Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Doc Immelman (Immelman, Doc)
vetseun
Die Groot Maroelas / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194390
ISBN: 9781869196035

Sal die verhouding wat daar tussen Petrus en die buurdogter Martie, na wie hy eers minagtend verwys as een van "daardie Angolas", tot iets dieper ontwikkel wat selfs storms sal kan weerstaan?
Vroeg een oggend, toe die maroelas nog swart teen die lug afsteek, neem Hans Wagner sy blou Mauser om 'n leeu te gaan skiet wat in 'n slagyster op sy Suidwes-plaas gevang is. Die ongedierte word maklik van kant gemaak, maar onverwags verskyn daar 'n jong leeutjie wat Hans se been lelik seermaak. Die skoot wat na die leeu geskiet word, ruk net sy een oor af en daarna kom die dier weg. Petrus, Hans se veertienjarige seun, sweer wraak. Petrus groei intussen tot 'n jongman. Sal die verhouding wat daar tussen Petrus en die buurdogter Martie, na wie hy eers minagtend verwys as een van "daardie Angolas", tot iets dieper ontwikkel wat selfs storms sal kan weerstaan?

vetseun
Die Wit Hings Van Die Namib / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
- Twee verhale uit die ou Suidwes
ISBN: 9781869194956
ISBN: 9781869196110

Die eerste, "Die tuiskoms van Zack Becker", is die aangrypende liefdesverhaal van 'n besondere bywonerseun wat verlief raak op 'n boer se beeldskone dogter en alles in sy vermoe sal doen om haar hand te wen.
Die titelverhaal, "Die Wit Hings van die Namib", vertel van hoe die verstrooide en geleerde doktor Robert Tredoux 'n safarileier, Fanus Brink, opkommandeer om hom en sy twee mooi dogters die onherbergsame woestyn in te vergesel, op soek na tekens van 'n wit spookperd wat volgens legende in die Namib woon en besoekers verwilder. Alles verloop egter nie glad in hierdie geheimsinnige diamantwereld nie, en die spanning laai op wanneer 'n vliegtuig met twee verdagte mans naby hulle neerstryk.

vetseun
Van Ruacana Tot Rosh Pinah / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194369
ISBN: 9781869195748

In hierdie versameling vermaaklike rubrieke skryf Doc Immelman oor 'n wonderlike wereld van kameeldorings, rooi duine, leeus, narras, mahangu, kampvure en biltong. Terwyl hy met heimwee terugdink aan die ou Suidwes, kosbare raad aan jagters gee, sonderlinge karakters in herinnering roep en die natuurskoon van Suidelike Afrika op treffende wyse besing, skiet sy rubrieke nie aan humor te kort nie. Soos wanneer hy plaashekke dokumenteer en bevind dat die welbekende - en welgehate - konsertinahek, oftewel die smoelslaner, deur die duiwel geprakseer en deur Saddam Hoessein geïmplementeer is om die siele van goeie Christenmense te versondig. Maar met baie dinge het Doc Immelman vrede.
'Net solank die jagseisoen in die winter open en die kabeljou volgende naweek begin loop.'

vetseun
Vyf Waens Na San Pedro / (eBook) . 2008 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192334
ISBN: 9781869196103

Zak Marais - aantreklike, legendariese beroepsjagter en met 'n afdraande reputasie, 'n groot skuldlas en 'n verlede vol skimme. Alvaro Duarto Gomez - oudkaptein in die Portugese leër en streeksoffisier in Angola - wat met gierigheid en wreedheid'n skrikbewind rondom die fort in San Pedro voer. Elize Foxcroft - kameebeeldskone Engelse lady met hardkoppige deursettingsvermoë, vreeslose oortuiging en net een doelwit: om met Zak Marais se hulp haar skatryk vader uit Alvaro Gomez se kloue te red.
Plaas dié karakters in die ongetemde hinterland van 1896 se Duits-Suidwes, voeg oproerige Ovambo's, 'n bedenklike klein trekgeselskap en twee skarminkel-transportryers in die prentjie - en die toneel is ingerig vir 'n verhaal vol intrige, aksie en 'n tikkie romanse, soos net Doc Immelman dit kan vertel. - graffitibooks.co.za

vetseun
Kurt Mauser / (eBook) . 2005 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191115
ISBN: 9781869196059

Die gefluit van die loko klink skril deur die nag en die wiele van die rytuig teen die staalspore skreeu as die trein rukkerig om die draai beweeg.
"Ek het jou gewaarsku tee gierigheid, bedrieëry, diefstal en geweld, Markowitz ... Jy het nie gehoor gegee nie. En nou is dit te laat."
"Wat! Jy praat Afrikaans en Duits?"
"Ek praat baie tale, Markowitz."
"Jy dra die klere van 'n predikant. Maar jy is nie 'n predikant nie!"
"Ek is baie dinge."
"Jy is nie eerwaarde Keith Mansfield nie? Wie is jy, wat is jou naam?"
"Ek het baie name, Markowitz. Party mense noem my Kurt Mauser ..."
Uit die vroeë twintigerjare van die vorige eeu ry 'n lang, lenige Suidwester op 'n groot swart perd die gebied van Afrikaanse fiksie binne. 'n Bebaarde redder met breë skouers; kampvegter teen ongeregtigheid, 'n vriend van veronregtes en die vyand van swendelaars en booswigte: Kurt Mauser. - graffitibooks.co.za

vetseun
Die Buffeljagter / (eBook) . 2003 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869190217
ISBN: 9781869196011

Avontuur, romantiek en manlike drif, Namibië se ruimtes - dit is die kombinasie waarmee Immelman se vreeslose skrywershand dekades al sy meer as 30 000 lesers gevange hou. Selfs 'n jagter, skryf Immelman uit eerstehandse ervaring. In sy romans bly die harde verlatenheid van die land noordwes van Suid-Afrika 'n werklikheid. Droefheid in Bill Abraham se lewe veroorsaak 'n krisis wat hom laat twyfel of hy sy naam van Die Buffeljagter nog gestand kan doen. "Ek droom van 'n groot swart buffelbul met die dood tussen sy horings en ek hoor hoe die wind oor my graf waai."

Hoe toets jy die staal van 'n man wat jou beeldskone dogter van jou af wil wegneem? In hierdie roman word die leser op reis geneem deur Angola se jagvelde, op soek na 'n reuse-olifantbul - maar dis meer as 'n dramatiese jagtog. Avontuur, romantiek en manlike drif, Namibie se ruimtes - dit is die kombinasie waarmee Doc Immelman se vreeslose skrywershand dekades al sy meer as 30 000 lesers gevange hou. Self 'n jagter, skryf Immelman uit eerstehandse ervaring. In sy romans bly die harde verlatenheid van die land noordwes van Suid-Afrika 'n werklikheid.

vetseun
Die Wrede Somer .. 2002/2012 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869197308

Die wrede somer, sy 36 ste roman, speel in die jare 1927 tot 1928 in die Namibiese hinterland af. In Fahlplatz se opstal groei die spanning tussen pa en seun en tussen man en vrou terwyl daar 'n groter stryd buite begin woed. - graffitibooks.co.za

1994 - Die Beste van Doc Immelman

vetseun
Die Leeu van Okurasewa . 1993/2008 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192327

Op Okarusewa is alles nie pluis nie. As Wolfgang Stroebel die hulp van sy ou vriend, die beroepsjagter Tom Maartens, inroep om die skrikbewind van 'n vermeende mensvreterleeu te beëindig, word Tom dadelik met ou én nuwe spoke gekonfronteer.
Nie net ontglip die gevreesde maanhaar hom keer op keer op onverklaarbare wyse nie - ook in die Stroebel-huishouding draai die duiwel rond en tart Tom se verlede hom telkens in die gestalte van beeldskone Maria Stroebel, wie se huwelik duidelik wankel onder die druk van die boerdery. Hoewel die plaasvoorman, Adolf Freimut, skynbaar die leisels stewig vashou, is daar iets verdag omtrent dié arrogante jong Duitser - en ook oom Wolfgang se sekretaresse, June Crosby, blyk 'n slinkse geaardheid agter haar bril en bolla te verberg. Boonop is Theresa Stroebel lank nie meer die rabbedoe-tiener wat Tom van sy vorige besoeke onthou nie, maar 'n sjarmante jong dame met 'n uitgesproke wil ...
Is die mensvreterleeu werklik die bron van die spanning tussen die Stroebels - of die rookskerm waaragter groter kwaad gestook word? En sal Tom daarin slaag om die dreigende krisis suksesvol af te weer? - graffitibooks.co.za

