Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Dot Serfontein (Serfontein, Dot)
vetseun
Amper My Mense / (eBook) .. PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193225
ISBN: 9781869196004

'n Versameling sketse soos dié word nie agter elke bossie uitgeskop nie. Dot Serfontein se sonderlinge humorsin laat die Vrystaatse geskiedenis herleef op 'n manier wat die leser sal bybly. Sy vertel spitsvondig wat die hemelsbreë verskil tussen 'n Oos- en 'n Wes-Vrystater is. En staaltjies wat afspeel rondom die Anglo-Boereoorlog, die Depressiejare en die 1914-Rebellie, laat jonger lesers met nuwe belangstelling terugkyk na ons erfenis. Karakters soos oom Joseph du Plessis, tant Martjie en Bart Krog - oftewel Baasbul van Afrika - word met humor en deernis beskryf, soos net Dot Serfontein dit kan doen. Hulle ís immers amper haar mense.

vetseun
Rang in Der Staten Rij / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194543
ISBN: 9781869196097

Vir Frank, 'n student in die teologie wat sy studies staak om te gaan veg, is Anglo-Boereoorlog die begin van 'n innerlike stryd wat hom afspeel rondom die absurditeite en ontnugtering van die oorlog en uiteindelik kom die vraag: Wat was die werklike uitw...?
Dis 1899 en die begin van die Anglo-Boereoorlog. Vir Frank Ingram, sy beste vriend Michal Ras en die se verloofde Kath Rouwenhorst begin dit in Oktober tydens 'n swierige verjaardagparty in die Boland. Vir Frank, 'n student in die teologie wat sy studies staak om te gaan veg, is dit ook die begin van 'n innerlike stryd wat hom afspeel rondom die absurditeite en ontnugtering van die oorlog. Later sal Frank homself afvra of die geweld van oorlog 'n sluimerende behoefte aan wreedheid in hom bevredig.
En uiteindelik kom die vraag: Wat was die werklike uitwerking van die oorlog? Die titel van hierdie ontroerende roman kom uit die ou Vrystaatse volkslied waarvan die eerste strofe lui: Heft Burgers 't lied der vrijheid aan / En zingt ons eigen volksbestaan! / Van vreemde banden vrij, / Bekleedt ons klein gemenebest, // Op orde, wet en recht gevest, / Rang in der staten rij.

vetseun
Ek Is Maar Ene (Biografie) / (eBook) . 2010 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193430
ISBN: 9781869196127

Hierdie bundel boeiende sketse is by tye skreeusnaaks, maar nooit gaan die waardering vir die mense agter die stories verlore nie. Met bewondering, deernis en 'n skerp sin vir humor skets Dot Serfontein die geskiedenis van kontreie wat nie aan interessante mense ontbreek nie. In Ek is maar ene kring vertellinge van haar kinderjare en familie in die Vrystaat uit na kleurvolle karakters van die Kalahari en na (dikwels senutergende) reise met haar gesin na ander dele van Suid-Afrika. Sy vertel van die swerwende tant Beatrice wat geglo het sy word deur die geheime polisie agtervolg; van die kreatiewe wyse waarop geharde Kalaharimense hul wêreld herbergsaam gemaak het, hoe Askham sy naam gekry het en hoe 'n Chev-bakkie kan boomklim. Hierdie bundel boeiende sketse is by tye skreeusnaaks, maar nooit gaan die waardering vir die mense agter die stories verlore nie.

vetseun
Vrypas (Outobiografie) / (eBook) . 2009 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192976
ISBN: 9781869196141

Op tagtig, verklaar Dot Serfontein, neem mens kennis van die ouderdom se bedryfsrisiko's - en neem dan vir lief daarmee dat selfs die Bybel stilbly oor wat ná tagtig met mens gaan gebeur. Jy vertel van dinge waaroor jy vroeër geswyg het en jy swyg oor dinge waarvan jy vroeër vertel het want as jy dié mylpaal oorgesteek het, het jy die vrypas om te maak soos jy wil, sonder dat dit teen jou aangeteken staan.
Teen die agtergrond van agt dekades se sosiale, politieke en ekonomiese gebeure (van die letsels van die Anglo-Boereoorlog, die 1914-Rebellie en die Groot Depressie, tot die verkiesing van 1948, die apartheidsidealisme en die "politieke kapitulasie" van die negentigerjare) projekteer Dot Serfontein hier die gesins- en familiebande wat haar lewe as Vrystaatse Afrikaner gevorm het. Die leser leer ken 'n individu wat elke lewensfase met geesdrif en vurigheid aanpak en nie terugdeins om die tradisie van tyd tot tyd met 'n bietjie waagmoed en 'n porsie oorgeërfde stroomopgeit uit te daag nie.
Want al faal sy soms klaaglik om aan haar eie (en ander) se verwagtings te voldoen (vir haar een en twintigste verjaarsdag gee haar pa haar immers 'n Remington-tikmasjien present, "toe dit uiteindelik vir hom duidelik geword het dat ek dit nog ver sal bring") ken sy haar sterkpunte en staan sy stewig geanker tussen dié wat soos sy glo: "As ons spense vol is van wat vir ons van waarde is, kan ons harte oor brakplekke spring; as ons niks anders kan doen nie, lag ons net saam."

vetseun
Omnibus ..................... 2007 HUMAN & ROUSSEAU

Hierdie omnibus bevat twee van die mees gewilde stories uit die pen van Dot Serfontein: Tiendes van Anys en Onder dieselfde ster

Tiendes van Anys:
Chris meen hy ry net saam met 'n ou man na vriende se plaas toe om 'n bok te skiet vir die kerkbasaar. Maar hierdie jagtog verander sy lewe onherroeplik. Die enigste boere op hierdie plaas is drie susters, en die oudste suster Elba - 'n sterk, onpeilbare en pragtige vrou - het 'n ontstellende uitwerking op Chris se gemoed.

Onder dieselfde ster:
Hannie is in matriek, 'n kranige perderuiter, en haar sterk persoonlikheid staan vir min dinge terug, maar haar lewe is nie so sonnig as wat dit lyk nie. Haar pa is glad nie gediend met haar liefde vir die bywonerseun nie. En ernstiger: Haar onderwyser kan nie sy hande van hierdie pragtige meisie in sy klas afhou nie en in die tyd van ons verhaal, was dit nie die soort dinge waarvan mens jou ouers kan vertel nie.

In beide romans hanteer Serfontein haar forte: die plaas, die kleindorpse mens, die liefde en die geloof: 'n kombinasie wat Serfontein deur die jare heen verfyn het. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseun
So min blomme; Onder skewe sterre; Sonder klein trou . 2005 LAPA UITGEWERS

"In 1966 is So min blomme as vervolgverhaal in die Sarie Marais gepubliseer, en word dit een van die gewildste verhale ooit in dié tydskrif. Dit word opgevolg met Onder skewe sterre (1967) en Sonder klein trou (1974) waarin die lief en leed van die gemeenskap van Laval, 'n spoorwegdorpie iewers in Suid-Afrika, verder vertel word. Dis nie "gewone" liefdesverhale waar die held en heldin ontmoet en uiteindelik lank en gelukkig saamleef nie. Teleurstelling, ontnugtering, sukkel en kompromieë is ook deel van die tekstuur van die verhale. Dis 'n boeiende geskiedskrywing van ons "spoorwegfase" met deernis en humor in wonderlike, beskrywende taal vertel.

Dot en haar man, Willem, boer reeds baie jare in die Kroonstaddistrik. Hulle het vyf kinders daar grootgemaak: Antjie, Jeanette, Willem van der Vyfer, Jacobus en Willem Krog. Deur haar lewe het sy talle kortverhale, sketse en romans gepubliseer. Saam met 'n paar plaaswerkers het sy ook twee kliphuise gebou en sy het met Appaloosa-perde geboer.

In 2005 het Dot Serfontein haar tagtigste verjaardag gevier." - LAPA

1995 - Vertel! Vertel! (QUEILLERIE)
1992 - Deurloop: 'n Keur uit die Essays van Dot Serfontein, saamgestel, Antjie Krog (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Sy Stap Onder Die Juk / (eBook) . 1982/2011 HUMAN & ROUSSEAU/PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193447
ISBN: 9781869196134

As kontreiverteller kan min mense by Dot Serfontein kers vashou. Haar smaaklike vertelstyl en sketse het van haar reeds dekades gelede 'n huishoudelike naam gemaak in menige Afrikaanse huise. Eers het haar populêre sketse en kortverhale gereeld in die Sarie Marais verskyn en later in gebundelde vorm. In Systap onder die juk leer ken ons weer die Noord-Vrystaatse mense (háár mense) wat aan hierdie distrik sy unieke geskiedenis en karaktertrekke verleen het. Soos Dot dit stel is dit 'n distrik “lankal reeds bewoon deur verantwoordelike, stoere mense wat hulle deur niemand laat voorsê nie”.

vetseun
Die Laaste Jagtog / (eBook) . 1982/2012 HUMAN & ROUSSEAU/PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869195540
ISBN: 9781869196851

'n Boer met 'n voorliefde vir wilddiefstal moet teen die agtergrond van aanpassingsprobleme in sy huwelik en veranderende politieke omstandighede noodgedwonge sy (rampspoedige) laaste jagtog uitvoer. En dan is daar ou Drien, die kleremaakster, wat diep in haar middeljare uiteindelik 'n "regte" huweliksaansoek kry; Diederik Verster wat onbesorg met 'n uiters sonderlinge stokperdjie voortploeter; en die"antie" wat 'n "sirpraais" in die vorm van 'n bykorf vol bye kry en dan, ongelukkig, graag die bye wil bevriend. Die humor en deernis wat in die alledaagse skuil, kom in hierdie bundel kortverhale na vore - vertel soos net die skerpsinnige Dot Serfontein kan. Kleurvolle karakters beleef hartseer sowel as snaakse en soms pynlike avonture.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )