Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Douwleen Bredenhann (Bredenhann, Douwleen)
vetseun
Bloedwater / (eBook) ........ 2011 HUMAN & ROUSSEAU/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780798155595
ISBN: 9780798155588

Toe Woudstra Bosman haar in Nederland bel, is Adriana seker hy bel oor haar ma. Sy het dit immers duidelik gemaak dat hy haar net mag kontak in 'n noodgeval. Nou, nadat sy jare gelede kontak met hom en haar familie gestaak het na die verbreking van hulle verlowing, vra hy haar die onmoontlike: Sy moet na al die jare terugkeer na Suid-Afrika toe om haar jonger suster te kom oppas, die suster met wie hy "moes" trou. 'n Verhaal oor liefde, verlies, verraad en die verwoesting van tikverslawing.

vetseun
'n Hemelhoë Hekkie (Outobiografie) / (eBook) . 2010 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624048244
ISBN: 9780624052630
Living Without Liesl.

Lewenslank - is dít hoe lank dit 'n ma neem om die moord op haar jong dogter te verwerk? Op 26 Februarie 1988, 'n Vrydagaand, het Douwleen Bredenhann haar dogter Liesl by die balletklas gaan haal en begin kosmaak. Minute later is Liesl in hul agterplaas vermoor terwyl sy haar hondjie gaan kosgee het. 'n Hemelhoë hekkie is Douwleen se hart-verskeurende ware verhaal van skok, pyn en 'n geleidelike soort heling. Die vertelling is onverskrokke en skreiend eerlik. Dit sal jou waarskynlik lewenslank bybly.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)