1988 - Lategan se goud

vetseun
Kersfees In Carmona / (eBook) . 1985/2010 PROTEA BOEKHUIS
- En ander stories
ISBN: 9781869192877
ISBN: 9781869196042

In 'n oorloggeteisterde Angola, word kaptein Piet Prinsloo gekonfronteer met meer as terroriste uit die Kongo wanneer iemand uit sy verlede hom op Oukersaand besoek. 'n Span bankrowers kom hul moses tee in die Chuosberge. 'n Veldwagter is op sy hoede toe twee uiters verdagte karakters by Etosha opdaag. Drie boesemvriende raak verlief op een meisie. En 'n skrywer en 'n beeldskone filmster is gestrand by Kaitscha-vlei. In vyf stories skets Doc Immelman werelde waar hardebaarde kan liefhe, helde nog met die vuis kan slaan en kameeldoringbome arabesk teen die laaste bietjie lig van die dag geets is.

vetseunvetseun
Die Bul Van Kashimbo / (eBook) . 1973/2007 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869196028

As jy 'n ryk man is wat al jou gesinslede in 'n motorongeluk verloor, behalwe jou beeldskone dogter ... Hoe toets jy die staal van die man wat haar van jou af wil wegneem? In hierdie heruitgawe van Die bul van Kashimbo neem Immelman die leser op 'n reis deur Angola se jagvelde op soek na die reuseolifantbul wat in Kashimbo opgemerk is. Maar, soos die leser Immelman ken, eindig die storie nie daar nie: Daar is groot drama op die jagveld, probleme met terroriste en 'n dubbele ontdekking van die liefde.

vetseun
'n Kwartmiljoen Mauserpatrone / (eBook) . 1973/2012 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869198367
ISBN: 9781869198992

'n Lid van die Suid-Afrikaanse Geheime Diens word na Suidwes gestuur om 'n verdagte aankoop van duisende Mauserpatrone te ondersoek.
Wanneer Wynand Senekal op Piet Ludeke se plaas aankom om 'n onlangs aankoop van 'n groot hoeveelheid ammunisie te ondersoek, voel dit of hy teruggereis het in tyd. Ses ossewaens, bebaarde perderuiters in kakie en ferweel en gewere en bandeliers kan net een ding beteken: dat daar veel meer hier aan die broei is as wat die Suid-Afrikaanse Geheime Diens vaagweg sou kon raai.

vetseun
Die Tyd van die klippe . 1971 TAFELBERG/2004 PROTEA BOEKHUIS

Markus Dreyer was veertien dae op pad uit die suide waar sy ouers vermoor is, en in die Oppermans se groot voorkamer moet hy hoor dat sy oom, die enigste familie wat hy oorhet, 'n perd gesteel en verdwyn het. Toe Opperman, die jagkoning onder die Angolaboere, hoor dat Markus ook gejag het, besluit hy dat Markus moet bly. Miskien was dit die meisie met die koperbruin hare wat vir hom die deur van Opperman se huis oopgemaak het, wat Markus laat besluit om dan wel te bly. Miskien is dit net van nie weet waarheen verder nie? In elk geval sien hy die jagekspedisie saam met haar pa die kans om te verdien en weer selfstandig te raak. Hy het nie besef dat dit nie slegs 'n kwessie is van olifante doodskiet nie. Hy moet nog agterkom watter houvas Opperman op sy jagters het, en party van die teenkanting teen hom het hy nog glad nie verstaan nie.

1971 - Verhale uit Suidwes (HAUM)

vetseun
Nege Grafte Tot Otjihonge . 1970

vetseun
Tweehonderd gewere . 1965 HUMAN & ROUSSEAU

1963 - Die safari na Omukwai

vetseun
Skatte van goddeloosheid . 1966 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Shondoro ....................

ook:
Blits
Die beestrek
Die groot maroelas
Die hart van 'n man
Die tier en ander verhale
Die voortvlugtigdes
Die wildeperde van Jakkalsgraf
Die wit hings van die Namib
Die wrak van Adolf K. Freimut
'n Seisoen van romanse
Onseker liefde
Seevaart van verraad
Vallei van heilige vuur
Vlamme in die Namib
Wind oor die Khomas-Hochland
Wraak van die wildernis
Onheil in die Kuiseb
Jagstewels en ander verhale


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )