Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Eben Venter (1954-) (Venter, Eben)
vetseun
Wolf, Wolf / (eBook) ... 2013 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054993
ISBN: 9780624055006

Op die skerm van die kring-TV sien hy dit: twee skerp gepunte hondeore by die voorhek. 'n Wolfhond? Hy hou die knoppie in en tuur na die blougrys nagtoneel - en die buitengewoon groot hondekop wat hom stip aanstaar.
Daar is iets aan die stil blik van die donker oe wat nie heeltemal reg lyk nie, en die oomblik dat die hees stem oor die luidspreker kom, weet Mattheus wat dit is. "Matt," se die hondebek, "dis ek. Maak oop asseblief." Mattheus Duiker, seun van Benjamin Duiker, eertydse eienaar van Duiker's Motors, maak die hek van die Kaapse herehuis oop vir sy minnaar Jack. Vermom soos 'n wolf dring Jack die intieme donkerte binne waar Matt wag dat sy pa doodgaan sodat sy lewe kan begin.
Blinkoog oor die vooruitsigte sluip die twee jonges verby die studeerkamer waar die blinde ou man, deurdrenk van droewe verknogthede en donker vermoedens, sit en wag vir die voetval van die dood.Eben Venter se roman is 'n diepsnydende ondersoek na die verhouding tussen pa en seun, na die ontreddering van 'n man wat bitter min uit die verlede kan neem om hom toe te rus vir 'n lewe in 'n snel veranderende bestel. Intens. Ontstellend. 'n Meesterlike ontrafeling van die dun lyn van gevoel - Venter aan die toppunt van sy vermoens.

vetseun
Wolf, Wolf .................... 2013 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
Vertaling: Michiel Heyns
ISBN: 9780624055341
ISBN: 9780624055358

He presses the button to activate the screen of the CCTV system: two sharply pointed dog's ears. A wolfhound; except that a wolfhound can't reach that high. He keeps the button pressed in and peers at the blue-grey night scene of the pavement and the section of the road covered by the cameras at the gate.
The dog's head, abnormally large, stares back at him. There's something about the hairiness of the dog hairs and the oddly impassive gaze of the dark pin-hole eyes that doesn't seem quite right. And where's the rest of the dog-creature's body? He knows who it is even before the deliberately-gruffened voice comes over the intercom. 'Matt,' says the dog-muzzle, 'it's me.Please open up.' Mattheus Duiker, the only son of Benjamin Duiker, the former owner of Duiker's Motors, opens the gate of their Cape Town mansion to his lover, Jack. Disguised as a wolf, Jack invades the intimate darkness in which Matt is waiting for his father to die and for his own life to take off.
Shiny-eyed at the prospect, the two young men sneak past the study where the old blind man, dwelling on melancholy attachments and sombre suspicions, sits listening for the footfall of death. Eben Venter's novel is an unsparing investigation into the relation between a father and his son, into the disenfranchisement of a man who can glean scant wisdom from the past to equip him for life in a rapidly changing dispensation. Passionate. Disturbing. A masterly unravelling of the fragile thread of feeling - Eben Venter at the top of his game.

vetseun
Brouhaha / (eBook) .... 2010 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624049043
ISBN: 9780624051114

Eben Venter se Brouhaha-rubriek is by verre die gewildste in die Saterdag-BY. SMS'se van lesers stroom weekliks in: 'Ek hou so baie van Eben Venter se Stoney-stories. Hy doen meer om begrip en selfs bewondering van die gehate Oz by ons rotsvaste ek- sal-nooit-emigreer-Suid-Afrikaners te vestig as enigiets of iemand anders.' Ook: 'Eben Venter se woordkuns is soos 'n oase in die BY-woestyn.' Geniet die keur uit sy allerbeste Stoney-stories, 'n handvol onverbeterlike resepte met sy verstommende Brouhaha-vertellings as bonus. Brouhaha is nou in boekvorm beskikbaar op aandrang van die leserspubliek.

vetseun
Santa Gamka / (eBook) . TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624048138
ISBN: 9780624051374

Mr D'Oliviera, sy seksuele inlywing aan die lyf van sy tante Diane en sy verkenning van nuwe horisonne agter die enigmatiese swerwerspaar Eddy Eamonn aan. Maar eintlik vertel hy van sy sewe groot avonture, sy sewe kliente.
In Eben Venter se roman Santa Gamka word 'n politieke revolusie lyflik vertolk: Die seun van 'n plaaswerker in die Karoo vier sy vryheid in die Nuwe Suid-Afrika deur 'n rentboy te word. Santa Gamka is die verhaal van Lucky Marais wat op 'n Karoodorpie 'n bestaan maak deur sewe kliënte tevrede te hou, en dié kliënte kom van albei kante van die verdelings wat steeds deur ras, klas en geslag gemerk word. Maar is hierdie demokrasie van begeerte volhoubaar? Want op slot van sake vertel Lucky sy verhaal vanuit 'n pottebakkersoond waarin hy deur 'n wrewelige boer gestop is. Die Karoo wat Venter so aangrypend deur beeld en idioom voor oë roep, is een waarin rassisme, armoede en geweld nog so aanvoelbaar teenwoordig is soos gannabos en klip. Venter toon meesterlik aan hoe politieke omwentelings immer deel is van die lewe se ewige siklusse van opkoms en val.

vetseun
Trencherman / (eBook) . 2008 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624046516
ISBN: 9780624052470

Trencherman is the story of a life-changing journey. One rainy night in Australia Marlouw's sister phones with the request that he fetch her son 'from that bloody country'. And Marlouw, with his club foot and hardened spirit, believes it is his fate to carry out this instruction. On the trail of the principal character Marlow in Joseph Conrad's Heart of Darkness, he leaves for Africa - more specifically South Africa - which lies in ruins following an explosion and is collapsing under the violence of warring factions.

vetseun
Horrelpoot / (eBook) . 2006 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624052289

"Horrelpoot is die verhaal van Marlouw en sy lewensveranderende reis. Op 'n reenerige nag in Australie ontvang hy 'n oproep van sy suster met die versoek om haar seun te gaan haal 'uit daardie donderse land.' Marlouw het twee gebreke: sy mank voet en sy verstokte gees. Hy glo egter dat dit sy lot is om die opdrag uit te voer en - op die spore van Marlow in Joseph Conrad se Heart of Darkness - vertrek hy na Afrika. Meer spesifiek, Suid-Afrika: 'n land wat na 'n ontploffing in puin le en ineenstort onder die geweld van strydende faksies. Marlouw se opdrag is om Koert te vind en terug te bring. Daar is gerugte dat Koert op die ou familieplaas woon wat nou deur die vorige arbeiders bestuur word. Dat hy daar 'n magtige ryk opgebou en homself tot Koning van Vleis verklaar het. Op die verskrikking van 'n reis kloof Marlouw die hart van vrees oop en keer terug as 'n meer vitale, maar vir ewig bevlekte mens."

vetseun
My Beautiful Death . 2006/2010 TAFELBERG
Vertaling: Luke Stubbs
ISBN: 9780624044253

"Konstant Wasserman rebels against his people, culture and country. In his own words: I'm going to get the hell away from here and make the life I want somewhere else. Thus he migrates to Sydney, Australia where he slips into a new way of life - a vegetarian diet, a crazy hairstyle and an adventure with the sexually ambivalent Jude. With this "dark horse" of his he arrives at places where he'd never wanted to go. In the Wollondilly wilderness west of Sydney he discovers the first symptoms of a terminal disease. Now his real journey starts."

vetseun
Begeerte ...................... 2003 TAFELBERG
ISBN: 9780624041603

"Dis die verhaal van Madelein en Bill, van haar byna onverstaanbare lojaliteit en vergewensgesindheid teenoor 'n ontroue, maar sjarmante eggenoot wat nie kan ontsnap aan sy onweerstaanbare drang na die polsende lewe en die sensualiteit van vroue nie."

"Bill Scheiffer se taal is die taal van sy hande. Daarom weet sy hy praat toe hy die heel eerste keer sy hande hoog tussen haar dye inglip."
In dié aanvangsin vestig Eben Venter reeds die erotiek wat soos 'n leitmotief deur hierdie Karoo-roman loop. Dis die verhaal van Madelein en Bill, van haar byna onverstaanbare lojaliteit en vergewensgesindheid teenoor 'n ontroue, maar sjarmante eggenoot wat nie kan ontsnap aan sy onweerstaanbare drang na die polsende lewe en die sensualiteit van vroue nie.Begeerte is 'n boeiende en menslike optekening van 'n vrou se geskiedenis, maar ook van die ingewikkelde familieverhoudings binne die politieke bestel van Suid-Afrika in die veertigerjare. - graffitibooks.co.za

vetseun
Twaalf ........................... 2000 QUEILLERIE

Eben Venter het die verruklike vermoë om detail waar te neem, 'n wonderlike greep op Afrikaans, en skryf op deernisvolle wyse oor die subtiliteite van verhoudings tussen mense.

'n Besonderse bundel waarin die intiemste waarhede oor menswees vasgepen is!

1999 - My simpatie, Cerise (QUEILLERIE)

vetseunvetseun
Ek stamel, ek sterwe (Klassieke Reeks) . 1996/1998/2005 QUEILLERIE/TAFELBERG
ISBN: 9780795800108

"Konstant Wasserman se pad loop dood. Sy mense met hul verstarde lewens en hul aansprake dryf hom tot raserny, dryf hom die land uit: Australie toe. In Sydney leer hy kook in 'n restaurant en vind hy vrye geeste wat hom verstaan. Die liefde, in 'n smeulende gedaante, terg sy sinne. Hy is vry. Tot die vreemde blou merke op sy bene begin uitslaan en hy begin siek word. Die toetse is positief, en hy moet klaarmaak, vrede maak. In 'n beheerste proses van heroise afmetings konfronteer Konstant, en le hy af - elke vriendskap en verwantskap, sy sinnelike liefde vir die lewe, en in 'n geinspireerde deurgang, uiteindelik die lewe self."

vetseun
Foxtrot van die vleiseters . 1993/1997 TAFELBERG
ISBN: 9780624032052

1986 - Witblitz (TAURUS)

skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )