Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Elsa Silke (Silke, Elsa)
vetseun
Verkeerdespruit (Roman) (vertaal, Michiel Heyns) . 2006 HUMAN & ROUSSEAU
(Engels, The Children's Day 2002)

Hierdie Afrikaanse vertaling van The Children's Day (2002) is gedoen deur Elsa Silke, vertaler van This Life (Karel Schoeman) en Stargazer (Jan van Tonder).
Verkeerdespruit is 'n boeiende roman - simpatiek, snaaks, skokkend - oor 'n seun se grootwordjare in 'n klein Vrystaatse dorpie tydens die sestigerjare. Simon sukkel om sin te maak van die volwasse wêreld om hom en is verskeurd tussen minagting vir sy omgewing en 'n behoefte om in te pas en aanvaar te word. En tog, dis juis van die mense óm hom, dikwels eksentriek en wondbaar, dat Simon onbewustelik iets van die liefde leer verstaan: Bettie die Sentrale sonder die ken, Klasie, die posmeester wat liefde vind en weer verloor, Trevor met sy pienk hemp, meneer de Wet, die mees gevreesde onderwyser in die skool, juffrou Rheeder met haar skielike belangstelling in tennis. En dan is daar Fanie, die armste seun in die skool, wat epileptiese toevalle kry en dus nie skrikgemaak mag word nie - swygsaam, irriterend, maar tog ook vreemd charismaties ... - graffitibooks.co.za


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)