


















D.J. Opperman (1914-) (Opperman, Diedericks Johannes)

Nuwe Kleuterverseboek . 2000 TAFELBERG
Saamgestel, D.J. Opperman
ISBN: 9780624015178
D J Opperman se Kleuterverseboek is Africana wat na baie jare op openbare aandrang, nou weer beskikbaar is. Hierdie klassieke kleuterverseboek se eerste uitgawe het in 1958 verskyn. Die tweede uitgawe is in 1981 uitgegee en sedertdien het Tafelberg Uitgewers nuwe oplae van hierdie uiters populêre boek gedruk. Die boek het 207 bladsye.
Vir ons en ons 6-jarige is dit 'n prettige boek wat al ure se plesier gegee het (en nog gaan gee) met onder andere vingerrympies, wiegeliedjies, uittelrympies, telrympies, dans en piekniekliedjies (soos die woorde van volkspeleliedjies), raaiselrympies, snelsêers en nog meer.....
Cora Coetzee se illustrasies maak dit 'n vreugde om na te kyk. Dit is vir ons wonderlik dat die gediggies, rympies en liedjies waarmee ons grootgeword het, in so 'n mooi boek met die nuwe generasie gedeel kan word. Die beste deel is dat ons dogter, hoewel sy hier in die Nieeu Seelandse kultuur grootword en Kiwikaans praat, soveel genot uit D J Opperman se kleuterverse put. (Kiwikaans is Afrikaans met 'n sterk Kiwi invloed en uitspraak.)

Sonklong oor Afrika (Digbundel) . 2000 TAFELBERG
redigeer, J.C. Kannemeyer
ISBN: 9780624038504
"Faksimilee, transkripsie en konstruksie van 'n bundel VERSE - IN WORDING 'n Geselekteerde leesuitgawe ingelei en geredigeer deur J.C. Kannemeyer"
2000 -Tafelberg
2000 - Gebed om die Gebeente (D.J. Opperman) (vokaal) - Hendrik Pienaar Hofmeyr

Skakering (Digbundel) . 1985/1997 TAFELBERG
saamgestel, D.J. Opperman; G.H.J. Coetzee
ISBN: 9780624023388
Poesie vir plesier! Die bloemlesing met sy wye verskeidenheid gedigte sal leerlinge jonk en oud laat lus vir meer. Dit is 'n hersiene en bygewerkte uitgawe van die gewilde Poesie vir plesier wat in 1980 verskyn het. Die gedigte is uitgesoek deur die meesterhand van D.J. Opperman en GHJ Coetzee het dit in afdelings geplaas en vrae bygevoeg.
1995 - Kersliedjie (D.J. Opperman) - Hendrik Pienaar Hofmeyr
1994 - Die bonkige Zoeloelander: D.J. Opperman in beeld - J.C. Kannemeyer

Senior Verseboek (Digbundel) . 1994 TAFELBERG
Redakteur: D.J. Opperman
Saamgestel, D.J. Opperman
ISBN: 9780624021797
saamgestel
Die eerste sagtebanduitgawe van die bekende en geliefde bloemlesing is reeds in sy negende druk (1994) - lankal reeds 'n standaardwerk. Dit is nie net vir skool nie, maar vir elke liefhebber van Afrikaanse gedigte. Hier word vir die eerste keer dekking gegee aan die werke van "nuwer" digters soos Annesu de Vos, Petra Muller, TT Cloete, Charles Fryer en EWS Hammond.

Groot verseboek (Digbundel) (1ste Sagtebanduitgawe) . 1990
saamgestel
1989 - Joernaal van Jorik (D.J. Opperman) vir vokale ensemble en kasset (Roelof Temmingh)
1985 - G.S. Prellerprys vir literatuurwetenskap en letterkundige kritiek
1980 - (Komas uit 'n bamboesstok) Hertzogprys Poësie

1971/1979/1991 - Blom en Baaierd (TAFELBERG)

1974 - Woord en wederwoord: bundel aangebied aan D.J. Opperman by geleentheid van sy sestigste verjaardag 29 September 1974
1974 - Kaapse Draaie (D.J. Opperman) (koor, SATB, orkes) - Stefans Grové
1970 - Edms. Bpk.
1969 - (Voëlvry) Hertzogprys Drama
1968/1971 - Voëlvry: kroniekspel van 'n Voorterk (Versdrama) (HUMAN & ROUSSEAU)
1965 - Monografieë uit die Afrikaanse letterkunde - A.P. Grové, D.J. Opperman (NASIONALE OPVOEDKUNDIGFE UITGEWERY)
1964 - Kuns-mis
1963/1971 - Dolosse (NASIONALE BOEKHANDEL)
1961 - My Vierde Verseboek (NASIONALE BOEKHANDEL)
1961 - My Derde Verseboek (NASIONALE BOEKHANDEL)
1961 - My Tweede Verseboek (NASIONALE BOEKHANDEL)
1961/1962 - Junior Verseboek (NASIONALE BOEKHANDEL)
1960 - Abstrak (NASIONALE BOEKHANDEL)
1960/1968 - Groot Verseboek (NASIONALE BOEKHANDEL)
Verseboek (Vir Standerd VI) met J. A. Heyl


Periandros van Korinthe (Digbundel) . 1960/1964/1967/1980/1997/2005 TAFELBERG
ISBN: 9780624020769 (Skooluitgawe) (1997, TAFELBERG)
ISBN: 9780624043188 (2005, TAFELBERG)
1959/1962 - Klein Verseboek (NASIONALE BOEKHANDEL)

Kleuterverseboek . 1958/1981/1982/2000 TAFELBERG
D.J. Opperman se Kleuterverseboek, 'n gunsteling vir baie jare by menige Afrikaanse ouer en kleuter, is onlangs weer deur Tafelberg Uitgewers uitgegee. Dit bevat 652 kinderverse deur 85 skrywers wat uitgesoek is deur die Afrikaanse digter, D.J. Opperman en is geïllustreer deur Cora Coetzee. Van die digters wie se verse ingesluit is, is Boerneef, Alba Bouwer, Hester Heese, Tienie Holloway, C.J. Langenhoven, Freda Linde, Antjie Krog en vele meer.
Die verse is gerangskik in afdelings soos: "Rympies vir die vingers, tone, tronies en ritjies op die ponies"; "Oupa Uil sê: Hoe? Hoe! Maak die ogies toe, toe!"; "Dans en piekniekliedjies"; "Raaiselrympies en rymspreuke" en "Die ontdekkertjie se avonture".
Kleuterverseboek is in 1958 vir die eerste keer uitgegee. 'n Tweede uitgawe het in 1981 verskyn en die volgende jaar is dit reeds herdruk. Die tweede uitgawe beleef tans sy derde druk - 'n voorreg wat nie vir baie Afrikaanse kinderboeke beskore is nie. - childlit.org
1956 - (Periandros van Korinthe) Hertzogprys Drama
1956/1957/1975 - Blom en Baaierd (NASIONALE BOEKHANDEL)

Komas uit 'n Bamboesstok . 1956/1962/1979 HUMAN & ROUSSEAU

Vergelegen (Versdrama) . 1956/1957/1965 NASIONALE BOEKHANDEL
1956/1971 - Dolosse (TAFELBERG)
1956/1959 - Wiggelstok (NASIONALE BOEKHANDEL)
1955 - Groot Verseboek (NASIONALE BOEKHANDEL)

Junior Verseboek ...... 1955 NASIONALE BOEKHANDEL
'n Bloemlesing uit die Afrikaanse poësie vir die Middelbare Skool


Senior Verseboek . 1954/1956/1980 NASIONALE BOEKHANDEL/1994 TAFELBERG
"Hierdie bloemlesing, saamgestel vir gebruik in die hoër skool, is 'n oorsigtelike inleiding tot die Afrikaanse digkuns. Daar is vir elkeen van die 80 voorgestelde digters 'n foto en biografiese besonderhede. By die teks is noodsaaklike aantekeninge en woordverklarings verskaf." - suid-afrika.de

Periandros van Korinthe (Eerste Versdrama) . 1954/1955/1956/1960/1963 NASIONALE BOEKHANDEL 1963 TAFELBERG
1953 - Digters van Dertig


Groot Verseboek . 1951/1974/1986 TAFELBERG

Engel uit die Klip, 1947-1950 (Digbundel) . 1951/1968/ NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624028062 (1989, TAFELBERG)
Engel uit die klip is gepubliseer in 1951 en is die vierde bundel van die groot Afrikaanse digter D.J. Opperman. Dit sluit die bekende gedigte "Scriba van die Carbonari", "Ou non" en "Sproeireën" in.


Joernaal van Jorik (Digbundel) . 1949/1955/1960/1962/1964 NASIONALE BOEKHANDEL 1997 TAFELBERG
ISBN: 9780624024712 (1997, TAFELBERG )
"Dié epiese gedig van die gevierde D.J. Opperman, 'n diep spel van ryk geskakeerde simboliek, verbeeld in vyf afdelings die verhaal van Jorik, wat deur 'n duikboot aan land gesit word by die Moederstad om te gaan spioeneer. Hy maak kennis met die land in al sy verskeidenheid en raak só verknog aan sy nuwe omgewing, dat sy makkers hom aan die einde met geweld moet terughaal na die duikboot. In hierdie meesterwerk word 'n groot verskeidenheid temas aangesny wat van universele belang is." - suid-afrika.de
1947 - D.J. Opperman (Heilige beeste) Hertzogprys Poësie

Negester oor Ninivé (Digbundel) . 1947/1976 TAFELBERG

Heilige Beeste (Digbundel) . 1945/1947/1979 TAFELBERG
ISBN: 9780624012665
DJ Opperman debuteer in 1945 met Heilige beeste - die begin van 'n roemryke loopbaan as een van die grootste digters in Afrikaans. In hierdie bundel gryp Opperman endersyds terug na die Afrikaner se voorverlede met gedigte wat handel oor 'n landelike best
Lied van die land: 'n bloemlesing oor Suid-Afrika, saamgestel, D.J. Opperman
Digters van dertig - D.J. Opperman
ook op :
Phillip Nel
Willie Strauss
skakels :