Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Elizabeth Wasserman (Wasserman, Elizabeth)
vetseun
Anna Atoom En Die Digitale Draak . 2012 NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054900

10-12 jaar. In dié derde en laaste boek in die reeks is daar twee identiese drake, gemaak uit die nuwe element Drakium. Die twee drake is kwantum verstrik en sal ongekende onstabiliteit veroorsaak indien hulle min of meer gelyktydig in die magna van die aarde (die vloeibare lawalaag van die aardkors) beland. Maar wie sit hieragter? Niemand anders as Uranus Draak nie! Hierdie reeks is 'n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, wetenskap, natuurlewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en 'n sterk "groen" boodskap. Anna Atoom se ouers is wêreldberoemde wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang red. Die skrywer hanteer al hierdie uiteenlopende storiedrade moeiteloos en met 'n heerlike sin vir humor.

vetseun
Anna Atoom En Die Magnetiese Meermin . 2012 NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054887

In hierdie tweede titel in die reeks probeer Admiraal Atoom se agterbakse kollega, Uranus Draak, die Aarde se magnetiese pole skuif in 'n poging om die yskappe van smelting te red. Maar is dit regtig wat hy beplan, of probeer hy steeds om die probleem van oorbevolking met die grootskaalse uitwissing van mense op te los? erdie verhaal is 'n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, wetenskap, seelewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en 'n sterk "groen" boodskap. Anna Atoom se ouers is wereldberoemde wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wereld van ondergang red. Die skrywer hanteer al hierdie uiteenlopende storiedrade moeiteloos en met 'n heerlike sin vir humor. Hierdie is die tyweede in 'n reeks van drie boeke.

vetseun
Speurhond Willem In Die Ruimte . 2012 TAFELBERG
Illustrasie: Chris Venter
ISBN: 9780624053583

Na hulle vorige avonture in Europa, die Indiese Oseaan en die Bosveld neem Willem en Adriaan se nuutste sending hulle die keer na selfs meer onbekende terrein: die Internasionale Ruimtestasie! Voor jy kan se "gespikkelde spanjoel" is Willem en Adriaan op pad Baikonoer toe; in Kazakhstan, vanwaar hulle in 'n Sojoes-ruimtetuig gelanseer word. Iets skort met die Internasionale Ruimtestasie se suurstof-toevoerstelsel. Kan dit wees dat 'n saboteur hier doenig is? Hierdie is die vierde boek in die reeks.

vetseun
Speurhond Willem In New York . 2012 TAFELBERG
Illustrasie: Chris Venter
ISBN: 9780624055082

Speurhond Willem en sy huismens Adriaan het in 2010 die eerste keer saam gaan reis: via Istanboel tot in Amsterdam, Parys en uiteindelik Londen. Daarna volg avonture op 'n passasierskip in die Indiese Oseaan, op 'n wildplaas in die Bosveld en via Kazakstan al die pad na die Internasionale Ruimtestasie. In die vyfde boek in die gewilde reeks moet Adriaan en Willem nogmaals die mensdom van 'n nare boef se gruwelike planne red. Maar soos dit die gedugte span betaam, vind die aksie in een van die opwindendste wereldstede van ons tyd plaas: New York.

vetseun
Anna Atoom En Die Seerower Se Dolk . 2011 NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624053323

Vir ouderdomme 8-12 jaar. Anna Atoom se ouers is wêreldberoemde wetenskaplikes, wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang red. Die twaalfjarige Anna ontdek tydens haar middagswem 'n seerowerdolk en is vasberade om die gesonke seerowerskip die Chivonne, met al haar skatte, op te spoor. Hierdie verhaal is 'n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, die ou gunstelingtema van seerowers, wetenskap, die uitgestorwe dodo, die seelewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en les bes 'n baie sterk "groen" boodskap.

vetseun
Speurhond Willem Op Reis . 2010 TAFELBERG
Illustrasie: Chris Venter
ISBN: 9780624048428

Adriaan is 'n valerige seun en nie uitermate goed in enigiets nie. Sy hond, Willem, is 'n ander storie! H's eintlik 'n speurhond,'n superspesiale geheime agent-hond. Dit vind Adriaan uit toe Willem hom doodluiters een oggend inlig dat hy 'n krat moet regkry sodat hulle daarin na Istanbul ge-koerier kan word.

vetseun
Speurhond Willem en die wilddiewe (eBook) .
Illustrasie: Chris Venter
ISBN: 9780624053316

Willem en Adriaan is terug vir hulle derde avontuur saam! Nadat hulle Europa en die Indiese Oseaan deurkruis het, is hulle dié keer op eie bodem doenig: in die Bosveld, waar daar in die gebied rondom tannie Lolla se plaas op renosters jag gemaak word. Willem-hulle word ingeroep om die stropers te help aankeer


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)