Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Elsa Joubert (1922-) (Joubert, Elsa)
vetseun
Reisiger (Outobiografie) . 2009 TAFELBERG
ISBN: 9780624048121

Dit begin waar die skrywer as vyf-en-twintigjarige haar eerste alleenreis aanpak, 'n tog wat haar deur Afrika na Europa neem en die begin vorm van haar lotsgebondenheid met hierdie kontinent, die "boeiende, donker, onbekende ding" wat haar haar lewe lank getrek het. Reisiger gee 'n eerlike kyk op die lewe van Elsa Joubert en werp lig op die onuitwisbare ervarings wat aanleiding daartoe gegee het dat sy is wat sy is en daarom geskryf soos sy geskryf het. Altyd het sy die lee kolle van haar lesers se begrip probeer invul deur hulle bewus te maak van ontkende mense se toestande en bestaansituasies, al sou dit vreemd, ontstellend, ongelooflik wees. Maar altyd met net een doel voor oe: om mos op klipharte te laat groei.

vetseun
'n Wonderlike geweld (Outobiografie) . 2005 TAFELBERG
ISBN: 9780624042891

"Die outobiografie dek die eerste 25 jaar van Joubert se lewe, haar grootwordjare in die Paarl, haar skooljare, studentejare aan die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad, eerste onderwysposte en haar slyping in die joernalistiek. Dit is 'n outobiografie wat met verstommende detail 'n beeld bied van 'n bepaalde era in die land se geskiedenis, maar ook van die wording van 'n skrywer. Joubert deins nie terug van omstrede kwessies nie, en onder meer kom haar betrokkenheid by Die Ossewabrandwag aan bod. Maar die vernaamste beeld is die van 'n skrywer wat as kind reeds die drang na woorde ervaar, wat in die onstuimige tyd na die Tweede Wêreldoorlog te midde van klomp invloede haar onafhanklike stem as skrywer probeer vind." - loot.co.za

vetseun
Twee Vroue ........... 2002/2006 TAFELBERG

"In Pampas reis Elvira vroeg in die vorige eeu na Argentinie, waar sy in aanraking kom met vreemde mense en 'n vreemde landskap. Die ruimte van die vlakte wat haar alkante omring, die roerende glinstering van die skuinsgewaaide gras, vul haar oë, haar kop, haar hande, haar lyf. In afsondering, haar eensaamheid ver sterk deur 'n liefdelose huwelik, word sy gekonfronteer met die grense in haarself, kom sy te staan voor die beperkinge van haar menslikheid en worstel sy met die onherroeplikheid van haar keuse. In Klooster vertrek Helena saam met drie mans op 'n soektog na 'n verlore manuskrip. Maar tussen die bonkige mure van 'n massiewe vesting en teen die hange van 'n berg wat uitstyg bo die wye woestynlandskap, onderneem sy haar eie ontdekkingstog - 'n fisieke en spirituele reis, gevoer tot 'n evokatiewe hoogtepunt." - loot.co.za

vetseun
Isobelle's Journey ..... 2002 JOHNATHAN BALL PUBLISHERS
ISBN: 9781868421336

This long-awaited and elegant English translation of Elsa Joubert's much-acclaimed novel, Die Reise van Isobelle, now invites English-speaking readers to share the author's unique account of the lives of an ordinary South African family against the backdrop of a century of extraordinary national and international upheaval. Set between 1894 and 1994 and spanning four generations, this engaging and beautifully told saga focuses on the lives of the women of the family, whose literal and metaphorical journeys between the start of the Anglo-Boer War and the birth of democracy in South Africa provide the fabric of the narrative. It explores especially the tensions created by the conflict between loyalty to the family and loyalty to one's own beliefs. Elsa Joubert probes with profound insight and acute observation the influences, cultural and historical, that drove otherwise decent, essentially well-meaning South Africans to the evil of apartheid. She confronts with rare courage and frankness the undeclared civil wars that white South Africans waged among themselves for almost a hundred years, and counts the cost in the disappointments and wasted lives the conflict produced. Isobelle's Journey reveals the essential tragedy of what took place in South Africa: it exposes inescapably the guilt and innocence of the Afrikaner nation.

1998 - (Die reise van Isobelle) Hertzogprys Prosa

vetseun
Die Vier Vriende En Ander Verhale Uit Afrika . 1997 TAFELBERG

1997 - Gordel van Smarag: 'n reis met Leipoldt (TAFELBERG)

vetseun
Poppie - Die Drama (Skooluitgawe) . 1984/1995/2008 TAFELBERG
ISBN: 9780624020431 (1995, TAFELBERG)
Elsa Joubert; Sandra Kotze

Poppie is die storie van 'n swart vrou wat in die jare van apartheid met 'n man van die land getroud was. Soos met Joubert se reisbeskrywings, is hierdie drama 'n reis in vele opsigte: enersyds Poppie se lang swerftog op soek na standvastigheid en 'n veilige toekoms vir haar kinders, andersyds 'n reis van twee verwyderde kulture na mekaar toe, maar uiteindelik die reis na die hart van 'n medemens. - graffitibooks.co.za

vetseun
Die Reise van Isobelle . 1995 TAFELBERG


The Four Friends and Other Tales from Africa . 1993 TAFELBERG

1993 - Dansmaat
1988 - Bonga (Elsa Joubert) (Blokboeke 56) - M. Nienaber-Luitingh (ACADEMICA)

vetseun
Missionaris .................. 1988 TAFELBERG

"Aart Antonij van der Lingen, 'n bleek, teruggetrokke jong Hollandse boekhouerklerk, sieklik, met 'n misvormde rug, en geen werklike sekerheid oor sy roeping as sendeling nie, sit in die jaar 1800 voet aan wal in 'n totaal vreemde wêreld: die Caap de Goede Hoop. In Elsa Joubert se roman word die sosiale en kerklike omstandighede van 200 jaar gelede onmiddellike werklikheid." - suid-afrika.de

vetseun
Die Laaste Sondag .... 1983 TAFELBERG

"Dominee Wessel Falk is predikant van 'n gemeente vlak by 'n swart gebied, nie vervan die grens nie.
Tydens 'n besoek aan die grens voer hy 'n gesprek met 'n ontredderde jong man, wat 'n halfuur later in 'n landmynontploffing sterf. Die dominee beskou die jong man se woorde as 'n vionêre boodskap, 'n goddelike openbaring. Mettertyd, ná 'n eensame worsteling, aanvaar hy dit ook as 'n opdrag. Maar wanneer hy ook aan hierdie opdrag uitvoering begin gee, ontketen hy magte wat hy nie kan beheer nie. Die gebeure kry 'n eie momentum, stuur onkeerbaar af op 'n laaste, bloedige Sondag.
die laaste sondag is Elsa Joubert se eerste roman ná haar opspraakwekkende Die swerfjare van Poppie Nongema, wat aan haar internasionale roem besorg het. Dit is 'n spannende, gedurfde aktualiteitsroman wat 'n projeksie gee van die kerk in Suid-Afrika - 'n ommuurde kerk waarin dit in laaste instansie nie meer gaan om die versoenings dood van Christus nie, maar om Ou Testamentiese waardes: 'n oog vir 'n oog." - omslag

1980 - Melk

vetseun
Poppie ..........................1981 CORONET
vertaal

"The sensational South African bestseller"
"Stark, explosive, infinitely moving, this prizewinning story of Poppie Nongena's ten year battle to hold her family together under the ruthless apartheid system shattered the white South African Cabinet and drew a standing ovation from the Afrikaans literary world.
In the eloquent tradition of Alan Paton and Athol Fugard, Elsa Joubert's tender but devastating portrait of a South African Mother Courage is an unforgettable testament to the lives of millions." - cover

vetseunvetseun
Swerfjare Van Poppie Nongena (Biografie) . 1978/1996 TAFELBERG
ISBN: 9780624023333 (1996, TAFELBERG)

1971 - Bonga

vetseun
Die Wahlerbrug .......... 1969 TAFELBERG

"Dié verhaal word bestempel as Elsa Joubert se mees artistieke skepping. Dit is 'n allegorie oor 'n desperate soeke na identiteit, soos vergestalt in die ervaring van 'n vrou in 'n vreemde land met 'n taal wat sy nie kan praat of verstaan nie." - suid-afrika.de

1969 - Suid van die Wind (TAFELBERG)
1968 - Swerwer in die Herfsland
1964 - Dolf van Niekerk (Skepsels); Elsa Joubert (Ons wag op die kaptein) Eugène Maraisprys

vetseun
Die staf van Monomotapa . 1964 TAFELBERG
- Reisjoernaal oor Mosambiek.

vetseunvetseun
Ons wag op die kaptein (Klassieke Reeks) . 1963/1991/2005 TAFELBERG/KAKKERLAK

"Waarom het Carlos Figueira se plantasiewerkers, sy "eie mense", in opstand gekom en in een dag alles vernietig wat hulle vir hom opgebou het? Hy het die "barbare" nie só sleg behandel nie, nie só vreeslik uitgebuit nie. Hulle het goeie kos gekry en klere op Kersdag; as sy sweep deur die lug gesny het, het hulle dadelik teruggestaan. Hy het net één van hulle doodgeslaan, maar dit was lank gelede." - loot.co.za

1962/1974 - Suid van die Wind: Die Verhaal van Drie Eilande (TAFELBERG)
1959 - Die Verste Reis

vetseun
Water en Woestijn (Uganda en Kaïro) . 1956 DAGBREEK BOEKHANDEL/KAKKERLAK


skakels : wiki












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )