Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Eliza Parker (Parker, Elize)
vetseun
'n Lint In Die Wind / (eBook) / (eBook) . 2013 STRUIK
ISBN: 9781415314043
ISBN: 9781415323144
ISBN: 9781415323137

'n Lint in die wind is die derde en laaste boek in die treffende Offerkind-reeks. Die reeks handel oor Emma en Izak, 'n tweeling wat by geboorte geskei is, en 'n Lint in die wind neem die leser terug na die verlede en vertel die aangrypende verhaal van hul ma, Charlene. Charlene Fourie raak swanger na sy as tiener 'n passievolle eenaandafspraak met 'n plaaslike seun het. Sy word na 'n huis vir ongehude moeders in Pretoria gestuur en haar ma gaan 'n ooreenkoms met 'n vriendin aan om Charlene se baba, sonder haar wete, te laat aanneem. Gedurende hierdie tyd ontmoet Charlene 'n soldaat uit Rhodesie, majoor Lloyd Edwards, en trou met hom na 'n warrelwindromanse. Sy raak swanger met 'n tweeling, maar beleef 'n bitter moeilike jaar waarin Lloyd vermis raak, bipolere depressie haar begin onderkry en sy probeer selfmoord pleeg toe sy sewe maande swanger is. In haar donkerste tyd verneem sy dat die tweeling oorlede is 'n leuen wat aan haar vertel word) en kom sy by 'n kruispad waar die toekoms donkerder as die verlede lyk. Vir Charlene is dit 'n lang pad na herstel. Sal sy ooit die waarheid uitvind oor die leuens wat haar gesin verwoes het? En sal haar drie kinders hul pad na haar toe terugvind? 'n Lint in die wind is die verhaal van 'n vrou se soeke na ware vryheid en bied ook 'n kykie op die siel en wese van bipolere depressie en die herstel wat moontlik is vir mense met geestesiektes-'n moet-lees boek vir elkeen wat hoop soek en hoop wil deel.

vetseun
Omnibus / (eBook) ........... 2013 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798159708
ISBN: 9780798159715

Elke vrou vir haarself is 'n meesleurende familiesage oor die lief en leed van die drie Keet-susters. Die twee oudste susters, Nelia en Adri, werk by hul ma se ou vriendin Emmie by die Hotel Woltemade in Kaapstad. Kort hierna sterf hul ma en neem Emmie hul laatlamsussie, Carine, aan.
Maar uiteindelik moet elkeen van hulle hul eie paadjie loop en talle terugslae oorkom op hul weg na vervulling in hul professionele én liefdeslewe. Daar is suksesse én teleurstellings, vreugde én hartseer. Dit sal jare wees voordat die donker geheim in die Keet-familie uitgerafel word. Sterk vroue, glorieryke liefde, ontrou, verraad, passie, wraak. Maar uiteindelik is dit tog die liefde wat seëvier. Amber maan, oker son en ander verhale neem die leser na uiteenlopende plekke. Die titelverhaal speel af in die oorloggeteisterde Angola waar die joernalis Esperanza Santana en haar Franse eweknie, Gerard Jobert, by mekaar skuilplek soek. In elke verhaal speel identiteit 'n sleutelrol; die vinnige pas en warm tonele sal lesers meesleur.

vetseun
Blinde Kol / (eBook) / (eBook) . 2012 STRUIK
ISBN: 9781415313398
ISBN: 9781415322130
ISBN: 9781415322147

Blinde kol is die tweede boek in die Offerkind-reeks wat begin het met Onthou jy my? Dit vertel die verhaal van Izak Mostert wat na sy geslaagde beenmurgoorplanting en die amputasie van sy bene, stadig weer sy lewe aanmekaar begin las. Hy is verbitterd oor verskeie dinge: sy vrou en kind wat in 'n kaping gesterf het, sy aangenome status en gevoel van verwerping, sy amputasies en kanker en die feit dat sy tydrendae verby is. Hy lei 'n lewe van ontkenning en het sogenaamde blinde kolle, dinge waarvan hy nie wil weet en erken nie. Vir Izak is dit moeilik om aan God se vaderhart te glo en ook dat hy 'n God van genade is. Maar die nuus dat Emma Opperman sy tweelingsuster is en haar motivering om meer van haar herkoms te wete te kom, oortuig Izak om haar te help met haar soektog om hulle biologiese ouers te vind. Hy word tydens sy herstel ondersteun deur Emma se vriendin, Simona, en daar ontstaan 'n vriendskap tussen hulle. Stadig bemeester hy sy kunsbene, en daar is hoop dat hy weereens sy tydwedrenmotor kan bestuur. So kom daar 'n nuwe vrou in sy lewe, die pragtige, blinde rooikop, Jody Muller. Sal Izak en Emma hulle biologiese ouers vind? Wat van die eienaardige omstandige van hulle geboorte en die raaisel oor hulle verlore aannemingsdokumente? En wat gaan gebeur in sy verhoudings met Simona en Jody? Sal Izak leer uit sy lewe hoe om die Vaderhart van God te vind en weer vir ander te begin omgee?

vetseun
Seisoene Van Die Hart / (eBook) / (eBook) . 2012 STRUIK
ISBN: 9781415313541
ISBN: 9781415322895
ISBN: 9781415322901

Seisoene van die hart is 'n splinternuwe dagstukkieboek vars uit die pen van die geliefde Afrikaanse skrywer, Elize Parker. Die boek bied inspirasie en motivering vir 'n hele jaar en bevat: 365 dagstukkies vir geestelike groei;'n Toepaslike; Skrifgedeelte met elke dagstukkie; Aanmoediging vir positiewe denke; Gepaste, daaglikse gebede; Vertroosting, bemoediging en veel meer. Elke maand word die klem gele op 'n spesifieke manier waarop jy nader aan God kan lewe en jou verhouding met Hom kan versterk.

vetseun
Seasons Of The Heart / (eBook) / (eBook) . 2012 STRUIK
ISBN: 9781415313558
ISBN: 9781415322888
ISBN: 9781415322871

Seasons of the Heart is a brand-new devotional by the well-known author, Elize Parker. The book provides inspiration and encouragement for a whole year and includes: 365 devotions for spiritual growth; Appropriate Bible verses with every devotion; Encouraging thoughts; Suitable daily prayers; Comfort; encouragement and much more. Every month is constructed in a specific way to help readers build and deepen their relationship with the Creator.

vetseun
Onthou Jy My? / (eBook) / (eBook) . 2011 STRUIK
ISBN: 9781415312728
ISBN: 9781415316023
ISBN: 9781415316030

Die Offerkind-reeks handel oor Emma en Izak, 'n tweeling wat by geboorte geskei is en hul lewens lank swaar gedra het aan die 'Geskeide tweeling'-sindroom wat tot sekere gedragspatrone by hulle gelei het en hul lewens beinvloed het. Onthou jy my? vertel die aangrypende verhaal van een van die tweeling, Emma. Sy is 'n opgeleide paramedikus, en doen gereeld in haar vrye tyd diens as paramedikus by haar tienjarige seun, Albert, se rugbywedstryde. Een Saterdag is sy weer noodhulpvrywilliger vir sy skool se spanne. Sy en Albert ry in twee afsonderlike skoolbussies na 'n naburige dorp vir 'n rugbytoernooi. Op pad soontoe beland die bussies in 'n grusame ongeluk. Emma doen alles wat sy kan om te help om van die kinders se lewens te red, maar weens haar eie beserings kan nie sy nie veel doen nie. Haar eie seun is een van die sterfgevalle. Die ongeluk en Albert se dood het verrykende gevolge op Emma en haar man, Andre, se lewens. Emma ontwikkel 'n verslawing en weens 'n misstap as gevolg van haar verslawing moet sy 'n vonnis uitdien. Andre, 'n oud-polisieman wat sy eie sekerheidsmaatskappy gestig het, gaan werk in Irak om van die situasie tuis te ontvlug. Hy word egter as gyselaar gevange geneem. Een van sy mede-gyselaars is Izak, maar hulle besef nie dat daar 'n band tussen hulle bestaan nie. Sal Emma en André se huwelik die traumatiese gebeure kan oorleef? Is daar genade deur hoop vir die twee stukkende mense? Waarom begin Emma ewe skielik oor haar herkoms en die gemis wat sy al vir soveel jare voel, wonder?

vetseun
Amber maan, oker son en ander verhale (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798164672

Amber maan, oker son en ander verhale neem die leser na uiteenlopende plekke. Die titelverhaal speel af in die oorloggeteisterde Angola waar die joernalis Esperanza Santana en haar Franse eweknie, Gerard Jobert, by mekaar skuilplek soek. In elke verhaal speel identiteit 'n sleutelrol; die vinnige pas en warm tonele sal lesers meesleur.

vetseun
Elke Vrou Vir Haarself (eBook) . 2004 JACKLIN/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798164658

Elke vrou vir haarself is 'n meesleurende familiesage oor die lief en leed van die drie Keet-susters. Die twee oudste susters, Nelia en Adri, werk by hul ma se ou vriendin Emmie by die Hotel Woltemade in Kaapstad. Kort hierna sterf hul ma en neem Emmie hul laatlamsussie, Carine, aan. Maar uiteindelik moet elkeen van hulle hul eie paadjie loop en talle terugslae oorkom op hul weg na vervulling in hul professionele én liefdeslewe. Daar is suksesse én teleurstellings, vreugde én hartseer. Dit sal jare wees voordat die donker geheim in die Keet-familie uitgerafel word. Sterk vroue, glorieryke liefde, ontrou, verraad, passie, wraak. Maar uiteindelik is dit tog die liefde wat seëvier.

vetseun
Nagprins ...................... 2001 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798141581

Dit is 1806. Aan die Kaap neem die spanning toe en maak die Kaapse Garnisoen gereed vir 'n moontlike aanval deur die Britse magte.

vetseun
Amulet ............................ 1995 PERSKOR

"Roxy, Anneline en Marcelle leer Frans praat by Claire aan die Franse Akademie in Kaapstad. elkeen om hulleafsonderlike ideale te verwesenlik. roxy word 'n tennissensasie, Anneline 'n kopieskrywer en Marcelle 'n prima ballerina. Op al drie het Claire 'n onuitwisbare invloed. Maar sy word verteer deur jaloeisie op haar drie protégés. Sy wéét die robynhangertjies is aan haar gestuur as 'n waarskuwing. Die een wat Alain in haar arms ingestuur het, sal seker maak hy word ook uit haar arms geneem. Daarom moet sy weet watter een van die drie sy minnares was. Sy wil voorbereid wees. Wanneer die regte oomblik aanbreek, wil sy haar troefkaart speel.
Claire hou egter nie rekening met dié een wat al twintig jaar lank met wraakagtiges rondloop nie ..."

Elke Vrou Vir Haarself met Alida Potgieter (HUMAN & ROUSSEAU)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )