Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Elsa Nolte (Nolte, Elsa)
vetseun
Vigiti Magna - 'n soeke na goud (Kortverhale) . 2005 PROTEA BOEKHUIS

Reeds in haar versameling opstelle Veelluik (1994) het Elsa Nolte haar onderskei as 'n literêre essayis van formaat. Haar betoog is goed gestruktureer; haar vermelding van bronne getuig altyd van 'n wye belesenheid; haar styl is helder; haar woordeskat ryk. Haar jongste versameling opstelle, Vigiti Magna - 'n soeke na goud, dra dieselfde stempel.
Soos voorheen lê sy verbande nie net tussen tekste uit die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde nie, maar ook tussen die letterkunde en ander kunsvorme: meer bepaald die musiek en die skilderkuns. Op boeiende wyse trek sy die lewe ná van verwante motiewe in hierdie verskillende kunsvorme. Haar blik gaan hier selfs nog wyer as tevore. Sy kyk verder terug in die geskiedenis van die Westerse literatuur om begrip vir eietydse tekste te laat verdiep.Vir die student en die liefhebber-leser bewys Elsa Nolte hoe die rykdom van die literêre teks nie deur 'n eenmalige lees-oefening ontsluit kan word nie, dat jy as leser "beloon" word in die mate waarin jy jouself as geoefende en ervare leser teenoor die teks stel. - graffitibooks.co.za

1994 - Veelluik


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )