Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Elize Mitchell (Mitchell, Elize)
vetseun
Een Nag In Vegas / (eBook) . 2013 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624057727
ISBN: 9780624057734

Arbeidsterapeut Telani ontmoet Simon in Las Vegas en wanneer hulle by 'n kapelletjie beland, glo sy dis als speletjies. Maar hulle is werklik getroud, en Simon oortuig haar dat sy disleksiese seuntjie tuis haar hulp benodig. In Kaapstad leer sy die kind liefhê, maar wat is Simon vir haar, buiten'n kamma-bruidegom?
Telani is deur 'n nagmerrie-ervaring met 'n verbreekte verlowing en het gehoop om in Amerika ontvlugting - sowel as 'n nuwe baan as arbeidsterapeut - te vind. Helaas, die posisie waarvoor sy wou aansoek doen, is reeds gevul. Op haar voorlaaste aand in Las Vegas ontmoet sy 'n oorrompelende Afrikaanse man. Ná 'n paar glase sjampanje beland die twee by 'n kitskapel. Toe Telani die volgende oggend wakker word, is dit as getroude vrou, teen haar sin - sy't gedink dis alles net speletjies! Simon oortuig haar om saam met hom huis toe te kom, as 'n blote saketransaksie tussen die twee van hulle, want hy't 'n seuntjie tuis in Suid-Afrika wat hulp nodig het en Telani is platsak. Sy willig in en in Kaapstad gekom leer sy Simon se disleksiese kleinding liefkry. Sy tannie, Dianne, is egter 'n ernstige vlieg in die salf. Telani weet sy moet hierdie skynhuwelik laat ontbind, en wanneer haar verlore verloofde ook weer sy opwagting maak, kom sake op die spits. Wat is Simon vir haar, buiten 'n kamma-kamma-bruidegom?

vetseun
Glimlag Van Die Sekelmaan / (eBook) . 2010 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624048541
ISBN: 9780624049524 1372591578723

Die nag toe Nina Immelman se man in ? motorongeluk sterf, kom nie net haar veelbewoë huwelik tot ? einde nie, maar vind sy ook uit dat die boedel bankrot is en sy alles verloor het - ook haar huis. Toe sy dus die kans gebied word om op ? luukse landgoed aan die Mosambiekse kus die huishouding waar te neem, gryp sy dit met albei hande aan.Maar op dié idilliese, sub-tropiese landgoed waar die soel, romantiese aande swaar belaai is met die geur van rose en frangipani, spat die vonke uit die staanspoor tussen Nina en haar werkgewer, Charl Beaumont. Sy buurman gooi ook sy flikkers vir Nina en boonop probeer Charl se seun ook haar guns wen. Toe Nina net mooi genoeg gehad het en besluit om Charl en sy plaas vaarwel te roep, gryp die noodlot in en dryf alles op die spits . . .

vetseun
Eiland van vervulling (eBook) . MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624058670

Karina het haar wêreldreisiger-tante Katriena skaars geken. Nou moet sy hoor dat sy nie net 'n nalatenskap kry ná haar tante se dood nie, maar sommer etlike eiendomme - insluitend verblyfreg op 'n paradys van 'n tropiese eiland!Daar aangekom saam met haar vriendin Liesl wil Karina net salig die natuurskoon geniet en uitvind of sy op die eiland sou kon aard. Maar daar's 'n vlieg in die salf: 'n half onbeskofte Westerling-man wat haar tante kwansuis daar versorg het deur 'n siekte. Hy ontstig die twee vriendinne, bring onmin tussen hulle, maak alles deurmekaar . . .En dan is daar nog die inheemse stam op die eiland, en al Katriena se projekte saam met hulle - hoe gaan Karina ooit haar skoene vol staan? Wanneer sy die kis wat Katriena vir haar agtergelaat het, oopmaak en uitpak, raak alles nóg meer gekompliseerd. Om nie te praat van die onheilspellende geslaan van tromme deur die eilandbewoners nie . . .

vetseun
Seisoen van ons liefde (eBook) . MEDIA24 BOOKS/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624050360
ISBN: 9780624049852

Vryskutjoernalis Tanya verloor haar hart op 'n veewagter in die Richtersveld. Nou's hy terug . . . Maar nie as veewagter nie! En hoe gemaak met sy verloofde?
Toe vryskutjoernalis Tanya van Heerden na die Richtersveld op ? werksprojek gestuur word, het sy nooit kon droom hoe ingrypend haar hele lewe sou verander nie. In die Richtersveld verloor sy haar hart aan 'n blonde, bruingebrande "veewagter", en terug in die stad kom sy tot haar ontsteltenis agter dat sy swanger is. Stadig maar seker bou sy vir haarself ? nuwe lewe, bêre sy haar Richtersveld-man diep in haar hart. Maar dan verskyn die aantreklike ekoloog professor Jean-Pierre de Ville een aand op die toneel en keer haar nuutgevonde lewe vierkantig op sy kop. Want Pierre is allesbehalwe veewagter, maar die einste een aan wie sy haar hart verloor het! Nou is hy egter verloof aan die beeldskone Alexa en Tanya moet fyn trap om haar geheim - en haar hart - te bewaar.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)