van mening is dat sy te vasgevang in die verlede bly, dwing hy haar so te sê om met vakansie te gaan. Sy besluit uiteindelik om tog te vertrek - vir 'n herbesoek aan haar grootwordplek, daar waar alles begin het, waar sy Dimitri ontmoet het...

vetseun
Rabbedoe se temmer (eBook) . MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624052067

Rykmansdogter Vicky Webster het nog nooit 'n steek werk in haar lewe gewerk nie en weet nie eens hoe om 'n eier te kook nie. Na haar pa se dood, kom sy met'n skok agter dat hy hulle bankrot geboer het met sy uitspattige leefstyl en skielik het sy 'n sent in die bank nie. Wat nou? Gelukkig kruis haar pad met die aantreklike Wouter Hoyt wat haar voete onder haar uitslaan en sommer ook vir haar werk in hul huishouding aanbied. Maar die hoof van die huis, Pierre, is egter glad nie beïndruk nie en het boonop 'n baie jaloerse meisie. Dit kos Vicky fyntrap en baie wolhaarstories om haar werk te behou, maar haar rabbedoe-streke steek kort-kort kop uit. Sal een van die mans hierdie rabbedoe kan tem?

vetseun
'n Stukkie Van Jou Hart . 2007 TAFELBERG
ISBN: 9780624045250

Dokter Lara Strydom se boesemvriendin Riekie is sterwend en vra haar om met hulle praktyk in Darlingsdrift te kom help. Sy leer ken vir Paul Sauerman met sy gitswart hare en kruppel been.

vetseun
Die Onwillige Bruid . 2001 JASMYN
ISBN: 9780624040125

Toe Ruben die mooi meisiekind op die hoë rots sien staan, dink sy kop net een rigting: sy wil selfmoord pleeg.

vetseun
Verlief en verlore op Marion . 2000 JASMYN
ISBN: 9780624038146

Nog'n lekkerlees liefdesverhaal deur die gewilde skrywer Elza Rademeyer. Die seiljag waarop Louise Webber, haar verloofde en haar beste vriendin na Nieu-Zeeland vaar, raak tydens 'n hewige storm onklaar.

vetseun
Duwweltjiepad ........ 1994 TAFELBERG

vetseun
Raaisel van die Liefde . MELODIE

1998 - Spoelklippies in stormwater (TAFELBERG)
1993 - Dwaalspoor na kanaan (TAFELBERG)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )